LiG Tydskrif

LiG Tydskrif LIG - Vir jou en jou mense. Om in te teken, skakel 021 864 8252 Tydskrif met Christelike inhoud wat verryk en inspireer

“Mevrou, sit net by jou kind. Dis nie vir ons die moeite werd om nou daarheen te vlieg nie.”Vandag is Marlu de Jager one...
08/01/2025

“Mevrou, sit net by jou kind. Dis nie vir ons die moeite werd om nou daarheen te vlieg nie.”
Vandag is Marlu de Jager oneindig dankbaar dat sy en haar man Snyman daardie dag, 22 April 2022, geweier het om dié verdoemende woorde te glo. Langs hulle, op ’n pad buite Ficksburg in die Oos-Vrystaat, het hul 17-jarige seun gelê. Sy toestand was kritiek nadat hy kop eerste van ’n bakkie geval het toe die bestuurder vir ’n slaggat uitgeswaai het.

WAARSKUWING: Die artikel bevat ’n foto wat sensitiewe lesers kan ontstel.

God is wysheid.
06/01/2025

God is wysheid.

Onthou om vanoggend 10:00 in te skakel op Via (kanaal 147 op Dstv) vir jou weeklikse inspirasie-inspuiting. 💛Kyk vandag ...
05/01/2025

Onthou om vanoggend 10:00 in te skakel op Via (kanaal 147 op Dstv) vir jou weeklikse inspirasie-inspuiting. 💛
Kyk vandag na die getuienisse van Monita Mostert, Natania Smit en Koos Kruger. Hulle deel onderskeidelik hul reis met 'n lewe en liggaam wat ewe skielik nie meer dieselfde is nie en Koos vertel van sy besoek aan die hemel.

VIR KINDERS | Juffrou Luna se klas het ‘n voëltjie hoor fluit dat hulle gaan kamp. Maar hierdie was nie sommer enige kam...
04/01/2025

VIR KINDERS | Juffrou Luna se klas het ‘n voëltjie hoor fluit dat hulle gaan kamp. Maar hierdie was nie sommer enige kamp nie — dit was Aarde-kamp! Ruan is bekommerd, Nicolene maak lysies en Johnny wys sy talent vir tent opslaan. Maar dis nie al wat hierdie kinders leer nie... Kom ontdek saam met hierdie maats hulle baie belangrike taak as aardebewaarders!
Hierdie storie is geïnspireer deur Genesis 1:26-31

Juffrou Luna se klas het ‘n voëltjie hoor fluit dat hulle gaan kamp. Maar hierdie was nie sommer enige kamp nie — dit was Aarde-kamp! Ruan is bekommerd, Nico...

KYK 🎬 | Carin kén verlies. Sy het albei haar kinders aan die dood afgestaan nadat albei in motorfietsongelukke gesterf h...
03/01/2025

KYK 🎬 | Carin kén verlies. Sy het albei haar kinders aan die dood afgestaan nadat albei in motorfietsongelukke gesterf het. Kort daarna is ook haar man tydens die Covid-pandemie oorlede. “Ek is nie kwaad vir die Here nie. Hoe kan ek kwaad wees as Hy ook soveel goeie dinge in my lewe laat gebeur?”
Sy woon nou alleen saam met haar ses honde, maar vertel sy het vrede op haar niggie se plaas in die Vrystaat gevind.

Carin Pretorius ken verlies. Sy het albei haar kinders aan die dood afgestaan nadat albei in motorfietsongelukke gesterf het. Kort daarna is ook haar man tyd...

Wat kan jy in die nuwe jaar doen om een van jou gunstelingbelangstellings te ontwikkel, jou ‘goed voel’-hormone ’n geree...
03/01/2025

Wat kan jy in die nuwe jaar doen om een van jou gunstelingbelangstellings te ontwikkel, jou ‘goed voel’-hormone ’n gereelde hupstoot te gee én te ervaar dat jy iewers hoort? Sluit aan by ’n klub. Of bring een op die been.
Ons almal het minstens een belangstelling wat ons oë laat blink. Onthou jy nog wat joune is? Ruim jy tyd in om dié vreugdevuurtjie gereeld aan te blaas, boonop dalk in die geselskap van mede-geesdriftiges?

