Red Mouse Design & Publication

Red Mouse Design & Publication Stories matter! Self-publication made easy - from word doc to published book in your hand! Services include:

Book publishing:
Love to write?

At Red Mouse Design, 15 years’ experience of project management, design and layout expertise is put to use to ensure that your project will be handled with the greatest of care, making use of a trustworthy network to ensure the best price for the best quality. Fiction, devotionals, your life story, poetry? Have you ever dreamt of publishing your manuscript? Red Mouse Design helps you to finally ge

t that long awaited manuscript published. We assist in the process of

Editing/Proofreading
Obtaining ISBN
Book layout
Printing


Graphic design
We specialise in all types of graphic design from restaurant menus, creating logos, brochures, business cards, social media, posters, advertisements, as well as T-shirts, mugs, banners or any other promotional item. Printing services is done through trusted printing suppliers. Website design and hosting
Let Red Mouse Design assist you with getting your website up and running. Working closely with a network of service providers, we take the hassle out of the process for you. From planning a site that will suit the need of your business or service, to putting together content, images as well as hosting packages.

Binnekort beskikbaar!'n Omvattende gedenkbundel van die 200-jarige viering van die NG Kerk in Suid-Afrika Sinode van Wes...
06/09/2024

Binnekort beskikbaar!

'n Omvattende gedenkbundel van die 200-jarige viering van die NG Kerk in Suid-Afrika Sinode van Wes-Kaapland.
Hierdie boek wat saamgestel is deur die NGK Argief onder leiding van Dr Andrew Kok, is 'n vlug oor die 200 genadejare van die Sinode. Dit bied 'n oorsig van die geskiedenis en werksaamhede van die kerk tot op hede. Dit is 'n pragtige kleur, hardeband publikasie propvol foto's.

Die boek word op 1 November bekendgestel. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan [email protected]

Wanneer vreemdes vriende word, vriende outeurs word, en outeurs kliënte word!Linda van Heerden se tweede boek, Vrug dra ...
06/09/2024

Wanneer vreemdes vriende word, vriende outeurs word, en outeurs kliënte word!

Linda van Heerden se tweede boek, Vrug dra deur die Gees vir God, is 'n 366 dae dagstukkieboek gebaseer op die Vrug van die Gees van Galasiërs 5.

Barend Vos het die boek redigeer en skryf so oor die boek:
Linda is ’n Woordmens, met ’n heilige respek vir God se stem soos dit deur die verskillende Bybelskrywers gehoor is.
In hierdie boek kom die vrug van haar gawes na vore, besprinkel met ’n ruim gee van haarself, en deeglik onderlê deur ’n diepe liefde vir die Here wat sy aanbid en wie se Naam sy verkondig en eer.

Die boek is tans by die drukkers, maar sal binnekort beskikbaar wees. Ideale Kers- of verjaardaggeskenk.
Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan [email protected]

It's been an incredibly busy few months. Red Mouse is humbled and grateful.The journey walked with every author who deci...
06/09/2024

It's been an incredibly busy few months. Red Mouse is humbled and grateful.

The journey walked with every author who decide to take the self-publication route is very precious as they are closely involved in every aspect - and the pure joy to deliver the final product in their hands is magic.

In the past few months, Red Mouse assisted prof Johan Cilliers in publishing his book The Chaos of Beauty - Reflections on Life, Aesthetics, and Practical Theology.

Prof Ian Nell writes: "In this comprehensive work, the practical theologian and homiletician, Johan Cilliers, is at his best.
In a certain sense, it serves as an overview of the various topics and subjects he engaged with during his time in the academy. His own painting on the cover already gives one an impression
of what he has in mind with the book. Each chapter confronts
the paradoxes and mysteries of life and death."

The book is available from the author. Please e-mail [email protected] for more detail.

Recently done by Red Mouse Design & Publication as an Amazon e-pub and print version, is a work of fiction by debut auth...
03/07/2024

Recently done by Red Mouse Design & Publication as an Amazon e-pub and print version, is a work of fiction by debut author Richard Tomlinson.

First Violin is set in Vienna during World War II.

Klaus Lehner plays first violin for the Vienna Philharmonic Orchestra and when the concertmaster is amongst other Jews expelled from Philharmonic, he sees the opportunity for a position he covets. He is bitterly disappointed when he is passed over.

