Platteland

Platteland Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland is.

Ulli Gerntholtz se oom het 32 jaar gelede die plaas Rogge Cloof aan die bokant van die Verlatenkloofpas gekoop. “Dit was...
20/08/2024

Ulli Gerntholtz se oom het 32 jaar gelede die plaas Rogge Cloof aan die bokant van die Verlatenkloofpas gekoop. “Dit was al die jare die familie se wegbreekplek. Aan die begin was dit baie primitief en eenvoudig. Hier was lank geen krag nie, en toe ons later wel elektrisiteit kry, het ons besluit hier sal nooitTV wees nie – en dit is nou nog so. En dit was regtig fantasties om ons kinders hiernatoe te bring en hulle bloot te stel aan so ’n tipe lewe, na aan die natuur," skryf Willem Van der Berg

Al het Ulli baie jare vir Woolworths se kosafdeling gewerk en daarna ook vir internasionale maatskappye die wêreld vol gereis, bly die veld in Afrika sy gunstelingplek. “My vrou het al gesê ek is liewer vir Namibië as vir haar!”Dit is nie noodwendig ’n grap nie, want Ulli het alleen van Stellenbosch na Rogge Cloof toe getrek.

“Ek is baie gelukkig hier. Die gemeenskap is baie na aan mekaar en ek het al goeie vriende gemaak. Dit is fantasties om in hierdie mooi wêreld te kan bly én werk. Die stilte is ongelooflik.” Die koue ook. Verlede winter het hy voor die kaggel probeer slaap en dit deur die nag gestook. Maar hy besef hy sal beter planne moet beraam.

Deesdae het die Gerntholtz-familie 20000 ha Karoogrond net buite Sutherland waarvan 16000ha met ordentlike wildwering omhein is om die reservaat te vorm. Dit is ’n redelik nuwe bestemming, want Covid-19 het ’n stokkie gesteek voor die amptelike opening in April 2020. Hier is luukse verblyf, twee wilde kampplekke in die veld én ’n restaurant. Rogge Cloof kan ook as venue vir troues en ander opskoppe gebruik word. Maar die grootste verrassing is hulle wyn.

Rogge Cloof se eie wingerd is eers in 2018 aangeplant, maar hulle gebruik ook druiwe van heelwat ouer wingerde aan die bokant van die Oubergpas. “Mense is altyd verbaas om te hoor van wingerde om Sutherland. Die winter se koue is nie die probleem nie. Dit is die laat ryp in die lente wat dit moeilik maak. Wel, ook die brak grond, dassies en springbokke.

"Ná ’n vreeslike reënbui verlede jaar kom ek hier aangery en sien hoe ’n stuk van ons wingerd wegspoel. Ek het begin huil. Kyk, dit is nie maklik om hier met druiwe te boer nie, maar dit is wat dit so uniek maak. Druiwe wat sulke stories ken en dan deur ’n behoorlike wynmaker onderhande geneem word, gaan vir seker besonders wees.

“Ons ry al die druiwe Kaap toe waar Johan Kruger die wyn maak. Hy het glo op ’n dag gesê hy wil nog eendag wyn in die Karoo maak. Nou ja, nou doen ons dit.”

Lees nog vir oulaas stories oor Sutherland in ons Winteruitgawe, nog vir ’n kort rukkie op rakke en aanlyn beskikbaar: https://bit.ly/3ORFsrr

More and more people understand the value of knowing where your fresh produce comes from - even more so directly connect...
15/08/2024

More and more people understand the value of knowing where your fresh produce comes from - even more so directly connecting with farmers and producers. aim to bring these producers directly to the consumers through their markets and online advertising.

Tanya - from Paardekraal Produce - is one of many local Graaff Reinet producers from which you can order fresh farm products directly.

"It all started before lockdown, but lockdown was the catalyst. That was when, I spent the most time on the farm and realised that I needed to do something with all the eggs the chickens and ducks were producing, together with the milk from the milk goats.

