Groenheide Boeke

Groenheide Boeke Uitgewer van lekkerlees en opbouende boeke. Groenheide Boeke is 'n klein onafhanklike uitgewer van lekkerlees en opbouende boeke.

KARAMEL BIBLIOTEEK!!!
14/09/2024

KARAMEL BIBLIOTEEK!!!

Geluk aan ons skrywer, Anria Breed, met nie alleen háár eerste 100 Amazon ratings nie, maar ook Groenheide Boeke s'n. Op...
11/09/2024

Geluk aan ons skrywer, Anria Breed, met nie alleen háár eerste 100 Amazon ratings nie, maar ook Groenheide Boeke s'n.

Op nog 'n 100!

100. Een Honderd. 'n Honderd. Dis nie die grootste accomplishment nie. Dis net my eerste 100 ratings op 1 boek op Amazon. 100.

Ou Katrientjie ... so mooi storie wat al baie mense diep geraak het.

Nog altyd my beste verkoper.

Ek loop oor van dankbaarheid. Dankie aan almal wat lees en *tjies los. Al is dit net 1. Dit tel.

Dis nie ek nie, maar die gawe wat die Here aan my geskenk het!

Uiteindelik publiseer GROENHEIDE BOEKE nou poësie ... wel, soortvan! Kom geniet en neem ook deel!
06/09/2024

Uiteindelik publiseer GROENHEIDE BOEKE nou poësie ... wel, soortvan! Kom geniet en neem ook deel!

WONDERLIKE NUUS!!! Caramello Poetica is die Karamel Biblioteek se afdeling vir poësie, gedigte, rymende verhale en limerieke, en dit is aanlyn nou! Kom registreer en teken in, en deel jou gedigte met ander digters en liefhebbers van die digkuns - https://www.groenheide.co.za/karamel/

Dit is gratis vir almal om die gedigte te lees, maar daar is ’n subskripsiefooi van slegs R40 om gedigte op Caramello Poetica te kan plaas, plus ander voordele. (Instruksies hoe om in te teken hier: https://www.groenheide.co.za/karamel/help/subscribe-cp.php )

Emma Roux Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy ...
09/08/2024

Emma Roux

Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy moet help om ’n vermiste familielid op te spoor. Dis wanneer Emma doen wat sy so goed doen, dat sy ’n sinistêre skakel oopgrou tussen die gisterboks se inhoud, Liam se vermiste oom en ’n onopgeloste moord van baie jare gelede. Probleem is dat daar is ook twee grillerige omies wat definitief sal verkies dat Emma haar speurwerk los vir netbal … wat beteken dat Emma, Hestine en Liam moet dringend by speurder Steenkamp uitkom!

https://www.groenheide.co.za/reeks/clpuma-emma-roux/

#

Emma Roux 7, Nou beskikbaar.Die Geheim in die Gisterboks!https://www.groenheide.co.za/welcome.php
05/08/2024

Emma Roux 7, Nou beskikbaar.
Die Geheim in die Gisterboks!

https://www.groenheide.co.za/welcome.php

NUWE Emma, nou beskikbaar op Amazon en Karamel Biblioteek.

DIE GEHEIM IN DIE GISTERBOKS.

Volg net die skakels:
https://www.amazon.com/-/es/dp/B0D9QFRG5G/
https://www.groenheide.co.za/karamel/library/title.php?is=nfhkspdr



Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy moet help om ’n vermiste familielid op te spoor. Dis wanneer Emma doen wat sy so goed doen, dat sy ’n sinistêre skakel oopgrou tussen die gisterboks se inhoud, Liam se vermiste oom en ’n onopgeloste moord van baie jare gelede. Probleem is dat daar is ook twee grillerige omies wat definitief sal verkies dat Emma haar speurwerk los vir netbal … wat beteken dat Emma, Hestine en Liam moet dringend by speurder Steenkamp uitkom!

01/08/2024

GROENHEIDE BOEKE en KARAMEL BIBLIOTEEK soek jou manuskrip of e-boek.

Ons is opsoek na liefdesverhale, speurverhale, fantasieverhale, wetenskapfiksie en jeugverhale. As jy reeds jou e-boek gepubliseer het, kom laai dit op KARAMEL BIBLIOTEEK; en as jou spogverhaal nog slegs ’n versorgde manuskrip is, sal GROENHEIDE BOEKE dit as e-boek publiseer – met die opsie van gedrukte eksemplare ook. Daar is geen koste vir skrywers en uitgewers om e-boeke op KARAMEL te laai nie, en GROENHEIDE dra al die koste van die publikasie van e-boeke.

https://www.groenheide.co.za/inligting.php
https://www.groenheide.co.za/karamel/

Nuwe Emma Roux !
31/07/2024

Nuwe Emma Roux !

Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy moet help om ’n vermiste familielid op te spoor. Dis wanneer Emma doen wat sy so goed doen, dat sy ’n sinistêre skakel oopgrou tussen die gisterboks se inhoud, Liam se vermiste oom en...

Twee van ons skrywers gaan daar wees!
25/04/2024

Twee van ons skrywers gaan daar wees!

Address

110 Cannon Crescent
Hartbeespoort
0260

Opening Hours

09:00 - 18:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Groenheide Boeke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Groenheide Boeke:

Videos

Share

Category

GROENHEIDE BOEKE

GROENHEIDE BOEKE is ’n doelgerigte uitgewery van gedrukte sagteband boeke, e-boeke en tuisdruk boeke. Die fokus lê by lekkerlees Afrikaanse storieboeke, maar ander boeke wat ons interessant vind word ook uitgegee. Ons poog ook om die standaard van Afrikaans hoog te hou deur o.a. ou boeke weer uit te gee sodat ’n nuwe generasie lesers dit kan geniet.

GROENHEIDE BOEKE se ideaal is om met die medewerking van beide gevestigde en nuwe skrywers bekostigbare leesstof aan te bied wat in elke opsig van net so ’n hoogstaande gehalte as enige duur boek is wat deur die groot uitgewers gepubliseer word. Ons reken dat Afrikaanse lektuur vandag vir baie persone, veral kinders en afgetredenes, te duur geword het en ons glo dat teen minder as R100 – dikwels selfs minder as R60 – vir ’n gedrukte boek ons die genot van lees weer binne die bereik van almal stel.

GROENHEIDE BOEKE publiseer enkelboeke en reekse. Ons publiseer nuwe boeke, asook boeke wat uit kopiereg en nie meer beskikbaar is nie. Ons gewildste reekse is die verskeie Heideroos Romanses (liefdesverhale vir alle ouderdomme), Die Poniehoewe-Klub (vir meisies 9 tot 12 jaar wat mal is oor perde), Die Karoo Avonture (plaaslike ‘cowboy’-boeke vir seuns en mans) en klassieke Afrikaanse reekse soos Die Swart Luiperd en Temmers van die Woestyn.