RadioRugby

RadioRugby Ons vertel jou hoe rugby gespeel word, regstreeks en in Afrikaans, op jou draadloos, soos van ouds.
(6)

๐ƒ๐ข๐ž ๐‚๐ฎ๐ซ๐ซ๐ข๐ž๐›๐ž๐ค๐ž๐ซ ๐ฌ๐ž ๐ก๐š๐ฅ๐Ÿ๐ž๐ข๐ง๐๐ฌ๐ญ๐ซ๐ฒ๐๐ž ๐ข๐ฌ ๐›๐ž๐ฏ๐ž๐ฌ๐ญ๐ข๐  ๐ฏ๐ข๐ซ ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ’:SATERDAG 14 September:14:30 - Lions teen Cheetahs in Johannesburg...
08/09/2024

๐ƒ๐ข๐ž ๐‚๐ฎ๐ซ๐ซ๐ข๐ž๐›๐ž๐ค๐ž๐ซ ๐ฌ๐ž ๐ก๐š๐ฅ๐Ÿ๐ž๐ข๐ง๐๐ฌ๐ญ๐ซ๐ฒ๐๐ž ๐ข๐ฌ ๐›๐ž๐ฏ๐ž๐ฌ๐ญ๐ข๐  ๐ฏ๐ข๐ซ ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ’:

SATERDAG 14 September:

14:30 - Lions teen Cheetahs in Johannesburg ๐ŸŸ๏ธ

17:00 - Bulls teen Sharks in Pretoria ๐ŸŸ๏ธ

DIE TWEEDE ALL BLACK TOETS: DIE TOETS WAT SAAKMAAKโ€œDit was โ€™n straatgeveg daarbuite, dit was rof en hierdie naweek gaan ...
06/09/2024

DIE TWEEDE ALL BLACK TOETS: DIE TOETS WAT SAAKMAAK

โ€œDit was โ€™n straatgeveg daarbuite, dit was rof en hierdie naweek gaan dit dieselfde wees,โ€ het โ€™n sigbare verligte Sacha Feinberg-Mngomezulu verlede Saterdag na afloop van die Springbokke se wedstryd teen die All Blacks op Ellispark, aan joernaliste gesรช.

Die Springbokke het die afgelope 12 maande letterlik wedstryde in die uitspeelfase van die Rugby Wรชreldbekertoernooi in Frankryk, uit die kake van die dood gepluk.

Verlede naweek was dit weereens een van daardie wedstryde wat byna deur die mat geval het, maar die Springbokke het gewys van watter staal hulle gemaak is en die wedstryd deurgetrek van die 63 ste minuut af om met 31-27 te wen.

Die Suid-Afrikaners is nou loshande bo-aan die Rugbykampioenskap se punteleer met 14 uit โ€™n moontlike 15 ligapunte en het โ€™n goeie kans om die kompetisie te wen.

Maar ek val myself in die rede hier; indien die Bokke nie sokkies optrek en โ€™n paar sleutelprobleme uitstryk nie, is dit neusie verby vir hulle om die Freedom Cup terug te kry, wat hulle ontwyk sedert 2009.

Rassie, Siya en โ€™n paar veterane in die span is desperaat om die trofee terug te kry, iets waaraan hulle โ€™n paar jaar al werk.
Benewens die Wรชreldbeker en die Lions Reeks, is hierdie die mees belangrikste wedstryde vir die Springbokke.

Rassie het gewys in beide die Chasing the Sun-reekse dat hy nie skroom om sy troepe aan te spoor en uitkomste te eis nie.
Hy het daarom ook groot gewag gemaak van die spelers se veggees verlede Saterdag en jy kan verseker wees dat die spelers nie โ€™n wakkerword-sessie nodig het nie.

Die Bokke speel met selfvertroue, maar as die All Blacks met 10 of meer punte voorloop teen rustyd, is die droom vir die Bokke verby.
Die klein dingetjies het hierdie week aandag gekry, sรช Rassie en sรช hy, hulle sal beter kapitaliseer op geleenthede om punte aan te teken.

Dit sal neerkom op besluitneming en akkuraatheid, wanneer om te skop en wanneer om uit te gee, wat die deurslag sal gee.
Verdediging sal voorop ingestel moet wees en die duur insinkings van verlede naweek kan nie weer bekostig word nie. Taktiese skopwerk en wegbreekgeleenthede sal moet aandag kry, na laas Saterdag se blapse.

