Sunette Bridges

Sunette Bridges Happy Wife, Mom 5, Recording Studio & Wedding Venue Owner, Song Writer, North Carolina Farm Girl!

2024 was 'n holderstebolder  jaar vol uitdagings en splinternuwe ervaringe! Buiten vir die hekkies wat die lewe op 'n me...
12/31/2024

2024 was 'n holderstebolder jaar vol uitdagings en splinternuwe ervaringe! Buiten vir die hekkies wat die lewe op 'n mens se pad sit, het ek vir myself 'n hele spul uitgepak wat my soms lelik laat les opsê het en moes ek met bloedknieë verder hol... maar daar was soveel meer seëninge en bederf-oomblike as nederlae dat ek die jaar met 'n groot glimlag kan groet!

Sò baie van die bederf hierdie jaar het ek van julle ontvang wat al vir soveel jare my lewe met my meemaak! Julle mooi boodksappe oor my blomme en liedjies en lawwigheid het my keer op keer aangespoor om beter te doen en vir my die ruimte geskep om myself te wees. Daarvoor is ek elkeen van julle ewig dankbaar!

2024 was eintlik net 'n opwarm-jaar vir al die dinge wat ek in 2025 wil aanpak. Ek het soveel groot drome vir my ateljee, platemaatskappy en die wonderlike kunstenaars saam wie ek in 2025 gaan werk! Ek het ook ingestem om 'n maandelikse rubriek vir 'n tydskrif te skryf en kan nie wag om julle meer daarvan te vertel nie... en dan 'n paar ander mal dinge wat my in Nashville en Washington gaan laat draai!

Ek haal diep asem en hoor sommer hoe my hart al vinniger klop as ek d**k aan die jaar wat voorlê... Ek bid dat die Here my sal lei en die val van my voete sal rig in hierdie Nuwe Jaar en ook dat Hy elkeen van julle sal Seën en in Sy Liefde sal toevou.

Mag AL jou drome waar word in hierdie Nuwe Jaar! Ek wens elkeen van julle net die BESTE toe! ....en nogmaals dankie vir soveel liefde en ondersteuning hierdie afgelope Dekade! Sx

Nòg 'n Nommer 1 vir Chereé se "Another Day" op IFM Radio 102.2 FM se Country Top 10! BAIE dankie Marius en almal wat vir...
11/25/2024

Nòg 'n Nommer 1 vir Chereé se "Another Day" op IFM Radio 102.2 FM se Country Top 10! BAIE dankie Marius en almal wat vir Chereé gestem het! Sx

S.A. COUNTRY TOP 10 - Elke Sondagaand op IFM 102.2 tussen 21:45 en 22:30.

SKAKEL GERUS IN OP 102.2 IN DIE VAAL-AREA, OF WêRELDWYD OP GOOGLE BY IFM102.2 "Live Stream Here"

EN ONTHOU... JY KAN GAAN LUISTER NA AL DIE TREFFERS OP ONS WEBBLAD BY
https://www.ifmradio.co.za/

11/25/2024

Hierdie onderhoud met Krulkop74... Leilani Kuter... was een van die lekkerste ooit!!! ...so as jy 'n tydjie het, maak vir jou 'n beker koffie of skink 'n glas wyn en kuier saam met ons!

Baie dankie vir die lekker gesels Leilani! Jy is 'n YSTER Vrou! Sx

Dis uiteindelik tyd vir Chereé se "Slow Dance" kompetisie!Die Wenner ontvang 'n R 5 000 Checkers Geskenkbewys!!! Om deel...
11/11/2024

Dis uiteindelik tyd vir Chereé se "Slow Dance" kompetisie!

Die Wenner ontvang 'n R 5 000 Checkers Geskenkbewys!!!

Om deel te neem moet jy die volgende doen:

1. Hierdie plasing deel (Share).
2. Die "Slow Dance" video op Youtube kyk.
3. "Subscribe" op ons Youtube-kanaal.
4. Jou Antwoorde in die kommentaar onder die video op Youtube. plaas.

(Slegs deelnemers wat al 4 bogenoemde gedoen het sal in aanmerking kom vir ons prystrekking op Donderdag, 14 November, wat Chereé op 'n Facebook-video sal doen om 4 namiddag)

Die antwoorde is in die video self en ook in die inligting onder die video. Hier is die vrae:

1. Wie is die Akoestiese Kitaarspeler op Slow Dance?
2. Waar is die video vervaardig?
3. Wat is die telefoonnommer van die meisie in die video?

Geniet "Slow Dance"! Ek sien uit om te sien wie ons WENNER is! Sx

The official video for Chereé's song "Slow Dance"Follow these links to listen to or buy more songs from the album "Another Day."* https://xn--chere-fsa.hearn...

It is the eve of Election Day and, as a Brand New American Citizen, I will be voting for the 1st time. I cannot express ...
11/04/2024

It is the eve of Election Day and, as a Brand New American Citizen, I will be voting for the 1st time. I cannot express what an incredible privilege it is and I hope EVERY American Citizen realizes this and also understands how consequential this election is! I know firsthand what happens to a country without borders, without Law & Order, without Free Speech and without the right to keep and bear arms and I can only pray that we can save America from all of that by electing Donald Trump as our 47's President tomorrow!

"Freedom, Faith and Country
That's the choice I have before me
It's the battle we must face
And we cannot lose this race..."

