Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Pro-Afrikaanse Aksiegroep Klik links onder om u vriende te nooi om van dié blad te hou! Ons bestaan as taalorganisasie reeds sedert Februarie 2000 & publiseer nuus, menings & boeke.

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) bestaan reeds sedert 2000 en bevorder Afrikaans deur aanlynmedia en boekpublikasies.

01/11/2024

SA is 'n distopie. Oral is daar verval, onreg, geweld. Dit gaan egter verder. Dat Johannesburg en Pretoria "Afrikastede" is, impliseer dat swartes dit ontwerp en gebou het. Baie mense, swart, wit en veral buitelanders, glo dit reeds. Die geskiedenis is reeds herskryf en ons het grotendeels daaruit verdwyn.

Mens kan 'n distopiese roman skryf wat in die nabye toekoms afspeel en waarin blankes as "indringers" en "setlaars" uit die stede verdryf word. Soos in Zimbabwe. Miskien sal blankes soos in die "Dune"-flieks in die berge waar niemand kom nie onder kranse en in grotte kan oorleef. Die "demokratiese" regering in die stede sal soms soldate stuur om slawe te kom vang om as boekhouers of programmeerders te gebruik, werke wat "Ware Azaniërs" as benede hulle beskou. Sekeres mag ontsnap en terug berge toe vlug. Vele lede van die slaweras sal sommer net doodgemaak word -- vir die pret of ter wille van "vryheid en demokrasie". Soos wat reeds gebeur! Sedert die Bela-wet van 2024 sal Afrikaans heeltemal verbode wees, maar mense sal ou boeke opgaar en versteek. Soms sal die ruïnes van ou biblioteke en pakhuise aangeval word om Afrikaanse boeke wat nog nie verbrand of verpulp is nie te red. Tegnologie sal verdag wees, want weens satelliete sal enige radiosein dadelik die ligging van 'n vlugteling of rebel verraai.

Malema se spreuk, "Cut the throat of whiteness" sal die amptelike leuse van Azanië wees en die president sal 'n vetsugtige kaalkopswartman met baie vrouens wees. Sy paleis sal in Saxonwold, Jhb. wees, daar langs die dieretuin waar die Gupta-kampong was. Hy sal leeus en luiperds aanhou, waarvoor hy sy vyande sal voer. Die Reserwebank sal baie geld druk wat teen 'n vasgestelde koers teen die dollar sal verhandel, maar met 'n swartmarkkoers wat veel laer is en siklusse van hiperinflasie. Bietjie soos die Nigeriese naira.

Die verhaal van Azanië wag im vertel te word!

https://youtu.be/58T5cp5MtR4
31/10/2024

https://youtu.be/58T5cp5MtR4

Dan Roodt gesels met Jaco Kirsten in Denver, Colorado oor die naderende Amerikaanse verkiesing, a*ook die soort verslaggewing daaroor in Suid-Afrika.

Die internet het net betyds gekom, nadat die Engelsmaniese ANC-bewind oorgeneem het. Daar is reeds meer Afrikaans op die...
27/10/2024

Die internet het net betyds gekom, nadat die Engelsmaniese ANC-bewind oorgeneem het. Daar is reeds meer Afrikaans op die internet as wat een persoon waarskynlik in sy leeftyd kan lees - hoofsaaklik gratis. Ook kan miljoene digitale boeke in ander tale in Afrikaans vertaal word deur Google Vertaal. Jy kan Russies of Koreaans in Afrikaans lees.

Al wat jy nodig het, is 'n redelike selfoon wat jy waarskynlik op skuld by 'n selfoonmaatskappy vir R200 of R300 per maand kan bekom.

https://youtu.be/HgW8K3QZ-ik
24/10/2024

https://youtu.be/HgW8K3QZ-ik

In die lig van die nuwe koue oorlog en die BRICS-beraad, besin Dan Roodt en Gustav Venter oor maniere waarop die inwoners van Pretoria op selfbeskikking en o...

Ek sien op Beeld se Facebook is daar 'n hewige bespreking aan die gang oor die aankondiging dat Siya Kolisi van sy blank...
23/10/2024

Ek sien op Beeld se Facebook is daar 'n hewige bespreking aan die gang oor die aankondiging dat Siya Kolisi van sy blanke vrou gaan skei. Mense beskuldig mekaar oor en weer van rassisme, want party meen huwelike tussen verskillende rasse werk nie en ander weer sê "ons is almal dieselfde in God (en dalk liberale sosio-ingenieurs?) se oë".

