Christelike Boeke SA

Christelike Boeke SA Christelike Uitgewersmaatskappy. CUM-uitgewers. Dit verseker publikasies van die hoogste akademiese en teologiese standaard.
(18)

Christelike Uitgewersmaatskappy het sedert sy ontstaan in 1939 die mees vooraanstaande markleier in die publikasie en verspreiding van Christelike boeke en Bybels in Suid-Afrika geword. Die Bybelsgefundeerde, teologies betroubare publikasies wat CUM die lig laat sien, verseker vir hierdie maatskappy geloofwaardigheid en die vertroue en respek van leraars, kerke en die leserspubliek. Baanbrekerswer

k deur Christelike Uitgewersmaatskappy sluit publikasies in soos DIE BYBEL IN PRAKTYK, DIE BOODSKAP, DIE BYBEL A-Z en DIE NUWE LEWENDE VERTALING

CUM geniet die lojaliteit van die mees gesaghebbende teoloë en die teologiese fakulteite van al die universiteite in die land. Oor die jare het CUM talle nuwe skrywers en kunstenaars help vestig en koester ook besondere verbintenisse met Suid-Afrika se vooraanstaande skrywers wat as gewaardeerde vennote geag word. Die personeel word as een van die belangrikste hulpbronne beskou. Die knap redaksie, DTP en grafiese ontwerpers tesame met die bemarkingspan, kliëntediens en distribusie-afdeling strewe daarna om die maatskappy se missie te verwesenlik onder leiding van die dinamiese en innoverende bestuurspan. Missie
Christelike Uitgewersmaatskappy is daaraan toegewy om God te verheerlik en Jesus Christus te dien deur die kreatiewe ontwikkeling, publikasie, verspreiding en kleinhandelbemarking van Christelike lektuur, Bybels en Skrifgefundeerde produkte. Doelwitte
Om deur middel van betroubare, Skrifgefundeerde publikasies

- die evangelie in Suid-Afrika en buite die landsgrense te versprei
- in die geestelike behoeftes van lesers van alle ouderdomme te voorsien
- kliënte te bemagtig en markgerigte ondersteuning te bied
- teoloë, leraars en leerders van toerustingsmateriaal te voorsien

Strategieë om doelwitte te verwesenlik

- Deeglik nagevorsde, Skrifgefundeerde inhoud.
- Uitnemende kwaliteit ten opsigte van voorkoms en aanbieding.
- Die voortdurende ontsluiting van nuwe geloofshorisonne met relevante en aktuele onderwerpe in 'n wye verskeidenheid genres.
- Doeltreffende en professionele bemarking van produkte.

Address

Vereeniging

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Christelike Boeke SA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share

Category