RomanzaKlub

RomanzaKlub Romanza verskaf oorspronklike Suid-Afrikaanse romanses teen sakpaspryse. Dié Facebook-blad is 'n saam-geselsblad, kom gesels saam.

Hiér kan julle klets, lag of stry oor die karakters wat vir ons vriende, familie of vyande is. Die liefde en leed van die heldin tussen die Romanza-blaaie leef nog lank na enige van ons die boek toegemaak het. Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die nuutste Romanza-nuus: https://bit.ly/3voOGCu

Ons het ’n WENNER! 🥳Baie geluk aan Alda van de Vyver wat ’n stel romantiese reisverhale wen! ✈️ ❤️Wees asb. op die uitky...
04/09/2024

Ons het ’n WENNER! 🥳

Baie geluk aan Alda van de Vyver wat ’n stel romantiese reisverhale wen! ✈️ ❤️
Wees asb. op die uitkyk vir ons e-pos om jou prys te eis.

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het!

Die vonke spat toe Christie Grey haar pa se nuwe voorman, Brand, ontmoet. Wie is hy om haar sommer so af te keur? Die er...
04/09/2024

Die vonke spat toe Christie Grey haar pa se nuwe voorman, Brand, ontmoet. Wie is hy om haar sommer so af te keur? Die ergste is dat haar kêrel, Paul, haar hart nie naastenby so wild laat klop nie.

Brand raak teen sy sin betrokke by Christie se fotografie. Die aantrekkingskrag tussen hulle laat Christie twyfel oor haar verlowing aan Paul.

Maar Brand se korttermynplanne sluit nie ’n vrou in nie. Boonop is hy ‘n man wat by sy standpunte hou. Is Christie die een wat hom van plan sal laat verander?

🩷 Lentelag deur Lizelle von Wielligh is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/6WdOSdU

🩷 Die e-boek is beskikbaar by:
LAPA: https://loom.ly/08RHMao
Amazon: https://loom.ly/RK193ps

Toe Iris Koopman met haar dogtertjie, Rosie, terugkeer Suid-Afrika toe, loop sy haar vas in haar eksman, Brandon. Sy dri...
03/09/2024

Toe Iris Koopman met haar dogtertjie, Rosie, terugkeer Suid-Afrika toe, loop sy haar vas in haar eksman, Brandon. Sy drinkery het destyds hulle huwelik vernietig en sy wil Rosie beskerm. Maar hulle deel ’n vriendekring en Rosie is dadelik gek oor haar pa.

Toe Brandon haar saamnooi op ’n sakereis na Europa, sê Iris ja. Sy vind uit haar liefde vir Brandon het nooit werklik gesterf nie. Kan sy dit waag om haar hart ’n tweede keer vir hom te gee?

🌹 Lêplek vir die hart deur Marilé Cloete is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/6eMhqzs

🌹 Die e-boek is beskikbaar by:
LAPA: https://loom.ly/CVTNYo0
Amazon: https://loom.ly/G2cYRVE

💜
02/09/2024

💜

"Elize Davies is ’n baie bedrewe skrywer wat weet hoe om emosionele en lyflike spanning tot die uiterste te dryf."Dankie...
01/09/2024

"Elize Davies is ’n baie bedrewe skrywer wat weet hoe om emosionele en lyflike spanning tot die uiterste te dryf."

Dankie vir die pragtige resensie oor se Romanza, !

❤️ Lees die resensie hier: https://loom.ly/Y41GG50

❤️ Maanlig en blou oë is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/oa0YJtQ

’n Eertydse kollega van my was van mening dat dinge (verval slegte dinge) gebeur in drie’s en druk deur na sewe as dit nie ophou by drie nie. Die talle misverstande en konfrontasies tussen Lienke M…

Wen ’n stel romantiese reisverhale! ✈️ ❤️Hierdie leesstof bestaan uit: Ek, jy en Hawaii deur Analize Theron, Hawe vir ha...
31/08/2024

Wen ’n stel romantiese reisverhale! ✈️ ❤️

Hierdie leesstof bestaan uit: Ek, jy en Hawaii deur Analize Theron, Hawe vir haar hart deur Tosca de Villiers, Rendesvouz in Santa Cruz deur Judy Troskie, Rusplek vir die hart deur Marilé Cloete, Tango met ’n twist deur Rina Cilliers en Vlinders en vonke deur El Bester.

