De Novo Boeke

  • Home
  • De Novo Boeke

De Novo Boeke We publish books and eBooks. Ons publiseer boeke en eBoeke.
(2)

Our final IYOB concert took place in the stunning Endler Hall at Stellenbosch University, the perfect backdrop to conclu...
15/08/2024

Our final IYOB concert took place in the stunning Endler Hall at Stellenbosch University, the perfect backdrop to conclude this incredible musical journey. The venue's elegant ambience and grandeur added the finishing touch to what was truly a triumphant performance. It’s not every day that young musicians get the chance to collaborate with peers from both local and international orchestras and be guided by the esteemed conductor Alexander Walker. We are beyond grateful for this unforgettable experience!

A heartfelt thank you to Reghardt Kühn and everyone at the Conservatorium and Stellenbosch University, including the incredibly patient bus drivers who ensured our players arrived safely at every concert venue. Your efforts made this experience truly exceptional!

07/12/2023

Die audioboek word Vrydag vrygestel.

Bestellings kan via whatsapp na 0828879778 geplaas word.

Koste beloop R250

Bestel jóú kopie VANDAG.

Herman du Plessis

14/11/2023

Herman du Plessis is reeds 'n gesoute skrywer en het al verskeie publikasies onder sy belt (Sien onder beskrywing hier onder) Hierdie boek is as e-boek asook in gedrukte formaat beskikbaar en kan direk by Herman bestel word. Epos: [email protected]  

NUUT OP DIE RAK!Skerwe van 'n Lewe - Herman du Plessis7 September 1998.‘n Datum op die kalender wat, vir solank as wat E...
14/11/2023

NUUT OP DIE RAK!
Skerwe van 'n Lewe - Herman du Plessis

7 September 1998.

‘n Datum op die kalender wat, vir solank as wat Estelle Badenhorst leef, permanent in haar geheue ingegraveer sal bly. Dis die dag wat haar hele wêreld in duie gestort het. ‘n Dag met gebeure waarop sy gedeeltelik voorbereid was, maar die afloop, wat oor jare gebeur het, glad nie verwag het nie.

Hierdie verhaal handel oor ‘n piramideskema en die gevolge daarvan as agtergrond.

Alhoewel die verhaal gebaseer is op ware gebeure, is ‘n gedeelte daarvan ook fiktief. Name is verander om die identiteit van die karakters te beskerm.

Herman du Plessis het bekendheid verwerf vir sy Tertstories met die fiktiewe Tert as die hoofkarakter. Hy skryf al vir bykans twintig jaar Tertstories vir die Brits/Harties Gateway. Herman is reeds ‘n gesoute skrywer en het al verskeie publikasies onder sy belt, waaronder Die Lewe van Vaatjie Beukes, Tralies en Seat Covers vir ‘n Bakkie en Korreltjies Suiker in die Koffie. Herman is woonagtig te Brits in die Noord-Wes provinsie.

Klik die skakel vir meer inligting of om jou kopie te bestel:

Herman du Plessis is reeds 'n gesoute skrywer en het al verskeie publikasies onder sy belt (Sien onder beskrywing hier onder) Hierdie boek is as e-boek asook in gedrukte formaat beskikbaar en kan direk by Herman bestel word. Epos: [email protected]  

NUUT OP DIE RAK!Mom, Dad. I'm Gay. - Dr Brand DoubellHierdie gewilde boek van dr. Brand Doubell is nou in Engels beskikb...
04/09/2023

NUUT OP DIE RAK!
Mom, Dad. I'm Gay. - Dr Brand Doubell

Hierdie gewilde boek van dr. Brand Doubell is nou in Engels beskikbaar.

"This book is a life changer. Every client of mine who bought this book has benefitted from it. It touches on all the relevant topics that concern gay people who are coming out of the closet and their parents – “Mom, Dad. I’m Gay.” is written in such a way that it is an easy-read book, but it is a book that leaves an impression because it gives insight and peace. It teaches love and life skills to deal with being gay and loving someone in your life who is gay. It is a must-read, I recommend it to all my colleagues too!"
Madeleen Steenkamp - Clinical Psychologist

While this is a self–help book for parents of gay children, there is also an appendix for Christians included. A biblical view on being gay is undoubtedly relevant in South Africa today and warrants discussion.

