LEKKER FM

LEKKER FM LEKKER FM 98.3 is jou Nr. 1 Afrikaanse radiostasie in Pretoria en omliggende gebiede, so ook aanlyn, wêreldwyd. Dit kan net LEKKER raak!!!
(3)

LEKKER FM Kommentaarbeleid. Die doel van ons Facebook-blad is om luisteraars en lesers ingelig te hou van relevante nuus by die radiostasie, ons land en die wêreld. LEKKER FM moedig ‘n intelligente en oop gesprek aan en waardeer sinvolle bydraes deur ons luisteraars en Facebook-vriende. Ons moedig almal aan om deel te neem en kommentaar te lewer op plasings. Elkeen se mening is vir ons belangrik.

Lewer egter kommentaar wat relevant is tot die plasing. Ons versoek alle deelnemers om hulself te weerhou van van enige vorme van haatspraak, persoonlike aanvalle, irrelevante, agressiewe of beledigende kommentaar. Ons behou onsself die reg voor om enige kommentaar wat teenstrydig is met ons beleide en etos by LEKKER FM te verwyder.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Bevolking, Vlugtelinge en Migra...
03/03/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Bevolking, Vlugtelinge en Migrasie het befondsing afgesny aan burgerlike organisasies in Suid-Afrika wat dienste aan vlugtelinge en asielsoekers in die land verskaf. Dít slegs weke nadat die VSA Afrikaners genooi het om vlugtelinge te word daar. Die Amerikaanse president Donald Trump het kort nadat hy in Januarie sy amp beklee het, ‘n 90-dae pouse oor buitelandse hulp beveel. ’n Maand later, en ten spyte van hangende litigasie, het die Trump-administrasie begin om die meeste Amerikaanse buitelandse hulpkontrakte en toelaes te beëindig. Organisasies in Suid-Afrika wat dienste lewer om vlugtelinge en asielsoekers by te staan wat na die suidpunt van Afrika gemigreer het, is nie gespaar nie.
Foto: NPR

Hier is jou LEKKER FM 98.3 TOP 40 - TOP 10 vir Sondag 2 Maart 2025:1. Janie Bay met Hunter Kennedy – Ons verander2. Mari...
02/03/2025

Hier is jou LEKKER FM 98.3 TOP 40 - TOP 10 vir Sondag 2 Maart 2025:

1. Janie Bay met Hunter Kennedy – Ons verander
2. Mari Bosman Musiek – Tussen jou en my
3. Die Piesangskille – Groeipyne
4. ADAM – Magic in die meel
5. Vabond – Staan op en sing
6. Taye – Nico 10
7. Rooksein – Vroegoggend koffie
8. Kurt Darren – Hop Hop Spinnekop
9. Rudi Kleingeld – Kondisie
10. Andriette Norman – Afrikaans het nie brieke nie

Dozi Page, Christiaan Baartman, Skemer, Nicholis Louw en Ricus Nel met Chris Steyn het die TOP 10 net gemis.

Vir die volledige TOP 40 en om te stem vir jou gunsteling liedje, besoek gerust die LEKKER FM 98.3 webblad by www.lekkerfm.com

Boom van die week:Kaapse Boekenhout (Myrsine Melanophloeos)- Inheemse boom groei met 'n digte kroon.- Blink, donker groe...
01/03/2025

Boom van die week:
Kaapse Boekenhout (Myrsine Melanophloeos)
- Inheemse boom groei met 'n digte kroon.
- Blink, donker groen blare met blommetjie en bessies wat verskyn in laat herfs en winter. Baie goed om diere lewe na die tuin te lok.
- Baie duursame hout wat vir meubels gebruik word.
- Groei stadig, hou van klam komposryke grond, maar is redelik droogtebestand.
- Is 'n goeie windbreker en bestand teen ligte ryp maar nie swaar ryp nie.

Insek van die week:
Pampoen Kewer (Aulacophora foveicollis)
Hulle kleure verskil van liggeel, oranje tot bruin.
Is 'n plaag insek op plante soos pampoene en waatlemoene.
- Die larwes is lang wit wurms wat op die wortels van die plante leef.
- Die volwasse kewers vreet die blare.
- Jy kan hulle met die hand verwyder of 'n organiese middel soos neem olie spuit.
- 'n Goeie deklaag sal ook help dat die larwes nie by die wortels uit kom nie.

DAG 2 - ATKV-Buffelspoort en LEKKER FM! Dit gaan LEKKER en almal geniet hulself gate uit…Ons laai baie fotos deur die da...
01/03/2025

DAG 2 - ATKV-Buffelspoort en LEKKER FM! Dit gaan LEKKER en almal geniet hulself gate uit…Ons laai baie fotos deur die dag hou dop.