Wat kan jy in die nuwe jaar doen om een van jou gunstelingbelangstellings te ontwikkel, jou ‘goed voel’-hormone ’n gereelde hupstoot te gee én te ervaar dat

“Die wêreld is stukkend,” sê Caren Combrink, ’n sielkundige in Benoni. “Daar is sóveel mense wat met aanlyn dobbelary wo...
02/01/2025

“Die wêreld is stukkend,” sê Caren Combrink, ’n sielkundige in Benoni. “Daar is sóveel mense wat met aanlyn dobbelary worstel. Dis regtig ’n groot probleem.”
’n Gerehabiliteerde alkoholis kan wye draaie om ’n kroeg loop, maar vir mense wat hul fix op ’n slimfoon kry, is die ver­soeking net ’n klik ver.
* Ons gee raad vir verslaafdes en geliefdes.

Dis hel as die dobbeldraak sy kloue in jou slaan. Dit word nóg donkerder as dié monster skielik by jou selfoon intrek. Is dit moontlik om dit te ontvlug?

Elke voëltjie se gesang getuig van God se grootheid.
02/01/2025

Elke voëltjie se gesang getuig van God se grootheid.

VIR KINDERS 🐞 | Die nuwe hemel en die nuwe aarde is soos ‘n geskenk wat Jesus besig is om vir ons, sy kinders wat vir Ho...
01/01/2025

VIR KINDERS 🐞 | Die nuwe hemel en die nuwe aarde is soos ‘n geskenk wat Jesus besig is om vir ons, sy kinders wat vir Hom lief is, toe te draai. Hy sal dit vir ons gee wanneer Hy ons weer kom haal. In die nuwe hemel en die nuwe aarde sal daar nie meer sonde wees nie, niemand sal siek word nie en alles sal splinternuut wees. Dit sal ‘n baie lekker plek wees! Terwyl ons wag vir hierdie lekker geskenk, kan ons rondom ons kyk en nogsteeds baie dinge sien waarvoor ons nou dankbaar kan wees.
Kan jy aan ‘n paar d**k?

Hou jy daarvan om geskenke te kry? Al die ligdraers hier in Ligland hou ook baie daarvan! Die nuwe hemel en die nuwe aarde is soos ‘n geskenk wat Jesus besig...

30/12/2024

KYK SAAM | As julle, as ouers, skermtyd oorweeg vir julle kleintjies, onthou ons het 'n Afrikaanse YouTube-kanaal met oorspronklike Christelike inhoud en dis gratis. 🐞
'Subscribe' tot hierdie kanaal en weet eerste wanneer nuwe episodes gelaai word. Dankie dat julle saamkyk! 💛
Gaan na: www.youtube.com/

Laat dit waaraan jy swaar dra agter.
30/12/2024

Laat dit waaraan jy swaar dra agter.

Onthou om vanoggend 10:00 in te skakel op Via (kanaal 147 op Dstv) vir jou weeklikse inspirasie-inspuiting. 💛Kyk vandag ...
29/12/2024

Onthou om vanoggend 10:00 in te skakel op Via (kanaal 147 op Dstv) vir jou weeklikse inspirasie-inspuiting. 💛
Kyk vandag na die getuienisse van Andre van Straten, Elsanne Kamffer en Lucy van der Merwe. Hulle deel onderskeidelik hul reis na die dood van 'n eggenoot, wanneer jy 'n eksman se moordpoging oorleef en wanneer jou hart in een dag 15 keer gaan staan.

VIR KINDERS 🐞 | Dis slaaptyd in die De Jager-huis, maar Sussie is nie lus nie. Pappa weet teen hierdie tyd dat wat voorl...
28/12/2024

VIR KINDERS 🐞 | Dis slaaptyd in die De Jager-huis, maar Sussie is nie lus nie. Pappa weet teen hierdie tyd dat wat voorlê… Sussie gaan weer skape tel en dis hier waar sy vir Sofia sien - die nuuskierige skapie wat nooit ooit wil slaap nie!
Die herder wat vir Sofia en haar maats oppas het al sy skape getel, weer en weer, totdat hy seker was: 99 skape... maar waar is Sofia?
Hierdie storie is geïnspireer deur Lukas 15:3-7

'n Slaaptydstorie vir al die klein naguiltjiesDis slaaptyd in die De Jager-huis, maar Sussie is nie lus nie. Pappa weet teen hierdie tyd dat wat voorlê… Suss...

