Die twee verdagtes wat aangekeer is na 51 Putco busse Maandagaand in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek is, het vandag in die hof in verskyn. Isaac Mabena en Luthando Trevor Skosana is aangekla van kwaadwillige saakbeskadiging en sakeroof. https://www.radiolaeveld.co.za/51-putco-busse-in-brandstigting-aanvalle-vernietig/
30/01/2025
Vyf Mosambiekse burgers verskyn vandag in die hof op aanklagte van oortreding van die Wet op Immigrasie. Hulle is Dinsdag by Columbia Hill naby Pelgrimsrus gearresteer toe die polisie op inligting gereageer het oor onwettige mynbedrywighede. Sowat 144 phendukas en 22 kragopwekkers is deur die polisie vernietig.
Die gewilde reisprogram Voetspore is volgende maand terug op die kassie met 'n nuwe reeks wat in Suid-Amerika verfilm is.
Johan Badenhorst, die vervaardiger, gesels met Kies Koers, op die vooraang van sy besoek aan die Laeveld.
🎧 Luister: https://www.radiolaeveld.co.za/voetspore-n-derde-keer-in-suid-amerika/
29/01/2025
Is jy een van die organisasies in die Laeveld wat geraak word deur president Donald Trump se besluit om PEPFAR befondsing tydelik te staak? Ons wil graag van jou hoor. Stuur 'n e-pos aan [email protected].
29/01/2025
Is jy gereed vir ons gholfdag? Skuif reg, raak betrokke, dit gebeur 27 Februarie.
Be the first to know and let us send you an email when Radio Laeveld posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Contact The Business
Send a message to Radio Laeveld:
Videos
Is jy gereed vir ons gholfdag? Skuif reg, raak betrokke, dit gebeur 27 Februarie. #TrotsLaeveld #ondersteunplaaslik
Die plaaslike sangeres en liedjieskrywer Nina Brand het die Middag Game Drive kom vermaak met haar weergawe van "Toxic". 🎥
#TrotsLaeveld #ondersteunplaaslik
Vriendskaplike byeenkoms by Nellies. Mooi atletiek.
'n Wonderlike ontvangsdame by ‘n veearts was aan die ontvangkant van Coenie se eerste fopoproep op die Middag Game Drive. 🤣
🎧 https://iono.fm/e/1518902
Jy kan tot Maandag enige skool benodigdhede by 100.5FM se ateljee kom aflaai en ons sal saam met SPAR seker maak dit word uitgedeel aan behoeftige kinders om hul “Terug skool toe” volgende week beter te maak. #TrotsLaeveld #ondersteunplaaslik
Jaco “Groot Wit” Marnaveck, die plaaslike Klapgeveg kampioen, is op pad na Saudi Arabië, waar hy aan die nuwe Power Slap-kompetisie gaan deelneem. Hy gesels met ‘n baie dapper Neels. 🎥
Die "SPAR Christmas Carols - Like No Other” is vandag by Crossing tot 14:00 en môre by Grove van 13:00 tot 15:00.
#TrotsLaeveld #ondersteunplaaslik
UriTect verlig en verbeter die urienweg, kandida en nierinfeksies met sy gepatenteerde natuurlike antibiotika.
Besoek Pharmawell.co.za vir meer besonderhede.
#ingoodhealth
Van Der Walt Dental Practice is waar jy die beste diens teen die beste pryse ontvang. 🎥
#TrotsLaeveld #ondersteunplaaslik
Radio Laeveld het op 1 Maart 2003 vir die eerste keer ‘n vier jaar Gemeenskap Radio Uitsaailisensie ontvang om in die Laeveld op 100.5FM (die voormalige frekwensie van Radio Pretoria, nou Pretoria FM uit te saai). Die eerste uitsendings het op Op 31 Mei 2003 begin.
Deur die jare het Radio Laeveld verskeie nuwe baadjies aangetrek en staan vandag as 100.5FM Radio Laeveld bekend. ‘n Verskeidenheid van programme dek alle belangstellings van ons luisteraars in die Laeveld en is daagliks interaktief betrokke in die gemeenskap.
Ons uitsaaigebied dek Nelspruit, Witrivier, Graskop, Sabie Lydenburg, Malelaan, Baberton en omliggende dorpe soos Kaapsehoop, Kaapmuiden, Hectorspruit, Komatipoort, Skukuza, Hazyview en meer in.
Die teiken ouderdomsgroep is 35-55 (LSM 6-10) en sluit boere, kantoorwerkers, reisigers, verteenwoordigers, Klein- en -Medium besigheid eienaars en bestuurders, onderwysers, dokters, sport en buiteluglewe entoesiaste onder andere in.
Ons programme fokus op familie waardes met spesifieke fokus op gemeenskapsake.
Alhoewel ons hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai verwelkom ons graag Engelse onderhoude en program inhoud.
Visie:
Ons visie is om die mees gerespekteerde en dinamiese gemeenskapsradiostasie in Suid Afrika te word.
Missie:
Ons missie is om die Christelike afrikaansprekende gemeenskap in ons kontrei met passie te vermaak, in te lig en te dien.
Ons waardes:
Ingelig, Innoverend,Inspirerend,Opreg,Entoesiasties.