Ek wil nie eintlik 'n mening hieroor uitspreek nie. Ten eerste is ek nie so 'n groot rugbygeesdriftige nie en kan dit my dus nie veel skeel nie. 'n Paar jaar gelede het ek egter in 'n argument met 'n wildvreemde Italiaanse vrou betrokke geraak op die place des Vosges in Parys toe ek bloot genoem het dat gemengde huwelike in SA nie algemeen is nie. Sy het Frans met 'n taamlike sterk Italiaanse aksent gepraat en het soos 'n stereotipiese Italianer gelyk, sou mens kon sê: donker, kortgeknipte hare. Ek het bloot 'n feit gestel en geen waardeoordeel daaroor uitgespreek nie. Maar blykbaar is dit genoeg om die gebreinspoeldes oor "een wêreld" se argwaan op die hals te haal en sy het vir my 'n lang, polities korrekte toespraak afgesteek. Dit het amper vir my die aristokratiese, sewentiende-eeuse place des Vosges, bederf.

George Bernard Shaw was blykbaar meer as 'n eeu gelede op besoek in Suid-Afrika en het toe reeds gesê dat ons 'n "bruin land" gaan word. Ek meen Jonathan Jansen het ook al so iets voorspel en sien die mensdom se toekoms as "bruin". Gaan ons as Afrikaners bloot deur die swart meerderheid geassimileer word? Maar ek sien nog baie jong Afrikaners wat met mekaar trou. Trou is al opsigself 'n uitsondering want in vele Europese lande trou slegs die welgesteldes; die meeste woon net saam en ná 'n jaar of twee beskou die reg hulle as 'n "paartjie".

Dan wonder ek ook oor al die gemengde pare in advertensies in Suid-Afrika... Is daar bewustelik deur die ANC-bewind of die groot maatskappye en die media 'n besluit geneem dat daar propaganda behoort te wees dat ons moet "meng"? En is om met 'n blanke meisie te trou en blanke kinders te hê binne dié konteks amper al 'n "daad van verset"? En sou dit iewers in die toekoms verbode wees om met iemand van dieselfde ras te trou, nes dit in Suid-Afrika en in die Amerikaanse Suide baie lank onwettig was om met iemand van 'n ander ras te trou of seksueel te verkeer? Die wyse waarop die "woke"-kultuur op ons afgedwing word, laat dié vraag by my ontstaan. Of dalk sal blankes van dieselfde geslag nog mag trou, ek weet nie.

Ek het so vinnig na die akademiese literatuur oor dié kwessie geloer en dit wil voorkom - in elk geval in die VSA - a*of die egskeidingskoers onder gemengde pare hoër is as dié onder blankes. Aan die ander kant is die egskeidingskoers onder gemengde pare min of meer dieselfde as onder swartes.

'n Ander statistiek wat vir my nogal ongelooflik is, is dat 60% van swart kinders in Suid-Afrika nie weet wie hul vaders is nie. Of ten minste word dit op 60% van geboortesertifikate nie aangedui nie. Dit impliseer dat verhoudings onder SA swartes nie eintlik blywend van aard is nie.

Ek het ook al die Engelse frase "tragic mulatto" gehoor. As mens dit google, kom jy op die volgende Wikipedia-inskrywing af:

The tragic mulatto is a stereotypical fictional character that appeared in American literature during the 19th and 20th centuries, starting in 1837.[1] The "tragic mulatto" is a stereotypical mixed-race person (a "mulatto"), who is assumed to be depressed, or even suicidal, because they fail to completely fit into the "white world" or the "black world".[1] As such, the "tragic mulatto" is depicted as the victim of the society that is divided by race, where there is no place for one who is neither completely "black" nor "white".

Ek is nie so bekend met die ouer Amerikaanse letterkunde nie; wel het ek as student omtrent al die moderne Amerikaanse skrywers, wat hoofsaaklik Joods was, gelees.

Maar hier by ons d**k ek ook aan Adam Small se drama, "Kanna hy kô hystoe" waarin hy insgelyks 'n soort "tragiese wêreld" skets.

Daar is natuurlik stereotipes oor gemengde pare: Die ouer man en die jonger swart vrou, a*ook die vet, lelike blanke meisie met 'n swart kêrel. Dis altyd vir my amusant om toe sien hoe hierdie stereotipes hul in die werklikheid herhaal. Daar is een of ander transaksie daar aan die gang waar die een vir die ander begeerlik raak.

Dis ook 'n cliché dat vrouens tot status en geld aangetrokke is, van Melania Trump tot Rachel Kolisi. Of wat was daardie Sweedse blondine se naam nou weer wat met Tiger Woods getroud was? Elin Nordegren; dankie google! Maar daardie huwelik het ook nie gehou nie.

Blykbaar lei groot ouderdomsverskille insgelyks meermale tot die skeihof. Hoe groter die ouderdomsgaping, hoe groter die kans dat die verhouding skipbreuk gaan lei. Daar bestaan statistiek daaroor.

