Grond tot Mond

Grond tot Mond Ons fokus op die plaaslike, sout-van-die-aarde mense van landbou.

In die hart van Thaba’Nchu het ’n klein nedersetting, Noga’s Post, iets buitengewoons bereik. Met die hulp van kgosi Gab...
11/02/2025

In die hart van Thaba’Nchu het ’n klein nedersetting, Noga’s Post, iets buitengewoons bereik. Met die hulp van kgosi Gaboilelwe Moroka, AfriForum en Saai het hulle nie net 800 kg uie geoes nie – hulle het hoop, selfstandigheid en gemeenskap gebou.

Lees die inspirerende storie van hoe hierdie gemeenskap hul lewens verander het – en hoe hulle ’n pad na ’n beter toekoms skep.

Die groenteprojek by die Noga’s Post-nedersetting buite Thaba’Nchu in die Vrystaat, wat deur die gemeenskap, kgosi (koningin) Gaboilelwe Moroka, AfriForum en Saai aangepak is, het onlangs 800 kg uie opgelewer.

Wat beteken die 4.4% loon verhoging vir die landbousektor?Die nasionale minimumloon vir plaaswerkers verhoog op 1 Maart ...
07/02/2025

Wat beteken die 4.4% loon verhoging vir die landbousektor?

Die nasionale minimumloon vir plaaswerkers verhoog op 1 Maart 2025 met 4,4%, van R27,58 tot R28,79 per uur.

Hierdie besluit kom te midde van uitdagende ekonomiese omstandighede, insluitend droogtetoestande en ‘n afname in die landbou-BBP. Agri SA erken die noodsaaklikheid van billike lone, maar beklemtoon ook die belang van volhoubaarheid vir produsente.

Lees meer oor Agri SA se reaksie en die impak op plaaswerkers en produsente hier: https://grondtotmond.com/2025/02/07/agri-sa/ 👇

Agri SA neem kennis van die aankondiging wat deur die Departement van Arbeid en Indiensneming gemaak is oor ‘n verhoging van 4,4% in die nasionale minimumloon vir plaaswerkers met ingang van 1 Maart 2025. Die aanpassing verhoog die minimumloon van R27,58 tot R28,79, ’n besluit wat die komplekse ...

🥂 ’n Heildronk op uitnemendheidOp 6 Februarie 2025 is vyf uitsonderlike individue vereer tydens die Wynoesherdenkingsgel...
07/02/2025

🥂 ’n Heildronk op uitnemendheid

Op 6 Februarie 2025 is vyf uitsonderlike individue vereer tydens die Wynoesherdenkingsgeleentheid by Groot Constantia vir hul merkwaardige bydraes tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Hierdie gesogte geleentheid herdenk 366 jaar sedert die eerste Kaapse wyn in 1659 gepars is. Sluit aan by die vieringe en klink ’n glasie op Johann Krige, Praisy Dlamini, Bennie Howard, Jan Booysen en Marcus Lewis wat met hul passie en toewyding die toekoms van wyn vorm.

Lees meer oor hul inspirerende prestasies hier: https://grondtotmond.com/2025/02/07/heildronk-op-uitnemendheid/

SAWineHarvest FusionDesign Groot Constantia Kanonkop Wine Estate Adamá Wines Meerendal Wine Estate

Op Donderdag, 6 Februarie 2025, het die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid vyf merkwaardige individue in die Suid-Afrikaanse wynbedryf vereer vir hulle inspirerende prestasies en hoogstaande standaarde. Hierdie gesogte samekoms het ‘n geliefde tradisie binne die Suid-Afrikaanse wyngemeenskap g...

𝗘𝗗𝗪𝗔𝗥𝗗 𝗩𝗢𝗥𝗦𝗧𝗘𝗥 𝗶𝘀 ‘𝗻 𝗯𝗼𝗲𝗿 𝗺𝗲𝘁 ‘𝗻 𝗻𝗮𝗹𝗮𝘁𝗲𝗻𝘀𝗸𝗮𝗽 𝘃𝗮𝗻 𝗶𝗻𝗻𝗼𝘃𝗮𝘀𝗶𝗲 𝗲𝗻 𝗱𝗲𝘂𝗿𝘀𝗲𝘁𝘁𝗶𝗻𝗴𝘀𝘃𝗲𝗿𝗺𝗼𝗲̈In die vrugbare Letsitele-vallei, waar ...
30/01/2025

