Nuwe baadjie vir ń bekende gesig in die vermaaklikheids bedryf as spesialis agter die skerms, maar gesog en bekend vir meeste van Suid Afrika se top talente en persoonlikhede. Vir die laaste twee jaar, was Aïda Wessels die hoof van produksie by Blixem Productions South Africa. Sy het haar vermaak loopbaan begin in Bravo Lounge in Mosselbaai as vermaakbestuurder en Algoa FM se veld bemarker, maar d
ie verhouding met Blixem Productions het al in 2014 begin toe eienaar, André Calitz haar talente raak gesien het en ń kans gevat het en vir haar die geleentheid aangebied het om deel te word van die TV Industrie. Sy het oa deelgevorm van regstreekse uitsendings van Jukebox en JAM as produksie bestuurder en het jare later, in 2021 teruggekeer na Blixem, om reekse soos KoppieTeeFontein, WanderLus en OppieStoep te hanteer. Voor sy terug gekeer het na Blixem, was sy deel van Green Planet Productions as produksie bestuurder oa vir produksies soos die Ghoemas en kykNET Top 20. Na haar 15 jaar ondervinding in die industrie, wat ook insluit musiek, bestuur en deel van Suid -Afrika se grootste talente en produksies, waarby sy betrokke was soos "In Afrikaans" saam met InhoudHuis Musiek en bestuurder vir verskeie kunstenaars, het Aïda besluit dat die tyd nou reg is om 'n groter avontuur aan te pak. Haar nuwe maatskappy, Pair Media, se fokus sal wees op televisie, digitale en sosiale media en -bemarking, asook eksklusiewe kunstenaar bestuur. Sy sien uit om opwindende projekte aan te pak saam met al die kreatiewe en wonderlike rolspelers in ons bedryf.