LiMari Louw

LiMari Louw RSG-aanbieder LiMari Louw se amptelike Facebookblad
Insta
(2)

Beach Buggy in Jeffreysbaai te koop. Inbox indien jy belangstel.
19/02/2024

Beach Buggy in Jeffreysbaai te koop. Inbox indien jy belangstel.

16/02/2024

Ek kyk glad nie TV nie. 'n Netflixreeks nou en dan. Julle, en toe katrol Op my Eish met Brendan Peyper my in. Daar is baie inhoudelike en tegniese dinge wat lol met die reeks, maar ek hoop wrintiewaar hy kies een van daai pragtige asters! Die vrek skerp Natasha kon regtig maar gebly het. As jy kyk, wie's jou gunsteling? Brendan, ek kom vir jou as jy nog harte breek!

14/02/2024
Amore Bekker, my liefste buurvrouvriendin, verjaar vandag. Galiema, jy verryk my lewe elke dag en sonder jou ge-"hiert" ...
11/02/2024

Amore Bekker, my liefste buurvrouvriendin, verjaar vandag. Galiema, jy verryk my lewe elke dag en sonder jou ge-"hiert" hier by my venster, sal my lewe leeg wees. Jy sal altyd die beste omroeper wees wat Afrikaanse radio nog óóit gesien het. Niemand wat al die voorreg gehad het om jou te ontmoet, stap ongeraak daar weg nie. Om 'n paar keer saam met jou te kon uitsaai, sal altyd die hoogtepunt van my loopbaan wees. Ek is lief vir jou, Galiema. Jy is familie. Lekker verjaar! ❤️

Contrary to popular belief, neem Mia Spies nie onder die skuilnaam "Janae" aan Op my Eish! deel nie 😂😂😂😂
10/02/2024

Contrary to popular belief, neem Mia Spies nie onder die skuilnaam "Janae" aan Op my Eish! deel nie 😂😂😂😂

06/02/2024

Wat is die eerste ding waarop jy besnoei as jou begroting knap is? Vertel!

Dit was só lekker om te maak!Militêre-styl opleiding vir skoolverlaters
05/02/2024

Dit was só lekker om te maak!

Militêre-styl opleiding vir skoolverlaters

Matrikulante en skoolverlaters sit dikwels met hulle hande in hulle hare omdat hulle nie kan besluit wat om ná skool te doen nie. Universiteite kry meer aansoeke as wat hulle kan akkommodeer, en 'n graad beteken ook nie jy is seker van 'n werk nie. LiMari Louw het die pad Laeveld toe gevat en 'n dr...

04/02/2024

Ek het 'n insetsel gemaak vir op RSG. Dit gaan oor opsies wat matrieks het wat nie universiteit toe kan of wil gaan nie. Luister gerus môre om 08:30.

03/02/2024

As jy nie registreer om te stem nie, verbeur jy die reg om te kla oor die land! REGISTREER, asseblief! Hierdie is die belangrikste verkiesing NOG.

25/01/2024

Kyk dit!

23/01/2024

Wie de drommel het op die woord "smaakmaker" besluit as vertaling vir "influencer"? Verpes dit. Doodgewone "beïnvloeder" kan mos werk! 🤢🤮

https://www.facebook.com/share/p/VNXYjxayTfupq9mT/?mibextid=K8Wfd2
23/01/2024

https://www.facebook.com/share/p/VNXYjxayTfupq9mT/?mibextid=K8Wfd2

WEN SAAM MET RSG EN VIRSEKER! 💰🏆

Staan die kans om jou deel van R50 000 te wen!

Dis maklik:
👉🏽SMS nou die woord VIRSEKER en jou naam en van na 45889 (SMS kos R1.50)
👉🏽Of kliek hier en vul die vorm in: https://shorturl.at/elnK9

📻 Skakel dan in gedurende Op en Wakker en Spitstyd vanaf 22-26 Januarie, en beantwoord ‘n maklike vraag wanneer die aanbieder jou skakel en siedaar, jy kan verseker ‘n kans staan om weg te loop met sakke vol geld – met ‘n kans om R2500 te wen. En as jy reeds ‘n kwotasie gekry het deur Virseker, verdubbel ons jou prys geld!

Bepalings en voorwaardes geld.

13/01/2024

Sangeres en liedjieskrywer, Karlien van Jaarsveld, deel haar resep vir Korma-kerrie.

12/01/2024

Karlien van Jaarsveld kuier môre by my! Sien uit!

09/01/2024

Hoeveel maande het Januarie nog? 🧐

06/01/2024

Ek saai verlede Sondag Oujaarsboodskappe uit op RSG. 'n Man laat weet hy en sy vrou sou tot ounag gedans het, was dit nie vir sy Hallelujavoete nie. Iets wat ek toe eers later ontdek, beteken jy kan nie dans nie. Ek kry toe hierdie boodskap, waar 'n ander man so 'n bietjie deurmekaar raak met die tipe voete ... 😅

05/01/2024

Het niemand dan vandag 'n foto van Oscar geneem nie? 🧐

03/01/2024

Speel saam en voltooi. Hierdie jaar wil ek graag ...

01/01/2024

Ek wens al my Facebookvriende 'n fantastiese 2024 toe! Dankie vir julle vriendskap, omgee en ondersteuning! Mag 2024 een vir die boeke wees.

30/12/2023

Hierdie tannie het nou al 'n paar boodskappe na die RSG-ateljee gestuur oor my rol in Vetkoekpaleis. Ek weet nie of ek met Boeboe misgis word nie? 🤣🤣

Liewe.Limari ek is so dankbaar dat ons jou in.Vetkoek.Paleis op die kassie kan sien.Jy is p r a g t i g!!!! Van ouma .Strauss

Uhm ... Vanwaar, Gehasi? 🤣🤣

Dis net onnosele, oningeligte mense wat klappers skiet. Klaar.
30/12/2023

Dis net onnosele, oningeligte mense wat klappers skiet. Klaar.

Bly weg van klappers, groot asseblief 🙏
29/12/2023

Bly weg van klappers, groot asseblief 🙏

28/12/2023

Vrek snaaks vir my 😂😂😂😂

27/12/2023

Liewe maats. Wat van ons sê 'n bietjie waarvoor ons dankbaar is? Voltooi gou die sin: Ek is dankbaar vir ...

Address

Johannesburg

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LiMari Louw posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share


Other News & Media Websites in Johannesburg

Show All