𝗘𝗗𝗪𝗔𝗥𝗗 𝗩𝗢𝗥𝗦𝗧𝗘𝗥 𝗶𝘀 ‘𝗻 𝗯𝗼𝗲𝗿 𝗺𝗲𝘁 ‘𝗻 𝗻𝗮𝗹𝗮𝘁𝗲𝗻𝘀𝗸𝗮𝗽 𝘃𝗮𝗻 𝗶𝗻𝗻𝗼𝘃𝗮𝘀𝗶𝗲 𝗲𝗻 𝗱𝗲𝘂𝗿𝘀𝗲𝘁𝘁𝗶𝗻𝗴𝘀𝘃𝗲𝗿𝗺𝗼𝗲̈
In die vrugbare Letsitele-vallei, waar die Letabarivier kronkel en sitrusbome die landskap kleur, lê die diep wortels van die Vorster-familie.
Edward Vorster het in 1964 by sy pa op die plaas aangesluit en gesien hoe sy familie se passie vir boerdery elke nuwe generasie inspireer. Vandag dra sy vier seuns – Barend, Pieter, Eddie en Francois – die familietradisie voort met ‘n gediversifiseerde boerdery wat sitrus, subtropiese vrugte, wildsboerdery en kommersiële beesboerdery insluit.
By Mahela is familie, volhoubaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid kernwaardes. Hulle is aktief betrokke by skole, werkskeppingsprojekte en voedselsekerheidsinisiatiewe in die gemeenskap.
Van die eerste lietsjiebome wat in 1947 geplant is tot die nuutste wildsbewaringsprojekte en kersieboorde in Ohrigstad – Mahela is ‘n toonbeeld van innovasie en aanpasbaarheid.

𝗪𝗶𝗹 𝗷𝘆 𝗺𝗲𝗲𝗿 𝘀𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲𝘀 𝘃𝗮𝗻 𝗦𝘂𝗶𝗱-𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮 𝘀𝗲 𝗯𝗼𝗲𝗿𝗲 𝘀𝗶𝗲𝗻?
Volg Grond tot Mond en bly deel van die gesprek!
Skrywer: Magda du Toit
Fotograaf: Helenus Kruger Photography
Mahela Group

𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗩𝗘𝗥𝗚𝗢𝗘𝗗𝗜𝗡𝗚 𝗩𝗜𝗥 𝗝𝗢𝗨 𝗚𝗥𝗢𝗡𝗗? 𝗛𝗜𝗘𝗥 𝗜𝗦 𝗪𝗔𝗧 𝗝𝗬 𝗠𝗢𝗘𝗧 𝗪𝗘𝗘𝗧Geen boer sal belê in sy plaas as hy die risiko loop dat dit onte...
30/01/2025

𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗩𝗘𝗥𝗚𝗢𝗘𝗗𝗜𝗡𝗚 𝗩𝗜𝗥 𝗝𝗢𝗨 𝗚𝗥𝗢𝗡𝗗?
𝗛𝗜𝗘𝗥 𝗜𝗦 𝗪𝗔𝗧 𝗝𝗬 𝗠𝗢𝗘𝗧 𝗪𝗘𝗘𝗧

Geen boer sal belê in sy plaas as hy die risiko loop dat dit onteien word sonder billike vergoeding nie.

Wanneer grondhervorming gedryf word sonder groei en entrepreneurskap in gedagte, raak dit nie net boere nie – dit bedreig voedselsekerheid en beleggersvertroue. Hoe bou ons ‘n toekoms waar landbou floreer én regverdigheid verseker word?

Lees meer oor hierdie kritieke debat hier: https://grondtotmond.com/2025/01/30/geen-vergoeding-vir-jou-grond/

Saai

Die ondertekening van die Onteieningswet bring ‘n einde aan alle pogings om die vier jaar lange hofstryd tussen Saai en die Departement van Grondsake en Landelike Ontwikkeling te besleg.

🌿 Wetenskaplikes neem aksie teen een van Afrika se mees vernietigende indringerbome! 🌍 Lees meer oor hoe hierdie navorsi...
23/01/2025

🌿 Wetenskaplikes neem aksie teen een van Afrika se mees vernietigende indringerbome! 🌍 Lees meer oor hoe hierdie navorsing die natuur kan herstel en ons biodiversiteit kan beskerm. Klik hier vir die volledige artikel: https://grondtotmond.com/2025/01/23/indringerbome/

Stellenbosch University

’n Belangrike nuwe boek oor die ekologie en bestuur van een van die mees vernietigende indringerplante in Afrika, is nou aanlyn beskikbaar.

