21/10/2024
🖋: Taro Samuelson
Een van die Woordfees 2024 se vele hoogtepunte was die vertoning van Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan, ’n twee-persoon-toneelstuk met van die Afrikaanse teatersfeer se grootste name: die ikoniese Sandra Prinsloo en die ubertalentvolle David Viviers. Die toneelstuk vra die gehoor om die dood se deftigheid krities te oorweeg, en bevraagteken wat dit beteken om kwesbaar te wees oor jou eie verlede. Die hoofkarakter, Nora, is ’n kras weduwee wat sukkel om die dood van haar man en enigste kind te verwerk, selfs na 40 jaar. Prinsloo se karakter storm, wynbottels in die hand, vinnig by die gehoor se harte in.
Volg die skakel in ons bio om die volledige artikel te lees.
📷: Taro Samuelson