Paarl FM

Paarl FM Radio Station in Paarl
(1)

03/03/2025

SASSA Goud na Swart Kaarte
Ons gesels met MPL Wendy Philander

 Goeiemore Paarl FM Familie en welkom by   met Lynden JaftaHier is jou   Liedjie Opsies;A- Mary Mary - ShacklesB- Jonath...
03/03/2025



Goeiemore Paarl FM Familie en welkom by met Lynden Jafta

Hier is jou Liedjie Opsies;

A- Mary Mary - Shackles
B- Jonathan Rubain - God sorg vir die mossies
C- Kirk Franklin - Stomp
D- AL DRIE

Gee vir ons jou keuse hier onder of op WhatsApp Nommer 0720690295

Luister ook aanlyn by www.paarl967fm.co.za



01/03/2025

Benade by Die Paarlberg Fees

01/03/2025



Paarl FM@kuier vandag by die op Faurestraat Stadium

 Bair lekker oggend by
01/03/2025



Bair lekker oggend by

 Ons wens ons Paarl FM Moslemfamilie ‘n maand gevul met vriendelikheid, geduld en Goddelike leiding. Mag U vas gemaklik ...
28/02/2025



Ons wens ons Paarl FM Moslemfamilie ‘n maand gevul met vriendelikheid, geduld en Goddelike leiding. Mag U vas gemaklik wees, U gebede verhoor word en U hart lig wees.

 King Pie Rembrandt het nuwe eienaarsMaak moreoggemd n draai en ontmoet vir De Wet en sy span. Koop môre cir R50-00 en m...
28/02/2025



King Pie Rembrandt het nuwe eienaars

Maak moreoggemd n draai en ontmoet vir De Wet en sy span. Koop môre cir R50-00 en meer om n Pop-a-balloon Prys te wen

Sien jou daar!!!

    met Madre Kotzee Gee vir ons versoekies op WhatsApp Nommer 0720690295Luister ook aanlyn by www.paarl967fm.co.za
28/02/2025



met Madre Kotzee
Gee vir ons versoekies op WhatsApp Nommer 0720690295

Luister ook aanlyn by www.paarl967fm.co.za

28/02/2025

LivFit

Paarl FM *** NUUS ***- Die Presidensie sê wetstoepassingsagentskappe moet besluit of hulle Afriforum en Solidariteit gaa...
28/02/2025

Paarl FM *** NUUS ***

- Die Presidensie sê wetstoepassingsagentskappe moet besluit of hulle Afriforum en Solidariteit gaan aankla ná hul onlangse ontmoeting met die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie.
Die groepe het onlangs na die VSA gereis om hul ongelukkigheid met Suid-Afrika se grondbeleid uit te spreek.
Die afvaardiging het die Verenigde State aangemoedig om president Cyril Ramaphosa en die ANC te straf vir wat hulle die regering se diskriminerende rassewetgewing noem.

- Intussen sê die Solidariteit-beweging hulle is nie in die VSA om teen die belang van die land op te tree soos wat die leier van EFF, Julius Malema, beweer nie.
Hulle sê die doel van die besoek is om te veg vir gelyke regte vir almal in die land, die land te bou sodat dit ekonomies vry kan wees en om te verseker dat die Afrikaanse taal en kultuur beskerm en erken word.
Die adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit, Anton van der Bijl, sê die organisasie is nie deur die EFF-leier se uitsprake van gister afgeskrik nie.

- Die Noordwes-regering gaan 450-miljoen rand aan water- en sanitasieprojekte in plaaslike munisipaliteite bestee.
Premier Lazarus Mokgosi het hierdie aankondiging gister in sy provinsiale rede gemaak.
Projekte is in verskillende stadiums van konstruksie in Moretele, Moses Kotane, Ramotshere Moiloa, Mamusa en Naledi plaaslike munisipaliteite.
Mokgosi sê 65-miljoen rand sal bestee word om onvoltooide waterprojekte af te handel.

- Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku vir erge donderstorms in verskeie dele van die land.
Hierdie toestande word verwag oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, westelike en suidelike dele van die Vrystaat, oostelike en suidwestelike dele van Noordwes en die meeste dele van Gauteng.
Swaar reën word ook in die noordwestelike dele van Mpumalanga en suid-sentrale dele van Limpopo verwag.
Die weerdiens het gewaarsku dat swaar reënbuie kan lei tot plaaslike oorstromings van vatbare gebiede en lewensgevaar weens vinnig vloeiende strome asook plaaslike skade aan infrastruktuur.

- Die vakbondfederasie Cosatu sê ’n plan moet ingestel word om te verseker dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor herposisioneer word.
Die federasie sê die bestaande model is nie betroubaar nie.
Die Poskantoor het die afgelope paar jaar gesukkel om sy werkers te betaal en het baie takke gesluit.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die Poskantoor moet ondersteuning kry en ‘n kans om weer op ‘n volhoubare pad te kom.