Follow this link to order your copy:

While this is a self-help book for parents of gay children, there is also an appendix meant for Christians included. A biblical view on being gay is without a doubt relevant in South Africa today and warrants discussion. A printed copy of the book can be ordered directly from the author at R220 + po...

NUUT OP DIE RAK!Nog Avonture van Talita Tarentaal - Louisette le RouxIn die lank verwagte opvolgboek van Louisette le Ro...
16/08/2023

NUUT OP DIE RAK!
Nog Avonture van Talita Tarentaal - Louisette le Roux

In die lank verwagte opvolgboek van Louisette le Roux kuier ons weer saam met Talita Tarentaal en haar kroos. Die kuikens is nou yslik groot en spog al met hul pragtige veertjies met die kenmerkende kolletjies op. Net soos in die eerste boek is daar in avontuur in elke storie en leer ons saam met die tarentaaltjies meer oor die wonder van die natuur, en natuurlik, die Krugerwildtuin en al sy diere.

Die eerste boek in die reeks was 'n groot sukses en ons weet hierdie een gaan net so gewild wees.

Klik op die skakel vir meer inligting of om jou kopie te bestel:

In die opvolgboek van Louisette le Roux kuier ons weer saam met Talita Tarentaal en haar kroos. Die gerukte weergawe kan direk by die skrywer bestel word teen R150,00 plus posgeld. Bestel by: [email protected]  

21/07/2023
NUUT OP DIE RAK!Weg Waarheid Lewe - Dok Ignatius Pepler
07/07/2023

NUUT OP DIE RAK!
Weg Waarheid Lewe - Dok Ignatius Pepler

Happy Friday :-)
23/06/2023

Happy Friday :-)

NUUT OP DIE RAK!'n Kwarteeu by die Kampvuur - Hennie van DeventerHier is ‘n onverwagse welkome geskenkie so in die midde...
07/06/2023

NUUT OP DIE RAK!
'n Kwarteeu by die Kampvuur - Hennie van Deventer

Hier is ‘n onverwagse welkome geskenkie so in die middel van die jaar. Hennie van Deventer, oud-koerantehoof van Naspers en jarelange redakteur van Volksblad, het ‘n pretigge boekie oor sy en Tokkie, sy vrou (saam met hul vriende) se 25-jarige verbintenis met Sabiepark saamgestel. Hy nooi al De Novo Boeke se vriende en almal wat belangstel om die GRATIS e-weergawe van die boek te lees. Klik op die skakel om die boek gratis aanlyn te lees: https://denovobooks.co.za/boekwinkel/
Op die taakbalk van die digitale weergawe is daar ‘n simbooltjie waarmee die pdf-weergawe van die boekie afgelaai en gestoor kan word. Lekker lees!

De Novo Boeke het 'n wye verskeidenheid gratis e-boeke beskikbaar. Gaan loer gerus in ons aanlyn winkel!

Lesers van ons maandelikse nuusbrief of wat ons volg op FB ken Herman du Plessis teen hierdie tyd reeds as een van De No...
03/05/2023

Lesers van ons maandelikse nuusbrief of wat ons volg op FB ken Herman du Plessis teen hierdie tyd reeds as een van De Novo Books se suksesvolste skrywers. Skryf is egter net sy stokperdjie. Hy is eerstens ‘n suksesvolle landskapargitek en is die eienaar van die bekende en gewilde Celtis Landscaping in Bits, Noordwes Provinsie.

Die eerste oplaag van sy jongste boek, Korreltjies Suiker in die Koffie (ISBN: 978-0-6397-6981-3) het so vinnig uitverkoop dat hy haastig nog ‘n oplaag moes bestel vir ‘n straatmark wat oor die langnaweek gehou is.

Herman is by sy vele ander talente ook ‘n bekwame bemarker en hy gebruik al die beskikbare elektroniese hulpmiddels om sy boeke bekend te stel.

Op sy Facebook-blad skryf Aletta du Plessis onder andere: “Ons sien uit na hierdie boek want die voriges was uitstekend en elkeen was heerlike leesstof. Baie geluk met hierdie boek.”

