Woorde uit Ronelle se pen

Woorde uit Ronelle se pen Skryf uit die hart en deel woorde met almal wat dit nodig het....
Copyright © Ronelle Strydom

07/09/2024

Hierdie stuk wat geskryf is, is bitter hartseer, maar so bitter waar!!

Pappa,

Elke dag sien ek jou
met n bottel in die hand
en as ek kyk na die lewe, sien ek
pappa aan die verkeerde kant...

Ek wens soms Pappa kan my vashou
dis iets waarvoor ek lankal bid,
maar Pappa dit sal beteken
dat jy die bottel dan neer moet sit..

want dit sal twee hande vat
om my om Pappa se skoot te tel
en dit sal my Hemel wees
as Pappa my kies bo daai hel...

Ek sien jou daar sit Pappa
en ek wens jy kan deur my oë kyk,
hoe die lewe van n swakkeling
deur n kind se oë lyk...

Pappa jy is daar om my te beskerm
en die seer weg te soen....
maar Pappa nou is jy die een
wat die seerkry werk doen...

Moet Pappas dan nie hul kinders
se grootste helde wees,
Hoekom moet Pappa se kinders dan sien
Hoe 'val' n groot reus...?

Daars nie eers n ou fototjie
van ek en pappa saam....
oral net foto's waar Pappa
met n bierbottel staan....

Pappa soms wil ek voor jou gaan staan
en n bottel wyn vir jou wys....
en Pappa dan vra maak n keuse,
maar ek weet die bottel wen eerste prys....

Deur die jare het ek teruggestaan
ek kon nie kompeteer,
want al die jare kom drank eerste
dit het ek reeds geleer....

Hoe sien Pappa nie
n kind se traan nie....
of is liefde en seer iets
wat Pappa nie verstaan nie?

Soveel verlore tyd
wat ons nooit terug sal kry,
maar die bottel sal daar wees
dis n berg tussen jou en my...

As ek grootword en weggaan
verstote, seer en broos.....
sal ek niks oorhê nie,
maar n bottel sal Pappa ten minste troos....

Hierdie pragtige gedig is geskryf deur Ronelle Strydom Roly geskryf.Een van die skrywers met werklike groot talent.

Sy het n blad:- Woorde uit Ronelle se pen.

12/05/2024

n Ma is.....die Engel wat lewe skenk aan n kind,
die een wat jou die pad na die Hemel help vind.
n Ma is ... die een wat haar arms om jou vou,
die Hen wat haar kuikens bymekaar kan hou.

n Ma is.... die een wat ons altyd in haar hart hou,
die een wie se liefde ons altyd sal onthou.
Geen ander plek waar ons liefde kan vind,
as die liefde tussen 'Ma en Kind'.

n Ma is ....die een persoon wat altyd in ons glo,
en ons geleer het van ons Vader daarbo.
n Ma is...die een mens wat altyd mooi dinge van jou se,
die een persoon wat al haar kinders ewe veel lief kan he...

n Ma verstaan haar kind se hart,
en troos in tye van hartseer en smart.
En as Ma eendag by God gaan rus,
sal ek weet dat die mooiste Engel...my Ma is....###...
Kopiereg Ronelle Strydom

12/05/2024

Ek staan voor die zink
sopas skottelgoed gewas,
toe ek weer in die sitkamer kom
staan daar n vuil koppie en n glas...
Ek skud my kop, want
het ek nie nounet alles gewas....

Ek vra: "Wie se koppie?"
en ek vra: "Wie se glas?"
niemand antwoord....
dis asof ek deurskynend was....

Ek skrop die toilet
en ek skuur die bad...
Ek loop n entjie met die hond
en ek gee nuwe sand vir die kat....
en ek tel die speelgoed op
wat al ure lê op die mat....

Toe ek in die sitkamer kom vra ek:
"Wie se speelgoed lê alweer op die grond?"
niemand antwoord....en ek besef
ek is deurskynend hier rond....

Niemand sien my
niemand kan my hoor....
ek is deurskynend
of altans ...so kom dit voor...