"Since then, we have started a vegetable garden which has grown and produces prolifically. The journey has also included frozen meals using our own lamb, mutton, chicken, and ducks, incorporating vegetables from the garden into wholesome bredies, curry and pies. There is now a range of goat’s milk cheese moving on from
when I first started, making only chevre.

"Everything is made artisanally with the produce from the farm. We farm holistically and with nature therefore I only make what is in season.”

Taste it for yourself at the next market happening on the 12th of October at the Union Sports Ground.

Langsaan op Hotel Culli fornia se agterstoep merk jy 'n kweekhuis met plastiektorings waarin onder meer geil basiliekrui...
12/08/2024

Langsaan op Hotel Culli fornia se agterstoep merk jy 'n kweekhuis met plastiektorings waarin onder meer geil basiliekruid, spinasie en grasuie groei wat vir die gastehuis en restaurant gebruik word. Dis 'n interessante nuwe patent van Tania Bryant se man, Anthony, wat met die bystand vn die Nuwerheidsontwikkelingskorporasie ontwikkel is.

'n Mens noem dit aëroponika omdat die plante se wortels in die lug hang en nie in water groei soos met hidroponika nie. Met hierdie tegnologie kan selfs mense in 'n rolstoel 'n groentetuin behartig.

Hou die Somer-uitgawe van Platteland aan die einde van die jaar dop vir 'n storie hieroor later.

08/08/2024

"Ek weet mense weet nie hoe hard 'n draadspanner se bestaan is nie." Wat het van oom Hans Jors, die meesterdraadspanner van die Hardemanskaroo, geword? In hierdie dokumentêr wat eersdaags by die Silwerskermfees vertoon gaan word, kyk die fotojoernalis en 'n gewaardeerde medewerker van Platteland, na die lewe van mense wat aan die verkeerde kant van die draad gebore is.

Willem se lang en noue verbintenis met oom Hans het ontstaan omdat hy ná skool vier jaar in die Kalahari (naby Vanzylsrus) en die Karoo (naby Carnarvon) geboer, windpompe reggemaak, jakkalse gejag en skape versorg het. Hier op die plase het sy en oom Hans se paaie gekruis.

Toe hy egter laas jaar weer 'n storie oor oom Hans wou doen, kon hy hom nie opspoor nie - en het 'n soektog na hom begin.

Willem wil seker maak dat stories in die stil gedeeltes van ons land soos oom Hans s'n nie verlore gaan nie. “Die film is ’n rou en eerlike weerspieëling van ’n stukkie van ons land en sy mense waaraan min mense regtig aandag gee. As kykers dit herken en meer begrip ontwikkel vir daardie lewens, het ons baie bereik,” sê hy.

07/08/2024

Sien is mos glo. En hier is báie blomme om te aanskou. So het dit op Maskam Guest Farm op die Gifbergpad naby Vanrhynsdorp gelyk toe Anton Verwey sy hommeltuig op 2 Augustus om 15:20 daar gaan vlieg het.

"'n Foto kan nie jok nie, ook nie 'n video nie. En moenie d**k dis vroeg nie, verlede jaar het ons middel Julie al blom-foto's geniet! As jy nog twyfel, geniet die foto's en video's. En nee, jy kan nie van Vanrhynsdorp af sien of daar blomme is nie. Doen jouself die guns, ry 'n bietjie rond. Kyk waar ander mense blomme sien en gaan kyk, geniet ons pragtige skepping!"

Gaan loer gerus na sy Facebookblad vir nog foto's van die skouspel soos dit ontvou.

As Jaco na die vaal rante en leë berge rondom Sutherland kyk, kan hy dinge sien wat nie vir ons oë bestaan nie. Yslike b...
06/08/2024

As Jaco na die vaal rante en leë berge rondom Sutherland kyk, kan hy dinge sien wat nie vir ons oë bestaan nie. Yslike bome, digte woude, golwende riviere en diere wat deel geraak het van die aarde se vel. Wanneer Jaco vir jou begin
beduie hoe die Karoo al gelyk het, besef jy die klippe hier weet baie meer as die mense, skryf Willem Van der Berg

“Suid-Afrikaners d**k baiekeer die fossiele wat hulle in ons land sien, kom van ver af. Soms vra mense my van waar kom die fossiele wat ek hier in Sutherland vir hulle wys. Dan sê ek vir hulle dit is oral om hulle. Alles wat jy nou hier sien, het in
’n stadium heeltemal anders gelyk. Kyk, as jy eers begin vertel wat al alles in die Karoo gebeur het, wil die mense jou óf bekeer en doop óf hulle top is geblaas.”

