Radio Kragbron Amptelik

Radio Kragbron Amptelik Radio Kragbron 93.1fm Stereo & 104.9fm Stereo saai uit vanaf WItbank oor Mpumalanga
(40)

Kantoornr: 013 697 1191
Ateljee: 013 697 1192
W Up : 060 814 8285
E-pos: [email protected]
Faksnr: 013 697 1195
www.931fm.co.za

Luister saam 21Junie 10:40
20/06/2024

Luister saam 21Junie 10:40

Maklike middagmaal - 19 JunieWhiskey fudgeLewer ongeveer 14 tot 16 stukkies Bestanddele:• 2 k suiker• 1 k room• ½ k melk...
20/06/2024

Maklike middagmaal - 19 Junie

Whiskey fudge

Lewer ongeveer 14 tot 16 stukkies

Bestanddele:
• 2 k suiker
• 1 k room
• ½ k melk
• 2 e gouestroop
• 1 e sagte botter
• knippie sout
• 1 t vanieljegeursel
• 3 e whiskey

Metode:
1. Voeg alles, behalwe die whiskey, saam in 'n swaarboomkastrol en plaas op die stoof.
2. Roer tot die suiker opgelos is, en kook dan verder tot sagtebalstadium.
3. Haal van die stoof af.
4. Hou aan roer tot die mengsel ophou borrel.
5. Gooi die whiskey by en roer deur.
6. Gooi die mengsel uit in 'n gesmeerde pan.
7. Laat dit afkoel en sny in blokkies.

https://www.facebook.com/share/p/qW52fdUqXSHf3tpa/?mibextid=oFDknk
18/06/2024

https://www.facebook.com/share/p/qW52fdUqXSHf3tpa/?mibextid=oFDknk

🎉🚙 Gear up for an unforgettable adventure at the BunduBash Africa Outdoor & Leisure 4x4 Land Cruiser Day hosted by Ukuhamba Africa ! 🎉🚙

Get your tickets in-store NOW and stand a chance to WIN 2 Land Cruiser branded caps! 🧢🧢 Offer Available until 22 June 2024🤩

Join us for an epic day filled with rugged terrains, thrilling challenges, and the ultimate off-road experience. Don't miss out on this amazing opportunity to be a part of the Land Cruiser community and snag some cool swag!

👉 Hurry, tickets are selling fast! Visit our store today and secure your spot for the 4x4 Land Cruiser Day.

📅 Event Date: 30 June 2024
📍 Location:

Maklike middagmaal - 17 JunieKaasbal met kraakbeskuitjies Lewers 12 porsiesBestanddele• 250 ml laevet- soetrissiemaaskaa...
17/06/2024

Maklike middagmaal - 17 Junie

Kaasbal met kraakbeskuitjies

Lewers 12 porsies

Bestanddele

• 250 ml laevet- soetrissiemaaskaas
• 50 g fyn biltong
• 50 g gerasperde mozzarellakaas
• 30 g ongesoute neute
• paar vars roosmaryntakkies of -blare
• 300 g volgraankraakbeskuitjies* (25 g/4 per porsie)

Metode
1. Meng die maaskaas, biltong en kaas en vorm 1 groot bal of 12 balletjies.
2. Kap die neute in 'n voedselverwerker fyn en rol die bal(letjies) daarin totdat 'n kors buite-om vorm.
3. Verkoel minstens 2 uur lank.
4. Versier die bal met roosmaryn en druk effens plat sodat dit stewig op 'n odienbord kan staan.
5. Sit voor saam met 4 beskuitjies per persoon.

17/06/2024
Maklike Middagmaal - 14 Junie 2024Boerewors in bier-marinadeBESTANDDELE:* olyfolie* 6 knoffelhuisies, fyngekap* ½ groot ...
14/06/2024

Maklike Middagmaal - 14 Junie 2024
Boerewors in bier-marinade
BESTANDDELE:
* olyfolie
* 6 knoffelhuisies, fyngekap
* ½ groot ui, gekap
* knippie sout
* 2 e klam bruinsuiker
* 2 e witasyn
* 1 k Castle Lager
* 2 t tamatiepasta
* 2 t kerriepoeier
* 600 g dik boerewors

METODE:
1. Braai kerriepoeier in 'n droë pan vir een minuut. Voeg die tamatiepasta by, roer deur en gooi Castle Lager en witasyn by.
2. Bring tot kookpunt, en voeg dan klam bruinsuiker, sout, ui en knoffel by. kook vir ongeveer 2 minute. Verwyder van hitte en voeg olyfolie by. Laat die marinade effens afkoel.
3. Plaas die dik boerewors in 'n bak met 'n deksel of in 'n plastieksak. Gooi die marinade oor en laat in die yskas vir 1 uur.
4. Braai boerwors vir 15 minute oor warm kole of oor warm kole of oor 'n gasbraaier as jy haastig is. Anders kan jy dit ook in 'n oond teen 200 °C gaarmaak.