Hier is iemand honger,
en daar is een dors....
en ek moet voor die stoof staan
en skoonmaak waar almal mors...

Die een kom vra my: "Waars my h**p?"
die ander kom n tekkie kort...
die een skree: "Ma, bring n handdoek
hiers nie een in die stort!"
Skielik besef ek :"Wow...
ek het weer sigbaar geword"...

Ek kom agter ek is deurskynend
of doen almal dit net vir die pret,
en word ek net sigbaar
as hul my nie nodig het..
Skrywer ~ kopiereg © Ronelle Strydom

08/05/2024

As ek eendag sterf
en my siel ooit weer sy weg
na die aarde moet vind....
vra ek God gee my die siel
van n stilgebore kind....
want dan sal ek dadelik
die ewige lewe kry....
en spring ek die seer
van hierdie wrede wêreld vry
Skrywer ~ Copyright © Ronelle Strydom

Kontak my asb op whatsapp... 🌺
07/05/2024

Kontak my asb op whatsapp... 🌺

28/03/2024

*Dis paastyd en mense
vier dit wêreld-wyd
want, God is gekruisig
in hierdie tyd...
Op Golgota het ons Vader
gesterf vir jou en my
sodat ons op aarde
die ewige lewe kan kry..
Die reen val op Aarde
druppels val teen my ruit
laat my d**k aan God se bloed
wat uit Sy hande spuit...
Spykers in Sy hande
Dalk n traan op Sy wang,
God was reg vir wat voorlê,
Nie vir een oomblik was Hy bang....
God het Sy doringkroon
met liefde gedra
Sy kruis het Hy opgeneem
en nie eenkeer gekla...
Gemartel, gespot, gespoeg,
name genoem en gely,
en n purperkleed
as bespotting gekry...
Tot aan die einde
Het Hy vir ons sonde gely,
Sy lewe het aan n Kruis geeindig
tog weer in n graf nuwe lewe gekry...
Daarom se ons Dankie God
dat U , U enigste seun gestuur het
om vir ons sondes te sterf....
net sodat ons as nietige mens
die ewige lewe kan erf....
Kopiereg:RonelleStrydom

28/03/2024

Kleine kind
waar sal jy jou bevind...
as jou Ouers nie omgee
en jou uit hul lewe vee...
Sonder n traan
Jou net so laat gaan...
waar sal jou paaie jou vat
My hart bloei vir jou skat...

Jou lewe skaars begin
en jy word alleen groot...
Jou kleine liggaampie lewe,
maar vir jou Ouers is jy dood..
Hoe leef hul met hul harte
Kry hulle dan nie seer?
Wie sal jou nou
die mooi van die wereld leer?

Sal jy soms hunker
Na jou Ma en jou Pa
Hoe lank sal dit vat
voor jy begin uitvra,
oor hoe die lewe
saam hul was,
Voor jy weggevat is met net
n paar kleertjies in n tas...

Sal jy Ouers vind
Wat jou vat as hul kind
wat jou met liefde sal oorlaai
Pragtige engeltjie so fraai...
Ek vra God nou vir liefde
en om jou van seerkry te bevry,
en Engelkind ek bid,
dat jy die beste Ouers sal kry ###
Skrywer kopiereg: Ronelle Strydom

27/02/2024

Mens sal d**k monsters
is net n vrees van n kind...
maar die grootste monsters
is in vorms van mense te vind...

Dit begin met mooi praatjies
en liefde wat jou verblind....
en as hy jou in sy greep het
sal jy die monster eers vind...

Hy sal jou laat glo dat hy
net die beste vir jou wil hê...
maar as jy tussen die lyne lees,
sal jy eintlik besef wat hy sê....

Hy gooi jou met leuens en verwyte
breek jou selfbeeld af met tyd...
en op jou laagste sal die monster
jou in sy eie tronk toesluit...

Hy wil jou beheer soos hy wil
jou voorsê hoe om jou lewe te lei...
jou kamma net help in die lewe
sê dat jy moet stilbly as jul stry....

Sy woorde sal jou deurmekaar maak
jy sal nie weet of jy kom of gaan...
en later d**k jy dat hy net omgee
maar dis n monster wat voor jou staan...

