Kwai Media

Kwai Media Inheems Suid-Afrikaans | Indigenously South African

This is how you celebrate your own icons.
21/08/2023

This is how you celebrate your own icons.

The Charles H. Wright Museum of African American History would like to express its sadness upon hearing the passing of Clarence Avant, Music Executive, Businessman & Film Producer and known to many as the “Godfather of Black Music”. Mr. Avant was 92.

Mr. Avant’s legacy crosses many generations, from managing Sarah Vaughan to discovering Bill Withers & signing Detroit singer/songwriter the late Rodriguez (Searching for Sugar Man). He also co-promoted “Bad,” Michael Jackson’s first solo world tour, and he also served as Motown’s chairman of the board in the 1990’s.

Through the decades, Mr. Avant advised countless producers, executives and artists among them Quincy Jones, David Geffen, Jay-Z, Jimmy Jam & Terry Lewis, Pharrell Williams, Whitney Houston, Antonio “L.A” Reid, Kenny “Babyface” Edmonds, Lionel Richie, Jimmy Lovine, Irving Azoff, Reginald Hudlin, Sylvia Rhone, Queen Latifah, Jheryl Busby, Jon Platt, Sean Combs, Snoop Dogg and Jamie Fox.

Mr. Avant wore many titles, he was a teacher, mentor, advisor, and master communicator. He was able to bring his knowledge of civic engagement, social activism, and the power of giving back to the community on a broader scale.

In 2018, Mr. Avant operated his Interior Music Group and Avant Garde Music publishing companies until they were sold in 2018 to Universal Music Group.
In 2019, Mr. Avant was the subject of a Netflix Documentary “The Black Godfather” He was an active political fundraiser and in 2021 Mr. Avant received the Ahmet Ertegun Award from the Rock and Roll Hall of Fame, just one of his many awards and accomplishments.

Mr. Avant’s leadership and legacy will be missed but his hard work and admiration will continue through the many he encouraged and supported throughout his long & successful career.

NOG 'N URINEER-VOORVAL BY STELLENBOSCHIn 'n nuwe urineringsvoorval by 'n koshuis van Universiteit Stellenbosch - hierdie...
23/09/2022

NOG 'N URINEER-VOORVAL BY STELLENBOSCH



In 'n nuwe urineringsvoorval by 'n koshuis van Universiteit Stellenbosch - hierdie keer Helshoogte - is dit na verneem word 'n wit student wat op die stoel van sy bruin kamermaat ge-pie het.

Soos met die vorige geval by Huis Marais tussen 'n wit en swart kamermaat, waartydens die wit student op die swart student se lessenaar en skootrekenaar ge-pie het, was die wit student glo ook dronk. Die bruin student was blykbaar aan die slaap.

Kwai Media word eksklusief vertel die vermeende oortreder het in die vroeë oggendure gister teruggekeer kamer toe en gaan slaap. 'n Rukkie later het hy glo opgestaan en water afgeslaan. Die slagoffer het wakker geword en hom gevra wat hy doen, waarna hy toilet toe is.

Soos in die aangehegte uittreksel uit die universiteit se verklaring oor die voorval gelees kan word, is die beweerde oortreder geskors, hangende die ondersoek.

Dié student is glo reeds besig om regsadvies in te win, is Kwa Media meegedeel, terwyl die slagoffer versoek het om na 'n ander kamer verskuif te word. - KM

BRUIN KAAAPSE LEIERS IN ACTION SA SE VISIERDie leier van ActionSA, Herman Mashaba, en die party se nasionale operasionel...
19/09/2022

BRUIN KAAAPSE LEIERS IN ACTION SA SE VISIER



Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, en die party se nasionale operasionele hoof, John Moodey, is die afgelope tyd doenig in die Wes-Kaap. Hulle is onder meer op soek na bruin persone wat die party kan help om ‘n vastrapplek in die 2024-verkiesing in die DA-regeerde provinsie te kry.

Kwai Media kan onthul dat een van die leiers wat reeds genader is, is adv. Lennit Max, VF Plus-raadslid in die Kaapstadse metroraad, oudpolisiehoof in die Wes-Kaap en ook ‘n toegelate advokaat. Max sê dat Mashaba wel met hom kontak gemaak het, maar dat hulle nog nie gepraat het nie.