👉 Neem hier deel: https://loom.ly/fr2JdTo

Die kompetisie is geldig tot 31 Augustus 2024. B’s & V’s geld.

Sal ware liefde seëvier?Ons deel graag 'n proeseltjie uit Saggies ontwaak my hart deur Magda Schmidt:“Jy weet, Karen, ek...
30/08/2024

Sal ware liefde seëvier?

Ons deel graag 'n proeseltjie uit Saggies ontwaak my hart deur Magda Schmidt:

“Jy weet, Karen, ek kan nog steeds nie glo wat hier gebeur het nie. Ek misgis my tog seker nie, of hoe?”
Karen sug liggies. Retha sal nie rus voordat sy die antwoord gekry het waarop sy reken nie. Dit beteken sy sal moet erken dat sy verlief is, al strook dit glad nie met haar dikwels uitgesproke verklaring dat sy nog lank nie ’n spesiale man in haar lewe wil hê nie. Sy het dit duidelik uitgespel dat sy volkome in staat is om op haar eie twee bene te staan en die lewe se uitdagings sonder enige manlike ondersteuning die hoof te bied. Haar pa het haar immers geleer hoe om motorbande om te ruil en muurproppe reg te maak. Eers oor agt jaar, wanneer haar dertigste verjaarsdag naby is, sal sy dalk daaraan begin d**k om een van die vele belangstellendes ’n kans te gee om haar regtig goed te leer ken.
Toe ontmoet sy George Ferreira . . .
“Wat d**k jy het gebeur, Retha?” wil sy darem eers ontwykend weet.
“Ek d**k, liewe onafhanklike koelkopvrou van die een-en-twintigste eeu, dat jy week geword het toe twee pragtige blou oë in joune afgekyk en ’n lang man met ’n diep stem te kenne gegee het dat hy mal is oor jou. Dit is in elk geval hoe die tweeling hom om die b***t Saterdag vir my beskryf het. Toe, ek is jou heel beste maatjie en ek was nou lank weg. Vertel!”
Retha is vroeg in Januarie terug na haar ouers in Middelburg. Haar ma het sedert Kersfees baie vinnig begin verswak na ’n jare lange stryd teen kolonkanker. Tydens die eerste besoek aan die onkoloog in die nuwe jaar het sy dit duidelik gestel dat sy nie kans sien vir verdere chemoterapie nie. Die spesialis en haar man het dit so aanvaar en daar is besluit om voortaan net pynbeheer toe te pas en haar so lank moontlik tuis te versorg. Toe Retha se pa haar laat weet het dat dit die terminale fase van die siekte is, is sy terug om haar ouers te gaan ondersteun. Sy het net ’n jonger broer wat op die oomblik oorsee is. Gelukkig kon sy reëlings tref met die dosente wat vir die eerste modules van die Sielkunde-honneurskursus verantwoordelik is. Daar is hoofsaaklik leeswerk, en die eerste taakopdragte word in elk geval elektronies ingestuur.
Die laaste fase het nog ’n uitmergelende drie maande geduur, maar twee weke gelede het Retha laat weet dat haar ma se lyding genadiglik verby is. Sy wou nie hê Karen moet Middelburg toe ry vir die gedenkdiens nie. Hulle gaan dit klein hou en vinnig afhandel want haar pa is baie uitgeput en broos, en sy suster-hulle wil hom saamneem wanneer hulle terugry Mosselbaai toe.

💙 Lees hier verder: https://loom.ly/k2STH0U

💙 Saggies ontwaak my hart is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/4aQALSw

Staan ’n kans om ’n Romanza-geskenkpak te wen wanneer jy aansluit by die RomanzaKlub! ❤️ 📚 👉 Besoek die webblad https://...
30/08/2024

Staan ’n kans om ’n Romanza-geskenkpak te wen wanneer jy aansluit by die RomanzaKlub! ❤️ 📚

👉 Besoek die webblad https://loom.ly/yneinqk of stuur ’n e-pos na [email protected] om aan te sluit.