Dis duidelik dat die Springbokke die All Blacks die stryd sal moet aansรช, reg van die begin af, โ€™n voor- die- hand liggende stelling wat makliker gesรช as gedoen kan word.

As die wedstryd wipplank ry aan die einde van die eerste helfte, kan die Bomb Squad weereens die knoop deurhaak.
Rassie het al sy eiers in een mandjie gegooi vandeesweek om โ€™n 5-3 plaasvervangersbank te kies.

Vir die eerste keer in โ€™n lang tyd is daar 'n 5-3 konserwatiewe verdeling van voorspelers en agterspelers op die reserwebank en die All Blacks sal beslis poog om die Bokke se momentum te breek.

Tipies Rassie, het hy tot Donderdag gewag om sy span aan te kondig, eerder as Dinsdag en sodoende onder andere die gifpenne van Nieu-Seelandse joernaliste so min as moontlik tyd gegee om oor sy spankeuse te berig.

โ€œDie wedstryd gaan โ€™n reuse- een wees,โ€ het hy gesรช by vandeesweek se mediakonferensie waar hy ook gesorg het dat die opwindende Canan Moodie saam kan kuier. Moodie is โ€™n Kaapse boorling en die feit dat hy in die Kaapstadstadion teen die All Blacks gaan speel, is vir hom die kersie op die koek.

โ€œEk het op Twickenham, verlede jaar teen die All Blacks gespeel en agtergekom dat hierdie ouens nie gaan lรช nie. Saterdag sal dit geen uitsondering wees nie en ek is reg daarvoor.โ€

Siya Kolisi sal ook opdraf, nadat Rassie verduidelik het dat hy (Siya) se chirurg gesรช het hulle kan later aan sy neus en oogbank opereer.
โ€œOns het ook nie vir Sam Cane uitgewys nie, โ€œ het Erasmus op die mediakonferensie gesรช, โ€œdie duikslag op Siya was onwettig, maar dit was hoogstens โ€™n geel kaart werd.โ€

Eben Etzebeth en Willie le Roux behaal ook mylpale hierdie week; Etzebeth kruip nader aan Victor Matfield se 127 wedstryde met 125 en Le Roux skuif nader aan sy 100 ste wedstryd met 96 agter sy blad na Saterdag.

Met soveel op die spel vir die tweede Toets teen die aartsvyand, die All Blacks, kan Saterdagmiddag 17:00 nie vinnig genoeg kom nie.
RadioRugby saai hierdie wedstryd regstreeks uit en jy kan inskakel op GrootFM se toepassing en op Megafoon Sport se YouTube kanaal om die wedstryd regstreeks op jou foon of radio te stroom.

Hier is die wedstrydbesonderhede:

Datum: Saterdag, 7 September
Stadion: Kaapstadstadion
Afskop: 17.00
Skeidsregter: Matthew Carley (Engeland)
Assistente: Andrew Brace (Ierland), Jordan Way (Australiรซ)
TV: Ian Tempest (Engeland)

FOTO: Pieter-Steph du Toit is weer op sy ou plek gekies in die skrum, nommer 7 flank, vanwaar hy stormramlopies soos hierdie aanmekaar sit tot groot ontsteltenis van die All Black verdediging. Sal hy weer so maak, Saterdag? ยฉGetty Images

06/09/2024

Rugbyjoernaal vir Vrydag 6 September ๐Ÿ“ป

๐ŸŽค Martin Kotze & Simon Riekert

๐Ÿ›œ Crisp Fibre
๐Ÿฅพ Kire Vellies

Megafoon Sport

๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ ๐จ๐ฉ ๐๐ข๐ž ๐‘๐š๐๐ข๐จ ๐Ÿ“ปDie tweede toets:Springbokke teen die All BlacksLuister na regstreekse radiokommentaar op Megafoon S...
05/09/2024

๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ ๐จ๐ฉ ๐๐ข๐ž ๐‘๐š๐๐ข๐จ ๐Ÿ“ป

Die tweede toets:

Springbokke teen die All Blacks

Luister na regstreekse radiokommentaar op Megafoon Sport se YouTube- kanaal!