01/03/2025

LEKKER FM kamp LEKKER saam met Kampi.co.za! ⛺🔥 Of jy nou ‘n rustige boswegbreek of ‘n avontuurlustige kamp wil beplan, ons maak dit maklik om die perfekte kampeerplek te vind. Kyk hoe eenvoudig dit is om jou volgende avontuur te bespreek! 🌿🚐 ”

DIT GAAN LEKKER! Waar is jy? LEKKER FM is by ATKV-Buffelspoort die naweek…kom maak ‘n draai.
28/02/2025

DIT GAAN LEKKER! Waar is jy? LEKKER FM is by ATKV-Buffelspoort die naweek…kom maak ‘n draai.

LEKKER FM NUUS – BLITSNUUS. Onderhandelinge oor die 2025/26-begroting het hierdie week stadig vooruitgegaan, met die Tes...
28/02/2025

LEKKER FM NUUS – BLITSNUUS. Onderhandelinge oor die 2025/26-begroting het hierdie week stadig vooruitgegaan, met die Tesourie wat sy voorstel vir 'n BTW-verhoging van twee persentasiepunte tot 0,75 aangepas het. Die DA het egter volgehou dat BTW glad nie verhoog moet word nie. Die voorstel om inflasie-aanpassings te beperk om vir fiskale vertraging te vergoed tot slegs die laagste twee belastingbande bly op die tafel. Dit is ingesluit en sal sowat R10 miljard insamel. Die moontlikheid om die brandstofheffing deur inflasie te verhoog, is ook onder bespreking. Die vorige begroting het die brandstofheffing onveranderd gelaat. ’n Inflasiegekoppelde aanpassing sal ’n bykomende R4 miljard insamel. ’n Komitee van ses ministers wat gestig is om die dooiepunt te oorkom, het nie hierdie week ’n ooreenkoms bereik nie. Die Tesourie is gevra om nuwe voorstelle vir 'n spesiale kabinetsvergadering Maandag op te stel.

28/02/2025

ONS IS HIER! Dit gaan nou LEKKER wees! LEKKER FM is die naweek by ATKV-Buffelspoort en ons gaan LEKKER KUIER! Ons hou julle op hoogte van alles die naweek, hou ons facebook-blad dop!

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Duisende Suid-Afrikaners kan hul werk verloor nadat die VSA befondsing aan plaaslike M.I.V/V...
28/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Duisende Suid-Afrikaners kan hul werk verloor nadat die VSA befondsing aan plaaslike M.I.V/Vigs-organisasies besnoei het. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het kort ná sy inhuldiging as die nuwe president ‘n reeks uitvoerende bevele uitgereik, insluitend ‘n 90-dae pouse oor buitelandse ontwikkelingshulp. Hy het gisteroggend ingrypende beëindigingskennisgewings uitgereik vir Suid-Afrikaanse organisasies wat deur die President se Noodplan vir Vigsverligting (Pepfar) en ander Amerikaanse fondse deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelin g (USAID) gefinansier word. Dit beteken dat hulle nou permanent afgesny is van enige befondsing uit die VSA. Gesondheidsaktiviste en –organisasies waarsku dat sowat 500-duisend mense oor die volgende 10 jaar kan sterf weens dié besluit.
Foto: CNN

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die EFF doen ’n beroep op die regering om AfriForum en Solidariteit as binnelandse terreuror...
27/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die EFF doen ’n beroep op die regering om AfriForum en Solidariteit as binnelandse terreurorganisasies aan te wys. Volgens die party werk die twee burgerlike organisasies teen die land se belange deur leuens en verkeerde inligting oor grense heen te versprei. Die EFF beweer die groepe probeer die Amerikaanse regering kry om hulle te help om Suid-Afrika te verdeel en by die land se sake in te meng. Die groepe het onlangs met Amerikaanse verteenwoordigers vergader en probeer om hulp te verkry om veiligheid en opleidingstrukture vir die Afrikanerminderheid te ontwikkel. Die party sê dié optrede bedreig die land se stabiliteit en soewereiniteit.
Foto: Solidariteit FB

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur Gene Hackman, sy vrou Betsy Arakawa en hul hond is do...
27/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur Gene Hackman, sy vrou Betsy Arakawa en hul hond is dood gevind by hul huis in Santa Fe, New Mexico. Die polisie sê in 'n verklaring hul liggame is gistermiddag in hul huis ontdek. Die saak word ondersoek, maar die polisie vermoed op hierdie stadium nie enige vuilspel nie. Hackman was 95, en sy vrou, 'n pianis, 63. Hackman het die Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol as Jimmy “Popeye” Doyle in William Friedkin se 1971-riller The French Connection, en nog een vir beste byspeler vir die vertolking van Little Bill Daggett in Clint Eastwood se Western-film Unforgiven in 1992. Hy word erken as een van Hollywood se legendes.
Foto: BBC News

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die jongste agtergrondverslag vir 2024 van die 2030 Reading Panel het onthul dat soveel as 8...
27/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die jongste agtergrondverslag vir 2024 van die 2030 Reading Panel het onthul dat soveel as 80 persent van Suid-Afrikaanse graad 3-leerdlinge nie in enige taal met begrip lees nie. Die verslag is vroeër die week uitgereik. Daar is bevind dat slegs 20 persent van graad 3 leerlinge leesvaardighede in hul huistaal het. Bykans 70 persent van leerlinge in graad 6 het ook nie die nodige leesvaardigheid in hul taal van onderrig nie. Dit belig die geletterdheidskrisis in die land ten spyte van die regering se jarelange beloftes om leesontwikkeling onder kinders te prioritiseer.