Die Karoo het hom ook effens verbaas. Ná sy studie het hy by sy ma, Elsie, wat toe by die ouetehuis op Sutherland gewerk het, “kom land”. “Ek moes net vir ’n ruk my voete vind en kyk wat gebeur. Toe begin Bruce Rubidge in die omgewing werk doen. Hy was professor by Wits en is regtig een van die legendes in die veld. Ek het my gaan voorstel en gevra of ek betrokke kan raak. Hulle het seker gewonder wie is die weirdo in die Karoo... Maar toe ek met uitgrawings begin help, kon hulle sien ek weet wat ek doen. Uiteindelik het ek amper 12 jaar saam met hulle gewerk. Dit was ’n fantastiese tyd. En daarna het ek heelwat besoeke van skole en universiteitsgroepe gehad wat wou hê dat ek hulle rondwys. Covid-19 het dit verongeluk.”

Jurg en Rita Wagener het toe vir Jaco gevra om ’n tentoonstelling by Sterland te begin sodat besoekers daar van sy uitgrawings kan sien en iets van Sutherland se oergeskiedenis leer. “Dit is nie vir almal ewe interessant nie, en fossiele is maar swak kompetisie vir sterre,” sê Jaco met ’n droë laggie.

Maar as jy hom vra om jou meer te vertel of in die veld ’n paar goed te gaan wys, doen hy dit graag. Al voel hy dalk meer tuis tussen rotsbank en gruis as tussen ons.

Daar is baie om te sien en doen op Sutherland. Lees meer in ons Winteruitgawe, nog 'n kort rukkie op die rakke en aanlyn beskikbaar: https://bit.ly/3ORFsrr

31/07/2024

Vanoggend was dié lopie gevries toe Jurg Wagener van 'n draai kom maak het. Soos die son al hoe hoër klim, vloei die water weer deur. Kyk net hoe dik is daai ys nog teen die rante!

(Video deur Jurg Wagener van Sutherland)

Van die see tot die bosveld... en nou woon Jan en Jens Reverchon in die berge. Waarom juis Sabie? Water is skaars in die...
30/07/2024

Van die see tot die bosveld... en nou woon Jan en Jens Reverchon in die berge. Waarom juis Sabie? Water is skaars in die bosveld en hulle was op soek na ’n plek met bruisende riviere en watervalle. Hulle wou ook vryheid hê vir hulle honde – hoewel hulle plek in Balule omhein was, was dit ’n uitdaging om troeteldiere te hê op ’n wildplaas, skryf Mia Louw Creative

“Ons wou selfvolhoubaar leef,” sê Jaco, “maar dis onmoontlik in ’n reservaat met die Groot Vyf. Jy kan byvoorbeeld nie groente kweek nie – dis asof jy die heeltyd deurloop onder die natuur.” Nog ’n beslissende faktor was dat hulle gevoel het natuurbewaring word bedreig weens rykdom wat na die Hoedspruit- en Phalaborwa-omgewing stroom.

“Saam met rykdom kry jy groter geboue en dus ’n groter impak op die natuur – iets wat nie met ons etos strook nie. As argitek ontwerp jy ’n gebou met bewaring in gedagte, maar voor jy jou oë uitvee, het iemand ’n sterk kollig opgesit vir veiligheid of ’n dam gebou sonder toestemming. Dit was ’n stryd wat ons nooit sou kon wen nie.”

Boonop het hulle afgesonder gevoel op die wildplaas. Al was Phalaborwa nie ver nie, het dit as gevolg van die grondpaaie in die reservaat twee uur gevat om daar uit te kom. “Ons het geen benul gehad waar ons uiteindelik wou wees nie, maar ons het geweet dit is nié in die stad of iewers oorsee nie. Ons wou relatief naby ’n lughawe wees, en toegang tot die dorpslewe was belangrik. Ons wou nie weer so totaal afgesonder wees nie. Toe koop ons ’n huis hier, een met ’n groottuin waar ons kan groente kweek en hoenders aanhou vir eiers.”

