Trompie die Landy

Trompie die Landy Kaalvoet, Grondpad, Kettie in die g*tsak! Trots Suid-Afrikaans. 4x4, kamp en avontuur.๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ

Ons staan bankvas agter , hy gaan daai Strickland se verf chip. Hoeveel rondtes d**k jy het  nodig om hom af te stof? As...
05/02/2025

Ons staan bankvas agter , hy gaan daai Strickland se verf chip. Hoeveel rondtes d**k jy het nodig om hom af te stof? As hy keer is sy arm af as hy nie keer nie is sy kop af.

26/01/2025

As dit warm is kla 'n mens, as dit koud is kla 'n mens. Kom ons wees dankbaar, dankbaar vir alles.

17/01/2025

N lekker "feel good" Vrydag tipe atmosfeer๐Ÿ˜Ž

Dis naweek julle!

12/01/2025

Net so klein voor smakie van Trompie se avonture in Botswana ๐Ÿ‘Œ๐Ÿ‡ง๐Ÿ‡ผ

Oorlanding en wild kamp met die mooiste uitsig en lekker vuur wat brand.Niks beter as dit nie.
09/01/2025

Oorlanding en wild kamp met die mooiste uitsig en lekker vuur wat brand.

Niks beter as dit nie.

05/01/2025

En so los ons 2024 met al sy uitdagings in die stof agter ons en sien uit vir die nuwe geleenthede wat 2025 bring! ๐Ÿš™๐Ÿงญ๐Ÿ•๐Ÿ‘Œ

Dis waarvoor ons strewe! ๐Ÿ•Gaan loer gerus LekkeR Kampplekke se nuutste tydskrif. Iets om nie te mis nie๐Ÿ‘Œ.
23/12/2024

Dis waarvoor ons strewe! ๐Ÿ•

Gaan loer gerus LekkeR Kampplekke se nuutste tydskrif.

Iets om nie te mis nie๐Ÿ‘Œ.

Die wiele van Trompie draai om en om!BOTSWANAHier kom ons๐Ÿค™
21/12/2024

Die wiele van Trompie draai om en om!

B
O
T
S
W
A
N
A

Hier kom ons๐Ÿค™

04/11/2024

Om verkeer te vermy is maklik in n LandRover ๐Ÿ‘‡๐Ÿ’ช.

16/10/2024

Ons maak reg vir Desember! ๐Ÿ–

Dankie aan Cross Country Insurance Consultants Frikkie Visser Mobile Windscreens - National Auto Glass Centurion vir die beste diens.

Hastle free en kom uit sommer na jou werk toe. ๐Ÿ‘Œ

So gou soos 1๏ธโƒฃ2๏ธโƒฃ3๏ธโƒฃ

LandRover by heart!Om een te kan besit moet ek bieg en se dis n opregte 'tough love' verhouding. Ek het liefde gevind in...
04/10/2024

LandRover by heart!

Om een te kan besit moet ek bieg en se dis n opregte 'tough love' verhouding. Ek het liefde gevind in Trompie na hy my verskeie struikelblokke laat uit klim, deur diepe riviere seil, die aarde los ry onder hom en n stof wolk agter los wat skreeu AVONTUUR!

Met elke berg op en af het ek met vertroue geweet Trompie gaan dit maak, dis die trots en respek waarvoor hy gewerk het wat deur my are brand.

Natuurlik lag elke Landy eienaar lekker saam die olie lek grappe wat gedeel word, want ons weet dis waar. Maar by elke 4X4 word hy gebruik as die herstel voertuig sodat ander die reis kan geniet en sonder angs weet die Landy is daar om hulle te red.

DIS die trots waarvan ek praat.

Maar saam die liefde en trots word daar ook harsteer gepaard. Daar is nie genoeg ink of papier om te verduidelik wat al fout gegaan het nie, ek kan net sรช dat my trane al baie vlak gelรช het. Jou hart begin kramp as daar iets skeef loop, hoeveel gaan dit nou weer kos? Wat nog? Waar is die einde?

Dit kos baie meer as net geld om n Landy te besit, jou hele gemoed, hart en siel.

Die rede hoekom ek nog vir Trompie besit???

Geld kan nie vir my n beter voertuig koop nie.

Daar is nie n prys op die 70km/h vaart waar jy die mooiste dorpies raak sien, rond hop en sing saam die musiek terwyl die wind deur elke g*t en gleuf fluit.

Avontuur begin nie by jou bestemming nie, maar die oomblik wat jy jou huis verlaat.

Toe ek die vreugde en geluk in n 8 jarige se oรซ sien met sy eerste reis in Trompie, het ek besef dit is alles die moeite werd.

Dat een voertuig hoop vir n mens kan gee gaan my vertand te bowe.

Dit is nie net n kar nie.

LandRover - Not for the faint hearted.

Address

Centurion

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Trompie die Landy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Trompie die Landy:

Videos

Share