20/11/2023
Ag, kom ek help julle almal gou reg. Ek weet ek hoef nie, maar as dit is wat dit vat om die rooikappie stories stil te kry, dan kan jy gerus lees.
Elize Visser Vocal Studio sluit kom einde van die jaar. Dis vir sommige mense in Virginia en Welkom goeie nuus, die "pouchers" wat studente afneem of "probeer" afneem van my af. Maar dis ok. Daar is actually genoeg son om oor almal te skyn, as julle dalk gewonder het. Dis nie nodig om studente weg te rokkel vir jou plekkie in die son nie. Ek was nog altyd ok daarmee as studente na ander coaches toe is, whatever floats their boats, no hard feelings. En EK gun vir elkeen hulle plekkie. By my, was elkeen welkom. Of jy kon sing of nie, of jy gesukkel het of nie, ALMAL WAS WELKOM, ALTYD. Maar die afgunstigheid is iets om van naar te word. By all means, as jy voel jy is beter as ander, enjoy my friend. Ek het nog nooit ged**k ek is goed of sleg nie. Ek is net altyd ELIZE, what you see is what you get. En ek is vir elkeen van my studente ewe lief en elkeen het sy of haar plekkie in my hart.Ek d**k my studio, myself en my studente het fantasties gedoen en gegroei die afgelope 4 jaar. En ons het hoogtes bereik wat ek nie ged**k het moontlik was nie. Dis harde werk maar so die moeite werd. Maar ek is moeg vir lelik. Mense wat lelik is, mense wat ander niks gun in die lewe nie, mense wat d**k as hulle sit gaan die son onder. I am DONE. Maar dis nie hoekom ek my studio toemaak nie.
Dit is tyd vir my en my man om aan te beweeg en n lewe vir onsself te gaan maak. Niemand hoef verder iets van ons privaat lewe te weet nie.
Ek weet ek hoef niks aan niemand te verduidelik nie, maar omdat almal se besigheid, almal se besigheid is in Virginia, hoor dit direk van my af en dan hoef julle nie langer daaroor te wonder of te skinder of te bespiegel nie. As die skoen pas, trek dit aan.....JA JY, wat nou hier lees en weet wie jy is, want EK weet WIE JULLE is. En, ek sal julle in die oe kyk en dit reguit vir julle se ook. Kontak my gerus, jy wat se mond vol is oor my en my besigheid...seker jaloesie, afguns...I dont know?
Ek het actually iemand wat aangaan met die studente en daar is een of twee wat by my aanbly. So, jy slyp jou tande verniet.
Ek gaan elke student en ouer mis. My hart is seer, maar dis tyd vir n nuwe hoofstuk. Ek het LOJALE mense aan my kant en agter en om my. En dan natuurlik die skeinheiliges, wat gelukkig reeds weg is. O ja, daar is nie meer plek in my rug vir dolke nie. Gelukkig is ek besig om van daai dolke ontslae te raak. Met elke dolk, is daar lesse te leer, en daarvoor se ek dankie.
Ek glo, hoop en vertrou, die saad wat ek geplant het by my studente, nie net met sing nie, maar lewenslesse en liefde ook, sal bly groei. En ek wens elkeen, studente wat weg is en huidige studente, net die beste toe vir jul lewe en toekoms. Weet net, ek sal jul altyd ondersteun.
Ek sal nog n mooi memory maak om te post oor my sangskool se 4 jaar. Lief elkeen van julle.