Middag Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Spazawinkel-registrasieproses is tot 28 Februarie verleng.
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het vandag die verlenging van die sperdatum aangekondig. Die aanvanklike sperdatum het gister verstryk, nadat die regering streng gereageer het op verskeie sterftes weens besmette voedsel. Verskeie ministers het die media ingelig oor die regering se plan om die uitbreek van voedseloordraagbare siektes te bestuur. Hlabisa het tydens die mediakonferensie die verlenging aangekondig
• Ramathuba sal vandag by die Bolivia Lodge met hospitaal- en distriksgesondheidsbestuurders in gesprek tree.
Die verbintenis het ten doel om bestuurders van die hulpbronne en strategieë te voorsien om toegang tot kwaliteit gesondheidsorg en dienslewering te verbeter. Die premier se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê hierdie vergadering is deel van die provinsie se pogings om uitdagings binne die gesondheidsorgstelsel aan te pak.
• Azapo onthou die dood van ʼn apartheids- en politieke aktivis
• Publiek word versoek om rioolstortings by Kaapstad strande te voorkom
• Water en Sanitasie het lede van die publiek daaraan herinner om hul afval behoorlik tydens die vakansie te verwyder.
Afternoon News Bulletins:
Top Stories:
• Minister Mchunu denounces acts of gender-based violence
This comes after a man posted a video on social media where he confessed to killing his girlfriend.
The man then proceeded to post a picture of the victim’s body on social media. The man later took his own life by hanging himself near the scene where he took his girlfriend’s life. The minister’s spokesperson, Kamogelo Mogotsi, says this incident further highlights the persistent scourge of GBV in the country.
• England’s women’s cricket team ended their time in South Africa on Tuesday afternoon
The South Africans managed to bowl the English ladies out for 236 in their second innings. This saw a target of 351 b
Internasionale Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Die Verenigde Nasies sê die konflik in Sirië is nog nie verby nie
Die Verenigde Nasies (VN) sê die konflik in Sirië is nog nie verby nie. Rebellegroepe en hul ondersteuners vier die omverwerping van voormalige president Bashar al-Asaad, wat sedertdien uit die land gevlug het. Die oorlog in Sirië het meer as 13 jaar gelede begin toe die regering probeer het om demokrasiebetogings te onderdruk. Die VN sê hy is bekommerd oor die moontlikheid van ‘n militêre eskalasie in die land. Spanning bly tussen die VSA-gesteunde Koerdiese Siriese magte en Turks-gesteunde groepe.
• Kenia wil geassisteerde voortplantingstegnieke gebruik om sy renosters te red
Kenia beplan om geassisteerde voortplantingstegnieke te gebruik om sy noordelike witrenosterbevolking te red. Die spesie staar uitwissing in die gesig aangesien daar net twee noordelike witrenosterwyfies in die wêreld oor is. Die bevolking is deur die jare deur stropery verwoes. Kenia sê doelbewuste optrede is nodig om die renoster van uitwissing te red. Plaaslike owerhede sal die projek in samewerking met ‘n internasionale groep, genaamd BioRescue, van stapel stuur.
• Skoolskietery in Wisconsin is deur leerling by die polisie aangemeld
‘n Leerling van sewe of agt jaar oud het gister die noodoproep gemaak wat die polisie in Wisconsin ingelig oor ‘n skietery by ‘n skool. ‘n Tienerleerling en ‘n onderwyser is by ‘n Christelike privaatskool in die Amerikaanse staat doodgeskiet. Ses mense is gewond. Die BBC berig die aanvaller, ‘n 15-jarige meisie wat die skool bygewoon het, is met ‘n handwapen dood aangetref. Die aanvaller se motief is nog nie duidelik nie.
• Oekraïne sê dat Noord-Koreaanse soldate in Rusland groot verliese gely het
• Oekraïne vermoor Russiese general
• Aardbewing in Vanuatu maak een persoon dood
International News Bulletins
Top Storis
• The United Nations says the conflict in Syria is not over
The United Nations (
Oggend Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Good-party in die Wes-Kaap vra, na bewerings van tenderbedrog, vir dringende provinsiale ingryping in die Swellendam-munisipaliteit.
Volgens Good dui die Vermaak-verslag, wat moontlik vandeesweek in die raad bespreek kan word, na bewering op tenderbedrog ter waarde van 40 miljoen rand. Die party wil hê dat diegene wat verantwoordelik is vir deelname aan die saak, aanspreeklik gehou en uit die munisipaliteit verwyder word. Good se Bongani Sonqwenqwe sê die tenderbedrog spruit uit belangebotsings en magstryde tussen munisipale werknemers.