Die Reverchons was nie mooi seker wat hulle besigheidsgewys hier op Sabie sou doen nie. “Een, twee, drie maande het verbygegaan en ons het verveeld begin raak. Daarom was ek op soek na ’n stokperdjie. Ons probeer tans ’n vegetariese dieet volg, maar in daardie stadium het ons wel vis geëet. Ek het ged**k die forel in die Sabierivier is mos ’n uitstekende bron van proteïen! Ek het my hand aan vlieghengel gewaag omdat die rivier stapafstand van ons huis is.”

Die hele hengelding was vir Jaco ’n nuutjie, en boonop laat die Sabie-forelklub net vlieghengel toe. “Daar was net áltyd mense by die rivier, en elke keer as ek my hand aan die visstok gewaag het, wou almal raadgee. Toe hoor ons ons buurman huurstalle hier. Omdat dit privaat is, het ek gevra of ek hier mag oefen waar mense my uitlos. Toe ons hier inry, het ek die perde gesien... en ek het nog nooit weer probeer hengel nie!”

Toe die destydse huurder van die stalle en 12,5 ha langs die rivier kennis gee, het Jens en Jaco met York Timbers, die eienaar van die eiendom, ’n huurkontrak van 5 jaar beding. Hulle het die stalle oorgeneem en die twee perde wat daar was, gekoop. Vandag is daar ’n kudde van 10.

“Ons het eers met ’n ponieklub begin waar 6 kinders twee keer per maand kom ry het. Toe begin ons navrae kry van toeriste wat op perde ritte wil gaan. Die besigheid wat ons oorgeneem het, het geen omset gehad nie, maar dit was verbasend hoe vinnig dinge net in plek begin val het.”

Lees meer oor die Reverchons se planne en ontmoet al die diere op die werf in ons Winteruitgawe nou beskikbaar in winkels en aanlyn: https://bit.ly/3ORFsrr

Eggshells are often discarded without a second thought, but they are incredibly versatile and can be used cleverly. Here...
29/07/2024

Eggshells are often discarded without a second thought, but they are incredibly versatile and can be used cleverly. Here are 15 great ways to use eggshells that might make you think twice before tossing them in the trash, writes .

1. Garden Fertilizer: Crushed eggshells are a great addition to your garden soil. They provide calcium, which is essential for plant growth. Crush the shells and sprinkle them around the base of your plants.
2. Pest Control: Eggshells can deter pests like slugs, snails, and even cats. Scatter crushed shells around your garden to create a barrier that these pests won’t cross.
3. Compost Enhancer: Add eggshells to your compost pile. They break down and help balance the pH of the compost, enriching it with valuable nutrients.
4. Seed Starters: Use eggshells as small pots for starting seeds. They are biodegradable and can be planted directly into the soil when the seedlings are ready, providing an extra boost of calcium to the young plants.
5. Household Cleaner: Crushed eggshells can be used as a gentle abrasive cleaner. Mix them with a little soapy water to scrub pots, pans, and other surfaces without scratching.
6. Face Mask: Create a natural exfoliating face mask by grinding eggshells into a fine powder and mixing them with egg whites. Apply the mixture to your face and let it dry before rinsing off for smoother skin.
7. Laundry Whitener: Add a small mesh bag filled with crushed eggshells to your laundry. The shells help to remove stains and keep whites bright.
8. Natural Drain Cleaner: Ground eggshells can help keep your pipes clean. When mixed with warm water and dish soap, they can scrub away residue and prevent clogs.
9. Calcium Supplement for Pets: Crush eggshells into a fine powder and sprinkle a small amount over your pet’s food. It’s a great way to add extra calcium to their diet.
10. Coffee Grounds Enhancer: Add crushed eggshells to your coffee grounds before brewing. The shells help reduce the acidity of the coffee, resulting in a smoother taste.
11. Craft Projects: Use eggshells in various craft projects. They can be painted, used in mosaics, or as unique decorations for Easter eggs.
12. Calcium Supplement for Humans: Sterilize and grind eggshells into a fine powder to use as a natural calcium supplement. Add the powder to smoothies, baked goods, or sprinkle over food.
13. Soil Amendment for Tomatoes: Tomato plants benefit significantly from extra calcium. Add crushed eggshells to the planting hole or around the base of the plant to prevent blossom end rot.
14. Bird Feed: Birds need calcium for their eggshells. Sterilize and crush eggshells, then mix them with birdseed to provide a calcium boost for your feathered friends.
15. Household Deodorizer: Place dried eggshells in a bowl or container and put it in your refrigerator or cupboard to absorb odours naturally.

