RSG Amptelike RSG Facebook-blad Amptelike Afrikaanse radiostasie in Suid-Afrika (nasionaal). Ontoelaatbaar

1.1. Persoonlike en lasterlike aanvalle.

1.4.
(625)

Luister hier:
100 - 104FM
www.rsg.co.za
DSTV Audiokanaal 813
Openview kanaal: 615
Mobiele toepassing: soek vir SABC News / SABC Plus
Indien jy iets misgeloop het, vind die potgooi hier: www.rsg.co.za

Ons kommentaarbeleid:

1. Alle vorme van haatspraak, insluitend rassisme, seksisme, homofobie en diskriminasie op grond van godsdiens en kultuur.

1.2. Enige vorm van kru-taal soos vloekwoorde en

vulgêre verwysings na diere en mense se liggaamsdele.

1.3. Bemarking van kommersiële produkte.

1.5. Enige skakel na ‘n kriptogeldeenheid/beleggingskema.

1.6. Beledigende en afbrekende kommentaar oor mense se fisieke
eienskappe.

1.7. Webskakels wat na verdagte platforms herlei.

1.8. Kommentaar wat die identiteit bekend maak en die menswaardigheid van kinders aantas.

1.9. Enige vorm van fopnuus.


2. Wat soek ons?

2.1. Ingeligte en weldeurdagte menings wat relevant is tot die
onderwerp van die plasing.

2.2. Kritiek is toelaatbaar. Ons moedig beskaafde meningsverskille aan wat fokus op die argument.

2.3. Debat wat ‘n noemenswaardige bydrae lewer tot mense se sienswyse oor kwessies.


3. Kritiek teenoor RSG

3.1. RSG verwelkom konstruktiewe terugvoering en kritiek. Ons beskou dit as belangrik om vir ons luisteraars en volgelinge ‘n optimale verbruikservaring te skep.

3.2. Enige kritiek teenoor RSG of enigiemand verbonde aan RSG moet binne die bepalings van die kommentaarbeleid val.

3.3. Amptelike klagtes word nie op sosiale media hanteer nie en sal na [email protected] verwys word.

3.4. Persoonlike aanvalle teenoor RSG se werknemers,
aanbieders, skrywers en regisseurs sal summier verwyder word.

3.5. Wanneer kritiek gelewer word, motiveer die klagte of kritiek sodat die hantering daarvan so konstruktief as moontlik is.

Wat gemaak as 'n man op 'n vroeë ouderdom hul hare begin verloor? 👱‍♂️💈 Kundiges soos 'n haarkapper, 'n dermatoloog en '...
09/01/2025

Wat gemaak as 'n man op 'n vroeë ouderdom hul hare begin verloor? 👱‍♂️

💈 Kundiges soos 'n haarkapper, 'n dermatoloog en 'n sielkundige deel die moontlike oorsake en emosionele gevolge van haarverlies.

📻 Skakel in om 20:00 vir die dokumentêr, Kaalkop die waarheid deur Flip Loots.

08/01/2025

HOU hierdie nuusgebeure dop vanjaar! Suzanne Paxton vertel watter belangrike kwessies in 2025 aangeroer sal word. 😊

08/01/2025

KYK hier waarna jy kan uitsien in Intussen vanjaar! 🫶🏼 Eloise Cupido, aanbieder van Intussen, vertel ons meer.

07/01/2025

Wenke Wat Werk! Wat is die beste les wat 2024 jou geleer het en watter wenke het jy om 2025 beter aan te pak?

Meer hieroor môre in Intussen!

LUISTER HIER! 🎧 Hy is spyt oor hoe hy sy egskeiding hanteer het en een van die moeilikste tye in sy loopbaan as redakteu...
07/01/2025

LUISTER HIER! 🎧 Hy is spyt oor hoe hy sy egskeiding hanteer het en een van die moeilikste tye in sy loopbaan as redakteur, was die storm oor 'n satanis-rubriek van Deon Maas wat in Rapport verskyn het.

🗞 Die koerantman, Tim du Plessis is onlangs met die ATKV se belangrikste toekenning, die ATKV-prestigeprys vereer.

In 'n openhartige onderhoud in Land en sand in Op en Wakker, vertel Du Plessis oor groot stories, sy grootwordjare, Steve Hofmeyr en Advokaat Barbie.

Luister na die volledige onderhoud. 👇🏽

Daar was baie groot stories, omstredenheid en baie vreugde in die oudkoerantredakteur, Tim du Plessis, se dekade-lange loopbaan. Tim is verede week met die Prestige-toekenning van die ATKV vereer vir sy reuse bydrae tot Afrikaans en Afrikaanse joernalistiek. Tim was onder meer redakteur van Rapport,...

Geluk met jou verjaarsdag Haidee Muller-Isaacs!🥳Mag jou jaar vol vreugde en voorspoed wees.🎁
07/01/2025

Geluk met jou verjaarsdag Haidee Muller-Isaacs!🥳

Mag jou jaar vol vreugde en voorspoed wees.🎁

Laat waai met die idees! 📺 Sê ook vir ons op watter platform kan 'n mens dit kyk.
07/01/2025

Laat waai met die idees! 📺 Sê ook vir ons op watter platform kan 'n mens dit kyk.

06/01/2025

👋 ONTMOET ons nuwe nuusleser in Spitstyd - Karen Augusta.

👉 Sy het die leisels by Mariëtta Kruger oorgeneem.

🫶 Baie welkom by die RSG-familie, Karen!

03/01/2025

Die laaste episode van Liedjiedorp!📣

🎷Hildegard Schraader, Karla Fourie en Dawian van der Westhuizen, was die jong stemme in RSG se musiek opvoedkundige reeks, Liedjiedorp. Hierdie jong akteurs het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.