Vandag stort ons ons bloed hier by save ways centre , kom gee jou bloed en kom kuier sommer saam met my Tinus , hier by ...
14/06/2024

Vandag stort ons ons bloed hier by save ways centre , kom gee jou bloed en kom kuier sommer saam met my Tinus , hier by die bloed bank.

Maklike Middagmaal - 12 JunieGrondboontjiebotter doopsousLewer ongeveer ongeveer 30 mlBestanddele* 15 ml gladde grondboo...
12/06/2024

Maklike Middagmaal - 12 Junie

Grondboontjiebotter doopsous

Lewer ongeveer ongeveer 30 ml

Bestanddele
* 15 ml gladde grondboontjiebotter
* 15 ml mayonnaise van jou keuse, verkieslik lae-olie
* ‡ 5 ml laevetmelk

Metode
Meng die grondboontjiebotter en mayonnaise tot glad en voeg net genoeg melk by om die doopsous dunner te maak.

Stoor in bakkie met 'n deksel. Dit kan tot 'n week verkoel word.

Bron: Maroela Media

Maklike Middagmaal - 10 JunieEenvoudige tamatiesousLewer 4-6 porsiesBestanddele:* 10 ml olyfolie* 1 groot ui, fyn gekap*...
10/06/2024

Maklike Middagmaal - 10 Junie

Eenvoudige tamatiesous

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:
* 10 ml olyfolie
* 1 groot ui, fyn gekap
* 1 groot knoffelhuisie, fyn gedruk
* 1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap
* 820 g (2 blikke) gekapte tamaties
* 30-45 ml gekapte vars gemengde kruie, soos basilieblare, origanum, tiemie en Italiaanse pietersielie, of 15-20 ml droë gemengde kruie
* 10 ml suiker
* 2,5 ml worcestersous
* sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
1. Verhit die olie oor matige hitte in 'n groot, vlak kastrol en soteer die ui, knoffel en soetrissie tot dit sag is.
2. Voeg die res van die bestanddele by en verhit dit tot kookpunt. Roer af en toe, verlaag die hitte en laat prut sonder die deksel vir 15-20 minute of tot die sous verdik.

10/06/2024

Jitters Middelburg
013 591 2117
073 731 8598

Maklike Middagmaal - 7 Junie 2024Pizza-omeletBESTANDDELE:* 6 eiers* 125 ml (½ k) water* sout en peper* 50 ml (4 e botter...
07/06/2024

Maklike Middagmaal - 7 Junie 2024
Pizza-omelet
BESTANDDELE:
* 6 eiers
* 125 ml (½ k) water
* sout en peper
* 50 ml (4 e botter)
* 5 ml (1 t) gemengde kruie
* 10 ml (2 t) tamatiepuree
* 250 ml (1 k) gekapte ham
* 2 tamaties, geskil en in skywe gesny
* 6 skywe cheddarkaas

METODE:
1. Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak.
2. Smelt die botter in 'n groot pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis.
3. Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier inloop.
4. Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is.
5. Meng tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet.
6. Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.

Maklike middagmaal - 5 JunieDekadente warm sjokoladeGenoeg vir 6Bestanddele:• ½ k (110 g) strooisuiker• ¾ k (70 g) kakao...
06/06/2024

Maklike middagmaal - 5 Junie

Dekadente warm sjokolade

Genoeg vir 6

Bestanddele:
• ½ k (110 g) strooisuiker
• ¾ k (70 g) kakao
• 1 k (250 ml) Clover Mmmilk (vanieljegeurmelk)
• 100 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
• 1 k (250 ml) Clover vars room
• 3 k (750 ml) Clover Mmmilk (vanieljegeurmelk),
warm
• ekstra kakao

Metode:
1. Verhit die suiker, kakao en eerste maat melk in in kastrol oor matige hitte, totdat die suiker opgelos is.
2. Verlaag die hitte en roer die sjokolade by totdat dit gesmelt is.
3. Meng die room en warm melk met in draadklitser by.
4. Proe en voeg meer melk by indien verkies. Giet in bekers en garneer met kakao.