Onverklaarbare liefdesavontuur 💚Ons deel 'n proeseltjie uit Om aan ’n ster te raak deur Frenette van Wyk:Shiloh se lyf s...
29/08/2024

Onverklaarbare liefdesavontuur 💚

Ons deel 'n proeseltjie uit Om aan ’n ster te raak deur Frenette van Wyk:

Shiloh se lyf skiet agteroor in die sitplek toe Yusuf weer vinnig die spoed versnel om teen ’n duin uit te ry. Die jeep kruip ’n entjie oor die kruin van die duin voor hulle weer soos op ’n golf afgly tot onder, net om weer ’n volgende een uit te klim.
Sy vee haar windverwaaide hare eenkant toe, skreef haar oë en verkyk haar aan die patrone wat die wind deur die nag oral oor die gladde sandmure en -heuwels van die Negev-woestyn gegraveer het. Patrone en voortjies, spoortjies van voëls, die spore van kamele of stewels of bande, maar net vir vandag. Môre sal daar weer nuwes wees, nuwe patrone, nuwe spore, ’n nuwe uitsig.
As sy maar nuwe patrone teen haar hart se mure kan graveer, nuwe spore op haar pad kan trap. Nuwe hoop kan optower vir haar lewe.
Maar dit sal ook weer vergaan. Die hele lewe en alles op die aarde, elke mens daarin is net so veranderlik en verganklik soos die spore en die patrone en die duine self, uitgelewer aan die genade van die wind, of die noodlot. Dis net die sterre daar ver in die onbereikbare hemel wat elke nag dieselfde posisie behou, dieselfde patrone vorm, dieselfde beelde teken.
Sy wou net ’n bietjie wegkom, na ’n onbekende, nuwe plek waar sy haarself kan verloor, en weer vind, en hierdie toer was beskikbaar en bekostigbaar.
Net jammer sy kan nie regtig van haarself af wegkom nie. Alles waarvan sy wil wegvlug, sit nog net hier in haar hart. Maar sy wil nie langer haar kop daaroor breek nie, en laat haar morbiede gedagtes saam met die wind wegwaai toe sy weer voor haar kyk.
Die aantreklike profiel van die man skuins voor haar in die passasiersitplek langs Yusuf trek haar aandag en sy kan nie help om hom ’n rukkie langer te bestudeer nie.
Hy het ’n ongewone naam. Azalay, as sy reg onthou. Azalay Barkley.
Uitheems, vol geheime betekenis, en baie mooi, nes sy lang, gevormde neus en sy ferm kakebeenlyn – twee dinge aan ’n man se voorkoms wat nog altyd by haar baie punte getel het. Dit spel vir haar die ou se intelligensie en integriteit uit. Nes ’n ou se tande en hare alles verraai oor hoeveel innerlike trots daar in hom is. Die mate waarin hy hom aanvaarbaar, aangenaam en aantreklik vir ander om hom maak, bepaal na hoeveel waarde hy homself skat.

⭐ Lees hier verder: https://loom.ly/K3sGfwc

⭐ Om aan ’n ster te raak is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/6AEtP3g

Na ’n leeftyd in Milaan verruil Karo haar werk vir die man van haar drome. Maar ’n romantiese bootreis onthul meer as wa...
29/08/2024

Na ’n leeftyd in Milaan verruil Karo haar werk vir die man van haar drome. Maar ’n romantiese bootreis onthul meer as wat Karo verwag het.