'n Ou oom wat glo 'n baie goeie en slim sjirurg was, het eenmaal vir my gesê: "Die grootste geskenk wat jy van jou ouers ontvang, is jou gene."

Waarskynlik was hy reg. In weerwil van dertig jaar van anti-blanke diskriminasie in ons land -- die ergste wat daar nog ooit op aarde bestaan het -- sien 'n mens hoe blankes op feitlik alle gebiede presteer. Hulle word nie meer tot mediese skole toegelaat nie, maar hulle klim op vliegtuie en gaan haal daardie graad in 'n ander land waar hulle nie eens die taal kan praat nie. Jong Afrikanermans wat nie 'n kat se kans staan om 'n werk by die staat of 'n groot maatskappy te bekom nie, begin eie ondernemings in hul slaapkamers of koshuiskamers en doen naderhand sake oor die hele aardbol. Dalk sal hulle nooit so ryk soos 'n ANC-tenderpreneur wees nie, maar hulle kan trots wees op wat hulle sélf, met hul eie vermoëns bereik.

Sonder geld of staatsteun, het ons kunstefeeste begin, skryf en publiseer ons Afrikaanse boeke. Die genadelose sisteem verarm ons, maar in ons gees bly ons ryk en veral verryk.

Iemand anders op Twitter of X soos dit tans bekendstaan, het gesê: "As jy blank gebore word, het jy klaar die lotery gewen." Dis nogal 'n vreemde gedagte en 'n Koreaan of 'n Japannees sal seker daarvan verskil, want hulle glo dat hul eie groep verhewe bo blankes is. Daar is egter iets deterministies aan ras en biologie, want jy kan nie daaraan verander nie. Met die ontwikkeling van genetika en tegnologie, kan hulle selfs die DNS van 'n mummie of 'n oermens vanuit 'n gletser in die Alpe ontleed. Net so sal kenners oor tweeduisend jaar steeds uit die oorblywende skedels en beendere van ons huidige geslag met 'n oogopslag kan bepaal wie tot watter ras behoort het. Forensiese ondersoekers wat misdade probeer oplos, doen dit al jare lank.

As die foto van die Kolisi-egpaar 'n x-straal was, waar velkleur nie meer ter sake is nie, sou jy nogtans baie maklik kon sê watter een van die twee blank of swart is.

Die magte wat oor ons regeer het egter besluit dat daar rasvermenging sal wees en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Om jou daarteen uit te spreek, is reeds strafbaar en ek wil dit ook nie hier doen nie. Ons is net klein mensies wat in 'n vyandige wêreld probeer oorleef. Maar juis om te kan oorleef, gaan jou kind die beste uit jou stamboom nodig hê. Hy of sy sal moet planne maak, 'n magdom kennis van wiskunde en tegnologie, a*ook vreemde tale, moet bemeester.

Eintlik is dit 'n wonder dat ons Afrikaners nog in die land bestaan: ons het reeds die Oosgrens, Bloukrans en die Britse konsentrasiekampe oorleef. Maak dit nie elkeen van ons kosbaar nie? Presies net soos ons lyk en soos ons voorouers gelyk het nie?

Dit kom... HART VAN DUISTERNIS deur Joseph Conrad in Afrikaans! Gisteraand het ek tot tienuur geproeflees daaraan en van...
20/10/2024

Dit kom... HART VAN DUISTERNIS deur Joseph Conrad in Afrikaans! Gisteraand het ek tot tienuur geproeflees daaraan en vanoggend weer vieruur wakker geskrik om dit klaar te lees. Vertaal deur Fransi Phillips. Ek het dit jare gelede gelees, maar is nou opnuut begeester deur hierdie tydlose novelle oor Afrika. Dit is tegelyk onthutsend en ontroerend. Vandag sou niemand dit durf waag om so iets te skryf nie. Juis daarom is dit 'n boek wat in Afrikaans beskikbaar móét wees! Immers is ons nog dieper in Afrika betrokke as meneer Kurtz in sy hut aan die einde van die stoombootreis.

D**k aan jou Kerskous... Dit slaan mens van jou voete af. Selfs terwyl ek na aanhalingstekens en koppeltekens oplet, het dit daardie uitwerking op my!

https://youtu.be/VV_J8hqclTA
18/10/2024

https://youtu.be/VV_J8hqclTA

Regters tree al hoe meer eiesinnig diskrimineer teen Afrikaners en verdien buitensporige salarisse en byvoordele. Die vertragings om hofdatums te verkry str...

