25/11/2024
Doen goed
Weet jy waar begin die meeste van ons probleme? Ons verwag te veel van mense.
Ons doen goed aan ander en verwag hulle gaan dieselfde doen. Dis vir my kinders wat ek so veel opgeoffer het, dis vir my man/vrou, dis my eie bloed broer/sister, dis my baas/manager, dis my kollega met wie ek al jare saamwerk, dis my jarelange vriend/vriendin, dis my kerksuster/broer...
Lower your standards and expectations to avoid disappointment. Verwag eerder dat mense jou teleur gaan stel, want dis in hulle DNA.
Niemand is niks aan jou verskuldig nie. Solank hulle kan voordeel trek uit jou uit, sal hulle jou gebruik. Die moment die fonteintjie op gedroog het, dieselfde tyd vlieg hulle lojaliteit, hulle liefde by die deur uit.
Nou gaan jy swaar deur die lewe omdat jy nie sekere behandeling van mense verwag het nie. Jy het dan so Baie opgeoffer vir jou kinders, jy het dan so hard gewerk al die jare en selfs siek-siek werk toe gegaan, jy het so Baie gedoen vir jou familie, jyt jou kollegas gehelp, ensovoorts.....
Doen eerder goed sonder om enigiets terug te verwag. You're setting yourself up for disappointment if you're expecting the same treatment back.