Eggshells are far more useful than most people realize. From gardening and pest control to beauty treatments and craft projects, they offer a multitude of benefits. So next time you crack an egg, think twice before throwing away the shell – it might come in handy!

“My man was in 1977/1978 die burgemeester in Phalaborwa waar ons Julian Thom Uitrusters, ’n klere- en sportswinkel, begi...
25/07/2024

“My man was in 1977/1978 die burgemeester in Phalaborwa waar ons Julian Thom Uitrusters, ’n klere- en sportswinkel, begin het. (Hierdie winkel is tot vandag toe oop vir sake.) Ons het in 1991 na die opstande die restaurant genaamd 1901 in Durban se middestad verkoop en Weskus toe getrek met die bedoeling om ’n padstal te begin. Ek d**k meeste Afrikaanse vroue droom om so iets te doen,” vertel Annemarie Thom, eienaar van Weskus Spens Padstal .

“Ons het die plaas Eenzaamheid langs die R27 (Weskuspad) gekoop en my man, Julian Thom, het begin om die padstal te bou. Ons was nie gewoond aan die Weskus toe ons van bo af afgetrek het nie en het in die distrik rondgery om te sien hoe die plaaslike geboue lyk.”

Sy vertel haar man is in 2013 oorlede en sy het toe verder die padstal oorgeneem. “Ons het baie plaaslike besighede en persone wie ons betrek het om tuisgemaakte goedere te verskaf, vars van die plaas af.” Hier is leerprodukte, oudhede, geskenke, koffie, rooibostee, plaasbotter, varsgebak, bokkoms, terte en biskuit. Hulle hou ook natuurlike velsorgprodukte, aromaterapie olies en rou heuning aan.

Die restaurant se spyskaart is eg tradisioneel. Daar is disse soos pap en kaiings, afval, tuisgemaakte pasteie, bobotie, heerbone sop ... alles regte egte Weskus geregte. Maar waarvoor hulle veral bekend is, is die plaasbrood wat Annemarie nog elke oggend self met die hand met steengemaalde meel bak. Dit word ook saam met die geregte bedien.

“Ek het op die dorp grootgeword, maar het elke vakansie op die plaas by een van my twee ouma’s gekuier,” vertel Annemarie. “Ek het altyd biltong op die stoep met ’n hol klip fyngestamp wat tafel toe gegaan het met my ouma se brood.” Dis waar sy haar inspirasie gekry het om met haar wenresep vorendag te kom (en wat haar kleindogter Emma Prior ook haar eie gemaak het). Die brood is so gewild dit het al ’n draai in New York gaan maak!

Hier is ook plante te koop en ’n speelpark vir kinders, asook twee houtstowe wat in die winter die spens heerlik warm bak.

Kom kry bietjie hitte hier langs die Weskus! Hulle is elke dag oop van 08:15 tot 16:30.

“I love people and I love creativity,” says Debbie Rijns, who was born in the United States and came to South Africa as ...
23/07/2024

“I love people and I love creativity,” says Debbie Rijns, who was born in the United States and came to South Africa as an eight-year-old when her father, who worked for Pan Am Airways in New York, was transferred here. After finishing school, she travelled all over the world, including Israel, Turkey, Europe and South America, but eventually, she decided to return to South Africa.