From the song I wrote, performed by Ciera Dumas, about my love and gratitude to call this Country my Home and to inspire others to be "American Proud"!

Please share this song far and wide and let it be a rallying cry to Make America Great Again! Sx

American ProudWritten by: Sunette BridgesComposed by: Werner BeukesExecutive Producer: Sunette BridgesFinal Production, Mix & Master: Wium RoetsDrums & Percu...

Nog net 15 000 klieks, dan is Chereé se "Another Day" musiekvideo op 100 000!!!! WOW! ...en dan, soos belowe, laai ons '...
10/29/2024

Nog net 15 000 klieks, dan is Chereé se "Another Day" musiekvideo op 100 000!!!! WOW! ...en dan, soos belowe, laai ons 'n splinternuwe liedjie se musiekvideo! Kannie wag nie! Sx

The official video for Chereé's song "Another Day"Follow these links to listen to or buy more songs from the album "Another Day."* https://xn--chere-fsa.hear...

Indien jy my lekker-kuier-onderhoud op Bosveld Stereo - 107.5 FM met Eddie Dippenaar gemis het, kan jy dit by die volgen...
10/29/2024

Indien jy my lekker-kuier-onderhoud op Bosveld Stereo - 107.5 FM met Eddie Dippenaar gemis het, kan jy dit by die volgende skakel gaan luister! Sx

"Another Day" van Chereé het pas Bok Radio / BokTv se Top 30 gehaal!!!! BAIE dankie aan die Bok Radio / BokTv-span vir d...
10/29/2024

"Another Day" van Chereé het pas Bok Radio / BokTv se Top 30 gehaal!!!!

BAIE dankie aan die Bok Radio / BokTv-span vir die groot eer en ook dat julle Chereé deelgemaak het van die CTC! Ek is so ongelooflik trots op haar! Sx

JAAAAAA Man!!!! Ek is 'n Vaaldriehoek-kind! 'n Dogter van Vereeniging! ..en ek d**k nie julle sal ooit kan verstaan wat ...
10/28/2024

JAAAAAA Man!!!!

Ek is 'n Vaaldriehoek-kind! 'n Dogter van Vereeniging!
..en ek d**k nie julle sal ooit kan verstaan wat dit vir my beteken dat Chereé se "Another Day" op IFM Radio 102.2 FM se "Country Top 10" is nie!!!! ...

As daar OOIT 'n TOP 10 is wat vir my die meeste sou beteken, dan is dit die een! ...want, selfs na 5 dekades, wil ek SO graag hê dat die Vaaldriehoek trots moet wees op my...

Dankie IFM Radio 102.2 FM!!!! Julle is steeds soos bloed in my are! Sx

Hallo aan almal van julle wat hier kom inloer - op Wyntyd - al is dit ampertjies ontbyt-tyd in Suid-Afrika! Ek weet dat ...
10/28/2024

Hallo aan almal van julle wat hier kom inloer - op Wyntyd - al is dit ampertjies ontbyt-tyd in Suid-Afrika!

Ek weet dat julle ondersteuning, liefde en saam gesels oor die laaste dekade, die rede is hoekom Chereé se nuwe album so goed doen in Suid-Afrika! Dit, en dat ek nie nog 'n Suid-Afrikaanse Kunstenaar KEN wat Country Musiek kan sing soos SY nie!

Hoe bedank ek elkeen van julle vir jul onwrikbare ondersteuning, liefde en die MOOISTE terugvoer...

Hierdie liedjie, album en hoofstuk is "Another Day" ... 'n nuwe hoofstuk vir my en Chereé! ... maar meer as dit, hoop ek dat dit 'n nuwe hoofstuk is vir Suid-Afrikaanse Musiek! ... 'n Hoofstuk waarin ons ongelooflike talentvolle Kunstenaars erken word vir hul bydares tot musiek wat mense die wêreld oor luister! Sx

The official video for Chereé's song "Another Day"Follow these links to listen to or buy more songs from the album "Another Day."* https://xn--chere-fsa.hear...

Baie Geluk aan Chereé wat nog 5 plekke geklim het in die Bosveld Stereo - 107.5 FM Top 20 met "Another Day" en baie dank...
10/28/2024

Baie Geluk aan Chereé wat nog 5 plekke geklim het in die Bosveld Stereo - 107.5 FM Top 20 met "Another Day" en baie dankie aan almal wat vir haar gestem het! Sx

"Another Day" se musiekvideo is al 74 559 keer gekyk in 3 weke! Wat 'n reuse bederf vir my en Chereé! Dankie! Ons kom al...
10/25/2024

"Another Day" se musiekvideo is al 74 559 keer gekyk in 3 weke! Wat 'n reuse bederf vir my en Chereé! Dankie!

Ons kom al hoe nader aan daai 100 000 merk, wat beteken dat ons sommer binnekort die nuwe musiekvideo gaan deel!

Hier is die skakel vir die van julle wat dit nog nie gesien het nie... Deel asseblief met jou vriende en "Subacribe" sommer by "Rivers & Bridges Music" se Youtube-kanaal terwyl jy luister! Sx

The official video for Chereé's song "Another Day"Follow these links to listen to or buy more songs from the album "Another Day."* https://xn--chere-fsa.hear...

Address

815 HAROLD HACKNEY Road
Siler City, NC
27344

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sunette Bridges posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sunette Bridges:

Share