Hy smokkel met jou kop
sê dat hy wil trots wees op jou...
en dat hy wil hê , dat jy
hom net moet vertrou...

Hy wil jou afbreek, verkleineer,
sê dat jy hom so nodig het...
maar dis die taktiek van n narsis
n monster van wie jy jouself moet red...

Jy begin later glo wat hy sê
en begin jouself stuk-stuk verloor,
en voor jy weet wat jou tref...
het die monster jou vermoor@RS
Skrywer kopiereg: Ronelle Strydom

18/02/2024

Met my laaste hartklop
was dit einde van my aardse weë
alle pyn was weg
toe ek die hemel se poorte betree....

My siel was reg
my hart was skoon....
ek gaan nou met n glimlag
in die hemelhuis woon...

Ek los jul nou agter
maar sal jul nooit vergeet...
en dat ek jul liefhet
moet jul altyd weet...

Onthou my met n glimlag
of al stort jul n traan...
weet net ek was so gelukkig
om saam God te kon gaan....

Onthou net die mooi
en ons tye saam...
eendag sal ons weer
voor mekaar staan...

Maar vir eers moet jul leef
en die beste maak van elke dag
en eendag sal ek by die hemelhekke
langs God vir jul wag...

Dan sal niks
ons ooit kan skei...
maar sal ons saam
in God se woning bly...
Kopiereg: Ronelle Strydom

28/10/2023

*Seerkry*
Die lewe kan soms draaie loop
en in n oogwink jou plat slaan
en dis asof n wolk van seerkry
voor jou en die lewe kom staan...

In sekondes kan jou lewe
vir altyd n ander wending neem
want ons is maar almal
eintlik net vir mekaar geleen...

Seerkry mense se padjie
is soms langer om te loop,
want dis asof n seerkry mens
sy padjie loop sonder hoop...

Die padjie kan kronkel
en opdraende word styl...
en n seerkry mens
se hart wil huil...

Seerkry gee swaarkry
swaarkry hou jou terug
jy loop oor n doodloop-pad
sonder n brug...

Die diepste seer
Skuil erens binne jou
seerkry mense weet
om seer binne te hou...

Soms kan hul nie praat
Soms kan hul nie huil
soms wil hul die lewe
vir die dood verruil...

Hulle sê seerkry mense stap stadiger
en ons moet hul met liefde oorlaai
want diep binne is hulle
deur die lewe verraai...

Seerkry kan jou maak
seerkry kan jou breek
Seerkry kan vergeet word
of diep in jou hart vassteek...

Seerkry gee jou trane
meer as jou deel,
en soms kan Seerkry
Jou glimlag vir altyd steel...
kopiereg©RonelleStrydom

28/10/2023

Vandag kyk ek op na die Hemel
en ek weet dis waar jy jou bevind,
hartseer le vlak in my hart as ek d**k,
jy vier jou verjaarsdag in die Hemel my kind.

Ek weet God se werke
kan n mens nie keer....
maar ek d**k aan jou
met hierdie groot seer...

Ek wens ek kon jou kom haal,
huistoe vir n rukkie...
bietjie kuier..koffie drink...
en dan goodbye se met n drukkie...

Ek het hierdie lee plek
In die diepste deel van my siel,
My kind, dis asof die hartseer
Die mooi van my menswees verniel...

Tog weet ek jy's nou gelukkig,
Ja my kind, jy's nou in n mooi land,
Hulle se dis so mooi en vol blomme
Daar aan God se kant...