🎧 Al 27 episodes van Liedjiedorp is nou beskikbaar op potgooi!

Waaroor gaan liedjiedorp?

‘n Gedramatiseerde musiekstorie wat groot en klein se verbeelding sal aangryp met die avonture van Bas, Melodie, Harmonie, Aria, Anja en Wouter. Musiekopvoedkundige elemente word in elke episode op ‘n unieke manier geïnkorporeer deurdat elke letter van die alfabet ook deel is van die tematiese gebruik en uiteensetting van die pragtige musiekstorie. Daar is ritme, melodie, tempo, toonkleur, tekstuur, vorm en dinamiek. Ons leer ken die vier instrumentfamilies van die orkes, en verskeie ander musiekterme wat integraal deel vorm van die hartklop van musiek.

📻Skakel vanaand in om 19:20.

Toe ons jonk was 🎷👉Bruin musieksterre van weleer word weer vereer deur die tweede seisoen van die musiekreeks “Toe Ons S...
02/01/2025

Toe ons jonk was 🎷

👉Bruin musieksterre van weleer word weer vereer deur die tweede seisoen van die musiekreeks “Toe Ons Sterre Was” deur Heindrich Wyngaard.

In die eerste episode, kom Wilfie Aploon, wat ook in vroeër jare deel van The Rockets was, aan die b***t.

📻Skakel in op Donderdae om 20:30, vir dié musiekreeks.

PROMOSIE: Jou laaste geleentheid om te wen saam met Love of Coffee.
02/01/2025

PROMOSIE: Jou laaste geleentheid om te wen saam met Love of Coffee.

Spring in met die eerste dokumentêre-seisoen van 2025. 🤩🧗‍♀️Die seisoen skop af deur te kyk na die Bergklub van Suid-Afr...
02/01/2025

Spring in met die eerste dokumentêre-seisoen van 2025. 🤩

🧗‍♀️Die seisoen skop af deur te kyk na die Bergklub van Suid-Afrika wat nie net reddingsdienste verskaf nie, maar ook ‘n rol speel in die verskillende vorme van bergklim en natuurbewaring.

🐾 Skakel in om 20:00 vir dié dokumentêr deur Kobus Rudolph.

📚 Lees hier vir meer: https://www.rsgplus.org/luister-donderdagaand-die-bergklub-van-sa/

01/01/2025

Ons wens al ons luisteraars 'n fantastiese 2025 toe! 🎉

31/12/2024

Sit jy hierdie Oujaarsaand alleen by die huis? 🎉

🥳Skakel dan in vir Vers en Klank saam met Sophia van Taak en Albert Maritz. Dié twee hou ’n lekker partytjie, vol heildronke op die Ou- én die Nuwejaar!

📻Skakel in om 21:20.

31/12/2024

'n Nuwe jaar 🥳

💥Dihan Kuen lees Sonder vuurwerke voor in Kortom, geskryf deur JJ Roberts.

📻Skakel vanaand in om 21:50.

LUISTER WEER! 🎧 HIER is van ons top potgooie wat die meeste in 2024 afgelaai is!📻 Monitor:Monitor, 5 Maart 2024Brandstof...
30/12/2024

LUISTER WEER! 🎧 HIER is van ons top potgooie wat die meeste in 2024 afgelaai is!

📻 Monitor:

Monitor, 5 Maart 2024

Brandstofpryse styg wéér, hoofsaaklik weens geo-politieke kwessies.

https://omny.fm/shows/monitor/monitor-5-maart-2024

📻 Op en Wakker:

Louis Liebenberg: Hoe ingewikkeld is die saak?

Derduisende beleggers, en minstens R4 miljard wat weg is.

https://omny.fm/shows/op-en-wakker/louis-liebenberg-hoe-ingewikkeld-is-die-saak

📻 Intussen:

Die professor 9 April 2024

Prof. Francois Durand, ‘n dierkundige, paleontoloog en ekoloog van die Universiteit van Johannesburg, praat oor die toksiese huis. Hy kyk na die belangrikheid van die mikrobioom en alles in die huis wat ‘n impak daarop het.

https://omny.fm/shows/intussen/die-professsor-9-april-2024

📻 Spektrum:

Spektrum 12 Augustus 2024

Ons nuwe Mej. Suid-Afrika kuier in die ateljee.

https://omny.fm/shows/spektrum/spektrum-12-augustus-2024

📻 DrieSestig:

Êrens oorsee 23 Julie 2024

Johanette Pelser vertel van haar werk lewe in Riaad, die hoofstad van Saoedi-Arabië, waar sy ‘n goewernante is.

https://omny.fm/shows/driesestig-1/rens-oorsee-23-julie-2024

Brandstofpryse styg wéér, hoofsaaklik weens geo-politieke kwessies. Geld word steeds deur Suid-Afrika gekanaliseer om militante organisasies soos ISIS in Wes-Afrika te finansier. Hoe rustig is jy op die pad, of is jy geirriteerd en gefrustreerd? Ons praat oor padwoede.

En so kom 2024 ook tot 'n einde! VERTEL ons oor jou 2025. 👇🏽
30/12/2024

En so kom 2024 ook tot 'n einde! VERTEL ons oor jou 2025. 👇🏽

Baie geluk Derrich Gardner!🤩Jy mag vandag 'n koek vir brêkvis eet! 🎂Mag jy 'n wonderlike jaar hê waar mense jou net bede...
27/12/2024

Baie geluk Derrich Gardner!🤩

Jy mag vandag 'n koek vir brêkvis eet! 🎂

Mag jy 'n wonderlike jaar hê waar mense jou net bederf. 🥳

Address

Henleyweg, Auckland Park
Johannesburg
2092

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RSG posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to RSG:

Videos

Share