- Geldsake: Goud verhandel teen tweeduisend-866 dollar 69 sent per fynons en Brent-ruolie kos 73 dollar 19 sent per vat.
Die rand verhandel teen 18 rand-49 sent teen die Amerikaanse dollar, 19 rand-21 sent teen die euro en 23 rand 27 sent teen die pond.
Die prys van een Bitcoin is 80 duisend-400 dollar 51.

   met Lynden JaftaVraag: Wat maak Jy op n Vrydagaand?Gesels saam op WhatsApp Nommer 072 069 0295Luister ook aanlyn by w...
28/02/2025



met Lynden Jafta

Vraag: Wat maak Jy op n Vrydagaand?

Gesels saam op WhatsApp Nommer 072 069 0295

Luister ook aanlyn by www.paarl967fm.co.za

27/02/2025

kykNET

27/02/2025

Fiëstas
Kenned en Margit Meyer-Rödenbeck

27/02/2025

Fiëstas
Meiring

27/02/2025

Drakenstein Municipality Uitvoerende Burgemeester Stephen Korabie

Paarl FM   ***  NUUS  ***- Die DA het voorgestel om regeringsuitgawes te sny om die land se finansies te verbeter.Die pa...
27/02/2025

Paarl FM *** NUUS ***

- Die DA het voorgestel om regeringsuitgawes te sny om die land se finansies te verbeter.
Die party is onder die politieke partye wat die voorstel om belasting te verhoog, teengestaan het.
Volgens die DA kan die regering 60 miljard rand insamel as hy advertensie-, reis- en spysenieringskoste besnoei.
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting vanjaar se begrotingsrede op 12 Maart in die parlement ter tafel lê nadat sy voorstelle om belasting te verhoog verlede week verwerp is.

- Die jongste agtergrondverslag vir 2024 van die 2030 Reading Panel het onthul dat soveel as 80 persent van Suid-Afrikaanse graad 3-leerdlinge nie in enige taal met begrip lees nie.
Die verslag is vroeër die week uitgereik.
Daar is bevind dat slegs 20 persent van graad 3 leerlinge leesvaardighede in hul huistaal het.
Bykans 70 persent van leerlinge in graad 6 het ook nie die nodige leesvaardigheid in hul taal van onderrig nie.
Dit belig die geletterdheidskrisis in die land ten spyte van die regering se jarelange beloftes om leesontwikkeling onder kinders te prioritiseer.

- President Cyril Ramaphosa het wêreldleiers aangespreek oor die stadige tempo waarteen ‘n reeks uitdagings wat die wêreld in die gesig staar aangepak word.
Hy het by die vergadering van die G20-ministers van Finansies en sentrale bankbestuurders in Kaapstad gepraat.
Hy het met die opening van die geleentheid sy weergawe gegee van die wêreld se huidige stand van sake.
Hy sê dit verbind Suid-Afrika daartoe om die agenda te dryf oor die aanpak van ‘n paar sleutelkwessies tydens sy G20-presidentskap vanjaar.
Dit sluit planne vir ekonomiese groei, skuldvolhoubaarheid en klimaatsverandering in.

- Die ANC sal nie huiwer om op te tree teen diegene wat die nuwe leierskap in Gauteng teëstaan nie.
Dit was die waarskuwing van die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, tydens ‘n mediakonferensie waar hy die nuwe leierskap vir Gauteng aangekondig het.
Amos Masondo is as provinsiale sameroeper aangestel, en Panyaza Lesufi as medeprovinsiale sameroeper.
Ntombi Mekgwe is as adjunk- provinsiale sameroeper aangestel.
Mbalula het gereageer op berigte dat sommige ANC-lede regstappe oorweeg.

- Die ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit, Waldo Krugell, sê gister se aankondiging dat die inflasiekoers gestyg het tot drie-komma-twee persent is in lyn met almal se verwagting dat inflasiedruk effens gaan toeneem hierdie jaar.
Hy sê inflasie behoort hierdie jaar ook onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband sal bly.
Dit is goeie nuus vir die land se ekonomie en ook vir gewone Suid-Afrikaanse huishoudings.
Hy sê onlangse data van BankServe Africa wys ook dat huishoudings sedert Januarie minstens drie persent meer salaris verdien.
Dít saam met die inflasie is goed vir die land se ekonomie.

- Geldsake: Goud verhandel teen tweeduisend-897 dollar 85 sent per fynons en Brent-ruolie kos 72 dollar 23 sent per vat.
Die rand verhandel teen 18 rand-47 sent teen die Amerikaanse dollar, 19 rand-32 sent teen die euro en 23 rand 37 sent teen die pond.
Die prys van een Bitcoin is 85 duisend-136 dollar 50.

 Vandag is  Vraag: Beskryf JOU gunsteling Ontbyt hier onder of op WhatsApp Nommer 0720690295
27/02/2025



Vandag is

Vraag: Beskryf JOU gunsteling Ontbyt hier onder of op WhatsApp Nommer 0720690295

Address

Studio 4, , Rembrandt Mall, , Bergrivier Street
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 06:00 - 22:00
Tuesday 06:00 - 22:00
Wednesday 06:00 - 22:00
Thursday 06:00 - 22:00
Friday 06:00 - 22:00
Saturday 07:00 - 13:00
Sunday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Paarl FM posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Paarl FM:

Videos

Share

Category