“Nowhere else on my wanderings have I come across the incredible energy that you find in this country. Every place in the world has its own problems, but life in South Africa is still incredibly good.” It’s nearly impossible to capture the 76-year-old Debbie’s many artistic talents in words.

Officially, she is an objects conservator – under the name Forever Porcelain Restoration Studio, she has been restoring damaged precious objects made from marble, porcelain, ivory, terracotta, wood and plaster to their former glory. After she completed a course in the US, Debbie started the business , making jewellery and other objects from precious metal clay (or PMC). She also does gilding and etching, and makes lovely books and notebooks, candles, beads and tiles.

Platteland was particularly impressed by her three-dimensional assemblages, in which she gathers objects to tell a story. Each one is given a title, such as “Silk Road Breakfast”, “Coffee Culture, No Sugar” and “The Emperor’s Elephant Whisperer”.

Debbie, who speaks Afrikaans fluently, and her husband, Leon, have been working here at Makers Village since last year. She presents courses and workshops in various artistic skills, and Leon is a woodworker. He is a man of few words, and life has handed him a few hard knocks. He says woodwork has been a hobby of his for many years, but he grew up poor and they always had to use whatever was at hand.

His dad was a bricklayer. Leon wanted to become a surveyor, but he ended up at the drawing office management company Helios, where he worked for 30 years. For a moment, he is silent. “After the death of my son, and not long afterwards my first wife, I took early retirement. And then I met Debbie in Smithfield – in the liquor store, of all places! – shortly after her daughter’s death. ”Melissa died of breast cancer in 2007, at the age of 29, and a few years later Debbie herself had to undergo a double mastectomy.

“But the brain is an incredibly powerful thing,” she says. “I remain positive, because one is so blessed in every way.” With a mischievous laugh, she asks, “Can I tell you a secret? Seven months ago, we moved into a caravan here in Cullinan. I’ve always dreamt of living in a yurt or a gypsy caravan. You won’t believe how nice it is to get into that small bed in the evening and to look at the stars before you doze off.”

Meet the makers and artisans of the Village Cullinan in our Winter issue, available on shelves and online: https://bit.ly/3ORFsrr

18/07/2024

Ons, die redakteurs van Platteland, woon sedert 2005 op Koringberg in die Swartland, waar Kaapse kobras, beter bekend as geelslange, volop is. In dié byna 20 jaar het ons ons vrees vir hierdie uiters giftige slange te bowe gekom, veral omdat hulle in die enkele onderonsies wat ons met hulle gehad het, nooit aggressief was nie, maar hulle eerder so gou as moontlik uit die voete gemaak het. (Terloops, oom Stefanus Carstens, wat al sedert 1958 in die distrik boer, vertel hy weet nie van 'n enkele geval waar 'n mens deur 'n geelslang gepik is nie.) Boonop beheer hulle peste soos muise en rotte baie doeltreffend. Ons betreur daarom die video wat op Platteland se blad geplaas is van die geelslange by Worcester wat deur die swaar reën nesloos gelaat is en deur kinders met stokke geterg is. Ongelukkig is hierdie soort optrede algemeen in Suid-Afrika, en ons moes self al aanskou hoe slange brutaal doodgemaak word deur skares wat meegevoer raak. Ons vra om verskoning aan diegene wat, met reg, aanstoot geneem het deur die video. Hierdie manjifieke diere verdien groter respek as dit.

We, the editors of Platteland magazine, have lived in the village of Koringberg in the Swartland region since 2005, where Cape cobras are common. In these almost 20 years, we have overcome our fear of these highly venomous snakes, especially because in the few altercations we have had with them, they have never been aggressive, but rather tried to get away as quickly as possible. (Oom Stefanus Carstens, who has been farming around here since 1958, says he does not know of a single incident of a human being bitten by a cobra.) In addition, they control pests such as mice and rats very effectively. We therefore regret the video posted on Platteland's page of the cobras near Worcester that were left nestless by the heavy rain and were teased by children with sticks. Unfortunately, this kind of behavior is common in South Africa, and we have had to witness for ourselves how snakes were brutally killed by mobs who got carried away. We apologise to those who were – rightfully – offended by the video. These magnificent animals deserve better respect.