Eerste helfte: https://youtube.com/live/LDyN1CH5vnY?feature=share
Tweede helfte: https://youtube.com/live/7_nJ48k0_Cs?feature=share

๐ŸŽค Simon Riekert

๐Ÿ›œ Crisp Fibre
๐Ÿฅพ Kire Vellies

Ons internetborg ๐Ÿ›œOns saai die wedstryd vandag regsreeks uit via Megafoon Sport se YouTube -kanaal:Radiokommentaar vanaf...
31/08/2024

Ons internetborg ๐Ÿ›œ

Ons saai die wedstryd vandag regsreeks uit via Megafoon Sport se YouTube -kanaal:

Radiokommentaar vanaf die stadion ๐ŸŸ๏ธ

Catch the Bokke live in action as they tackle New Zealand in The Rugby Championship!

๐Ÿ‰๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ Stream all the action live with Crisp Fibre and experience seamless fibre, as it's meant to be. Donโ€™t miss a moment of the excitement โ€“ cheer on the Bokke with the best connectivity in South Africa.

Contact us at 010 534 8416 or email [email protected] for more info.

๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ ๐จ๐ฉ ๐๐ข๐ž ๐ซ๐š๐๐ข๐จ ๐Ÿ“ปLuister saam vanmiddag IN AFRIKAANS skuins voor 17:00 wanneer die Bokke en die All Blacks mekaar pak...
31/08/2024

๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ ๐จ๐ฉ ๐๐ข๐ž ๐ซ๐š๐๐ข๐จ ๐Ÿ“ป

Luister saam vanmiddag IN AFRIKAANS skuins voor 17:00 wanneer die Bokke en die All Blacks mekaar pak in JHB ๐Ÿ‰

Regstreekse radiokommentaar via Megafoon Sport se YouTube -kanaal:

Eerste Helfte: https://youtube.com/live/o7fW18uIgHY?feature=share
Tweede Helfte: https://youtube.com/live/kmrlB6VBGgs?feature=share

๐ŸŽค Martin โ€œToeksโ€ Kotze

๐Ÿ›œ Crisp Fibre
๐Ÿฅพ Kire Vellies

Springboks

30/08/2024

๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ ๐จ๐ฉ ๐๐ข๐ž ๐ซ๐š๐๐ข๐จ ๐Ÿ“ป

Luister saam komende Saterdag wanneer die Bokke en die All Blacks mekaar pak in JHB ๐Ÿ‰

Regstreekse radiokommentaar via Megafoon Sport se YouTube -kanaal:

Eerste Helfte: https://youtube.com/live/o7fW18uIgHY?feature=share
Tweede Helfte: https://youtube.com/live/kmrlB6VBGgs?feature=share

๐ŸŽค Martin Kotze

๐Ÿ›œ Crisp Fibre
๐Ÿฅพ Kire Vellies

30/08/2024

RadioRugby se Vrydag -rugbyjoernaal ๐Ÿ“ป๐Ÿ‰

Johan Pretorius & Simon Riekert ๐ŸŽค

Megafoon Sport

๐Ÿ›œ Crisp Fibre
๐Ÿฅพ Kire Vellies

Vandag is die Noordvaalbeker se eindstryde in Pretoria. Baie sterkte aan al die skole betrokke. Mag rugby die groot wenn...
24/08/2024

Vandag is die Noordvaalbeker se eindstryde in Pretoria. Baie sterkte aan al die skole betrokke. Mag rugby die groot wenner wees.

Sterkte ook aan ons eie Johan Pretorius & Simon Riekert wat as kommentators aangestel is by van die wedstryde wat op Supersport 216 op DSTV uitgesaai word vanaf 08:00 vanoggend.

23/08/2024

Rugbyjoernaal vir Vrydag 23 Augustus ๐Ÿ“ป

๐ŸŽ™๏ธ Martin Kotze

Ondersteun deur Crisp Fibre ๐Ÿ›œ en Kire Vellies ๐Ÿฅพ

In samewerking met Megafoon Sport ๐Ÿ‰

๐Ÿฅพ Ondersteun Kire Vellies, hulle ondersteun rugby op die radio ๐Ÿ“ป
19/08/2024

๐Ÿฅพ Ondersteun Kire Vellies, hulle ondersteun rugby op die radio ๐Ÿ“ป

16/08/2024

Rugbyjoernaal vir Vrydag 16 Augustus:

Eduan Truter & Simon Riekert ๐Ÿ“ป๐ŸŽ™๏ธ

Dankie aan Crisp Fibre ๐Ÿ›œ & Kire Vellies ๐Ÿฅพ wat ons ondersteun!

