
05/03/2025
๐ก๐ฎ๐บ๐ถ๐ฏ๐ถรซ ๐บ๐ผ๐ฒ๐ ๐ฒ๐ถ๐ฒ, ๐ฏ๐ฒ๐๐๐ฒ๐ป๐ฑ๐ถ๐ด๐ฒ ๐ฟ๐๐๐ผ๐ฒ๐ฟ๐บ๐ฎ๐ฟ๐ธ ๐๐ธ๐ฒ๐ฝ
Namibiรซ sal noodgedwonge โn standvastige mark vir ruvoerproduksie moet ontwikkel vir langtermyn sekerheid. Die voorkoms van bek-en-klouseersiekte in Suid-Afrika beteken die verkryging van ruvoer uit die buurland sal in die voorsienbare toekoms moeilik bly.
โIndien Namibiรซ oor die langtermyn sekerheid wil hรช oor die beskikbaarheid van ruvoer, sal ons โn binnelandse mark vir produsente moet vestig. Terselfdertyd bied dit โn geleentheid vir tradisionele mielieprodusente wat wisselbou onder besproeiing wil toepas. Die situasie met die invoer van ruvoer uit Suid-Afrika gaan nie gou verander nie; dit sal โn uitdaging bly,โ sรช Jaco Labuschagne, algemene bestuurder van Feedmaster.
Hy sรช Namibiรซ sal moet onafhanklik raak in die verbouing van ruvoer, wat met elke droogte die een enkele grootste uitdaging is. โAnders as mielies, kan ons die grootmaat-produk nie van oorsee af invoer nie.โ
Feedmaster se jaarlikse behoefte van 3 500 tot 4 000 ton lusern word tans op eie bodem voorsien. Verskeie besproeiingsboere van Stampriet, Otavi, langs die Oranjerivier en nog een in Hochfeld het voorsieningsooreenkomste met diรฉ voermaatskappy gesluit, terwyl ander op ad hoc basis lusern verskaf. Jaco sรช hulle is tevrede dat hulle tot in Oktober vanjaar geen tekorte aan lusern sal ervaar nie.
โDie reรซnseisoen sal bepaal wat dan gebeur. Ons het tans nog voldoende voorraad en sal klaar vervaardigde lusern-gebaseerde voer invoer indien enige tekorte ontstaan. Daar is egter ruimte vir nuwe toetreders tot plaaslike ruvoerproduksie, veral gesien in die lig dat verskeie nuwe kleiner en semi-intensiewe voerkrale tans die lig sien. โn Behoefte bestaan aan ruvoer soos lusern, tef, oesreste en sorghum.โ
Volgens Jaco moes boere vanjaar noodgedwonge op lusernkorrels staatmaak, wat wel ingevoer kan word omdat dit geprosesseer is. Hy sรช ongeag die goeie eerste reรซn wat in dele van die land ontvang is, is die vraag na hoรซ energiebronne in veevoer steeds hoog. โDit reรซn nie gras nie en meer tyd gaan nodig wees voor die druk hier voor verminder.โ