🎃 Goliat van G*t Pampoenfees 2025 🎃Op 15 Maart vind hierdie ikoniese fees plaas by die Pretoria Ou Motorklub in Silverto...
22/01/2025

🎃 Goliat van G*t Pampoenfees 2025 🎃

Op 15 Maart vind hierdie ikoniese fees plaas by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton. Kom kyk of Suid-Afrika se eerste een-ton pampoen geskiedenis kan maak!

Lees meer: https://grondtotmond.com/2025/01/22/goliatvangat2025/

*t2025 TLU SA Goliat van G*t Pampoenfees

Die Cullinan Boere-unie, in samewerking met TLU SA, nooi jou uit na die opwindende 2025 Goliat van G*t Pampoenfees! Die fees vind plaas tussen 09:00 en 15:00 op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton en beloof iets vir almal – van reuse-pampoene tot smullekker pampoengeregte.

🌱🌺 Biodiversiteit: Modewoord of jou plaas se geheime wapen?Boere in die Wes-Kaapse Wynlande wys hoe natuurlike habitatte...
17/01/2025

🌱🌺 Biodiversiteit: Modewoord of jou plaas se geheime wapen?

Boere in die Wes-Kaapse Wynlande wys hoe natuurlike habitatte en slim boerderyhandels wysheid kan saamsmelt om water te bespaar, peste hok te slaan, en beter produksie te lewer. Klik hier vir die volledige WWF Suid-Afrika verslag!🌷🌸🌼🌻🌵🌳🌿

Hartenberg Wine Estate Mooiplaas Wine Estate Reyneke Wines Bergsig Wine Estate De Wetshof Wines


Klik om te lees:

Het jy al gewonder of biodiversiteit regtig ’n verskil op jou plaas kan maak, of is dit net nog ’n "fancy" idee? ’n Onlangse verslag deur WWF Suid-Afrika wys dat dit nie net vir die omgewing belangrik is nie, maar ook vir jou sak – en jou grond se gesondheid!

“As die Rand terugkeer na R12 – R15, maak ons die vallei toe – ons sal nie kan oorleef nie.”Lees hoe Hennie Ehlers en 2R...
16/01/2025

“As die Rand terugkeer na R12 – R15, maak ons die vallei toe – ons sal nie kan oorleef nie.”
Lees hoe Hennie Ehlers en 2Rivers Citrus aanhou groei te midde van uitdagings in die Sondagsriviervallei.
Klik hier om meer te lees: https://joom.ag/dOud/p40

🔥 Suid-Afrika se veldbrandkrisis vererger - Lesse uit Los Angeles Die veldbrande wat in Suid-Afrika woed, is erger as oo...
13/01/2025

🔥 Suid-Afrika se veldbrandkrisis vererger - Lesse uit Los Angeles
Die veldbrande wat in Suid-Afrika woed, is erger as ooit, en die getalle styg. In Desember 2024 het daar 'n dramatiese toename van 96% in veldbrande plaasgevind, wat duidelik die wêreldwye klimaatskrisis weerspieël. Working on Fire

Klik om te lees:

Terwyl die wêreld se aandag op die verwoestende bosbrande in Los Angeles is, veg Suid-Afrika teen sy eie eskalerende bosbrandkrisis. Data van Working on Fire (WOF) toon dat bosbrande in Desember 2024 amper verdubbel het in vergelyking met Desember 2023, wat ’n bekommerende globale neiging weerspi...

“Elke koei is soos ‘n atleet – ek gee hulle net die beste.” – Barry Schiever, Foundation Farm 🐄🏅Van kudde tot kroon: Wie...
10/01/2025

“Elke koei is soos ‘n atleet – ek gee hulle net die beste.”
– Barry Schiever, Foundation Farm 🐄🏅
Van kudde tot kroon: Wie is Suid-Afrika se top suiwelboere? Die 2024 ARC Nasionale Meestersuiwelboer Toekennings het die room van die land se suiwelbedryf vereer. Lees hoe hierdie boere se toewyding aan genetiese verbetering en gevorderde tegnieke hulle bo uit laat troon. Klik hier: https://joom.ag/hl7d/p50

“Hierdie nuwe Camborough-sôe kan tot 20 kleintjies baar, want hulle is geseën met genoeg tepels!” 🐷Ontmoet Roland Trout,...
10/01/2025