• EMS in Gauteng sê dit is op hoë gereedheid ná ‘n aardbewing gisteraand.
Die aardbewing is oor die meeste dele van die stad gevoel. Die EMS-woordvoerder, Robert Mulaudzi, sê hulle het die metro se sewe streke gemonitor vir enige voorvalle wat met die skudding verband hou.
Mulaudzi sê inwoners moet versigtig wees.
• Suid-Afrika se Grondwet lei hom in sy hofveldtog teen Israel
• Santaco doen ‘n beroep op padgebruikers om veiligheid te prioritiseer
• Volgende maand se brandstofpryse is nog onseker
Morning News Bulletins
Top Stories
• Good Party says the DA is contradicting itself on the Bela Bill
The DA has emerged as one of the biggest critics of the bill that was signed into law by President Cyril Ramaphosa earlier this year. However, according to Good, the DA is using the debate on the bill to try and regain white Afrikaans votes it lost to the Freedom Front Plus. The statement follows after the Western Cape Education Department confirmed that Hoërskool Tulbagh would become a dual-medium school to accommodate English-speaking learners. Good Secretary General, Brett Herron, says this shows the DA’s contradictions on the bill.
• Ramathuba has called for an end to infighting among royals in the province.
Ramathuba visited the acting Queen of the Bapedi, Queen Manyaku Maria Thulare, yesterday. The provincial government appointed Thulare as the acting queen follow
Middag Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Floyd Shivambu loof Zuma se stigting van die MK-party
Die sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivhambu, het gisteraand oudpresident Jacob Zuma se stigting van die party geloof. Shivambu het gisteraand by die party se galadinee in Durban gepraat. Die gala, wat die party gehou het om beleggingsgeleenthede te lok, kom nadat dit Sondag sy eerstejaarsherdenking by die Moses Mabhida-stadion gevier het. Shivhambu het partylede gevra om Zuma toe te juig vir sy besluit om ‘n politieke organisasie te stig. Hy sê dit was hierdie gewaagde besluit wat ook sy skuif vanaf die EFF geïnspireer het.
• Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy is besig om die tienerseuns wat by die Stilfontein-myn
Die 27 kinders beweer dat hulle mislei is om na Suid-Afrika te kom en gedwing is om in die myn te werk.
Vyftien van hulle is deur die polisie in Matlosana gevind terwyl 12 uit die myn gekom het.
Hulle was betrokke by onwettige mynbedrywighede in die Matlosana-munisipaliteit.
Die woordvoerder van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Noordwes, Petrus Siko, sê ‘n hof het toestemming verleen dat die kinders uit hul plek van veiligheid vrygelaat word.
• Suid-Afrika repatrieer Mosambiekse kinders
• Die hof stel Kabelo Gwamanda se bedrogsaak uit
• Protea-landdroshof in Gauteng het die saak teen die voormalige Johannesburgse burgemeester tot 28 Januarie uitgestel.
Afternoon News Bulletins:
Top Stories:
• South Africa repatriates Mozambican children
The 27 children allege that they were misled to come to South Africa and were forced to work in the mine.
Police found 15 of them in Matlosana while 12 resurfaced from the mine. They were involved in illegal mining activities in the Matlosana Municipality. Department of Social Development spokesperson in the North West, Petrus Siko, says a court has granted permission for the children to be released from their place of safety.
• Ntuli says they will hand over ve
Internasionale Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Wetenskaplikes kan nie die toename in globale temperature verduidelik nie
Wetenskaplikes sukkel om ‘n skielike toename in globale temperature te verklaar. Die toename is oor die afgelope twee jaar opgemerk. Wetenskaplikes stem saam dat die verbranding van fossielbrandstowwe tot langtermyn aardverwarming bygedra het, maar is steeds nie seker wat die skielike toename in temperature veroorsaak nie. Temperature was verlede jaar die hoogste wat in die geskiedenis aangeteken is, en 2024 sal na verwagting nog warmer wees. Wetenskaplikes sê dit kan ‘n jaar neem vir hulle om te verstaan wat hierdie toename in temperature veroorsaak.
• Drie dood en talle beseer in Amerikaanse skoolskietery
Drie mense is dood en ses ander is beseer in ‘n skoolskietery gister in Wisconsin in die VSA. ’n Vyftienjarige student het na bewering by ’n Christelike skool losgebrand voordat hy selfmoord gepleeg het. Die polisie het die skieter as Natalie Rupnow geïdentifiseer. Owerhede sê die motief vir die skietery is in dié stadium nog onbekend.