NASIONALE “MELKTERT” DAG! LEKKER FM saai regstreeks uit by Laerskool Stephanus Roos en ons vier Nasionale melktert-dag! ...
27/02/2025

NASIONALE “MELKTERT” DAG! LEKKER FM saai regstreeks uit by Laerskool Stephanus Roos en ons vier Nasionale melktert-dag! Skakel in tussen 06H00 en 09H00 op 98.3FM of aanlyn: www.lekkerfm.com.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Inflasie vir Januarie was 3,2% teenoor Desember se 3%. Statistieke SA het die data vanoggend...
26/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Inflasie vir Januarie was 3,2% teenoor Desember se 3%. Statistieke SA het die data vanoggend bekend gemaak. Die belangrikste bydraers tot die inflasiekoers was behuising en nutsdienste (4,5%), voedsel en nie-alkoholiese drankies (2,3%), en restaurante en verblyfdienste (4,9%). Die inflasiekoers in Januarie vir goedere was 2,4% en vir dienste 4%.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. ʼn Afvaardiging van die Solidariteitbeweging is tans in die VSA om met verteenwoordigers van ...
26/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. ʼn Afvaardiging van die Solidariteitbeweging is tans in die VSA om met verteenwoordigers van die Amerikaanse president, Donald Trump, te vergader. Die uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit, doktor Dirk Hermann, sê hulle het ʼn baie suksesvolle vergadering gister gehad.
Hy sê sake soos onder andere die Bela-wetgewing, die beskerming van eiendomsreg en die ANC-regering se diplomatieke beleid is bespreek. Een van die hoofbesprekings was om te verseker dat Suid-Afrika deel bly van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, Agoa.
Foto: Solidariteit Facebook

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Volgens die kantoor van die president vind die eerste geskil-meganisme vergadering van die r...
25/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Volgens die kantoor van die president vind die eerste geskil-meganisme vergadering van die regering van nasionale eenheid vanmiddag plaas. Adjunkpresident Paul Mashatile sal as voorsitter optree. Die doel van die geskil-meganisme is om oplossings te vind vir beleidsgeskille binne die regering. Daar word verwag dat die begroting onder andere vandag bespreek gaan word. Die komitee sal na verwagting ook sake bespreek wat op sy laaste vergadering in Pretoria op 12 Desember bespreek is, waar partye die verslag oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) gefinaliseer het.
Foto: Netwerk24

LEKKER FM NUUS – BLITSNUUS: President Cyril Ramaphosa se kabinet het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se he...
25/02/2025

LEKKER FM NUUS – BLITSNUUS: President Cyril Ramaphosa se kabinet het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se hersiene begroting verwerp en gesê dit is nie werkbaar nie. Die minister het gister tydens 'n spesiale vergadering in Kaapstad 'n alternatiewe begroting, sonder die twee persentasiepunt BTW-verhoging, aan sy kollegas voorgelê. Dit was die tweede begroting wat die kabinet in minder as 'n week verwerp het. Die ministers het beswaar gemaak teen die voorlegging van die eerste begroting wat verlede Woensdag belastingverhogings voorgestel het. Gevolglik is 'n subkomitee van die Kabinet onder voorsitterskap van adjunkpresident Paul Mashatile gestig. Dit sal kyk na moontlike opsies vir die oorweging van die volle Kabinet. Godongwana het aan die vergadering, wat meer as ses uur geduur het, gesê dat talle belangrike verhogings en finansierings moes gesny word weens die feit dat daar nie meer ʼn BTW-verhoging kan wees nie.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Eskom het beurtkrag vanaf vyfuur vanoggend afgeskaal na fase 2. Die nutsmaatskappy sê dit vo...
25/02/2025

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Eskom het beurtkrag vanaf vyfuur vanoggend afgeskaal na fase 2. Die nutsmaatskappy sê dit volg nadat 8 van die 10 opwekkingseenhede wat die naweek probleme gegee het, herstel is. Eskom sal deur die dag vandag weer 'n opdatering verskaf.

Address

244 Norma Jean Square, Jean Avenue, Die Hoewes
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LEKKER FM posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to LEKKER FM:

Videos

Share

Category