💙 Kry jou kopie van Vlinders en vonke deur El Bester by jou naaste boekwinkel of aanlyn op ons webtuiste: https://loom.ly/ZVoxvQE

Plaasliefde vir ’n boeremeisie 🚜 ❤️Ons deel 'n proeseltjie uit ’n Trekker vir twee deur Ilze Beukes:Ansone glimlag terwy...
28/08/2024

Plaasliefde vir ’n boeremeisie 🚜 ❤️

Ons deel 'n proeseltjie uit ’n Trekker vir twee deur Ilze Beukes:

Ansone glimlag terwyl sy die laaste servet in ’n wynglas druk en ingedagte oor die protea bedrukte tafeldoek vee waarop haar spierwit eetgerei en silwermessegoed gedek is. Die kerse se flikkering gooi ’n sagte romantiese lig oor die tafel en laat haar verlang na mense wat sy nie ken nie.
Dromerig maak sy ’n wens.
Toe die voordeurklokkie lui, pluk sy haastig haar voorskoot af, slinger dit opgewonde na die rottangstoel in die hoek van die vertrek, en maak die voordeur oop.
“Mitsie, Adel! Ek is so bly julle is hier!” Hulle groet en druk mekaar, waarna sy haar twee vriendinne innooi. “Ek kan nie wag om my groot nuus met julle almal te deel nie, Jacques-hulle sal seker ook nou-nou hier wees.”
Mitsie hou ’n boksie sjokolade uit na haar. “Jy maak my nou baie nuuskierig, het jy uiteindelik iemand ontmoet?”
Sy skud haar kop. “Nee, nog nie. Maar my nuus gaan julle voete onder julle uitslaan. En met die nuwe rigting in my lewe, is enigiets seker moontlik. Ten minste gaan ek nou weer hope tyd hê vir myself.”
Adel glimlag. “Jy verdien elke bietjie geluk, Ansone. Veral na als wat jy vir oom Simon opgeoffer het. Ek het baie keer gewonder of hy ooit besef het hoeveel jy vir hom ingeboet het.”
Ansone glimlag geheimsinnig. “Glo my, hy het. En onthou, dit was my keuse. Maar kom ons gaan sit by die verwarmer in die sitkamer tot die ander twee by ons aansluit.”
Mitsie plof haar handsak op die mat terwyl sy op die sitkamerbank gaan sit.
Ansone kyk na haar. “En hoe gaan dit met die twee meisiekinders?” vra sy belangstellend.
“Baie goed, dis maar net die twee se stryery wat my soms onderkry, maar met die dat ek en my eks heeltyd van mekaar verskil, stel ons nie juis die beste voorbeeld vir hulle nie. Ons moet ’n manier vind om beter oor die weg te kom.”
“Julle gaan almal deur ’n aanpassingsfase, met tyd sal dit beter raak.”
Mitsie knik. “Ek hoop jy’s reg, maar genoeg van my probleme. D**k jy nie ons kan dalk ’n ander aanlyn platform as die vorige keer vir jou probeer nie? Dan kan jy ten minste solank ’n paar enkellopende mans ontmoet.”
Laggend skud Ansone haar kop. “Nee, dankie. Dit is regtig nie nou hoog op my prioriteitslys nie.”

❤️ Lees hier verder: https://loom.ly/KdovInc

❤️ ’n Trekker vir twee is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/Qs4snb8

Van Gouelokkies tot Aspoestertjie ✨Ons deel 'n proeseltjie uit Gouelokkies en die professor deur Cecilia Nortjé:“Connie,...
27/08/2024

Van Gouelokkies tot Aspoestertjie ✨

Ons deel 'n proeseltjie uit Gouelokkies en die professor deur Cecilia Nortjé:

