Landbouweekblad

Landbouweekblad Landbouweekblad is so tuis soos beskuit en biltong in SA boere se huise. Ons sal op eie diskresie kommentaar goed- of afkeur.

Landbou.com se beleid oor kommentaar:

Ons is ten gunste van oop gesprek en bied aan ons lesers platforms om saam te gesels, kommentaar te lewer en hul menings te lug. Om onsself en ons lesersgehoor te beskerm sal ons nie gratis advertensies, haatspraak, rassisme, homofobie, pornografie, swak taalgebruik (vloekwoorde) of seksisme in kommentaar goedkeur nie. Kyk ook na Landbou.com se gebruiksvoorwaardes: http://landbou.com/gebruiksvoorwaardes/

Die pluimveebedryf, veral eierboere, is op hete kole oor die groot risiko dat hoogs aansteeklike voëlgriep Suid-Afrika v...
25/01/2025

Die pluimveebedryf, veral eierboere, is op hete kole oor die groot risiko dat hoogs aansteeklike voëlgriep Suid-Afrika vanjaar weer kan tref.

Botswana het sy kortstondige verbod op die invoer van sekere Suid-Afrikaanse grane en grasse op Vrydag 24 Januarie opgeh...
25/01/2025

Botswana het sy kortstondige verbod op die invoer van sekere Suid-Afrikaanse grane en grasse op Vrydag 24 Januarie opgehef. Die opheffing is onmiddellik van krag en volg ná intensiewe onderhandeling verlede week tussen die Suid-Afrikaanse departement van landbou en sy eweknie in Botswana om ’n oplossing vir die probleem te vind en die grens weer oopgestel te kry.

Botswana het sy kortstondige verbod op die invoer van sekere Suid-Afrikaanse grane en grasse op Vrydag 24 Januarie opgehef. Die opheffing is onmiddellik van krag en volg ná intensiewe onderhandeling verlede week tussen die Suid-Afrikaanse departement van landbou en sy eweknie in Botswana om ’n op...

Boere kyk terug op beurtkrag wat groot bestuurseise aan hulle gestel het en die bykomende uitgawes wat hulle vir kragopw...
25/01/2025

Boere kyk terug op beurtkrag wat groot bestuurseise aan hulle gestel het en die bykomende uitgawes wat hulle vir kragopwekkers en diesel moes opdok om hul boerderye aan die gang te hou.

Suid-Afrika het sy wêreldgehaltemodel vir die bestuur en bedryf van watergebruikersverenigings te danke aan Nic Knoetze,...
25/01/2025

Suid-Afrika het sy wêreldgehaltemodel vir die bestuur en bedryf van watergebruikersverenigings te danke aan Nic Knoetze, ’n bekende in waterbestuurskringe.

’n Brandmerk wat die polisie op ’n beeskarkas gekry het, het daartoe gelei dat twee vermeende veediewe in Noordwes vasge...
25/01/2025

’n Brandmerk wat die polisie op ’n beeskarkas gekry het, het daartoe gelei dat twee vermeende veediewe in Noordwes vasgetrek is en in die hof op ’n aanklag van die besit van ’n gesteelde bees verskyn het.

Die potensiële impak van die ondertekening van die Onteieningswet op boere kan nie oorskat word nie, sê Jaco Minnaar, vo...
25/01/2025

Die potensiële impak van die ondertekening van die Onteieningswet op boere kan nie oorskat word nie, sê Jaco Minnaar, voorsitter van AgriSA.

In die lig van China se behoefte om sy afhanklikheid van landbou-invoer uit Amerika te verminder, moet Suid-Afrika meer ...
24/01/2025

In die lig van China se behoefte om sy afhanklikheid van landbou-invoer uit Amerika te verminder, moet Suid-Afrika meer daadwerklike stappe doen om dié gaping te help vul.

Vier jaar, 35 hofgedinge en vele terugslae later het die Noord-Kaapse veeboer Carel van der Merwe Vrydag ’n oorwinning i...
24/01/2025

Vier jaar, 35 hofgedinge en vele terugslae later het die Noord-Kaapse veeboer Carel van der Merwe Vrydag ’n oorwinning in die kleine behaal toe verlof tot appèl in sy likwidasiestryd teen Land Bank vir skuld van meer as R80 miljoen aan hom toegestaan is.

Vier jaar, 35 hofgedinge en vele terugslae later het die Noord-Kaapse veeboer Carel van der Merwe Vrydag ’n oorwinning in die kleine behaal toe verlof tot appèl in sy likwidasiestryd teen Land Bank vir skuld van meer as R80 miljoen aan hom toegestaan is

Die wag is verby! Die wenners van CNH se opwindende trekkerkompetisie is Vrydag om 16:00 op Facebook aangekondig. 📢Lees ...
24/01/2025

Die wag is verby! Die wenners van CNH se opwindende trekkerkompetisie is Vrydag om 16:00 op Facebook aangekondig.
📢Lees hier om uit te vind wie al die wenners is: https://tinyurl.com/5n7zfpzy

Hardloop jou enjin in die rooi? Van buite lyk dit of jy uiters suksesvol is, maar binne in jou weet jy dat dit broekskeu...
24/01/2025

Hardloop jou enjin in die rooi? Van buite lyk dit of jy uiters suksesvol is, maar binne in jou weet jy dat dit broekskeur gaan om kop bo water te hou – jou energie is laag en jou frustrasievlakke hemelhoog. Dr. Johan Beukes gesels oor uitbranding en hoe jy weer beter kan voel. LUISTER nou gratis na die eerste episode: https://tinyurl.com/29vrdd5v

Teen die agtergrond van wynverbruik wat wêreldwyd afneem en kleiner druiwe-oeste is dit bemoedigend dat die waarde van S...
24/01/2025

Teen die agtergrond van wynverbruik wat wêreldwyd afneem en kleiner druiwe-oeste is dit bemoedigend dat die waarde van Suid-Afrika se wynuitvoer in 2024 met 4% gestyg het, hoewel die uitvoervolumes bykans onveranderd op 306,2 miljoen liter gebly het.

