Manna Tydskrif

Manna Tydskrif 'n Dieper manier van leef deur middel van kontemplatiewe spiritualiteit Dit wil ons leer
om God in alles raak te sien. Om intens bewus van God
te leef.
(39)

In Palet fokus ons op ’n dieper manier van leef aan die
hand van kontemplatiewe spiritualiteit. Kontemplatiewe spiritualiteit is baie meer as net ’n
ander manier om godsdiens te beoefen. Om sommer net oor die algemeen bewus te leef. Om te weet dat al die skakerings van die lewe, die mooi
en die seer, die lekker en die swaar, deel is van ’n groter
prentjie. Dit wil my help om te weet dat God my in

alles
ontmoet en dat alles in my lewe heilig is – ook daardie
dele van my lewe wat ek soms eerder sal wegsteek. Die kontemplatiewe spiritualiteit wil my help om nie
my lewe in heilige en onheilige kompartemente te leef
nie, maar juis om in alles al meer soos God se soort mens
te lyk. Dit wil my help om die manier hoe ek leef te
verander deur dieper te lewe. Dit vergroot my kapasiteit
vir die kompleksiteit van die lewe. Dit wil my ook help om intensioneel met my lewe
om te gaan en om ritmes van genade in my lewe in te
bou, waarbinne God my kan ontmoet, waarbinne ek tot
stilstand en tot rus kan kom en op ’n diep manier oor
my lewe kan reflekteer. Kontemplatiewe geloofspraktyke
soos intensionele stilte en afsondering, kontemplatiewe
gebed, ’n dieper lees en verstaan van die Bybel en ’n
aantal ander geloofspraktyke help my hiermee. In die kontemplatiewe spiritualiteit leer ek dat God my
van binne af wil nuut maak en transformeer en graag sal
wil sien dat ek in my interne lewe sal floreer, al verander
my omstandighede nie. Ek groei stelselmatig daarin om
’n gesonde, heel, wyse, geïntegreerde mens te wees wat
emosioneel en geestelik ewe volwasse en gesond is. Mag Palet jou help deur elke uitgawe ’n dieper manier
van leef te ontdek!

Address

698 Picasso Street, Moreletapark
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27649272668

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Manna Tydskrif posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share

Category


Other Magazines in Pretoria

Show All

You may also like