(Foto met dank aan African Snakebite Institute)

Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland is.

Voëlsoek was lank voor die Covid-19-pandemie al die snelgroeiendste buitelugstokperdjie in die VSA en Kanada, maar het w...
16/07/2024

Voëlsoek was lank voor die Covid-19-pandemie al die snelgroeiendste buitelugstokperdjie in die VSA en Kanada, maar het wêreldwyd ontplof gedurende die inperking toe mense as ’t ware gedwing is om tyd in hulle tuin deur te bring, vertel Andrew de Blocq, ’n indrukwekkende voëlsoeker en avitoerisme projekbestuurder van BirdLife South Africa , Suid-Afrika se grootste voëlbewaringsorganisasie, skryf Johan van Zyl.

Andrew het in 2014 begin boekhou van die voëls wat sy pad kruis (nou seker al anderkant 770!). “Met Covid het derduisende natuurblinde mense agtergekom hulle ken nie eens die name van die voëls wat hulle elke dag op hulle werf sien nie,” sê hy. Nie hý nie. Andrew is iets tussen ’n natuurensiklopedie en ’n voël-app, net veel vinniger.

Op ons daaglikse voëlsoekstappie om 06:00 piep ’n voël skaars in die bos of die skuldige se naam vlieg by Andrew se mond uit – dikwels in Engels én Afrikaans. Sonder hom sou die groep halfwakker joerna-liste (meestal voëlanalfabete) sekerlik horende doof en siende blind deur die bosse gestrompel het. Kompleet nes regte zombies.

Dit is dan die eerste les, sê Andrew. Voëlsoek begin by jou ore, want met verloop van tyd moet jy elke voël se roep in jou kop vaslê. “Dit leer jou om geduldiger en oplettender te wees, maar ook om jou verwagtinge te bestuur... daar is ’n goeie kans dat jy die voël gaan hoor en dalk herken, maar nie sien nie – of dalk net vir ’n paar sekondes.”

Les 2: Selfs wanneer jy oor jare elke voël se roep leer ken het, gaan jy steeds nie al die geheime verstaan wat hulle uitlap nie. Soms soek hulle ’n maat of verdedig hulle gebied; ander kere waarsku hulle teen slange, roofvoëls of luiperds. Daar bestaan selfs streeks-dialekte onder sekere spesies.

Suid-Afrika is negende op die wêreldlys van lande met die meeste voëlspesies, sê Andrew. “Amper 900 van die wêreld se 10 000 spesies kom in Suid-Afrika voor, en net meer as die helfte van hulle in die Tuinroete en Klein-Karoo – glad nie sleg vir ’n streek wat net 2% van die land se totale oppervlakte uitmaak nie. Boonop is net minder as 50 van Suid-Afrika se 69 endemiese en byna endemiese voëlspesies (wat nêrens elders ter wêreld voorkom nie) al hier aangeken.

In ons Winteruitgawe help ons jou om ’n voëlspeurder te raak. Vind riglyne van stap 1 tot 6, handige gidse, die beste verkykers op die rak en waar jy die meeste voëls sal vind, nou beskikbaar in winkels en aanlyn: https://bit.ly/3ORFsrr

10/07/2024

Met ys ja... Wanneer dit so koud is dat jou tuinslang in 'n ysmaker verander. Hierdie het Hein Nortje op Maandag 7 Julie op Lydenburg geneem.

Toe die SALT in 2005 amptelik open, was daar skielik meer belangstelling in Sutherland en die hemelruim bo die omgewing....
09/07/2024

Toe die SALT in 2005 amptelik open, was daar skielik meer belangstelling in Sutherland en die hemelruim bo die omgewing. Dit is immers die grootste optiese teleskoop in die Suidelike Halfrond. “Maar mense kon nie soontoe gaan om sterre te kyk nie,” sê Jurg Wagener soos vertel deur .