Op die foto is Herman by sy boeke wat hy tydens die straatmark uitgestal het. Bestel boeke direk by Herman by [email protected].

NUUT OP DIE RAK!Bloedgrond - Kiara van WykKiara se debuutroman, Bloedgrond, is pas heruitgegee. Sy het hierdie boek vir ...
19/04/2023

NUUT OP DIE RAK!
Bloedgrond - Kiara van Wyk

Kiara se debuutroman, Bloedgrond, is pas heruitgegee. Sy het hierdie boek vir haar oupagrootjie geskryf toe sy 15 was en dit is die eerste keer gepubliseer in 2018.

Bestel jou kopie vandag nog direk by Kiara ([email protected]).

Besoek die De Novo Boekwinkel hier: https://denovobooks.co.za/boekwinkel/

NUUT OP DIE RAK!Korreltjies Suiker in die Koffie - Herman du PlessisHierdie nuwe boek van Herman du Plessis is 'n moet l...
13/04/2023

NUUT OP DIE RAK!
Korreltjies Suiker in die Koffie - Herman du Plessis

Hierdie nuwe boek van Herman du Plessis is 'n moet lees. Bestel vandag nog jou kopie deur vir Herman 'n epos te stuur by [email protected]. Jy sal nie spyt wees nie!

GESOEKOns is opsoek na 'n digitale illustreerder om 10 illustrasies vir 'n kinderboek te skep. Die illustrasies moet wee...
24/01/2023

GESOEK

Ons is opsoek na 'n digitale illustreerder om 10 illustrasies vir 'n kinderboek te skep. Die illustrasies moet wees soos dié wat in hierdie plasing gewys word. Indien jy belangstel, stuur 'n e-pos na [email protected].

WANTED

We are looking for a digital illustrator to create 10 illustrations for a children's book. The illustrations must be like the ones shown in this post. If interested, send an email to [email protected].

Einde verlede jaar het ons Herman du Plessis se boek, Seat Covers vir 'n Bakkie en 'n Sak vol Ander Tertstories gepublis...
06/01/2023

Einde verlede jaar het ons Herman du Plessis se boek, Seat Covers vir 'n Bakkie en 'n Sak vol Ander Tertstories gepubliseer. Tert is 'n karakter wat al lank 'n pad saam met Herman stap. Daar is 'n Tertstorie waarby baie mense aanklank vind, nl. Tert se Kersfeesstorie. Lees die storie hier:https://denovobooks.co.za/pdf/Tert.pdf

Lizaan Barnard het 'n lied gekomponeer na aanleiding van Tert se Kersfeesstorie genaamd Verlore Seun. Sy sing dit saam met Frank Opperman. Volg die skakel om daarna te luister: https://youtu.be/NHZlmV-DiG4

Seat Covers vir 'n Bakkie en 'n Sak vol Ander Tertstories kan direk by Herman bestel word. Stuur 'n epos aan hom by [email protected].

My nuwe album DWARSHOUT word op n baie besondere manier vrygestel waaroor ek julle binnekort meer sal vertel. Ek deel solank die bonustrack met julle. Hier ...

VRUG DEUR GEBED - Pastoor Michael RichardsPastoor Michael se Vrug deur Gebed se tweede uitgawe is onlangs vrygestel. Oor...
13/12/2022

VRUG DEUR GEBED - Pastoor Michael Richards

Pastoor Michael se Vrug deur Gebed se tweede uitgawe is onlangs vrygestel. Oor die boek sê hy: “Oor die afgelope 14 jaar in die voltydse bediening is my waarneming dat toegewyde gebed ‘n geestelike dissipline is wat in groot dele van die liggaam ontbreek. Ek is oortuig dat biddeloosheid vernaam toegeskryf kan word aan die feit dat ons in die eerste plek nie ten volle begryp waarom ons behoort te bid nie. Met hierdie boek gaan jy ontdek dat gebed nie net belangrik is nie, maar lewensnoodsaaklik en absoluut kritiek tot die ontdekking, bereiking en volvoering van God se wil en werk op hierdie aarde. Ek nooi jou om saam met my op reis te gaan en te beleef hoe God jou deur gebed na hoër hoogtes en dieper dimensies van gees-lewe neem.”