In the wake of his disappointment, Klaus’s lover Eva, a virtuoso cellist, urges him to become a soloist. To determine whether he is merely brilliant or can truly move an audience she tasks him with mastering difficult pieces by Bach and Paganini, and with fathering her baby – both of which he does.

Meanwhile, at home, Klaus’s wife Helga gives birth to their firstborn.

When Eva’s N**i husband finds out about the love affair, he has Klaus arrested and sent to a Mauthausen subcamp to supervise Ukrainian laborers. Amidst the suffering, Klaus composes a tone poem, Silence Interrupted, translating his nightmares into sound.

After the camp is liberated, Klaus returns to a war-torn Vienna devastated by American bombers and occupied by the Soviet army. He makes a living busking in front of the Soviet Vienna City Kommandatura. Klaus faces a choice between the two women he left behind.

A captivating read!

To order: https://www.amazon.com/First-Violin-Richard-Tomlinson-ebook/dp/B0CW1CSPGX

Dreamworker, die outobiografie van Gert Theron, stigter van die destydse meubelreus Alwarvo, het onlangs verskyn.Gert ve...
13/03/2024

Dreamworker, die outobiografie van Gert Theron, stigter van die destydse meubelreus Alwarvo, het onlangs verskyn.
Gert vertel van die uitdagings waarmee hy as besigheidsman te doen gehad het, die vals aantygings, die gevolge op sy gesin en die onwrikbare ondersteuning van sy vrou, Eeufesia.
'n Leeftyd se uitdagings word in hierdie omvattende boek uiteengesit, met die klokhelder boodskap wat telkens uitstaan: "Never give up."

Stuur 'n dm indien jy 'n kopie van die boek wil bekom.

01/03/2024

Today marks the fourth birthday of Red Mouse Design & Publication!
Thank you so much for your support. Watch this space for some updates soon!

Wat 'n lekker projek was dit nou nie! Waardes vir kleintjies en kleuters, is 'n pragboek ontwikkel deur Kinderland Akade...
10/10/2023

Wat 'n lekker projek was dit nou nie!

Waardes vir kleintjies en kleuters, is 'n pragboek ontwikkel deur Kinderland Akademie, Wellington.

Die boek bevat 40 stories (10 vir elke kwartaal) met tien morele waardes wat per kwartaal behandel word. Die boek is ideaal vir voorskoolse opvoeders of selfs vir tuisgebruik deur Mamma of Pappa.

Dit is pragtig geïllustreer deur Jiggs Snaddon Wood en Heidi-Kate Greeff.

Vir meer inligting om of om 'n kopie van die boek te bekom, stuur 'n e-pos aan [email protected]

Dankie Kinderland dat julle hierdie mooi projek aan Red Mouse Design & Publication toevertrou het.

Ruan Theron se digbundel, Ontwoning is pas vrygestel. Vroeër die week stuur sy vir Red Mouse die koerantartikel wat in D...
31/08/2023

Ruan Theron se digbundel, Ontwoning is pas vrygestel.

Vroeër die week stuur sy vir Red Mouse die koerantartikel wat in Die Pos verskyn het, kompleet met 'n rooi sirkel om die verwysing.

Sy het 'n merkwaardige verhaal wat verweef word in haar gedigte met meesterlike gebruik van woorde.

As jy 'n kopie van die bundel wil bekom, kontak Ruan by [email protected]

Dankie Ruan, dat jy jou debuutbundel aan Red Mouse Design & Publication toevertrou het.

As jy 'n droom het om 'n storie, 'n digbundel, 'n huldigingsbundel, verjaarsdagboek - trouens, enige iets wat in boekvorm kan verskyn - en die droom wil bewaarheid, kontak ons vandag nog.

Dankie vir die pragtige terugvoering, Marieke en Marianna - dit maak my dag!
16/08/2023

Dankie vir die pragtige terugvoering, Marieke en Marianna - dit maak my dag!

About last night... We had a beautiful launch of the book Thin Space, tussen hemel en harde grond. A big word of thanks ...
26/07/2023

About last night...

We had a beautiful launch of the book Thin Space, tussen hemel en harde grond. A big word of thanks to Dr Pieter van der Walt and his team for hosting this beautiful event.
Dr Lisel Joubert discussed the process and the journey of prof Elna Mouton in writing the 'memoirs' so to say of the Andrew Murray Centre for Spirituality since its inception and the following three years.
It was truly an honour for Red Mouse Publications to be part of this journey and to bring a beautiful book to the table. Thank you to everyone who were part of this journey and those who helped to find the amazing photographs portrayed in this publication. Special mention to Neil Büchner and David Müller.
And thank you for the token of appreciation - the huge bouquet of beautiful flowers now adorning my office.