“Connie, kan jy asseblief kom kyk wat gaan in die kombuis aan?”
Die spanningsknoop in Connie Verster se maag trek stywer terwyl sy die telefoon stadig op sy mikkie neersit. Sy het geweet hier kom moeilikheid toe Basil kastig geduldig in die deur kom staan het.
“Moet asseblief net nie sê iets het gebreek nie.” Sy klink vir haarself so benoud soos sy voel.
“Uhm . . . darem nie ’n masjien nie.” Basil gee een van sy skaars glimlaggies.
Gespanne stap Connie agter die lywige sjef aan deur die ontvangsvertrek na die kombuis. In die spensdeur steek sy verstom vas. Nia lê op haar rug in ’n poel koekmeel. Terwyl sy kliphard sing, waaier sy haar arms en bene in en uit, dolgelukkig in haar eie wêreld.
Lam van verligting leun Connie teen die kosyn aan. Sy moes geweet het gisteraand se sneeumanstorie sou ’n groot indruk op haar klein planmaker hê. En vir kreatiwiteit verdien die kind seker ’n paar punte. Maar die vermorste sak meel beteken ongelukkig ook geld uit die gasteplaas se boomskraap rekening. Want daar is hoenderpastei en malvapoeding op vanaand se spyskaart en Basil wyk nie sommer van sy uitgewerkte spyskaart af nie. Beslis nie vir ’n vierjarige se speletjies nie.
Dit duur ’n rukkie voor Nia van Connie bewus raak. Met ’n stralende glimlag kyk sy op. “Kyk, Mamma, ek maak ’n sneeu-engel.”
Connie gaan buk by die kind. “Dis baie mooi, my liefielyf, maar onthou jy jy moet altyd eers vir oom Basil vra voor jy iets in die kombuis vat?”
Nia sit beteuterd orent. Haar vet vingertjies waaier strepe deur die meel en sy loer onderlangs na die uitdrukkinglose sjef. “Oom Basil was nie hier nie,” mompel sy.
Wat verklaar hoe sy ongesiens verby daardie arendsoë kon glip. Basil se kombuis is sy koninkryk.

🩷 Lees hier verder: https://loom.ly/8dKOyvc

🩷 Gouelokkies en die professor is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/V9EjIQE

Baie geluk aan ons skrywers met julle ATKV-Woordveertjie-nominasies. Ons is ongelooflik trots op julle! ❤Die finaliste v...
26/08/2024

Baie geluk aan ons skrywers met julle ATKV-Woordveertjie-nominasies. Ons is ongelooflik trots op julle! ❤

Die finaliste vir Prys vir Romanses is soos volg:
⭐️ My alles vir jou – Dina Botha
⭐️ Djin in ’n koffiekan – Bets Smith
⭐️ Belle, met die hart vol blomme – René van Zyl, Skrywer

Die wenners sal vanaf 17 tot 20 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

2024 se ATKV-Woordveertjiefinaliste is bekend. Die wenners van hierdie gesogte toekennings word van 17 tot 20 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak.

Richard is dalk net wat Hanna nodig het tydens haar blaaskans in Hawaii, maar gaan hy haar hart flenters breek? 🏝️💙 Kry ...
26/08/2024

Richard is dalk net wat Hanna nodig het tydens haar blaaskans in Hawaii, maar gaan hy haar hart flenters breek? 🏝️

💙 Kry jou kopie van Ek, jy en Hawaii deur Analize Theron om uit te vind: https://loom.ly/TP---Uo

"Die skrywer bewys haarself as een wat buite die normale kan d**k om ’n redelik unieke storie daar te stel, een wat telk...
25/08/2024

"Die skrywer bewys haarself as een wat buite die normale kan d**k om ’n redelik unieke storie daar te stel, een wat telkens verras met nuwe wendings. Dit sou nogal ’n oulike speelfilm uitmaak. Soos ’n goeie Vegas-storie betaam, is dit kompleet met ’n Elvis, troulisensies, casinos en deurnagvermaak."

Dankie vir die pragtige resensie oor se Romanza, !

❤️ Lees die resensie hier: https://loom.ly/GTg8DYc

❤️ Toe gebeur Vegas is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/JjcersQ

Net wanneer ek begin d**k dat bykans alle moontlike scenarios al ingespan is om ’n romanse rondom te weef, kom verras ’n skrywer soos René van Zyl met Toe gebeur Vegas.  LasVegas is bekend as …

Sal Samantha die pynlike letsels van haar huwelik en kindertyd kan vergeet en Raymond toelaat om haar nuwe lewensvreugde...
24/08/2024

Sal Samantha die pynlike letsels van haar huwelik en kindertyd kan vergeet en Raymond toelaat om haar nuwe lewensvreugde te gee? 💚

👉 Rendesvouz in Santa Cruz deur Judy Troskie is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/BUUBALI

Die Griekse skeepsdokter kan nie ophou d**k aan die vrolike krulkop nie. Sal hy genoeg moed bymekaar skraap om liefde ’n...
22/08/2024

Die Griekse skeepsdokter kan nie ophou d**k aan die vrolike krulkop nie. Sal hy genoeg moed bymekaar skraap om liefde ’n kans te gee?