Bestel jou kopie by: https://denovobooks.co.za/product/vrug-deur-gebed/

Ook beskikbaar as eBoek.

Gedrukte eksemplare van hierdie boek kan by Past. Michael W Richards bestel word by: [email protected] Michael Richards is predikant van die AGS in Suid-Afrika. Hy staan reeds 14 jaar heeltyds in die pastorale bediening. Hy het sy akademiese opleiding aan die AGS Teologiese Kollege voltooi...

08/12/2022

Baie dankie aan al ons kliënte, almal wat in 2022 van De Novo Boeke se dienste gebruikgemaak het en sommer aan almal wat deel is van die De Novo familie. Ons waardeer elkeen van julle!

De Novo Boeke sal gesluit wees vanaf 15 Desember 2022 tot 6 Januarie 2023.

Moenie vergeet om in ons aanlyn winkel (https://denovobooks.co.za/boekwinkel/) te gaan kyk vir lekker Kersgeskenke nie.

Ons sien uit na 2023! Lekker skryf en lekker lees tot dan!

LEKKER THAITOFFIESTORIES - Johan OosthuizenJohan het pas nog 'n oplaag van die gewilde boek laat druk, betyds vir Kersfe...
28/11/2022

LEKKER THAITOFFIESTORIES - Johan Oosthuizen

Johan het pas nog 'n oplaag van die gewilde boek laat druk, betyds vir Kersfees. Kontak hom sommer dadelik om jou kopie te bestel, hierdie is die perfekte Kersgeskenk!

Ook beskikbaar as eBoek: https://denovobooks.co.za/product/lekker-thaitoffiestories/

NUUT OP DIE RAK!Seat Covers vir 'n Bakkie en 'n Sak vol ander Tertstories - Herman du PlessisSeat Covers Vir ‘n Bakkie –...
23/11/2022

NUUT OP DIE RAK!
Seat Covers vir 'n Bakkie en 'n Sak vol ander Tertstories - Herman du Plessis

Seat Covers Vir ‘n Bakkie – En ‘n Sak Vol Ander Tertstories is ‘n versameling humoristiese sketse deur Herman du Plessis wat jou sal laat lag en dalk sal laat terugd**k aan wat was. Soms met ‘n traan daarby. Tert is die hoofkarakter in die sketse. Herman (as Mannie), Pitte en hul vrouens, vorm die agtergrond.
“My selfoon piep in my sak. Ek maak oop en sien dis ‘n WhatsApp van Lien af. “Tert sit agter die bank vas en Jan Spies sit op dieselfde bank in my sitkamer. Kom haal hom hier uit. Moenie terug antwoord nie. Kom haal hom net hier uit. Hy sit al amper ‘n uur hier. Ek maak al vir die derde keer koffie,” lees die boodskap…

As jy wil weet waaroor hierdie boodskap gaan en hoe alles afgeloop het, kontak Herman by [email protected] en plaas jou bestelling nog vandag.

Kontak Herman by [email protected] en plaas jou bestelling nog vandag. Prys is R230 plus afleweringskoste

Dankie Jak De Priester vir die geleentheid om saam met jou en Michelle te werk aan hierdie projek!
10/11/2022

Dankie Jak De Priester vir die geleentheid om saam met jou en Michelle te werk aan hierdie projek!

KUNSTENAAR MET VELE TALENTE
Jak de Priester is 'n liedjieskrywer, storieverteller, televisie aanbieder en kunstenaar wat al meer as 20 jaar Suid-Afrikaners vermaak. ek HOOP so is ’n aantal kortverhale wat Jak begin skryf het gedurende lockdown om perspektief te kry op 'n vreemde en veranderende wêreld. ek HOOP so is die eerste pocketsize boekie van 'n reeks wat hy hoop sal lig bring vir die wat dit nodig het.

Woon een van Jak se optredes by om ‘n eksemplaar van hierdie boekie aan te skaf.