“Toe reken ek dit sal ’n goeie plan wees om ’n teleskoop aan te skaf sodat ons daai gaping kan vul. Eers was Rita (sy vrou) nie so beïndruk met my idee nie. Kyk, ek het zero belangstelling daarin gehad. Ek het net geweet waar die maan is.”
Nou ja, as jy al op Sutherland was, het jy waarskynlik ’n aand by Jurg deurgebring sodat hy jou deur die sonnestelsel beduie. Die afgelope 15jaar het hy só bekend geraak hiervoor dat daar nou amper nie ’n aand verbygaan dat mense nié by hom stop nie. ’n Ruk gelede is hy deur iemand in Jordanië gevra om ’n soortgelyke sterrekyk ervaring daar in die Arabiese woestyn op die been te help bring.

Deesdae is daar agt teleskope in sy asbosskerm buite die dorp. “Dit het vir my ’n leefwyse geword, en ook ’n konstante leerproses. Die grootste ding wat ek geleer het, is hoe nietig ons is in hierdie wye, wye en onverklaarbare hemelruim van ons. Elke aand is vir my opwindend. My petrol is mense wat sê hulle het dit ook geniet.”

Met dié dat al hoe meer toeriste na Sutherland gekom het, het Jurg en Rita nog eiendomme op die dorp gekoop en dit alles in gastehuise omskep. Hulle het na ’n kaal plotjie getrek langs die teerpad wat die dorp inkom. Op hierdie lappie aarde het hulle weer vir hulle ’n huis gebou, bome geplant, tuin gemaak en ook ’n kampterrein begin.”

Hulle noem die plek Sterland, want van hier af neem Jurg gaste tot anderkant die maan na skitterende konstellasies en vêr af planete. “Ja, die plek het ons utopie geword. Elke dag is ’n fees en ons wil vir altyd hier wees. Kyk, Sutherland is nie ’n maklike omgewing om in te kom bly nie. Soos Rita sê: Dis nie ’n plek vir sissies nie. Oorlewing is ’n uitdaging. Jy moet planne maak.”

Jurg Wagener se Sterland is steeds die gewildste plek op Sutherland vir sterrekyk. Hy bied dit omtrent elke aand aan en dit neem sowat 1 ½ uur (R50p.p.). Dit behels ’n kort inligtingsessie oor die hemelruim voordat jy deur een van die agt teleskope na verskeie sterre en planete kyk.

Lees meer oor die mense met die warm harte in ons Winteruitgawe, nou beskikbaar in winkels en aanlyn: https://bit.ly/3ORFsrr

 is a digital space where gardeners from all over the country gather to swap interesting plants. The Facebook group is a...
08/07/2024

is a digital space where gardeners from all over the country gather to swap interesting plants. The Facebook group is a friendly place where advice is regularly shared, or homes are sought for plants. Keep an eye out for information on events and plants available to swap online.

If you want to organise a plant swap in your town, tell Saffron de la Rouviere, the founder, so that she can share it on the Plant Swap ZA page. There are also a few etiquette rules within the plant-exchange community that are worth bearing in mind:

1. Decide ahead of time what you want to swap. You can bring new or rooted cuttings, small or large plants. Anything related to botany is also suitable. Think pots, gardening tools, plant art, or items decorated with flowers.

2. Label your plants. Hang a tag with the correct name on each plant so that everyone can immediately see what is available for swapping. Plant-care tips will also be appreciated by the new owner.

3. Bring a container in which you can safely transport your plants without them falling over or having their leaves damaged. An old box is perfect.

4. Make new friends. A plant swap is the ideal opportunity to rub shoulders with other plant lovers in your area. You can write your number or social media handle on your tags to make it easy for the new plant owners to get in touch.

04/07/2024

"Elke hoender het 'n persoonlikheid." So gesels Antoinette Pienaar, die kruiekoningin van Theefontein, oor die hoenders op haar werf. Dié geveerdes wat ure se vreugde en troos bied, en vir meer plesier as die Kardashians sorg!

(Video met dank aan Bruis - Afrikaanse tydskrif )

Address

94 Main Street
Koringberg
7312

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Platteland posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Platteland:

Videos

Share

Category


Other Koringberg media companies

Show All

You may also like