💙 Kry jou kopie van Hawe vir haar hart deur Tosca de Villiers om uit te vind: https://loom.ly/3XlOWrU

Dankie   vir die pragtige resensie oor   se Romanza,  !💛 Lees die resensie hier: https://loom.ly/TU5Vdvw💛 Goue gloed is ...
22/08/2024

Dankie vir die pragtige resensie oor se Romanza, !

💛 Lees die resensie hier: https://loom.ly/TU5Vdvw

💛 Goue gloed is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/Frq0Hdg

’n Weduwee, agtergelaat met ’n bankrot boedel, verloor alles waarop haar identiteit gebou is. Buiten twee tasse vol klere, ’n smuktassie, goeie parfuum en haar groot handsak. En haar karretjie. Sy …

Ons het 'n wenner! 🎉Baie geluk aan Santie Goodall wat wegstap met Augustus se Romanzas! Stuur ons asb. 'n privaat boodsk...
22/08/2024

Ons het 'n wenner! 🎉

Baie geluk aan Santie Goodall wat wegstap met Augustus se Romanzas! Stuur ons asb. 'n privaat boodskap om jou prys te eis.

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het. Augustus se Romanzas is hier beskikbaar: https://loom.ly/J8elH14

Lekker lees! ❤️

El Bester is ’n storieverteller, skrywer en voormalige filmredigeerder. Sy en haar man woon en werk in die Karoo waar sy...
21/08/2024

El Bester is ’n storieverteller, skrywer en voormalige filmredigeerder. Sy en haar man woon en werk in die Karoo waar sy stories uitd**k en ’n tuiste skep vir hul drie kinders en troeteldiere. Vlinders en vonke is El se debuut-Romanza. Haar tweede boek, Mal oor jou, is Maart 2025 op die rakke.

💙 Wat het die idee vir jou boek geïnspireer?
In my eerste Romanza, Vlinders en vonke, het ek gewonder hoe dit sou werk as die held nog altyd verlief was op die heldin, sonder dat sy daarvan geweet het.
Met Mal oor jou, het die teenoorgestelde idee my begin interesseer: Hoe sou sy maak wanneer die held so duidelik soos daglig mal is oor haar? Wat sou sake bemoeilik het om by mekaar uit te kom? En hoe hard sal hy moet baklei om haar te kry?

💙 Hoeveel navorsing het jy gedoen vir die boek?
Ek kweek my eie groente, so, die tonele rondom Issa se groentetuin was eintlik maklik. Wat wel vir my moeilik was, is die wetlike aspekte rondom verblyfreg, eiendomme, familietrusts, boedels, hersonering ens. Ek het aanvanklik nie bedoel om daarop te fokus nie, maar die storie het dit vereis. Dus moes ek hordes webtuistes besoek het om alles te verstaan, en ook het ek met ’n plaaslike prokureur gesels vir meer praktiese advies.

💙 Wat is die moeilikste deel van jou skryfproses?
Ek was eens op ’n tyd ’n filmredigeerder. Dis nie heeltemal dieselfde as om ’n boek te redigeer nie, maar ek het gevind dat ek steeds die manier het om te redigeer terwyl ek skryf. Dis oneindig tydrowend en onproduktief, en hoop ek om mettertyd vinniger en meer effektief te skryf, sodat ek minder hoef te redigeer.

💙 Wat kom eerste vir jou – die plot of die karakters – en hoekom?
Ek d**k die plot wen loshande. Soos met baie skrywers, speel ek ook met die tipiese sê-nou-maar scenario’s. As daardie scenario’s eers in plek is, voel dit vir my of ek presies weet hoe die hoofkarakters gaan lyk. Om die storie uit te plot is vir my ’n heerlike uitdaging.

