LAPA Uitgewers
- Home
- South Africa
- Midrand
- LAPA Uitgewers
LAPA verskaf bekostigbare boeke vir oud en jonk! Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die LAPA-nuus: https://bit.ly/3yNte9G
(8)
Address
162 Tonetti Street, Growthpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685
Opening Hours
Monday | 08:00 - 16:00 |
Tuesday | 08:00 - 16:00 |
Wednesday | 08:00 - 16:00 |
Thursday | 08:00 - 16:00 |
Friday | 08:00 - 16:00 |
Website
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when LAPA Uitgewers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Shortcuts
Category
LAPA Uitgewers
LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa (Edms) Bpk. Bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak is LAPA se doelwit. Ons weet dis belangrik dat kinders boeke in hul moedertaal lees, daarom bied ons ʼn keur van eietydse, opwindende kinder- en jeugverhale. Lekker stories is die voorvereiste vir LAPA se fiksie. Daar is spanning en moord, liefdesverhale en algemene fiksie. Die Romanza-klub verskaf oorspronklike Suid-Afrikaanse romanses teen sakpaspryse. Die niefiksie-afdeling dek 'n wye verskeidenheid onderwerpe, van kosmaak en handwerk tot spinnekoppe en misdadigers, en alles tussenin. Ons lesers is vir ons belangrik, daarom is ons standaarde hoog. Die redakteurs doen baie moeite met die ontwikkeling van skrywers en manuskripte. Dit is nie maklik om ’n LAPA-skrywer te word nie, maar diegene wat wel by ons publiseer, weet dat kopers LAPA as ’n betroubare handelsmerk sien. Ons skrywers het nie verniet al tientalle pryse gewen nie. LAPA kom van vêr af. Voor die Tweede Wêreldoorlog al het wyle Johannes Petrus van der Walt ʼn publikasieprogram, Springbok-Biblioteek, begin onder die vaandel van die destydse Unie-Boekhandel. Deur die Oorlog het Springbok-Biblioteek voortgegaan met hulle bedrywighede, hoewel die rantsoenering van papier verhoed het dat die maatskappy groei. In 1958 het J.P. van der Walt se seun, Manie, as besturende direkteur aangesluit. In 1961 is die maatskappy herdoop na J.P. van der Walt en Seun (Edms.) Bpk. Dié naam sou vir baie jare sinoniem wees met klubboeke. In Oktober 1996 het die ATKV die maatskappy gekoop. Die naam van die maatskappy is daarna verander na LAPA – jou leestuiste. In 2020 is LAPA deur Penguin Random House SA (Edms) Bpk oorgeneem, wat aan ons ‘n veel groter voetafdruk bied. LAPA weet dat die meeste lesers steeds ’n boek in die hand verkies, maar ons stories is ook in e-formaat beskikbaar.