Vandag sal God jou vashou
en ons boodskappe sal jou vind,
Hy sal jou se hoe spesiaal jy is...
en dat jy lekker moet verjaar my kind

En hier op aarde sal ons glimlag,
want dis hoe jy ons onthou...
ons hou die mooiste herinneringe
en is so verskriklik lief vir jou ~
Skrywer Kopiereg Ronelle Strydom

28/10/2023

*Aan alle Dagsorg Moeder'tjies*
Hier het my lewe begin....
My eerste spoortjies,
Hier onstaan my menswees,
My eerste woordjies..
Hier is ek met liefde
Slapiestyd toegemaak,
en soms saggies in n arm
aan die slaapgeraak.
Hier het ek geleer,
om mense te vertrou,
en met soveel liefde
was ek daagliks toegevou.
Ek het leer kruip, geloop,
en gou dinge baasgeraak
en met liefde altyd
was daar oor my gewaak....
My boudjies drooggemaak....
en geleer om potjie te gebruik,
Hier het ek geleer om
na die mooi van die lewe te kyk
Van baba tot kleuter,
het my spoortjies my gedra
en vir beter dagmoeders
Kon ek nie vra.....
Julle is die persone wat bedags
ons Ouers se plekke inneem,
en ons is so dankbaar vir jul liefde,
Al jul aandag en jul steun...
Om hier weg te gaan is hartseer
maar die herrinneringe sal ons hou,
want die mooi dinge in die lewe,
is die tyd wat kinders altyd sal onthou....
Skrywer kopiereg Ronelle Strydom

28/10/2023

n Kleine seuntjie
het sy Engelvlerkies gekry,
al sy pyn en seer
nou verby....

Liewe Jesus het Sy Engeltjie
in Sy arms opgetel
en met n teer stem
hom van die Hemel vertel...

Vir maande lank het Liewe Jesus
langs die Engeltjie se bed gesit
en so liefdevol geluister
hoe n Moeder bid vir haar kind...

Hy het altyd geweet
hul albei is so spesiaal,
en toe besluit Hy om die Engeltjie
vir Hom na die Hemel te kom haal...

Vir n rukkie het Liewe Jesus
die Ouers met die seuntjie geseën,
en toe die tyd reg is, hom kom haal,
want hy was net aan hul geleen....

God het Ouers gekies
so Uniek en Spesiaal
wat die seuntjie so lief sal hê
tot Hy hom weer moet kom haal...

Hyt n Mamma gekies
n Engel so getrou,
wat hierdie seuntjie sal beskerm
en op haar Moederskoot sal hou...

Hom sal liefhê en vashou
met als wat sy het.....
en die seuntjie sal opdra
In Hom in gebed...

Liewe Jesus het geweet die Mamma
is so sterk soos n rots....
en toe Hy op haar besluit
was daar n Traan so trots...

Want Hy wou Sy Engel-seuntjie
net die beste ouers op aarde gee....
Donna Lee en Norman, het Hy gesê,
en toe Sy traan afgevee....

n Kleintjie seuntjie se lewenspadjie
lankal reeds beplan en uitgelê...
en Liewe Jesus wou hom vir n rukkie
by die beste Ouers op aarde hê... XxX
Skrywer kopiereg Ronelle Strydom

28/10/2023

*Die geloof van n Moeder*
n Vrou staan langs die bebloede liggaam van haar kind...
Ambulaans-manne het hom in n motorwrak gevind!....
Sy liggaam met hulp uitgesny,
hul kon hom nie anders uit die motorwrak bevry..
Ooggetuies se dis die ander motor se skuld,
die bestuurder was roekeloos, dronk en wild..!..
Terwyl die vrou haar seun se hand probeer vind,
pleit sy:" Here, red my kind...!..
Ons het nog vanoggend oor U gepraat,
God ek smeek U..dis nie te laat!!!...
U kan my lewe nou hier vat in ruil"..
tot die Dokter het saamgehuil.!
Hy kon nie vir haar sê dat hy d**k dis te laat, ....
want tot hy het geen hoop gehad....
maar die Moeder het aanhou bid...
langs die liggaam van haar bebloede kind!....

Terwyl almal worstel en probeer om die kind te laat leef...
Het sy gees reeds bo sy liggaam gesweef.....
Hyt reeds in die Hande van God gelê...
maar skielik het God die vrou hoor sê:
"Here , hierdie is my enigste kind...
ons het mekaar ook maar so pas gevind....
hy was met die verkeerde vriende deurmekaar,
en ek het hom daar uitgehaal
deur elke dag oor en oor te bid...
en die Bybel op sy bed te sit...
Hy het meer en meer tyd in sy kamer
deurgebring...
en ek het gehoor hoe hy die Here is my Herder elke dag sing.....
Hy't al hoe meer dinge oor U geleer...
en vandag was hy oppad Kerk toe Heer!"