Hou gerus Jak se webtuiste dop vir toekomstige optredes of kontak Michelle by 082 499 9986/ [email protected] indien jy 'n vertoning wil bespreek.

www.jakdepriester.co.za

NOG ’n TEVREDE KLIËNTGerrie Alberts, skrywer van Wanneer Die Sterk Manne Krom Word, het laat weet dat hy baie tevrede is...
09/11/2022

NOG ’n TEVREDE KLIËNT

Gerrie Alberts, skrywer van Wanneer Die Sterk Manne Krom Word, het laat weet dat hy baie tevrede is met die diens wat hy van De Novo Boeke ontvang het. Hy skryf:
“Dit wat vir my soos Tafelberg voor my was om ‘n boek te publiseer het toe dadelik verdwyn toe ek met De Novo begin deel het.
Ek wil baie dankie sê vir puik diens wat ek van julle ontvang het.
Marianne was so blitsig met terugvoering en geduldig met my met my baie wysigings en die eindproduk is skitterend vir my.
Omdat hierdie my eerste publikasie is, is dit ’n baie groot mylpaal vir myself. Nogmaals baie dankie dat julle my gehelp het om dit te verwesenlik.
Dit was vir my ’n voorreg om met De Novo Boeke besigheid te doen."
Die gedrukte weergawe van die boek kan direk by die skrywer bestel word by: [email protected]

Eboek is beskikbaar in De Novo Boeke se boekwinkel: https://denovobooks.co.za/product/wanneer-die-sterk-manne-krom-word/

NEW ON THE SHELF!Home and Property Related Issues - Kobus PieterseSome time ago, someone asked me to put my knowledge ab...
15/09/2022

NEW ON THE SHELF!
Home and Property Related Issues - Kobus Pieterse

Some time ago, someone asked me to put my knowledge about property-related issues on paper. After all, I’ve been in the building industry for nearly 47 years and experience can’t be bought. To do it was easier said than done! First, allow me to introduce myself.

For 11 of the 47 years, I worked for different companies as a Building Inspector, Plans Examiner, Superintendent of Works and Insurance Loss Adjuster. My experience was as a Building Designer and Contractor and as a Drainlayer and carpenter contractor. My passion for architecture and design increased and SACAP registered me as a Senior Architectural Technologist. In my free time I study, and I’ve written several fiction books but only published two. During the COVID lockdown I completed several courses and became a Certified Property Inspector.

This book is aimed at
1. Sellers and buyers of properties
2. Homeowners and contractors
3. Critics

Studying and reading this book will not make you an expert but it will make you aware of problems that you may come across on your journey. The saying goes, a fool and his money are soon parted. Do not spend money on a useless or worthless project. Rather be safe than sorry. Don’t become a victim of a situation that may haunt you for the rest of your life. Be vigilant and prepared. There are unscrupulous contractors that do not care about right or wrong if they can get your money into their bank account.

Read this (very comprehensive) book and use it to your advantage.

Kobus Pieterse

Click here to order your copy today: https://denovobooks.co.za/product/home-and-property-related-issues/

NUUT OP DIE RAK!Gaatjies en Klippies en Ander Stories - Finie Fienie Wuestenenk Fienie Wuestenenk het so pas haar derde ...
29/08/2022

NUUT OP DIE RAK!
Gaatjies en Klippies en Ander Stories - Finie Fienie Wuestenenk

Fienie Wuestenenk het so pas haar derde digbundel met die titel “Gaatjies, Klippies en Ander Stories” gepubliseer.

“Dit het alles net gebeur omdat ek weet dat dit die talent is wat ek van God ontvang het en na die beste van my vermoë wil doen. My rede is, omdat ek alles alleen tot Vader se lof en Eer wil doen. Ek is dankbaar vir Sy voorsiening elke dag van my lewe. Ook die toekoms in sal niks gebeur as dit nie vir God my Vader, Jesus die Seun, en die Heilige Gees is wat my tree vir tree lei en bystaan nie.”
BLESSINGS & SHALOM!
Fienie

Bestel jou kopie direk by Fienie of in ons boekwinkel: https://denovobooks.co.za/product/gaatjies-en-klippies/

NUUT OP DIE RAK!Boesmanland se Kind - Riana BurgerOmgewing is een van die belangrikste elemente van ‘n goeie fiksieroman...
24/08/2022

