Afrikaanse Liefdesverhale 35+ en stories

Afrikaanse Liefdesverhale 35+ en stories Afrikaanse liefdesverhale. Soms 'n komiese inslag en dikwels 'n spannende storielyn. Spookstories en speurverhale. Is dalk al deur 'n nare egskeiding.
(6)

Subscribe op die Youtube kanaal Afrikaanse liefdesverhale en stories
https://www.youtube.com/channel/UCEh8_8wf5F0WHvqd3SeO8kw Op hierdie bladsy word geskryf oor liefdesverhale beskikbaar vir lesers wat nie meer bloedjonk is nie. Helde en heldinne hoef nie beeldskoon of brandmaer te wees nie. Die stories is vir mense wat weet dat al word ons ouer, ons nog steeds 'n behoefte aan liefde, koestering e

n 'n fladdering op die maag het. Wat miskien nog self hoop dat die regte een jou paadjie kruis. Dalk wil jy saam met 'n goeie vriendin (die een in die storie, want ja, sy kan jou vriendin wees) mal verlief raak op 'n wonderlike man. Helde en heldinne in hierdie boeke het al die lewe gesien. Het die skok beleef om n maat te verloor. Was dalk al so arm soos 'n kerkmuis en sit miskien met n kilo of twee te veel, aan 'n lyfie wat nie meer twintig jaar oud is nie. dalk sukkel jy deesdae om self te lees, of sien nie meer so goed nie. Dalk het jy nie tyd om 'n boek vas te hou om te lees nie, want jou hande is besig met 'n stokperdjie of handwerk liefhebbery. En as die storie te lank is, met te veel karakters, verloor jy dalk spoedig die draad van die storie en daar gaan jou konsentrasie of behoefte om verder te lees. Korter stories kan geluister word op die Youtune kanaal: https://www.youtube.com/playlist?list=PL4PfJicTFS4-1eEBCEjBIrfRnGstpJnMg
Baie van die boeke wat op hierdie bladsy geadverteer word, is as eboeke beskikbaar by Amazon (en Lapa boeke by Kalahari.) Nou kan jy ook die eboeke bestel van ons webwerf af as jy nie in dollars wil koop nie, maar in Suid-Afrikaanse valuta. Gedrukte boeke kan by Lapa, CNA's, Malanmedia en ander goeie boekwinkels. Hier is 'n kortpadskakel na Adele Reynders se boeke wat op Amazon vir kindle beskikbaar is http://www.amazon.com/s?ie=UTF8&field-author=Adele%20Reynders&page=1&rh=n%3A133140011%2Cp_27%3AAdele%20Reynders
En die volledige youtube kanaal waar daar ook spookstories, kinkelstories en stokperdjiestaaltjies of wenke is, is: https://www.youtube.com/channel/UCEh8_8wf5F0WHvqd3SeO8kw

Address

Pretoria
0083

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Liefdesverhale 35+ en stories posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Afrikaanse Liefdesverhale 35+ en stories:

Share

Our Story

Op hierdie bladsy word liefdesverhale geskryf vir lesers wat nie meer bloedjonk is nie. Vir mense wat weet dat al word ons ouer, ons nog steeds 'n behoefte aan liefde, koestering en 'n fladdering op die maag het. Wat miskien nog self hoop dat die regte een jou paadjie kruis. Dalk wil jy saam met 'n goeie vriendin mal verlief raak op 'n wonderlike man. Helde en heldinne in hierdie boeke het al die lewe gesien. Is dalk al deur 'n nare egskeiding. Het die skok beleef om n maat te verloor. Was dalk al so arm soos 'n kerkmuis en sit miskien met n kilo of twee te veel, aan 'n lyfie wat nie meer twintig jaar oud is nie.

Adele Reynders is gefassineer deur die bonatuurlike of para-normale gebeurtenisse. Sy glo aan ‘spoke’ of liewer kontak van die anderkant. (Spoke is nie vir my ‘n goeie woord nie.) Dit is ook nie regtig siele wat nie rus nie. Hulle rus inderdaad. Daar waar hulle is, is vrede. Maar net soms is daar iets wat steeds onafgehandel is wat hulle graag onder iemand se aandag wil bring. Of ‘n boodskap. Soos Jurie Adriaanse se beskrywing oor die dood van sy seun.

Die bonatuurlike tema kom in heelwat van haar boeke voor. Soms met ‘n komiese inslag. Vuur van Verlange, Blombos Requem, ‘n Gratis eboek wat deel was van Renza Publikasies se Afrikaanse skrywers Omnibus 3 - https://wordpress.com/block-editor/page/adelereyndersauthorartist.wordpress.com/102 en nog ‘n gratis enetjie, Stryd om Bateleur https://wordpress.com/block-editor/page/adelereyndersauthorartist.wordpress.com/71

Jy kan enige boek as eboek bestel by [email protected] Om dit maklik te maak, kos elke boek slegs R20.00 stuk. Bestel 3 boeke per keer en jy kry al 3 vir slegs R50.00.

Nearby media companies


Other Digital creator in Pretoria

Show All