God het die jong seun se liggaam neergesit
en toe die vrou aan hom raak...
het haar seun sy oë oopgemaak.....
En hyt nie een oomblik geskroom,
om almal te vertel van God in sy droom.
(Skrywer ~Ronellé Strydom~)
Copyright ©Ronelle Strydom
All rights reserved

28/10/2023

Ek het ged**k
dat ek jou dood sal aanvaar,
maar sodra ek my weer kry,
is die hoekoms en waaroms daar....
Ek het ged**k, ek het berus
ged**k ek is oor die seer....
en skielik vanuit nêrens
dan bloei my wond weer....

My hart voel uitgeput
die trane voel swaar....
Hoekom kon God
jou nie vir ons spaar...
Soms vanuit nêrens
kom die hart se seer...
en daar is geen salf
om aan my wond te smeer...

Ek vat die dae soos dit kom...
probeer saamleef met tyd,
maar daar is geen slot of sleutel
wat hartseer kan wegsluit...
Ek dra die seer ,soos n kruis
voel of iemand my keel toe druk,
voel of bloed uit my siel tap,
as ek my trane weg moet sluk...

Die dood se wonde genees nooit
dit vorm net n kors met tyd....
en skielik vanuit nêrens
dan loop die bloed weer uit...
Kopiereg°Ronelle Strydom

25/10/2023

MIETA SE GEBED

More my Jirre,
Vandag is ou Mieta vroeg op
ek sien daar ver agter die berg
kom wys die son sy kop

Die vlaktes is droog
dit soek water my Jirre
die son brand
daar op my draad se klere

My Jirre die laaste reent
het vir Mieta trane gebring
maar ek het weer opgebou
en my hart het aanhou sing

Die land bid vir reent
die boere kry swaar
Jirre skud daai hemel
dat die reent neer kan daal

My Jirre die son brand
hard op die droe aare
maar ou Mieta my Jirre
sy maak nie besware

Sy los die werke van die Groot Man
In Sy eie hande
maar ou Mieta bid saam die boere
vir bietjie water vir hul lande

Seen ons boere my Jirre
en seen hierdie land
doen U die werk daarbo
en ou Mieta sal bid aan hierie kant

Dankie my Jirre
Amen

15/09/2023

Niks kon jou langer
hier by ons hou...
God het Sy arms
veilig om jou gevou...
Na waters waar rus is
het ons Herder jou gelei....
na n plek waar jy niks ontbreek nie,
jou siel nou vir altyd vry...

In groen weivelde
het God jou neergelê,
Ek glo jy sou dit
nooit anders wou hê....
Jy is nou in n beter plek
wat meer kan jy vra...
Jy is nou in God se woning
tot in lengte van dae...

Jou lewe op aarde
is vir altyd verby...
Jy is nou in die hemel
Vry van alle swaarkry...
Jy sprei nou jou vlerke
Jy sweef in die wind....
en jyt reeds al jou geliefdes
daar bo in die hemel gevind....

Ons gaan jou mis
maar dis tyd om te groet
ons gun jou die rus...
tot ons eendag weer ontmoet
Ons gaan nie sê vaarwel nie
ons sê net totsiens vir nou...
want een-een vind ons almal
ons padjie tot daar by jou@RS
Skrywer ~ Copyright © Ronelle Strydom

07/07/2023

My gedagtes loop vandag
weer n wye draai....
Ek staan voor my kind
in n parkie by n swaai...

'Mamma stoot my,
hoër en hoër"
en skielik verlang ek
na my kind van vroeër...

Tyd het so vinnig gestap
my kind is nou groot...
en my tyd word korter
om te ontmoet met die dood...

My kind het nou
n lewe van sy eie...
sy lewe nou so besig,
ek sien hom net met tye...

Ek onthou nog hoe ons
voor die skoolhek gestaan het
en sy handjie so styf
in die van myne gegaan het...