So lekker om sulke terugvoering van 'n tevrede kliënt te kry - dit maak 'n koue Dinsdagmiddag sommmer al-om-die-hart war...
18/07/2023

So lekker om sulke terugvoering van 'n tevrede kliënt te kry - dit maak 'n koue Dinsdagmiddag sommmer al-om-die-hart warm!

Binnekort vertel ons meer van hierdie debuutbundel wat tans by die drukkers is,

It has been an absolute delight to work on Thin Space - tussen hemel en harde grond with prof Elna Mouton. This book cov...
17/07/2023

It has been an absolute delight to work on Thin Space - tussen hemel en harde grond with prof Elna Mouton. This book covers the birth and first three years of existance of the Andrew Murray Centre for Spirituality in Wellington. Adding to this story is magnificent photographs from local photographers Niel Büchner and David Müller.

Looking forward to the official launch next week! Dr Lisel Joubert will be in conversation with prof Mouton on her journey at the Centre and compiling this book.

Details where you can buy your copy of this book coming soon.


Linda van Heerden deel weekliks haar kragtige getuienis van God se onlosmaakbare liefde vir haar, en vir die mensdom. Ha...
20/06/2023

Linda van Heerden deel weekliks haar kragtige getuienis van God se onlosmaakbare liefde vir haar, en vir die mensdom.
Haar boek, Vrug van die Gees ’n Geestelike reisjoernaal aan die hand van Galasiërs 5:22 & 23 is 'n kosbare e praktiese hulpmiddel om jou verhouding met God te verdiep, aan die hand van die Vrug van die Gees en hoe jy dit in jou lewe kan uitleef.
Volg haar by https://www.facebook.com/profile.php?id=100087918665637
Om haar boek te bestel, kontak haar by [email protected]

'n Publikasie met trots gemaak deur Red Mouse.

Wil jou jou manuskrip vlerke gee?
Kontak [email protected]

Erens in my Bybel staan dit geskryf: Daar is níks wat ek kan doen wat sal maak dat Jesus my glad nie meer liefhet nie, of dat Hy my méér of mínder liefhet nie. Dit het weer die wonderlike woorde van Paulus in Romeine 8:31-38 in my hart laat opkom.

Beide die opskrifte van hierdie gedeelte in die 1983-vertaling van die Bybel “Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie”, en dié in die Nuwe Nuwe Testament “Niks kan ons van God se liefde skei nie”, beklemtoon die woord ‘niks’. Die Supertaal Woordeboek beskryf die betekenis van die woord ‘niks’ as “Geen enkel ding”. Wow.

Die opskrif in die 2020-vertaling van die Bybel gee ‘n ander perspektief. Dit lui “Onwrikbare liefde van God”. Sjoe, dit is vir my bitter mooi. Die Supertaal Woordeboek beskryf die betekenis van die woord ‘onwrikbaar’ as: “Wat vas staan en nie omgestoot kan word nie, dikwels figuurlik, wat nie van stryk gebring kan word nie.”

Die ‘Complete-encyclopedie.nl.Woordenboek’ gee die volgende Nederlandse sinonieme vir die woord ‘onwrikbaar’: “Betrouwbaar, Duurzaam, Muurvast, Onbeweeglijk, Onbewegelijk, Onbezweken, Onomstootbaar, Onverandelijk, Onverzettelijk, Paalvast, Rotsvast, Stabiel, Standvastig, Vastberaden, Volstandig.”

Ek is oortuig dat ons almal aanklank by elkeen van hierdie Nederlandse woorde kan vind, nie net oordat dit so naby aan ons eie Afrikaanse woorde is nie, maar omdat ons uit ervaring kan getuig dat God se liefde inderdaad elkeen van daardie woorde ís.