NUUT OP DIE RAK!
Boesmanland se Kind - Riana Burger

Omgewing is een van die belangrikste elemente van ‘n goeie fiksieroman. Boesmanland se kind is ‘n nuwe treffer uit die pen van Riana Burger. Dit is ‘n liefdesroman, realisties ingeklee in die dorre Boesmanland waar haar man, sy pa en oupa opgegroei het. Hierdie nuwe liefdesroman bevat al die elemente van ‘n goeie fiksieroman en sal die leser boei tot by die laaste sin op die laaste blad.
“Isak Mostert!” roep iemand van êrens. Daar waar Isak langs die hoofstraat van Springbok afstap, steek hy vas by die aanhoor van sy naam. Hy kyk rondom hom om te sien wie dit is wat so agter hom aanroep. Hy draai omtrent halfpad in die rondte voordat hy die jong dame, wat skuins oor die pad aangestap kom, gewaar. Die sonstrale skyn van agter haar en val oor haar vol bos blonde hare. Met die sonlig so van agter lyk sy vir hom soos ‘n engel .
Toe Isak laat die middag voor die huisie op die punt van die hoofstraat stilhou, verbeel hy hom dat hy iemand by die venster gesien loer het. Dit moet seker Hermien wees. Hy hoop sy is net so bly om hom te sien na die lang winter wat hulle weg was van mekaar. Toe hy aan die voordeur klop, is dit egter Tante Annie wat die deur vir hom oopmaak. Sy bekyk die jongman, wat vanaand uitsonderlik netjies aangetrek is vir ‘n gewone kuier by die huis. Sy is duidelik bly om hom te sien: “Middag, Isak. Dit is goed om te weet dat jy veilig terug is van die trekpad. Is alles darem wel op die plaas?” “Dag, Tante,” groet hy vriendelik terug. “Alles is nog op hul plek op die plaas, dankie Tante.” Hy loer so tussendeur oor die kort tante se kop of hy nog nie vir Hermien gewaar nie. Hy maak ook nie langer onnodige praatjies met die tante nie. “Hermien is seker al by die huis, Tante? Mag ek haar sien?”
Tante Annie se gesig val toe sy hom antwoord: “Sy is by die huis Isak. Dis net … sy het gevra dat ek vir jou moet sê, sy kan jou nie sien nie.”

Koop die boek om te sien hoe hierdie storie, vol onverwagse wendings, uiteindelik uitspeel: https://denovobooks.co.za/product/boesmanland-se-kind/

E-boek weergawe: Omgewing is een van die belangrikste elemente van 'n goeie fiksieroman. Boesmanland se kind is 'n nuwe treffer uit die pen van Riana Burger. Dit is 'n liefdesroman, realisties ingeklee in die dorre Boesmanland waar haar man, sy pa en oupa opgegroei het. Hierdie nuwe liefdesroman bev...

NUUT OP DIE RAK!Lekker Thaitoffiestories - Johan OosthuizenJohan Oosthuizen, skrywer van die gewilde Brandertemmer van V...
16/08/2022

NUUT OP DIE RAK!
Lekker Thaitoffiestories - Johan Oosthuizen

Johan Oosthuizen, skrywer van die gewilde Brandertemmer van Vleesbaai se nuutste boek, Lekker Thaitoffiestories, beloof om weereens ‘n treffer te wees. Oor sy nuwe boek sê Johan: “Ek vertel die verhaal wat in ‘n verre, vreemde land afgespeel het. Die karakters in die verhaal is ek, my liewe vrou, Maryna, en ons kinders en kleinkinders.”

“Kom kuier saam met my by dierbare Thai vriende in ‘n verre land, wat nie voorgee nie, maar is soos hulle is.

Laat ek jou vertel van mense wat gee sonder om iets terug te verwag want as jy dit doen, het jy nie gegee nie.

Kom leer ken die mense wat glo hulle moet nie aan môre d**k nie want dit sal jou bang maak. Doen wat jy doen vandag en doen dit goed en moenie huil oor gister nie.”

Volg die skakel om jou kopie vandag nog te bestel: https://denovobooks.co.za/product/lekker-thaitoffiestories/

e-Boek weergawe. Johan Oosthuizen, skrywer van die gewilde Brandertemmer van Vleesbaai se nuutste boek, Lekker Thaitoffiestories, beloof om weereens 'n treffer te wees. Oor sy nuwe boek sê Johan: "Ek vertel die verhaal wat in 'n verre, vreemde land afgespeel het. Die karakters in die verhaal is ek,...