Megafoon Sport

07/08/2024

Rassie het verras met die dapper keuse van Sacha Feinberg-Mngomezulu op losskakel, en dit in 'n belangrike wedstryd teen 'n moeilike Australiese span. Alhoew...

02/08/2024

Vandag se rugbyjoernaal ๐Ÿ“ป๐Ÿ‰

M.W. Welman & Simon Riekert

Ondersteun deur Crisp Fibre en Kire Vellies ๐ŸŽ™๏ธ

DIS DIE SUIDE SE KRAG-TEEN-KRAG IN DIE RUGBYKAMPIOENSKAP(Simon Riekert-Johannesburg)Die Springbokke is veilig in Austral...
01/08/2024

DIS DIE SUIDE SE KRAG-TEEN-KRAG IN DIE RUGBYKAMPIOENSKAP

(Simon Riekert-Johannesburg)

Die Springbokke is veilig in Australiรซ.
Hulle het Donderdag-aand in Brisbane geland en die entoesiasme onder die groep is blykbaar aansteeklik. Na hul lang vlug, begin die voorbereidings eers in alle erns hierdie naweek.

Springbokafrigter Rassie Erasmus se 33-man oefengroep het aan die basiese aspekte van Toetsrugby gewerk voordat hulle uit Johannesburg vertrek het vir die twee skermutselings teen die Wallabies op tuisbodem.

Die Springbokke skop die 2024 uitgawe van die Castle Lager Rugbykampioenskap by die Suncorp Stadion in Brisbane af op Saterdag, 10 Augustus waarna hulle na Perth vertrek vir die tweede Toets teen die Australiรซrs op 17 Augustus.

Mzwandile Stick, Springbok-hulpafrigter sรช dis lekker om terug te wees in Australiรซ en dat hul span daarna uitsien om die Wallabies in Australiรซ te pak, โ€œOns het die seisoen goed begin met oorwinnings teen Wallis, Ierland en Portugal, maar ons sou graag skoonskip wou maak teen Ierland en altwee Toetse wen. Ons het nie, maar dit het ons nie ontneem daarvan om โ€™n goeie platform daar te stel vir die Rugbykampioenskap nie.

โ€œOm teen Australiรซ, Nieu Seeland en Argentiniรซ te speel is โ€™n anderse uitdaging as wat ons aan gewoond is met Toetse teen die Noordelike Halfrond spanne.โ€

Rassie Erasmus het ook laat weet dat hy uitsien na die nuwe uitdaging vir die Springbokke teen die reuse van die Suidelike Halfrond en terwyl van die wรชreld se beste rugbybreine besig is om mekaar te ontleed en planne te maak om die ander uit te oorlรช op die rugbyveld, is die eerste toets- in -โ€™n -Toets vir Erasmus voor die deur.

Joe Schmidt, die hoofafrigter van die Wallabies is nie onder โ€™n kalkoen uitgebroei nie, tewens hy en Erasmus het mekaar leer ken toe hulle saam by Munster gewerk het in 2016 en 2017.

Nieu-Seelander Schmidt het 29 wedstryde vir die Kiwi span Manawatu gespeel, voordat hy begin afrig het en die manier waarop hy die Australiรซrs regruk na die chaos wat Eddie Jones daar gesaai het, is duidelik waarneembaar.

Hulle het die Walliesers en Georgiรซ laat les opsรช in die begin van hul herbouproses, maar die Springbokke gaan โ€™n totaal ander saak wees vir die tuisspan.

Argentiniรซ het ook van afrigter verander, nadat die kontroversiรซle Michael Cheika groener weiveld gaan soek het en hy vervang is met die voormalige Poema losskakel Felipe Contepomi, wie 87 wedstryde vir Argentiniรซ gespeel het.

Die ander tweestryd van die afrigters waarna rugbyliefhebbers wรชreldwyd uitsien, is die Rassie-teen-Razor stryd. Dit sal gebeur wanneer die Bokke die All Blacks aanvat.

Die energieke Scott โ€œRazorโ€ Robertson wie by Ian Foster oorgeneem het, het โ€™n lang en suksesvolle verbintenis met SuperRugby en die Crusaders. Hy is โ€™n vyfmalige SuperRugby-kampioen afrigter en het ook twee keer sukses met SuperRugby Aotearoa gehad.

Robertson het in 23 Toetse as losvoorspeler vir die All Blacks uitgedraf tussen 1998 en 2002 terwyl Erasmus 35 keer vir die Bokke gespeel het tussen 1997 en 2001.