Al is daar soms erge wind by Douglas, en ongeag nat of droë, koue of warm toestande, bly Pannar se geelmieliebaster PAN ...
24/01/2025

Al is daar soms erge wind by Douglas, en ongeag nat of droë, koue of warm toestande, bly Pannar se geelmieliebaster PAN 3P-924PW stewig staan en presteer beter as ander basters by hierdie boer.

Al is daar soms erge wind by Douglas, en ongeag nat of droë, koue of warm toestande, bly Pannar se geelmieliebaster PAN 3P-924PW stewig staan en presteer beter as ander basters by hierdie boer.

Hardloop jou enjin in die rooi? Van buite lyk dit of jy uiters suksesvol is, maar binne in jou weet jy dat dit broekskeu...
24/01/2025

Hardloop jou enjin in die rooi? Van buite lyk dit of jy uiters suksesvol is, maar binne in jou weet jy dat dit broekskeur gaan om kop bo water te hou – jou energie is min en jou frustrasievlakke hemelhoog. Dr. Johan Beukes gesels oor uitbranding en hoe jy weer beter kan voel.
Landbou.com se potgooireeks, Bly boer, wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar ook om vreugde in hul dagtaak te vind. In elke episode verken ons maniere om balans te vind sodat jy jou roeping met passie kan uitleef.
In die eerste episode gesels Reza Clifford met dr. Johan Beukes, ’n leierskapafrigter, oor uitbranding.
LUISTER GERUS vanaf 17h00 gratis na hierdie episode.

Namibië se departement van landbou, water en grondhervorming het ’n verbod op die invoer van mielies, palmbome en verwan...
24/01/2025

Namibië se departement van landbou, water en grondhervorming het ’n verbod op die invoer van mielies, palmbome en verwante produkte vanuit die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga geplaas.

🍎 Slimmer genetika, beter vrugte! 🍐TopFruit se nuwe kultivars, soos Ruby Matilda, Inored en Eden Gold™, stel nuwe standa...
24/01/2025

🍎 Slimmer genetika, beter vrugte! 🍐
TopFruit se nuwe kultivars, soos Ruby Matilda, Inored en Eden Gold™, stel nuwe standaarde met uitstekende kleur, hoë gehalte en beter opbrengste.
Ruby Matilda lewer 75% Pink Lady®-gehalte appels, terwyl Eden Gold™ pere met unieke tekstuur en smaak bied.
👉 Lees meer: https://www.landbou.com/landbou/Produkte-en-Dienste/puik-genetiese-eienskappe-verseker-beter-appels-en-pere-20250124

Die kleurontwikkeling van appels was een van die groot struikelblokke die afgelope seisoen. Hierdie kwessie het die invloed van uitstekende genetiese eienskappe beklemtoon. Kultivars soos Ruby Matilda, RDS, Inored, Bingo Gala en die handelsmerkpeer Eden Gold™ is goeie voorbeelde van die voordele v...

Noudat Suid-Afrika al langer as 300 dae sonder beurtkrag is, spaar die meeste boere geld, energie en tyd.
24/01/2025

Noudat Suid-Afrika al langer as 300 dae sonder beurtkrag is, spaar die meeste boere geld, energie en tyd.

Dit is onwaarskynlik dat pres. Donald Trump van Amerika so ver sal gaan as om tariewe teen belangrike handelsvennote in ...
24/01/2025

Dit is onwaarskynlik dat pres. Donald Trump van Amerika so ver sal gaan as om tariewe teen belangrike handelsvennote in te stel, maar hy span dit eerder as ’n bedingingsmetode in, meen ’n bekende Suid-Afrikaanse ekonoom.

’n Effense verhoging in wynboere se opbrengste op hul beleggings, bemoedigende ekonomiese vooruitsigte en goeie oesvooru...
24/01/2025

’n Effense verhoging in wynboere se opbrengste op hul beleggings, bemoedigende ekonomiese vooruitsigte en goeie oesvooruitsigte dra alles tot groter optimisme en vertroue in die wynbedryf by.

Address

40 Heerengracht 1802 Bus
Cape Town
8001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Landbouweekblad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share

Our Story

Landbou.com en Landbouweekblad se beleid oor kommentaar: Ons is ten gunste van oop gesprek en bied aan ons lesers platforms om saam te gesels, kommentaar te lewer en hul menings te lug. Om onsself en ons lesersgehoor te beskerm sal ons sal nie gratis advertensies, haatspraak, rassisme, homofobie, pornografie, swak taalgebruik (vloekwoorde) of seksisme in kommentaar goedkeur nie. Ons sal op eie diskresie kommentaar goed- of afkeur. Ons behou die reg voor om kommentaar wat op die blad gedeel word te publiseer. Vind ons gebruiksvoorwaardes hier: https://www.netwerk24.com/Bladsye/Gebruikersvoorwaardes/BEPALINGS-VOORWAARDES-20151030