"Mammie belowe mamma
gaan my weer kom haal",
en op klokslag twaalfuur
het ek voor die skool gestaan...

Daai glimlag as hy my sien
sal ek altyd in my hart hou....
lank nadat my gedagtes
dit nie meer kan onthou...

Ek besef my kind is groot
en ek moet laat gaan...
maar ek wens so vandag
dat sy arms om my kan gaan...

Dat ons loop in die parkie
swaai in die wind...
en ek my hand styf in die
kan sit van my kind....

Dat ek nie alleen agter sal bly
erens in n tehuis of hospitaal,
maar kan sê: "My kind belowe
dat jy my weer sal kom haal"...

Tyd wag vir niemand
ons Skepper het Sy eie dag,
wanneer ons ,ons hand in Syne sit
daar waar Hy by die poorte wag..
Skrywer kopiereg- Ronelle Strydom

27/05/2023

Bid sonder woorde...

Here...dis alweer ek...
In n baie donker plek...
ek weet nie waar om te begin...
want my woorde is maar min...

My trane gee ek U
want woorde het ek nie...
My hartseer is te hoog
my woorde opgedroog....

Here, ek bid sonder woorde
ek weet U sal hoor...
dat ek my lus om te lewe
so stuk-stuk verloor..

My siel trek swaar
donker trek my in...
ek bid sonder woorde
dat U my pyn moet stil...

Here U ken my hart
en U ken my seer...
ek is op my knieë
want ek kan nie meer...

Ek loop doelloos rond
nêrens om te gaan,
Here, dit is waarom ek
woordeloos voor U staan...

Lees my hart Heer
en verlos my van die seer
ek bid sonder woorde
want woorde het ek nie meer..

Ek vra vir krag en genade
en om weer woorde te vind
maar ek weet U verstaan my...
want ek is U 'bid sonder woorde' kind@RS
Skrywer ~kopiereg © Ronelle Strydom

13/03/2023

Sy was n goeie vrou
met n hartseer siel
het almal om haar vertrou
en haarself stuk-stuk verniel...

Sy was n nederige mens
en nooit gekla
eerder gegee
as om te vra....

Syt daagliks geworstel
en niemand het geweet...
nooit gevra hoe dit gaan
die wêreld het haar vergeet...

Syt geloop met n glimlag
gehelp waar sy kon,
ingetrek deur die donker
verstoot deur die son....

Syt haar pyn probeer verdrink
maar haar pyn het leer swem,
en so het sy weggekwyn
en die dood het gewen...
Skrywers kopiereg: Ronelle Strydom

03/03/2023

Ek onthou soos gister....

Toe ek moes vroeer lewe aan my Premmie skenk....

Sommer in n oogwink neem jou liggaam sy eie pad na erens....
vat jou liggaam jou op n vreemde reis...
na die onbekende...

en ek moes maar saamloop....

Soms het ek myself amper langs die pad verloor...
maar dan het ek God se hand weer in myne gevoel....
ek het gevoel wanneer ek wou struikel, het Hy my stywer vasgehou...
wanneer my pad donker word....
het Hy n lig vir my laat skyn....
en so kon ek sien waar die pad my lei...
met God heeltyd aan my sy....

Ek onthou hoe ek gebid het...
en vandag nog...ken my gebede nie einde nie...
elke dag is n seen van God...
elke dag n nuwe begin....
elke dag n lied in jou hart...

En soos die dae gestap het....
en jou verstand sy eie rigting geloop het...
soms na die vreemdste paaie....
soms na trane....
soms na n glimlag...
en so moes ek leer saamleef met my gewete...my verstand...my kop....
want die stemme daarbinne het gepraat.....
en net ek kon dit hoor.....
en net ek kon dit antwoord.....

Ek weet hoe dit voel om in Nicu te sit
en ure
en ure
en ure
en ure te bid....
.... om voor jou uit te staar........ of sommer net te sit....

Ek weet hoe dit voel as alles te veel word....
en al wat ek kon doen.....
was om my oe toe te maak....
en n rukkie alleen met die donker te wees...
In my eie kop en gedagtes te verdwaal....