So…hoe ‘onwrikbaar’ is ons liefde vir God? Is daar werklik ook ‘niks’ wat ons liefde vir Hom sal verander nie? Is ons liefde vir Hom so rotsvas, onversetlik, stabiel en betroubaar soos Syne vir ons? Definitief iets om oor na te d**k nê…

📱 0832736789
💻 [email protected]


















Vanaand was die bekendstelling van Alwyn Uys se boek, Unbroken. Mariëtte Loubser het in die Bordienghuis met hom gesels ...
24/05/2023

Vanaand was die bekendstelling van Alwyn Uys se boek, Unbroken. Mariëtte Loubser het in die Bordienghuis met hom gesels oor sy verhaal, die skryfproses en sy hoop vir die pad vorentoe. Dit was n heerlike saamgesels aand, met tonne inspirasie.

Dankie aan die Breytenbach Boekklub, Bordienghuis Teater, Jeanine du Frene en Gerhardt van Aardt wat dit moontlik gemaak het.

Het jy n storie wat vertel moet word? Kontak Red Mouse Design & Publication om jou woorde in boekvorm te realiseer.

Ouma Bessie se boek was 'n verjaardaggeskenk van haar kinders - en alles moes geheim bly tot haar verjaardag! Eintlik wo...
11/04/2023

Ouma Bessie se boek was 'n verjaardaggeskenk van haar kinders - en alles moes geheim bly tot haar verjaardag!
Eintlik wou ons baie graag die proses deel - die 364 bladsye lewensreis van Ouma Bessie.
Maar nou het sy uiteindelik haar boek ontvang (en klaar verjaardagpartytjie gehou!) en kan Red Mouse Design & Publication vertel van dié projek wat ons besig gehou het!
Dit was 'n ongelooflike spesiale reis deur haar lewe, van haar voorouers, haar kinders, haar kleinkinders en agterkleinkinders! Anekdotes, briewe, huldigings, prentjies van die agter-kleinkinders, foto's van haar reise, foto's van kosbare kleinode wat sy deur die jare bewaar het, skelmpies gefotografeer om 'n ereplek in die boek te kry.
Hierdie is een van die mees spesiale projekte wat Red Mouse Design & Publication nog aangepak het. Dit was 'n voorreg om so 'n mooi geskenk vir Ouma Bessie te maak en om haar deur haar lewensreis se beelde te leer ken.

Baie geluk Ouma Bessie, met 90 lewensjare. Ons wens vir jou net mooi en goedheid en guns toe!

As jy meer wil weet oor hoe om so 'n lewensreis in beeld in boekvorm te maak, kontak ons by [email protected]

Vandag werk ons aan die liefdesverhaal van Coen en Ettie Brand. Hoe kosbaar dat hierdie 93 jaar oue brief nog behoue geb...
02/03/2023

Vandag werk ons aan die liefdesverhaal van Coen en Ettie Brand. Hoe kosbaar dat hierdie 93 jaar oue brief nog behoue gebly het om in die boek te gebruik.

By Red Mouse Design & Publication is die behoud van familieverhale vir ons belangrik. Met digitale drukprosesse is dit baie maklik om slegs 'n paar van 'n boek te laat druk - vir nabye familie en belangstellendes. As jy 'n familieverhaal of kosbare familieresepte of jou eie lewensverhaal in boekvorm wil realiseer, kontak ons vandag nog!

01/03/2023
Currently on the Red Mouse work screen... UNBROKEN is the candid account of Alwyn Uys and his struggles and how he, with...
25/02/2023

Currently on the Red Mouse work screen...

UNBROKEN is the candid account of Alwyn Uys and his struggles and how he, with the grace of God, decided to rise above his limitations after he became paralyzed in the prime of his life. His honest story will inspire you to take on and overcome your own challenges.

Watch this space for release and book launch dates!

Alwyn Uys

Een van Red Mouse Design se publikasies, Sabbatsbriewe, geskryf deur Leonette Smit, het onlangs in die Landbouweekblad v...
06/02/2023

Een van Red Mouse Design se publikasies, Sabbatsbriewe, geskryf deur Leonette Smit, het onlangs in die Landbouweekblad verskyn. In Sabbatsbriewe neem Leonette die leser op reis deur die dorre wêreld van die Kalahari en die kontrasterende Boesmanland met sy bossieveld. Haar kamera is altyd byderhand, maar dis haar pen wat die wêreld en sy mense op sy mooiste skilder.
Johan en Leonette verruil tydelik hulle lewe in Gauteng vir ’n sabbatstyd van nege maande. Wyl Johan, na ’n leeftyd in die bediening, sy lyf plaasbestuurder hou, vaar Leonette die dorre veld in.
Haar gereelde e-posse aan familie en vriende word saamgevat in Sabbatsbriewe. Sy skryf oor die afgeleë wêreld en sy skoonheid, oor die uniekheid van sy mense en oor die soom van God se kleed en sy voetspore wat oral afgeëts lê. Sy deel hulle diepe belewing van ’n reis na binne na mate hulle hulself afstroop van onnodige bagasie, afskaal en in eenvoud hulself oopstel vir die aarde.