Die VSA word geruk deur nog ‘n massa skool skietery
Twee mense is dood en ander beseer ná ‘n skietery by ‘n skool in Wisconsin in die VSA. ’n Vyftienjarige verdagte is onder die wat dood is ná die aanval by Abundant Life Christian School in die staat se hoofstad, Madison. Die vermeende aanvaller, wat reeds dood was toe beamptes op die toneel aankom, was vermoedelik ‘n leerling by die skool. Die polisie het nog nie ‘n motief vir die skietery geïdentifiseer nie, en die verdagte se familie werk saam met die ondersoek.
• Netanyahu eis die vrylating van Israeliese gyselaars
• Russiese olietenkskip word in ‘n storm beskadig
• Sikloon Chido verwoes die eiland Mayotte
International News Bulletins
Top Storis
• Three killed and scores injured in US school shooting
Three people died and six others were injured in a school shooting in Wisconsin in the US yesterday. A 15-year
Oggend Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Politieke partye het verskillend gereageer gister op Versoeningsdag oor die toekoms van die land
Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die regering van nasionale eenheid as ʼn simbool van hernieude hoop op ʼn verenigde Suid-Afrika uitgewys.
Die EFF het dit eerder verdoem en beskryf as ʼn bewys dat die regering se verbintenis tot transformasie ʼn klug is.
Die leier van die VF Plus, doktor Pieter Groenewald, het gekonsentreer op die reg van alle groepe in die land om trots te wees op wie en wat hulle is en dat almal erken moet word.
President Cyril Ramaphosa wat die land se feesvieringe in die Wes-Kaap gelei het, het gevra dat alle politieke leiers saamstaan om ʼn verenigde Suid-Afrika te bou.
• Polisie trek nog dwelmmuile by O.R. Tambo Internasionale Lughawe vas
Dit is die tweede dwelm-voorval op die lughawe in net ‘n week. Beamptes het die verdagtes onderskep nadat hulle Sondag vanaf São Paulo geland het. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, sê beamptes het die verdagtes met kokaïen aangetref. Van Wyk sê die twee sal vandeesweek in die Kempton Park-landdroshof op aanklag van dwelmhandel verskyn.
• President Ramaphosa vra dat politieke leiers saam werk om Suid-Afrika te bou
• Bedrywighede by die Lebombo-grenspos keer terug na normal
• Donderstorms word vandag in dele van die land verwag.
Morning News Bulletins
Top Stories
• Ramaphosa says the government has worked hard to advance farm workers’ rights over the past 30 years.
Ramaphosa spoke yesterday at the National Reconciliation Day celebration event in Vredendal in the Western Cape. He maintains that farm workers bore the brunt of exploitation under the apartheid system. The president says some commercial farms were built on the backs of slaves and indigenous people in the country. Ramaphosa says it is concerning that workers and labour tenants are still being evicted from farms with no alternative accommodation.
• DA w
#Vaalriverbraaifestival
@ParysTourismradio
Internasionale Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Rwanda wil F1 terug na Afrika bring
Rwanda se president, Paul Kagame, het planne aangekondig om vir ’n Formule Een (F1) Grand Prix in Kigali te bie, met die doel om F1 vir die eerste keer sedert 1993 na Afrika terug te bring. Die stap strook met Rwanda se breër strategie om ekonomiese groei, toerisme en wêreldsigbaarheid deur sport te bevorder. Terwyl F1-amptenare soos Stefano Domenicali en Lewis Hamilton die inisiatief ondersteun, meen kritici dat Kagame prominente sportgeleenthede gebruik om menseregteskendings en beperkte vryhede te verbloem. Kagame bly egter optimisties en beklemtoon Afrika se opgewondenheid oor motorsport en die potensiaal om tot die vasteland se groei by te dra.
• VSA Verbruikersprodukveiligheidskommissie herroep meer as 2 miljoen Stanley-bekers
Die Verenigde State van Amerika se Verbruikersprodukveiligheidskommissie het twee-komma-ses-miljoen Stanley Switchback- en Trigger Action-bekers herroep. Hulle het die bekers herroep weens ‘n bespeurde brandgevaar, aangesien hulle foutiewe deksels gehad het wat tydens gebruik kon loskom. Stanley het glo 91 klagtes wêreldwyd ontvang, waarvan 38 tot brandwonde gelei het.