KYK 🎬 | Johannes se kinderlewe klink soos ’n draaiboek vir ’n fliek met die doel om te skok. Hy is as jong kind mishande...
27/12/2024

KYK 🎬 | Johannes se kinderlewe klink soos ’n draaiboek vir ’n fliek met die doel om te skok. Hy is as jong kind mishandel, verkrag en is uiteindelik in pleegsorg geplaas. Maar ook tydens pleegsorg het daar verskriklike goed gebeur en is hy selfs deur een gesin as “hond” buite aangehou. Maar vandag gebruik Johannes sy eie traumatiese verhaal om vir ander hoop te bring.
WAARSKUWING: Dié verhaal kan sommige lesers ontstel.

Johannes Wolfaardt se kinderlewe klink soos ’n draaiboek vir ’n fliek met die doel om te skok. Hy is as jong kind mishandel, verkrag en is uiteindelik in ple...

God werk deur sy dissipels.
26/12/2024

God werk deur sy dissipels.

Ons deel vandag 2024 se mees gelese  . 'n Dapper vrou van Komatipoort, 'n ma van die Strand en 'n vrou van Worcester het...
25/12/2024

Ons deel vandag 2024 se mees gelese .

'n Dapper vrou van Komatipoort, 'n ma van die Strand en 'n vrou van Worcester het hulle kosbare verhale gedeel.

2024 se mees gelese getuienis is die verhaal van ’n dapper vrou en ma in Komatipoort, Mpumalanga.

Ons het vir ons ’n veilige, “kerklike” Jesus geskep. Die meeste mense kan Hom dus ná die feesseisoen rustig wegpak, saam...
25/12/2024

Ons het vir ons ’n veilige, “kerklike” Jesus geskep. Die meeste mense kan Hom dus ná die feesseisoen rustig wegpak, saam met al die Kersversierings, skryf Stephan Joubert van ekerk.

Maar Jesus laat Hom nie wegpak nie. Hy laat Hom nie afkoel deur ons vroom, godsdienstige termostate of ons flou tradisies nie.

Daarom sal dit goed wees as jy weer ’n slag agter die skerms van nóg ’n opgesmukte feesseisoen ingaan. Ontdek Jesus soos wat Lukas 2 oor Hom praat. Dan sal jy weer die vars nuwe geure, klanke en kleure van God se koninkryk beleef.

Laat toe dat daar in dié tyd ’n nuwe verhaal in jou lewe opstaan: die waarheid oor Jesus.

Dan sal jy elke dag sy koms en sy nabyheid vier, reg deur die nuwe jaar.

Wat die krip van Kersfees sê. Jesus se geboorte is nie op ’n Kerskaartjie verewig nie. Die krip is nie vir Hom ontwerp nie; dit was ’n gewone voerbak waaruit skape gevreet het.

VIR KINDERS 🐞 | 'n Vreeslike ding het met Brom de Beer gebeur! Brom vermoed 'n bose boef het sy heuning gesteel. "Hoe ve...
24/12/2024

VIR KINDERS 🐞 | 'n Vreeslike ding het met Brom de Beer gebeur! Brom vermoed 'n bose boef het sy heuning gesteel. "Hoe verloor mens ‘n pot heuning?!" het Waldo Verkleurman onseker gevra. "Ek, Brom de Beer het dit NIE verloor nie, ek bêre my goed. Iemand het my beroof en hulle gaan boet!" grom Brom ontsteld.
Maar wag ‘n bietjie, voor jy bekommerd raak oor skelms in Ligland, Brom de Beer is nie heeltemal so onskuldig nie...
Hierdie storie is geïnspireer deur Matteus 7:1-5

'n Vreeslike ding het met Brom de Beer gebeur! Brom vermoed 'n bose boef het sy heuning gesteel. "Hoe verloor mens ‘n pot heuning?!" het Waldo Verkleurman on...

Address

Wellington

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27218648202

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LiG Tydskrif posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to LiG Tydskrif:

Videos

Share

Category