Ander leiers sluit in Basil Kivedo, ‘n voormalige DA-wetgewerlid, oudburgermeester van die Kaapse Wynlande en eertydse MK-vegter. Kivedo verskyn op ‘n foto wat sowat ‘n maand gelede deur Moodey op Facebook geplaas is (sien foto hiernaas). In reaksie op positiewe kommentaar op die plasing, het Kivedo onderneem om sy gewig by ActionSA in te gooi sodat Suid-Afrika, soos wat die party se slagspreuk lui, reggeruk of ge-”fix” kan word.

Die voorsitter van ‘n kultuurorganisasie is een van die eerstes wat deur Moodey oorreed is om steun aan ActionSA toe te sê. Dit is nie seker of die persoon, wie se naam aan Kwai Media bekend is, reeds ‘n posisie aanvaar het nie, maar dié vertoon prominent op foto’s wat op Whatsapp versprei word en ook op sosiale media geplaas is. Een so ‘n foto is verlede Dinsdagaand by ‘n “informele ete” geneem. Dit was op dieselfde dag dat Mashaba ‘n beplande ontmoeting met Max op kort kennisgewing gekanselleer het.

ActionSA soek tans ‘n nuwe leier in die Wes-Kaap nadat die pos vakant gelaat is deur die onlangse dood van me. Vytjie Mentor. Mentor was bekend as ‘n oud-ANC-parlementslid wat gehelp het om oudpres. Jacob Zuma en die Guptas se beweerde staatskaping aan die kaak te stel. – © KM

NUWE SKANDAAL KAN BOKKE TREFDit blyk dat 'n groter skandaal as die Elton Jantjies-geval die Bokke kan tref. Kwai Media i...
17/09/2022

NUWE SKANDAAL KAN BOKKE TREF



Dit blyk dat 'n groter skandaal as die Elton Jantjies-geval die Bokke kan tref. Kwai Media is vanoggend meegedeel dat dit glo met die gebruik van kokaïne te doen het. Intussen het Jantjies verskoning gevra (lees onder) vir sy gedrag voor die Bokke se Mbombela-toets. In die foto staan hy op 'n SA Rugby Mag foto met die direkteur van rugby, Rassie Erasmus. Die voormalige Bok-afrigter, wat die span in 2019 tot 'n derde Wêreldbeker-oorwinning gebrei het, het ook oor die Mbombela-skandaal getwiet. - © KM

STATEMENT BY ELTON JANTJIES

I am aware that newspaper articles about my recent behaviour caused a lot of disappointment, distress, and anger to many people, and I apologise unreservedly to everybody I hurt or disappointed, my teammates, the Springbok management team, and SA Rugby.

I also want to apologise to the management and squad of my club in Japan, NTT Docomo Red Hurricanes.

As a Springbok rugby player, I am a public figure, a role model and hero to many South Africans, and I am expected to adhere to a high standard of moral values. My intention was always to make myself, my family, and my fans proud, not only through my performances on the field of play but also through my behaviour in public.

I sadly let myself, my family, and the rugby-loving people of this country down, and I deeply regret my actions. I did not do the Springbok jersey - a jersey that I revered since I was just a little boy - proud.

I take full responsibility for my actions, and I am serious about doing everything in my power to change my behaviour. I want to restore the confidence those closest to me once had in me and win back the trust of the public. I hope that I can rebuild those relationships that got damaged or broken.

Thank you to those who kept on supporting me during this difficult time for my family and me. I appreciate it.

I do not want to say much about the newspaper article, except that it contains many untruths and half-truths.

For the record: The Springboks dietician Zeenat Simjee was never with me at either of the two guest houses that I stayed at. She is a good friend and nothing more. That her good name is now being dragged through the mud is a shame.

I will now concentrate on getting my life and career back on track and wish to do so privately, so this will be my only statement on this matter.