Ek weet hoe dit voel as jy in die grootste tweestryd met God te staan kom....
Hoe jy "deals" met God maak...
~dat "as" Hy.... ~dan "belowe" ek.
en as n Ma n gebed wil doen...
doen sy dit enige tyd....
....enige plek...

En weet hoe dit voel....
as jou hart buite jou liggaam le....
en al het jy soveel woorde....
Jy nie lus is om iets te se..........Dat jy daai rukkie net alleen wil wees...
Sonder mense....
Net alleen wil wees....
en dan die tye wat jy familie se bystand so nodig het....
en vir God......veral God....
want net Hy kan jou kind nou red....

Ek weet toe ek die eerste keer in my kind se oe kyk.......die smeek van sy ogies..... die gesoek na sy ma...
en in my hart het ek geworstel met soveel vra.....
ek het skuld gesoek in myself......wat het ek gedoen dat my kind so die lewe in moes kom......wat het ek gedoen dat die Here my so moes straf.......~maar ek het gou besef.....God seen my juis met my vroeggebore kind...
sodat ons saam die liefde van God moes vind....

want God het my juis so spesiaal gevind....
dat Hy my geseen het...met n "Premmie-kind"...
Hy moes geweet het....
ek gaan my alles gee....
Om my kind by te staan....
en dat ek nerens sonder
My "Premmie-kind" sal gaan.....
Dag en Nag se slaap opgeoffer
Solank ek by my kind kan wees,
en soos die tyd gestap het...
kon ek die mooi in alles lees....

Ek weet God het geweet
hoe baie liefde ek het....
En God het gewag vir die regte oomblik
toe antwoord Hy my gebed...

En aan die einde van ons lang pad....
Kon ek my premmie huistoe vat...
en ek dank God vir elke dag wat ons saam kry....
want maak nie saak wat gebeur nie,
My kind is aan my sy....

Ek dank God vir die trane ....en die seer
want ander sou ek nooit kon leer....
dat n Premmie nie sommer net gebore word....
sonder dat n Ma, trane moet stort...
want dis daai trane want jou n Mamma maak....
en daai trane wat so diep aan jou hartsnare raak....
Dis daai trane wat jou sterk het...
Dis daai trane wat jou leer van gebed...

Ek dank God vir my premmie...
en dat ek die naam Mamma kan dra....
en ek se dankie vir alles....
wat meer kan ek vra....?

n Ma van n Premmie....
is n Ma van staal....
en die liefde tussen n Ma en haar Premmie....Is baie spesiaal.....

Ek onthou soos gister....
Toe ek moes vroeer lewe aan my Premmie skenk....

Sommer in n oogwink neem jou liggaam sy eie pad na erens....
vat jou liggaam jou op n vreemde reis...
na die onbekende...

en ek moes maar saamloop....

Soms het ek myself amper langs die pad verloor...
maar dan het ek God se hand weer in myne gevoel....
ek het gevoel wanneer ek wou struikel, het Hy my stywer vasgehou...
wanneer my pad donker word....
het Hy n lig vir my laat skyn....
en so kon ek sien waar die pad my lei...
met God heeltyd aan my sy....

Ek onthou hoe ek gebid het...
en vandag nog...ken my gebede nie einde nie...
elke dag is n seen van God...
elke dag n nuwe begin....
elke dag n lied in jou hart...

En soos die dae gestap het....
en jou verstand sy eie rigting geloop het...
soms na die vreemdste paaie....
soms na trane....
soms na n glimlag...
en so moes ek leer saamleef met my gewete...my verstand...my kop....
want die stemme daarbinne het gepraat.....
en net ek kon dit hoor.....
en net ek kon dit antwoord.....

Ek weet hoe dit voel om in Nicu te sit
en ure
en ure
en ure
en ure te bid....
.... om voor jou uit te staar........ of sommer net te sit....

Ek weet hoe dit voel as alles te veel word....
en al wat ek kon doen.....
was om my oe toe te maak....
en n rukkie alleen met die donker te wees...
In my eie kop en gedagtes te verdwaal....