Rassie en Razor was driekeer in direkte opposisie as losvoorspelers vir hul onderskeie lande se spanne, onder die leiding van Nick Mallet en kaptein Gary Teichmann. Erasmus-hulle was suksesvol in twee van die drie Toetse waarin Robertson gespeel het.

Nou, na soveel jaar skuif die fokus weer na hulle toe, maar hierdie keer as die baasbreine van hul spanne.

โ€œScott is โ€™n waardevolle toevoeging tot die All Blacks en โ€™n mens wat die heel beste uit sy speler kan voortbring,โ€œ het Tony Brown, โ€™n voormalige spanmaat van Robertson gesรช.

โ€œHulle sal enigiets vir hom doen,โ€ het die man wat nou in Groen-en-Goud help, in โ€™n stadium gesรช.

Erasmus, Schmidt, Robertson en Contepomi is elkeen โ€™n rugby-genie op sy eie gebied en met hulle aan die stuur kan die Suidelik Halfrond se rugby die volgende paar jaar weer die botoon voer in wรชreldrugby.

Die Springbokke se Rugbykampioenskap bepalings lyk so:

Saterdag, 10 Augustus: Australiรซ vs SA (Suncorp Stadion, Brisbane)
Saterdag, 17 Augustus: Australiรซ vs SA (Optus Stadion, Perth)
Saterdag, 31 Augustus: SA vs Nieu Seeland (Emirates Airline Park, Johannesburg)
Saterdag, 7 September: SA v Nieu Seeland (DHL Stadion, Kaapstad)
Saterdag, 21 September: Argentiniรซ v SA (Estadio Unico Madre Ciudades, Santiago)
Saterdag, 28 September: SA v Argentiniรซ (Mbombela Stadion, Nelspruit)

FOTO: KLEIN BOTTELTJIE, GROOT GIF met Kurt-Lee Arendse op spoed teen die All Blacks in die Castle Lager Rugbykampioenskap.

ยฉSARugby/

JISLAAIK! Ons is sรณ trots op ons Olimpiese medaljewenners: Die Blitzbokke, Alan Heatherly en Tatyana Smith Blitzboks Ala...
30/07/2024

JISLAAIK!

Ons is sรณ trots op ons Olimpiese medaljewenners: Die Blitzbokke, Alan Heatherly en Tatyana Smith Blitzboks Alan Heatherly Tatyana Smith

Ons hier by RadioRugby salueer julle!

๐Ÿ‰๐Ÿšด๐ŸŠโ€โ™€๏ธ๐Ÿฅ‰๐Ÿฅ‰๐Ÿฅ‡

26/07/2024

Rugbyjoernaal Vrydag 26 Julie: ๐Ÿ“ป

M.W. Welman & Simon Riekert

Dankie Crisp Fibre en Kire Vellies vir die ondersteuning ๐Ÿ‰

20/07/2024

๐™๐™š๐™œ๐™จ๐™ฉ๐™ง๐™š๐™š๐™ ๐™จ๐™š ๐™ง๐™–๐™™๐™ž๐™ค๐™ ๐™ค๐™ข๐™ข๐™š๐™ฃ๐™ฉ๐™–๐™–๐™ง:

Springbokke ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ teen Portugal ๐Ÿ‡ต๐Ÿ‡น

Luister op Megafoon Sport se YouTube-kanaal komende saterdag na die geskiedkundige toetswedstryd in Bloemfontein.

Eerste helfte: https://youtube.com/live/gc6M4p3AjUg?feature=share
Tweede helfte: https://youtube.com/live/5Khq_my3lg0?feature=share

๐ŸŽ™๏ธEduan Truter

Kire Vellies ๐Ÿฅพ en Crisp Fibre ๐Ÿ›œ ondersteun RadioRugby!