Onthou die groot uitkamp dag , die komende Saterdag by GC Gypsey Witbank.  Kom sing en dans om die kamp vuur saam met Ti...
06/06/2024

Onthou die groot uitkamp dag , die komende Saterdag by GC Gypsey Witbank. Kom sing en dans om die kamp vuur saam met Tinus.
GC Caravans Witbank is net die plek, met hulle nuwe karavaan verkoop promosie.
Spaar tussen R10 000 tot R35000.00 op elke nuwe karavaan.
En by hulle werkswinkel kan jy n gratis wiel assessering kry
Wiel boude en band druk word nagegaan .
Laat jou karavan diens en kry n’ volle R1000.00 afslag vir die maande Mei, Junie en July. 2024.
In die winkel vir Vrydag en Saterdag allenlik is daar 20% afslag op alles binne in die winkel.

Kom kampers , kom geniet die oggend saam met ons vanaf 08h00 tot 13h00.

GC CARAVANS WITBANK 013 697 5121

Maklike Middagmaal - 3 Junie WinterkerriepotBestanddele* 45 ml olyfolie* 2 uie, gekap* 1 e Harvest Table- borrie* 2 e ke...
03/06/2024

Maklike Middagmaal - 3 Junie

Winterkerriepot

Bestanddele
* 45 ml olyfolie
* 2 uie, gekap
* 1 e Harvest Table- borrie
* 2 e kerriepoeier
* 4 hoenderborsies, in blokkies gesny of 2 koppies botterskorsie en patat vir vegetariese opsie
* 5 gekapte tamaties
* 2 e tamatiepasta
* 15 ml bruin of kokosneutsuiker
* 4 aartappels, in blokkies gesny
* 2 wortels, opgesny
* 4 e Harvest Table- aftreksel
* 500 ml water

Metode
* Verhit die olie in in swaarboompan en voeg die uie, borrie en kerriepoeier by die olie. Braai tot die uie bruin word.
* Voeg die hoender (of bestanddele vir vegetariese opsie) by en braai liggies saam met die uiemengsel vir 5 minute.
* Voeg gekapte tamaties, tamatiepasta en suiker by en roer tot goed gemeng.
* Voeg die aartappels, wortels, water en aftreksel by.
* Meng al die bestanddele goed en laat prut tot die groente gaar is en die vloeistof verdik het tot 'n sous. Dit sal ongeveer 10 minute neem.

Raas in Afrikaans.Corné Botha en Ilse Botha Radio Kragbron.
02/06/2024

Raas in Afrikaans.
Corné Botha en Ilse Botha Radio Kragbron.

01/06/2024
01/06/2024

BUCO RAAS IN AFRIKAANS EVENTCITY

En so kuier ons lekker hier by Midas Witbank se Grant Opening.83 Watermeyer. Straat.
01/06/2024

En so kuier ons lekker hier by Midas Witbank se Grant Opening.83 Watermeyer. Straat.

BUCO Middelburg.
01/06/2024

BUCO Middelburg.

BUCO MIDDELBURG.
01/06/2024

BUCO MIDDELBURG.

Ons kuier vandag by Midas, Klipfontein, Witbank. Baie spesiale aanbiedinge. Kom loer gerus in!
01/06/2024

Ons kuier vandag by Midas, Klipfontein, Witbank. Baie spesiale aanbiedinge. Kom loer gerus in!

Maklike Middagmaal - 31 Mei 2024MieliekoekiesBESTANDELE:* ¾ k meel* 1 t bakpoeier* ½ t sout* swartpeper* 1 eier geklits*...
31/05/2024

Maklike Middagmaal - 31 Mei 2024
Mieliekoekies
BESTANDELE:
* ¾ k meel
* 1 t bakpoeier
* ½ t sout
* swartpeper
* 1 eier geklits
* ½ ui, gebraai
* 1 blikkie mielies
* 100 ml melk
* olie
METODE:
1. Meng meel, bakpoeier, sout en peper.
2. Voeg eier by en roer.
3. Voeg ui, mielies en melk by en meng.
4. Skep lepels vol in 'n warm pan met olie. Braai vir ongeveer 2 minute aan weerskante tot goudbruin

Address

Smokey Mountain Office Village Suite 19 Route N4 Business Park BenFleur
Emalahleni
1035

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Radio Kragbron Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Radio Kragbron Amptelik:

Videos

Share

Category

Ons Besonderhede

Kantoor nr: 013 697 1191 Ateljee: 013 697 1192 Faks nr: 013 697 1195 Sms: 45931

E-pos: [email protected]