24/11/2021
Goeie more.
Mag die Here vanoggend vir jou n nuwe lied gee om te sing tot Sy eer.
Padkos vir die dag.
Ps 86:15 "Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou."
Johan se ma het hom gevra om 'n paar goed te koop oppad terug van die skool.
Hy het die items gekoop, en besluit om die geld nie te vra nie, maar eerder om n briefie vir haar te los.
Ma skuld Johan:
Brood R 14.00
6 Eiers R 19.00
2 lt Melk R 25.00
"Totaal R 58.00"
Johan het die nota op die tafel gelos. Later kry hy 'n nota wat se:
"Johan skuld ma"
Kos Gratis
Slaapplek Gratis
Liefde Gratis
Versorging Gratis
"Totaal geen"
Johan het sy ma se nota gelees, en het bewoe geraak. Hy is na die kombuis en het sy ma omhels en gesoen.
“Ons liefde is bo alles."
Party dae voel ons dalk alleen en wanhopig. Ons sukkel, al lees ons Bybel verse oor en oor van God se liefde, sukkel ons met die diepe ontvang van God se liefde vir ons.
Ons voel dalk dat ons goed moet presteer vir God om ons meer lief te hê, of ons probeer iets bereik om Sy liefdevolle hand en goedkeuring te verdien.
Joh 16:27 "want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het."
God se liefde vir ons wankel nooit nie. Ons werke en dade word gedoen omdat ons 'n verhouding met God het, nie omdat ons meer liefde verdien nie.
God het ons eerste liefgehad en Sy liefde getoon toe Hy Sy enigste Seun Jesus Christus gestuur het om vir ons te sterf. Ons het almal het te kort geskiet en verdien nie so 'n liefde nie, maar God gee dit verniet ten spyte van ons mislukkings.
Dit is waar die geloofsreis begin: verstaan dat God ons liefhet. As ons nie 'n versekering van God se liefde het nie, sal ons geloofsreis nie lank duur nie.
Die grootste gebod is om Hom lief te hê met jou hele hart, siel, verstand en krag.
Here Jesus seen die persoon wat hierdie boodskap lees en bewaar hulle asseblief teen die aanslae van die bose.
Liefdevolle dag almal❤