NUUT OP DIE RAK!Boesmanland se Kind - Riana BurgerOmgewing is een van die belangrikste elemente van ‘n goeie fiksieroman...
29/07/2022

NUUT OP DIE RAK!
Boesmanland se Kind - Riana Burger

Omgewing is een van die belangrikste elemente van ‘n goeie fiksieroman. Boesmanland se kind is ‘n nuwe treffer uit die pen van Riana Burger. Dit is ‘n liefdesroman, realisties ingeklee in die dorre Boesmanland waar haar man, sy pa en oupa opgegroei het. Hierdie nuwe liefdesroman bevat al die elemente van ‘n goeie fiksieroman en sal die leser boei tot by die laaste sin op die laaste blad.

“Isak Mostert!” roep iemand van êrens. Daar waar Isak langs die hoofstraat van Springbok afstap, steek hy vas by die aanhoor van sy naam. Hy kyk rondom hom om te sien wie dit is wat so agter hom aanroep. Hy draai omtrent halfpad in die rondte voordat hy die jong dame, wat skuins oor die pad aangestap kom, gewaar. Die sonstrale skyn van agter haar en val oor haar vol bos blonde hare. Met die sonlig so van agter lyk sy vir hom soos ‘n engel .
Toe Isak laat die middag voor die huisie op die punt van die hoofstraat stilhou, verbeel hy hom dat hy iemand by die venster gesien loer het. Dit moet seker Hermien wees. Hy hoop sy is net so bly om hom te sien na die lang winter wat hulle weg was van mekaar. Toe hy aan die voordeur klop, is dit egter Tante Annie wat die deur vir hom oopmaak. Sy bekyk die jongman, wat vanaand uitsonderlik netjies aangetrek is vir ‘n gewone kuier by die huis. Sy is duidelik bly om hom te sien: “Middag, Isak. Dit is goed om te weet dat jy veilig terug is van die trekpad. Is alles darem wel op die plaas?” “Dag, Tante,” groet hy vriendelik terug. “Alles is nog op hul plek op die plaas, dankie Tante.” Hy loer so tussendeur oor die kort tante se kop of hy nog nie vir Hermien gewaar nie. Hy maak ook nie langer onnodige praatjies met die tante nie. “Hermien is seker al by die huis, Tante? Mag ek haar sien?”
Tante Annie se gesig val toe sy hom antwoord: “Sy is by die huis Isak. Dis net … sy het gevra dat ek vir jou moet sê, sy kan jou nie sien nie.”

Koop die boek om te sien hoe hierdie storie, vol onverwagse wendings, uiteindelik uitspeel: https://www.denovowebs.co.za/product/boesmanland-se-kind/

E-boek weergawe: Omgewing is een van die belangrikste elemente van ‘n goeie fiksieroman. Boesmanland se kind is ‘n nuwe treffer uit die pen van Riana Burger. Dit is ‘n liefdesroman, realisties ingeklee in die dorre Boesmanland waar haar man, sy pa en oupa opgegroei het. Hierdie nuwe liefdesrom...

Een van die stories in Johan Oosthuizen se boek, Die Vreeslose Brandertemmer van Vleesbaai, het onlangs op Maroela Media...
01/07/2022

Een van die stories in Johan Oosthuizen se boek, Die Vreeslose Brandertemmer van Vleesbaai, het onlangs op Maroela Media verskyn. Lees gerus hier: https://maroelamedia.co.za/debat/rubrieke/geen-ouderdomsbeperking-vir-branderpret/

Die hardeopie boek kan direk by Johan bestel word en die e-weergawe by De Novo Boeke. Volg hierdie skakel vir meer inligting of om jou bestelling te plaas: https://www.denovowebs.co.za/product/die-vreeslose-brandertemmer-van-vleesbaai/

Johan se nuwe boek, Lekker Thaitoffiestories, is binnekort beskikbaar. Hou hierdie spasie dop!

Só wys hy my hoe die golf aanstoot en hoe ek op die regte oomblik strand se kant toe moet swem om die brander te ry. Wat 'n heerlike nuwe lekkerte..!

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Novo Boeke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Novo Boeke:

Videos

Shortcuts

  • Address
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Videos
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share