
21/10/2024
dinge happen innie mang
(liewe hemel)
ek sê my broe
die mafias hettie mongrels vergewe
ma’ innie mang is hulle haba vergete –
hie’ word hulle ge-n’ca
because why, dinge happen innie mang
dis hectic innie mang
die man se hart bloei daa' bo
because why, it's a concern my broe’ –
stoppie bloed my broe
stoppit, my ghazilam
net die man daa' bo
kan ons nou rescue –
so, val op jou knieё
en gee hom sy due
my broe!
©2024 Selwyn Milborrow