Ons uitsending ook hier beskikbaar:
20/07/2024

Ons uitsending ook hier beskikbaar:

๐‘๐š๐๐ข๐จ๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ | ๐’๐ฉ๐ซ๐ข๐ง๐ ๐›๐จ๐ค๐ค๐ž ๐ฏ๐ฌ ๐๐จ๐ซ๐ญ๐ฎ๐ ๐š๐ฅ

๐‘ณ๐‘ผ๐‘ฐ๐‘บ๐‘ป๐‘ฌ๐‘น ๐‘บ๐‘จ๐‘จ๐‘ด na regstreekse rugbykommentaar ๐ข๐ง ๐€๐…๐‘๐ˆ๐Š๐€๐€๐๐’ op GROOTfm 90.5 se App.๐ŸŽ™๏ธ๐ŸŽง๐Ÿ‰

Beskikbaar op Google Playstore en Apple store. ๐Ÿ“ฒ
In die App ๐Ÿ‘‰๐Ÿ“ฒ gaan na: Menu -> heelonder regs -> RadioRugby

๐ŸŽ™๏ธWedstryd kommentator - Eduan Truter

RadioRugby Springboks

19/07/2024

RadioRugby se weeklikse rugbyjoernaal vir Vrydag 19 Julie:

๐ŸŽ™๏ธ Johan Pretorius & Simon Riekert ๐Ÿ“ป

Dankie aan Kire Vellies en Crisp Fibre vir julle ondersteuning.

Ons rugbynuus word ook elke Vrydag op verkeie FM-stasies uitgesaai.

Megafoon Sport

M.W. Welman & Simon Riekert ๐ŸŽ™๏ธ
17/07/2024

M.W. Welman & Simon Riekert ๐ŸŽ™๏ธ

En daar gaan staan verloor ons toe teen Ierland in die tweede toets! Wat het verkeerd geloop? Wat kan ons anders doen? Is dit tyd vir nuwe bloed?MW en Simon ...

Van plaas, dorp tot die kommentaarhok! ๐ŸฅพDankie vir julle ondersteuning met rugbykommentaar in Afrikaans ๐ŸŽ™๏ธ
16/07/2024

Van plaas, dorp tot die kommentaarhok! ๐Ÿฅพ

Dankie vir julle ondersteuning met rugbykommentaar in Afrikaans ๐ŸŽ™๏ธ

Jou leefstyl vellie jou avontuur

Kire Vellies

Dra dit.

Bestel gerus by
www.kirevellies.co.za

As jy nie kan kyk nie, luister na regstreekse radiokommentaar ๐Ÿ“ป๐Ÿ‰๐ŸŽ™๏ธ Eduan TruterMegafoon Sport
13/07/2024

As jy nie kan kyk nie, luister na regstreekse radiokommentaar ๐Ÿ“ป๐Ÿ‰๐ŸŽ™๏ธ Eduan Truter

Megafoon Sport

๐ƒ๐ข๐ž ๐Ÿ๐๐ž ๐“๐จ๐ž๐ญ๐ฌ ๐จ๐ฉ ๐‘๐š๐๐ข๐จ๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ:

Springboks ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆteen IrishRugby ๐Ÿ‡ฎ๐Ÿ‡ช

Regstreekse radiokommentaar via Megafoon Sport se YouTube-kanaal:

Eerste Helfte: https://youtube.com/live/nQPt5eFZ9qg?feature=share
Tweede Helfte: https://youtube.com/live/LWoS49NyqAQ?feature=share

๐ŸŽ™๏ธ Eduan Truter

Internet ๐Ÿ›œ Crisp Fibre en Kire Vellies ๐Ÿฅพ ondersteun rugbykommentaar in Afrikaans!

12/07/2024

๐— ๐—ผ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐—ฒ ๐—ต๐—ถ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ป๐—ฎ๐˜„๐—ฒ๐—ฒ๐—ธ ๐˜€๐—ฒ ๐—ฟ๐˜‚๐—ด๐—ฏ๐˜†-๐—ผ๐—ฝ๐˜„๐—ถ๐—ป๐—ฑ๐—ถ๐—ป๐—ด ๐—บ๐—ถ๐˜€๐—น๐—ผ๐—ผ๐—ฝ ๐—ป๐—ถ๐—ฒ!

Maak seker jy mis nie die opwinding van die naweek se rugby nie! Die Springbokke speel hierdie Saterdag, 13 Julie, teen Ierland en jy kan al die aksie saam met ons beleef! ๐Ÿ“ป Laai die Radio Tygerberg 104FM-App af om die regstreekse dekking van die wedstryd te geniet met kommentator, Eduan Truter.

Skakel in en ondersteun ons manne in groen! ๐Ÿ’š๐Ÿ’›


RadioRugby
Springboks

Address

Pretoria

Telephone

+27824551739

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RadioRugby posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to RadioRugby:

Videos

Share

Nearby media companies


Other Broadcasting & media production in Pretoria

Show All

You may also like