Sabbatsbriewe is beskikbaar by Leonette by [email protected]

10/10/2022
Dit is met baie groot hartseer dat Red Mouse verneem van Ds Attie Beetge se afsterwe vanoggend. Oom Attie was 'n toegewy...
10/10/2022

Dit is met baie groot hartseer dat Red Mouse verneem van Ds Attie Beetge se afsterwe vanoggend. Oom Attie was 'n toegewyde Christen en voorbeeld vir mense. Van stilsit het hy nie geken nie. Selfs na sy aftrede het hy nog uitstallings vir Christelike Lektuurfonds beman en meer as een boek nog die lig laat sien.

Sy laaste boek "Wees sterk en vol moed" is tans by die drukkers. Op 83 het hy nog 'n boek met 403 dagstukke voltooi en was dit Red Mouse se voorreg om hierdie projek deur te sien. Danksy omgee-drukkers kon ons egter tog daarin slaag om 'n aantal kopieë aan sy familie te voorsien voor die afgelope naweek en kon hy sy laaste pennevrug in die hand vashou en selfs vir die familie 'n paar teken.

Oom Attie en tannie Ester se huwelik van bykans 64 jaar is bewonderenswaardig. Ons harte en bede is met haar, sy kinders, kleinkinders en uitgebreide sirkel van vriende en omgee-mense wat deur sy lewe aangeraak is.

Hou die blad dop, ons sal binnekort aankondig waar "Wees sterk en vol moed" beskikbaar sal wees.

Linda van Heerden se eerste publikasie, Vrug van die Gees, word eersdaags bekendgestel. Hierdie geestelike reisjoernaal ...
01/09/2022

Linda van Heerden se eerste publikasie, Vrug van die Gees, word eersdaags bekendgestel.

Hierdie geestelike reisjoernaal beskryf ’n persoonlike reis, en is geskryf in die hoop dat ander pelgrims sal wil saamreis sodat die woorde “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (Gal 5:25) van ons almal waar kan word.

Indien jy meer wil weet hoe om te werk te gaan om ook jou manuskrip te publiseer, kontak https://bit.ly/3CREMi5

Kryger,  Laeticia Marais-Hugo Skryf se tweede boek is vanaand by die Breytenback Boekklub in Wellington bekendgestel. Da...
13/07/2022

Kryger, Laeticia Marais-Hugo Skryf se tweede boek is vanaand by die Breytenback Boekklub in Wellington bekendgestel. Danny Fourie het met haar gesels oor haar pad as skrywer en die ontwikkeling van haar boeke en die karakters wie se wel en wee deur die reeks van vier boeke verweef word. Vir meer inligting besoek www.redmouse.co.za

Murray - Gestuurdes van GodIn Mei vanjaar is hierdie pragpubliksie in Wellington by die Andrew Murray Sentrum vir Spirit...
04/07/2022

Murray - Gestuurdes van God

In Mei vanjaar is hierdie pragpubliksie in Wellington by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit bekendgestel. (Terselfdertyd is 'n publikasie van Dr Isabel Murray, Andrew Murray Letters to his children bekendgestel. Maar oor dié boek later.)

Met die oog op die 200-jarige jubileumviering ter herdenking van die aankoms van die Murray-familie in Suid-Afrika is hierdie werk saamgestel uit die argivale bronne tot ons beskikking. Dit is ’n samestelling van In Memoriam-berigte en huldigingsbydraes in kerklike tydskrifte oor die betrokke individue. Die doel van die publikasie is dan om lig te werp op die werk van sy nageslag tot by die vierde geslag. Sy nageslag word hier volledig gelys tot by sy kleinkinders, daarna word slegs die predikant-agterkleinseuns gelys. Die skoonkinders wat ook betrokke was, as deel van die uitgebreide familie word derhalwe ook bespreek.
Die hoop word uitgespreek dat hierdie werk vir die leser ’n blik sal gee oor hoe een familie op soveel terreine betrokke was en ’n onuitwisbare merk op die samelewing gemaak het.