💙 Watter karakters in jou boek is die meeste soortgelyk aan jou of aan mense wat jy ken?
Anders as in my eerste boek, was nie een van die karakters soortgelyk aan iemand wat ek ken, of aan myself nie. Daar is miskien hier en daar iets wat my aan iemand herinner het, maar oor die algemeen was elke karakters soos ’n totale vreemdeling.

💙 Speel jy musiek terwyl jy skryf?
Op die stadium verkies ek dit om in stilte te skryf, met geluide uit die tuin en die honde wat langs my lê en slaap. Af en toe sal ek ’n liedjie kies om na te luister terwyl ek ’n romantiese of ’n emosionele toneel skryf, en dan sal dit enige iets uit ’n baie lang lys van gunstelinge wees.

💙 Watter raad het jy vir voornemende skrywers?
Moenie die stories in jou kop los, tot jy eendag die tyd daarvoor het nie. Maak tyd, as jy hou van skryf. Doen dit nou, dis ’n tydsame leerproses.

👉 Kry jou kopie van Vlinders en vonke by jou naaste boekwinkel of aanlyn op ons webtuiste: https://loom.ly/5k4NrGQ

Vier die liefde en wen! 😍Staan ’n kans om ’n Romanza-geskenkpak te wen wanneer jy by die RomanzaKlub aansluit!  👉 Besoek...
20/08/2024

Vier die liefde en wen! 😍

Staan ’n kans om ’n Romanza-geskenkpak te wen wanneer jy by die RomanzaKlub aansluit!

👉 Besoek die webblad https://loom.ly/yneinqk of stuur ’n e-pos na [email protected] om aan te sluit.

GEBORG: Vier die liefde en wen!

Staan ’n kans om ’n Romanza-geskenkpak te wen wanneer jy by RomanzaKlub aansluit!

Besoek die webblad https://loom.ly/yneinqk of stuur ’n e-pos na [email protected] om aan te sluit.

Ná ’n ongeluk beland Shiloh en Azalay op onverklaarbare wyse saam in die Arabiese woestyn. Hul omstandighede dwing hulle...
20/08/2024

Ná ’n ongeluk beland Shiloh en Azalay op onverklaarbare wyse saam in die Arabiese woestyn. Hul omstandighede dwing hulle nader aan mekaar, maar laat ook die vonke spat. Kan die liefde so ’n vreemde reis oorleef?

💚 Om aan ’n ster te raak deur Frenette van Wyk is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/6AEtP3g

Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoë, haar geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. Gaan Spanje se vurige...
19/08/2024

Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoë, haar geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. Gaan Spanje se vurige flamencomusiek haar verlei om uiteindelik die dans van die liefde te dans?

❤️ Tango met ’n twist deur Rina Cilliers is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/p1GK5ZA

Dankie   vir die pragtige resensie oor   se Romanza,  !💜 Lees die resensie hier: https://loom.ly/uqEo2u0💜 Liefde kan roe...
19/08/2024

Dankie vir die pragtige resensie oor se Romanza, !

💜 Lees die resensie hier: https://loom.ly/uqEo2u0

💜 Liefde kan roes is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/nm9VuPA

Madelie Human is nie sonder rede hoog aangeskrewe by vele romanselesers nie. Maak ’n boek van haar oop en spoedig is jy so betrokke by die wel en weë, en veral die harte van die karakters, dat hoor…

Sal ware liefde seëvier?Karen is vir die eerste keer verlief en George is enige vrou se droomman: lank, aantreklik, sjar...
18/08/2024

Sal ware liefde seëvier?

Karen is vir die eerste keer verlief en George is enige vrou se droomman: lank, aantreklik, sjarmant én suksesvol. Maar sy spandeer al hoe meer tyd saam met Werner. Sal sy leer dat verliefdheid nie dieselfde as ware liefde is nie?

💙 Saggies ontwaak my hart deur Magda Schmidt is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/4aQALSw

Address

162 Tonetti Street, Growthpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RomanzaKlub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share

Category

Nearby media companies

  • LUCA

    LUCA

    Tonetti Street


You may also like