#kuiermetliezl
#afrikaansepodsending
#potgooi
#borskankerbewusmaking
Iewers is daar 'n lig aan die einde van hierdie tonnel. Ons moet dit glo. Kom ons hoop die dagbreek breek.
Dit is die woorde van Dr. Yanila Nyasulu, spesialisgeneesheer en 'n sentrale figuur in die nuwe dokumentêr Zero to Zero, wat op 4 Oktober om 20:30 uitsluitlik op DStv Premium op M-Net (DStv Channel 101) uitgesaai sal word.
Die aangrypende dokumentêr van een uur, wat oor 15 maande verfilm is, bied 'n ongefilterde blik op hoe dit is om 'n gesondheidswerker te wees in die greep van die Covid-19-pandemie. Dit is geskied op die personeel van die Zuid-Afrikaans-hospitaal (ZAH), 'n 100-jarige, private, nie-winsgewende hospitaal in Muckleneuk, Pretoria, vandat hulle hul eerste Covid-19-pasiënt in Junie 2020 opgeneem het.
Ek gesels met mede-regisseur, radioloog en deeltydse rolprentmaker, Prof. Leonie Scholtz, op Vermaak met Liezl, Woensdagaand die 15de September 2021.
Glo my, jy wil dit nie mis nie, want alles gebeur op Poort FM #YourkasieYourstaie!!
#Poortfm
#YourkasieYourstasie
#Covid-19
#VermaakMetLiezl
Vermaak met Liezl - Poort FM
Glen Snyman- Leier van PARC- People Against RAce Classifications
Luister na Glen Snyman, op Vermaak met Liezl waar hy oor sy boek praat, Die binde se ras; `n hofdrama.
Hy vertel ook hoekom die Onderwys Departement homop 14 Oktober 2020 wou geskors het omdat hy homself as `n "African" geindentifiseer het en nie as `n "Kleurlin" og "Bruinmens" nie.
Skakel gerus in om self te hoor oor die hele situasie wat sy lewe onderste bo gedraai het!! Indien jy enige stemnotas of kommentaar oor die onderwerp het, stuur dit gerus na ons amptelike WhatsApp nommer by: 064 119 6071.
Net op Poort fm #YourkasieYourstasie
#PoortFM
#YourkasieYourstasie
#DieBlindeManSeRas
#VermaakMetLiezl
Onderhoud met Dr. Emmanuel Taban
#poortfm
Onderhoud met Dr. Emmanuel Taban
Skakel in vanaand op Vermaak met Liezl vanaf 18:00 tot 20:00 want ek gesels met Dr. Emmanuel Taban, Pulmonoloog by Mediclinic Midstream, wat bekend geword het vir sy nuwe metodes in die behandeling van Covid-19 pasiente. Sommige mense het die longspesialis as `n held beskou omdat hy die lewens van kritiek-siek Covid-19-ventilatorpasiente gered het met sy nuwe gebruik van terapeutiese brongoskopie.
Stuur asb jou vrae en kommentaar na ons amptelike WhatsApp nommer: 064 119 6071.
Jy kan ook via die app luister by:
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.ndxbroadcast.poortfm&hl=enZA
of
https://zas7.ndx.co.za:8008/stream
Jy wil nie hierdie uitsending mis nie!!
#Poortfm
#YourkasieYourstasie
#VermaakMetLiezl
Onthou om in te skakel vir vanaand se uitsending van #Vermaak met Liezl op www.poortfmradio.com vanaf 19:00uur tot 21:00uur. Ja, ons het 'n nuwe tydslot gekry.
Vanaand Praat Ons Oor Loopbane; met die legendariese TV en Radio -omroeper Rian van Heerden; Adjunk Direkteur Mitchell Bron van Department Korrektiewe Dienste; Kapteine Chester Claasen van die Weermag; Mmapule Raphela van die Medies afdeling en Vlugsersant Brain Kajees van die Lugmag.
#Poortfm
#YourkasieYourstasie
#Vermaak met Liezl
#KomOnsPraatLoopbane
Poort FM sê nee vir Geslagsgebaseerde geweld (GBV) en daag alle ander organisasies uit om dieselfde te doen.