With thanks

Elton Jantjies

CANAN MOODIE 'VOL SMILES' OOR SY PRONK-DEBUUT VIR DIE SPRINGBOKKEDie nuwe Springbokster Canan Moodie was “die ene smiles...
05/09/2022

CANAN MOODIE 'VOL SMILES' OOR SY PRONK-DEBUUT VIR DIE SPRINGBOKKE



Die nuwe Springbokster Canan Moodie was “die ene smiles” toe hy Saterdag ná sy pronk-debuut op 19-jarige ouderdom teen Australië, ‘n video-oproep na sy familie gemaak het. Op die veld moes hy homself keer om nie bewoë te raak nie, het hy vertel.

En hy het goeie rede gehad om emosioneel te word nadat hy ‘n drie tot die Bokke se oorwinning van 24-8 bygedra het – ná ‘n vertoning van briljante individuele spel - en hy ook sy plek behoorlik as verdediger volgestaan het.

Uit die Paarl sê sy ma, Chantel (langs Canan op foto), aan Kwai Media: “Wat alles opsom vir my, van begin tot einde, vandat hy gebel het om te sê dat hy opgeneem is in die Springbokspan tot hy gister [Saterdag] sy drie gedruk het, is dat daar net trane betrokke is, blydskap en trotsheid.”

Die rugbygogga het hom op sewe gebyt – en klokslag van toe af was ‘n rugbybal sy voorkeur as sy pa, Raymond (in die middel op die foto), hom vra wat hy as Kersgeskenk wil hê. “Ons het sy talent tóé al gesien, maar ons het hom nooit gedruk om enigsins rugby te speel nie,” aldus sy ma.

Hulle het Canan, sy broer Keanu (27, heel regs op foto) en suster Aneke (15, tweede van regs op foto) groot gemaak om hul eie besluite te neem en daarvoor eienaarskap te vat. Dit is waarom dit hulle nie gepla het toe Canan ná matriek sy studieplanne laat vaar om uit rugby ‘n loopbaan te skep nie.

“Ons het hom altyd ondersteun in dit wat hy doen. Ek d**k nie hy sal een keer spyt wees as hy vandag terugkyk nie – as die tweede jongste speler om ‘n Springbok in onse era te word.”

Haar seun se werksywer op die veld, ook vir die Bulls, is daaraan toe te skryf dat hy “altyd trots is in wat hy doen”. Om sy familie gelukkig te sien, is ook ‘n persoonlike dryfveer vir hom.

“Hy voel net hy wil ons trots maak en alles doen wat ons happy hou. Soos gister [Saterdag] ook ná die match het hy onmiddelikk vir ons ge-videocall en ek kon sien hy was die ene smiles gewees. Hy sê vir my: ‘Mammie, as ek kon gehuil het toe ek die drie gedruk het, dan sou ek dit gedoen het, maar toe d**k ek by myself die kameras is op my, ek kan nie doen nie’.”

Canan se ma sê hulle loop oor van trotsheid oor sy prestasies. Sy beskryf hom as ‘n “baie volwasse kind”, wat besluite op sy eie kan neem en oor wie sy haarself nie te bekommer, terwyl hy ver van die huis reis nie. “Ek weet ook sy spanmaats kyk na hom asof dit hulle boetie is.”

Die Moodie-egpaar het altyd geweet dat hulle seun die Boktrui oor sy kop sou trek, “maar dat dit op die ouderdom van 19 jaar sou wees, sou ons nooit kon raai nie”.

Dit is “sy mooi hart en sy humbleness”, glo sy ma, wat hom gebring het tot waar hy nou betekenis gee aan sy naam, afgelei van die land van melk en heuning. – © KM

Die Krotoa-stigting het haar Dinsdag op Vrouedag by die Kasteel de Goede Hoop herdenk. Het jy geweet? Krotoa was nie net...
11/08/2022

Die Krotoa-stigting het haar Dinsdag op Vrouedag by die Kasteel de Goede Hoop herdenk. Het jy geweet? Krotoa was nie net Jan van Riebeeck se kinderoppasser nie, maar ook 'n tolk wat naas die Khoi-tale Hollands, Engels en Portugees magtig was, asook wat vandag Khoi-Afrikaans genoem kan word. Haar historiese rol mag nooit vergeet word nie.

Address


Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kwai Media posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kwai Media:

Shortcuts

  • Address
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share