RMG COVID-19 Hulp
GRACIA Kinderhuis in Pretoria-Noord benodig dringend donasies in die moeilike tyd. Daar word vir meer as 100 minderbevoorregte kinders gesorg. Bankbesonderhede beskikbaar op aanvraag.
"Hier waar ons al op dag 6 staan, het ek al soveel keer gedink dat ons dit nie gaan maak nie. Die speelgoed is opgespeel, ons het die televisie al opgekyk en die kinders baklei al die dae uit. Maar dan staan ek in die oggend op en al wat ek sien is ogies wat blink vir die nuwe dag. Die Here het ons geseën met so baie asempies wat nie in die sleg vas kyk nie, maar hoop vir 'n nuwe dag het. Ek hoop dat dit met jou en jou gesin goed gaan. Hou moed, bly op jou kniee en vertrou.
Ons bid dat elkeen wat hierdie boodskap lees, sal vas hou aan Psalm 91. Want julle is vir ons spesiaal.
Met al ons liefde
GRACIA"
https://gracia-haven.co.za/
https://www.facebook.com/Gracia-Child-and-youth-care-centre-152351554932741/
NPO 0115-483