Ek weet hoe dit voel as jy in die grootste tweestryd met God te staan kom....
Hoe jy "deals" met God maak...
~dat "as" Hy.... ~dan "belowe" ek.
en as n Ma n gebed wil doen...
doen sy dit enige tyd....
....enige plek...

En weet hoe dit voel....
as jou hart buite jou liggaam le....
en al het jy soveel woorde....
Jy nie lus is om iets te se..........Dat jy daai rukkie net alleen wil wees...
Sonder mense....
Net alleen wil wees....
en dan die tye wat jy familie se bystand so nodig het....
en vir God......veral God....
want net Hy kan jou kind nou red....

Ek weet toe ek die eerste keer in my kind se oe kyk.......die smeek van sy ogies..... die gesoek na sy ma...
en in my hart het ek geworstel met soveel vra.....
ek het skuld gesoek in myself......wat het ek gedoen dat my kind so die lewe in moes kom......wat het ek gedoen dat die Here my so moes straf.......~maar ek het gou besef.....God seen my juis met my vroeggebore kind...
sodat ons saam die liefde van God moes vind....

want God het my juis so spesiaal gevind....
dat Hy my geseen het...met n "Premmie-kind"...
Hy moes geweet het....
ek gaan my alles gee....
Om my kind by te staan....
en dat ek nerens sonder
My "Premmie-kind" sal gaan.....
Dag en Nag se slaap opgeoffer
Solank ek by my kind kan wees,
en soos die tyd gestap het...
kon ek die mooi in alles lees....

Ek weet God het geweet
hoe baie liefde ek het....
En God het gewag vir die regte oomblik
toe antwoord Hy my gebed...

En aan die einde van ons lang pad....
Kon ek my premmie huistoe vat...
en ek dank God vir elke dag wat ons saam kry....
want maak nie saak wat gebeur nie,
My kind is aan my sy....

Ek dank God vir die trane ....en die seer
want ander sou ek nooit kon leer....
dat n Premmie nie sommer net gebore word....
sonder dat n Ma, trane moet stort...
want dis daai trane want jou n Mamma maak....
en daai trane wat so diep aan jou hartsnare raak....
Dis daai trane wat jou sterk het...
Dis daai trane wat jou leer van gebed...

Ek dank God vir my premmie...
en dat ek die naam Mamma kan dra....
en ek se dankie vir alles....
wat meer kan ek vra....?

n Ma van n Premmie....
is n Ma van staal....
en die liefde tussen n Ma en haar Premmie....Is baie spesiaal.....
Skrywer kopiereg ~Ronelle Strydom~

03/03/2023

As ek ooit in n hospitaalbed lê
en hul niks meer kan doen vir my,
bid vir my siel
en laat my vry.....

Moenie vra dat hul my
aan die lewe moet hou,
Ek het my tydjie gehad
'So it's time to let go"...

Gee daai suurstof vir iemand
wat dit nodiger het as ek,
want my liggaam sal nog lê,
al is my siel reeds op n ander plek...

Skenk my organe
laat iemand anders leef
ek sal vry wees terwyl ek
bo die reënboog sweef..

Onthou liewers die mooi tye
wat ek gedeel het met jou...
want dis die 'memories'
wat ek ook sal onthou...

My plekkie sal leeg wees
maar eendag sien jy my weer,
daar by die Hemelpoorte
met n glimlag en niks seer...

Niemand leef vir altyd
ons tyd is ons tyd...
en so sal ons padjies
weer eendag bymekaar aansluit...

Intussen moet jy lewe
die beste van elke dag maak,
ek sal jou Engel wees
as jy hartseer raak...

Ek sal afkyk vanuit die hemel
en altyd by jou wees...
al is dit nie in vlees
sal dit wel wees in Gees....

Groet my saggies
huil as jy moet...
ek is op n hemelse reis
en jul net vir n rukkie gegroet

My lewe sal nie eindig
dis dan juis die begin....en
ek sal met vrede in my hart kan sê:
"I'm gonna rest high on that mountain"
Skrywer ~ Copyright © Ronelle Strydom
All rights reserved

Address

Port Elizabeth

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woorde uit Ronelle se pen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category