Saamgestel deur Dr Andrew Kok.

Beskikbaar by [email protected]

Here at Red Mouse Design & Publication we make publishing easy! Dust off that manuscript that you've been working on for...
30/06/2022

Here at Red Mouse Design & Publication we make publishing easy!
Dust off that manuscript that you've been working on for so long, send it to us and join the list of authors who have realised their dream of publishing their book. You give us the word doc and we put the printed book in your hands!

We offer:
editing
proof-reading
set of manuscript and cover design
isbn
printing

Recently published:
Andrew Murray - Letters to his children - Isabel Murray
Murray: Gestuurdes van God - Andrew Kok
Onder sy voete - Nestus Keller
A family of Reformed Churches - Christian Literature Fund
Leadership - A transformative Dance - Leon Venter
Ons sal sterwe Ons sal Lewe - Johan Cilliers
Kom saam! Sewe stappe tot dissipelskap - CGK Media
Basiese dissipelskap - 'n Fondasie vir jong bekeerlinge - Eddie Kampher
Stellenbosch Theological Journal Volume 7, number 1 and 2
Missionale Musiekmelodie - Karien Pretorius - CLF
Die Kaaplandse Streeksinode van die VGK Kerkorde en Reglemente

More publications still in production!

For more information send an e-mail to [email protected]

Kom luister na Laeticia Marais Hugo se skrywerspad om die eerste twee boeke in haar Valora fantasieroman-reeks te skryf....
29/06/2022

Kom luister na Laeticia Marais Hugo se skrywerspad om die eerste twee boeke in haar Valora fantasieroman-reeks te skryf. In gesprek met Danny Fourie.
Wie weet, dalk verklap sy 'n paar geheime oor die volgende boek!

Bespreek by Jessica 021 873 2786

Kyk hierdie oulike aanlyn kursus! Dit is dalk net wat jy nodig het om aan die gang te kom en jou verhaal neer te pen. En...
16/02/2022

Kyk hierdie oulike aanlyn kursus! Dit is dalk net wat jy nodig het om aan die gang te kom en jou verhaal neer te pen. En natuurlik, wanneer dit klaar is, sal Red Mouse Design & Publication dit versorg en die gedrukte boek in jou hand neersit. Taalversorging, ISBN, ontwerp, uitleg en drukkoördinering!


https://www.facebook.com/TheWritersCoach

Vars van die drukpers - Boek 2 in die Valora Reeks, KRYGER is vanaf vandag beskikbaar! Red Mouse Design & Publication is...
15/11/2021

Vars van die drukpers - Boek 2 in die Valora Reeks, KRYGER is vanaf vandag beskikbaar!

Red Mouse Design & Publication is super trots om Laeticia se pennevrug aan lesers bekend te stel!

Bestel deur 'n boodskap te stuur na 076 314 8722 of besoek www.laeticiamaraishugo.com. R260 per kopie, asook R260 per kopie vir Magika - of 'n spesiale Kersaanbod geldig tot 31/12/2021 vir R499 vir beide boeke, posgeld uitgesluit.

Sneak peek! Vir die van julle wat Magika, Boek 1 in die Valora reeks gelees het, hier is opwindende nuus! Boek 2 in die ...
06/10/2021

Sneak peek! Vir die van julle wat Magika, Boek 1 in die Valora reeks gelees het, hier is opwindende nuus!

Boek 2 in die reeks, Kryger, word tans gefinaliseer en sal binnekort beskikbaar wees. Hou hierdie blad, asook Laeticia Marais-Hugo Skryf dop.

Indien jy nog nie Magika gelees het nie, maak seker jy bestel vandag nog jou kopie by Laeticia.

Red Mouse Design and Publication is trots om deel van hierdie epiese reis in Valora te wees.

06/10/2021

Red Mouse Design and Publication also assists in academic publications. An ongoing project in our stall is the Stellenbosch Theological Journal.

A doctoral thesis submission was just finished for a client and once submitted we will tell you more about that.

Furthermore the Church Orders of URCSA, both in Afrikaans and Xhosa has kept us busy the last month.

So, it does not matter what your need for a publication is, contact [email protected] today and let's see how we can assist you.

Address

Wellington

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Red Mouse Design & Publication posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Red Mouse Design & Publication:

Share

Category


Other Wellington media companies

Show All