“Hierdie nuwe Camborough-sôe kan tot 20 kleintjies baar, want hulle is geseën met genoeg tepels!” 🐷
Ontmoet Roland Trout, die man wat nie net sy varke bemark nie, maar ook proteas kweek en skaap boer op Zouterivier.
Lees hoe hy sy boerdery laat floreer het ondanks uitdagings: https://joom.ag/hl7d/p116

Die nuutste uitgawe is nou beskikbaar by meer as 130 landbouwinkels én aanlyn!Wat kan jy verwag in hierdie uitgawe?🥛 Wie...
22/12/2024

Die nuutste uitgawe is nou beskikbaar by meer as 130 landbouwinkels én aanlyn!

Wat kan jy verwag in hierdie uitgawe?

🥛 Wie is Suid-Afrika se top suiwelboere? Lees meer oor die wenners van die ARC Nasionale Meestersuiwelboer Toekennings en hul inspirerende boerderystories.
🐔 Van boksombende-held tot landbouinnovasie – Hoe Ivan Snyman diversifikasie en innovasie gebruik om kleinskaalboerdery suksesvol te maak.
🌳 Van klein bome tot groot oeste – Gervann Kemp deel sy wenresep vir suksesvolle pekanneutboerdery in uitdagende toestande.
🐖 Roland Trout: ’n Boer vir alle seisoene – Die verhaal van ’n kleinboer wat kreatiewe oplossings toepas vir volhoubare boerdery.

En nog baie meer. Van volhoubare Shisa Eco-brikette tot internasionale werkgeleenthede en boerdery-opleiding – hierdie uitgawe is propvol inspirasie en insigte.

Klik hier om die uitgawe aanlyn te lees: https://joom.ag/hl7d of besoek jou naaste landbouwinkel.

Regering swyg, maar AfriForum en Saai help boere in noodDie droogte knel, maar jy kan help. Ondersteun droogtehulp en ma...
05/12/2024

Regering swyg, maar AfriForum en Saai help boere in nood
Die droogte knel, maar jy kan help. Ondersteun droogtehulp en maak ’n verskil!
Klik vir meer informasie:

AfriForum en Saai het die afgelope week 10 ton voer aan Noord-Kaap-boere in die Williston-omgewing geskenk om hulle tydens die droogte te ondersteun, nadat die regering nog nie hulp verskaf het nie.

𝗕𝗥𝗔𝗔𝗜 𝗠𝗘𝗧 𝗠𝗔𝗞𝗔𝗗𝗔𝗠𝗜𝗔-𝗗𝗢𝗣𝗣𝗘?Dank sy aan Shisa Eco-briquettes, wat boerdery-afval omskep in 'n volhoubare, premium braaibro...
05/12/2024

𝗕𝗥𝗔𝗔𝗜 𝗠𝗘𝗧 𝗠𝗔𝗞𝗔𝗗𝗔𝗠𝗜𝗔-𝗗𝗢𝗣𝗣𝗘?

Dank sy aan Shisa Eco-briquettes, wat boerdery-afval omskep in 'n volhoubare, premium braaibron wat jou rooster sal laat gloei – én jou planeet sal laat glimlag. Klik vir die volle storie:

Mark-eerste volhoubare oplossing vir jou somerbraai hierdie Kersfees. Premium, lankbrandende makadamia-neut brikette, alles terwyl jy omgewingsvriendelik bly. Nou beskikbaar in die Krugerwildtuin!

742 nuwe spesies, van koffiebome tot krokodille, ontdek in Afrika se longeLees meer oor hierdie ongelooflike biodiversit...
04/12/2024

742 nuwe spesies, van koffiebome tot krokodille, ontdek in Afrika se longe
Lees meer oor hierdie ongelooflike biodiversiteit en waarom bewaring nou noodsaaklik is: https://grondtotmond.com/2024/12/04/nuwe-spesies-ontdek/

WWF WWF South Africa

Die afgelope dekade het wetenskaplikes 742 nuwe spesies plante en diere in Kongo ontdek, volgens die WWF-verslag, “New Life in the Congo Basin: a Decade of Species Discoveries (2013-2023)”. Dit sluit unieke spesies in soos nuwe soorte koffie, krokodille, elektriese visse, en die "lesula"-aap.

Address

Stellenbosch
Cape Town

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Grond tot Mond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Grond tot Mond:

Videos

Share

Category