Ek sou sê as mense voel hulle móét emigreer, behoort hulle eerder Nederland of Vlaandere toe te gaan. Sodoende bly hulle...
18/10/2024

Ek sou sê as mense voel hulle móét emigreer, behoort hulle eerder Nederland of Vlaandere toe te gaan. Sodoende bly hulle deel van die groter Dietse familie en kan hulle nog steeds hul Afrikanerskap uitleef. As jy Australië, NS of Kanada toe gaan, is jy en jou kinders vir ons verlore en word jy deel van die empaaier.

Volmaan vanaand. Vir diegene wat met die maan gepla is. (Selfoonfoto.)
17/10/2024

Volmaan vanaand. Vir diegene wat met die maan gepla is. (Selfoonfoto.)

https://youtu.be/Phg9k7bLwNQ
14/10/2024

https://youtu.be/Phg9k7bLwNQ

Bok van Blerk se nuwe liedjie, 'Ik ben een Afrikaander' het dalk al die potensiaal om 'n nuwe 'De la Rey' te word en 'n nuwe opwelling van Afrikaneridentitei...

Geseënde Krugerdag almal! Die Groot Gryse soos Anna M. Louw hom genoem het. Deel gerus om die vergeetagtiges hieraan te ...
10/10/2024

Geseënde Krugerdag almal! Die Groot Gryse soos Anna M. Louw hom genoem het. Deel gerus om die vergeetagtiges hieraan te herinner.

https://youtu.be/lEf8ZbYqj0s
10/10/2024

https://youtu.be/lEf8ZbYqj0s

Offisiere in die hoë range ontvang 61% van die R51,8 miljard wat die SANW jaarliks van die Tesourie kry. Die honderde generaals geniet 'n weeldelewe terwyl d...

BRITISH RACING GREENDonderdagoggende gaan koop ek graanlymvrye brood by die organiese mark in Bryanston. Ek moet sê, die...
03/10/2024

BRITISH RACING GREEN

Donderdagoggende gaan koop ek graanlymvrye brood by die organiese mark in Bryanston. Ek moet sê, die vrou wat dié goed bak, is goed. Daar is enige soort brood: bruin, wit, a*ook sjokoladekoek en appeltert. Alles sonder graanlym.

Gewapen met 'n sny appeltert is ek na die kafee by Nicolway toe. Dis nou al wat van William Nicol se naam in William Nicolrylaan oorgebly het. Hoewel ek gebruik nooit daardie ANC-naam nie.

Dis nou die tweede keer dat ek my nuwe groen baadjie aanhet! Dié keer met 'n kakiebroek. Dis natuurlik 'n vreeslike Britse kleurskema: kakie en groen.

Maar nêrens het die ou spul Engelse van Bryanston op aandag gestaan en vir my "God Save The King" gesing nie. Eendag was ek egter besig om te flaneer in 'n winkel in Sandton en 'n jong Engelsman met so 'n effense Britse aksent as ek reg onthou, het vir die winkelassistent gesê: "I'll buy anything as long as it is khaki." Dit het my erg geamuseer.

Soos omtrent die hele Engelse taal -- my jongste seun noem dit "Angel-Saksiese gebrabbel" wat hy iewers op die internet in Nederlands teëgekom het -- is "khaki" egter 'n leenwoord uit die Indiese taal Oerdoe. Die Indiërs het dit op hul b***t uit Persies gekry: "khak" wat "grond" beteken, dus seker "grondkleurig" of "sandkleurig".

Die kleur groen herinner my ook aan 'n sin uit 'n novelle deur Willem Frederik Hermans, die Nederlandse skrywer wat meesal in Parys gewoon het, in die 17de arrondissement as ek reg onthou. Die novelle se naam is "Homme's hoest" en gaan oor 'n man in 'n Jaguar-sportmotor wat deur Turkye ry in die hoop om die motor daar teen 'n wins te verkwansel. Hy beskryf die verskillende soorte groen van die landskap en noem een skakering "British racing green".

Vir 'n natuurbeskrywing is dit natuurlik skreeusnaaks. Ek hou baie van Hermans. Nie net het hy die Nederlandse kultuurboikot teen ons in die vroeë tagtigerjare verontagsaam nie, maar hy was baie oorspronklik en stylvol. 'n Hele paar van sy boeke is boonop in Afrikaans vertaal.

Eintlik is dit ironies dat die Engelse rugbyspan 'n wit trui moet dra en die Springbokke 'n groene. Ons land is nie eintlik British racing green nie; die algemene kleur van die landskap is meer... kakie. Of dalk is die Springbokspan deesdae ewe Engels as dié van Engeland? Ek weet hulle praat nét Engels.

Address

Johannesburg
2191

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pro-Afrikaanse Aksiegroep posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Pro-Afrikaanse Aksiegroep:

Share