• Time Magazine wys die Amerikaanse president Donald Trump as Persoon van die Jaar aan
Time Magazine het die Amerikaanse verkose president Donald Trump as die Persoon van die Jaar aangewys. Dit volg op sy onlangse presidensiële verkiesingsoorwinning teen vise-president Kamala Harris. Time se kortlys vir die Persoon van die Jaar het Harris, die prinses van Wallis, Kate Middleton, Elon Musk en die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, ingesluit. Die erkenning vier individue wat gebeurtenisse die afgelope jaar aansienlik beïnvloed het.
• Kanadese amptenaar dreig om energie na die Verenigde State af te sny
• Oekraïne implementeer kragonderbrekings
International News Bulletins
Top Storis
• Rwanda wants to bring F1 back to Africa
Rwanda's President Paul Kaga
Oggend Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• Women For Change herhaal kanting teen Chris Brown se konsert in SA
Die organisasie en ander politieke partye het gevra dat die sanger uit die land verbied word weens sy geskiedenis van mishandeling en geslagsgebaseerde geweld. Women For Change se woordvoerder, Bulelwa Adonis, sê die organisasie se teenkanting is nie op Rihanna se saak gebaseer nie, maar op 28 ander bewerings, insluitend ‘n beperkingsbevel van sy eks-meisie, Karrueche Tran. Hulle het vroeër vanjaar ’n petisie by die Departemente van Binnelandse Sake en Sport, Kuns en Kultuur ingedien om die konsert te kanselleer. Adonis dring verder daarop aan dat Suid-Afrika ingevolge die wetgewing Brown ‘n visum en toegang moes weier.
• Appèlhof beveel Steinhoff om PwC-verslag aan mediahuise bekend te maak
Die besluit bekragtig ‘n 2022 Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak, wat Steinhoff beveel het om die verslag aan die Financial Mail-redakteur, Rob Rose, te oorhandig ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die verslag beskryf die finansiële bedrog wat tot die maatskappy se ineenstorting gelei het. Hulle het besluit om nie teen die hof se uitspraak te appelleer nie.
• Time Magazine het die Amerikaanse verkose president Donald Trump as die Persoon van die Jaar aangewys.
• Lesiba Teffo, het politieke partye aangemoedig om meer effektief met die algemene publiek te kommunikeer.
Morning News Bulletins
Top Stories
• Women For Change reiterate opposition to Chris Brown’s concert in SA
The organisation and other political parties have called for the barring of the singer from the country due to his history of abuse and gender-based violence. Women For Change spokesperson Bulelwa Adonis says the organisation’s opposition is not based on Rihanna’s case but on 28 other allegations, including a restraining order from his ex-girlfriend Karrueche Tran. Earlier this year, they submitted a petition to the Departments of Home Affairs and
Oggend Nuus Bulletin:
Hoofstories:
• NSRI doen ‘n beroep op strandgangers om versigtig te wees gedurende die feesseisoen, aangesien die identifisering van gevaarlike strome vir baie uitdagend kan wee
Die NSRI beveel aan om slegs in gebiede te swem wat deur lewensreddervlae aangewys is om veilig te bly.
Hierdie sones word vir swemmers se veiligheid gemonitor. Die instituut sê as jy in ‘n stroom vasgevang word, is dit belangrik om kalm te bly in plaas daarvan om teen die stroom te veg. Die NSRI-woordvoerder, Andrew Ingram, beklemtoon die belangrikheid daarvan om onmiddellike hulp te soek.
• DA veroordeel ‘n mislukte aanval op ‘n Joodse gemeenskapsentrum
Die Valke ondersoek ‘n voorval waar ‘n toestel verlede week oor ‘n muur by die sentrum in Gardens gegooi is. Die party sê dit het sedertdien verneem dat die toestel plofstof was. Die DA se Emma Powell sê owerhede moet vinnig optree om die oortreders in hegtenis te neem. Powell sê die mislukte aanval lyk asof dit inwoners en hul plek van aanbidding geteiken het op grond van godsdienstige affiliasie.
• Bathabile Dlamini word beveel om Sassa geld terug te betaal
• ANC moet noodgedwonge na ander partye luister
• Eskom het 100-duisend boetes aan voorafbetaalde elektrisiteitsgebruikers uitgereik ná sy onlangse meteropdatering.
Morning News Bulletins
Top Stories
• Officials of the Department of Social Development will return from Mauritius today.
The officials went to the country to repatriate a five-year-old child who was born in prison after her mother was arrested in 2018. The mother is one of 38 South Africans who are in prisons in Mauritius for drug trafficking.
The department spokesperson, Bathembu Futshane, says the child will be united with her grandmother in South Africa.
• NSRI urges people to refrain from swimming or boating after consuming alcohol
This is because drinking alcohol puts lives at risk. The NSRI’s Andrew Ingram says those who drink and swim could suffer the