Skaakmat Media

Skaakmat Media Ek staan vir die waarheid. Ek staan vir wat reg is. Staan jy teen dit en ek vind dit uit... SKAAKMAT!

27/04/2023

Daar is gevra waaroor die stilte gaan... Of ons gedreig of afgekoop is. Ons is hier en ons hou dop wat aangaan. Die bevinding was toe presies wat ons voorspel het, want dit is wat die bewyse aandui. Daar kom groot optrede teen die wat hul "groot" platvorms gebruik het vir sensasie, naamskending en eie gewin. Daar sal meer daaroor uitgebrei word baie binnekort. Intussen sit ons terug en kyk hoe die dapper akkers rondhardloop soos mak hondjies en hul spore probeer toesmeer nadat hul probeer geld maak het uit advertensie gelde op platvorm syfers wat gedryf was deur naamskending en goedkoop sensasie. Jy d**k jy het gehelp met geregtigheid, of dit is minstens wat jy probeer voorgee... Jy gaan nog uitvind wat die jag naweek na vals geregtigheid jou ten einde gaan kos. Die einste mense wat jy d**k werk saam jou en waardeer jou "ek wil net help" bewys stukke soos jy dit noem; is besig om n saak teen jou en ander soos jy te bou. Dit was die eerste en enigste stukkie inligting wat ek jou hieroor gaan gee.

Die koerant voorblaaie sal binnekort spog met n saak wat as voorbeeld gebruik gaan word om ander twee keer te laat d**k oor hoe hul hulself aanlyn gedra.

Skaakmat!

18/02/2023

Die aantal inboks boodskappe wat ek ontvang het oor die laaste paar dae ter ondersteuning van my doel is fantasties. Ja daar was "hate mail" soos die Engelsman sou sê. Maar dit was 90% goed en positief.

Daar is n baie groot aantal mense wat voel presies soos ek voel, en dit is dat daar mense is wat wegkom met "moord" op sosiale media en ander areas van die lewe.

Ek het persoonlik die blad begin omdat ek al vir lank die onreg sien en dit het n ongemaklike gevoel binne my laat opbou. En toe hoor ek laasweek van n tiener seun wat homself gehang het asgevolg van n sosiale media veldtog teen sy pa. Die veldtog het so ver gestrek dat die seun nie meer kon skool toe gaan sonder om geboelie te word. Dinge het vir hom te erg geword en hy het oorgegee.

Die ding het my uiteindelik oor die wal gestoot en ek het die besluit geneem om die ondervinding wat ek het te gebruik saam met n baie unieke vermoë wat ek het, om teen daardie mense op te tree wat ander benadeel.

Daar is geen sosiale media profiel of blad waaragter iemand kan skuil nie. Daar is geen vals identiteit wat nie ontbloot sal word nie. En daar is geen waarheid wat nie uit sal kom nie.

Skaakmat Media is nie n nuus blad nie, dit is n blad wat staan vir reg en geregtigheid. Waar die wet in Suid Afrika weier om op te staan vir die wat dit nodig het, daar sal Skaakmat intree en verandering forseer.

Soos ek al voorheen gesê het, die boelie op die speelgrond het nodig om te weet dat sy grootste nagmerrie om die draai is, dat daardie nagmerrie elke deel van sy lewe sal indring en elkeen van sy diepste geheime sal oopvlek en teen hom sal gebruik, tot hy nie anders kan as om te verander en te stop waarmee hy besig is.

Dit geld vir die owerhede ook. Vat omkoop geld, steek n saak leêr weg, maak bewyse verdwyn of sien onreg en gooi n blinde oog. En jy sal n nagmerrie beleef waaruit jy nie sal wakker word tot jy die regte ding doen.

Dit is waarvoor ek staan, en dit is waarvoor ek sal bly staan tot die einde.

Skaakmat.

Ek plaas hierdie foto ter ondersteuning van my vorige plasing. Soos jy kan sien het die persoon se emosies haar slegs to...
17/02/2023

Ek plaas hierdie foto ter ondersteuning van my vorige plasing. Soos jy kan sien het die persoon se emosies haar slegs toegelaat om die eerste lyn van my plasing te sien en te lees, en die res het sy uitgekanseleer. Tog het sy my beskuldig van n string dinge en my sleg gesê gebaseer op die eerste lyn van my plasing, en dit terwyl sy my volle plasing voor haar gehad het om te lees sonder obstruksie, wel ek moet erken dat dwaasheid dalk n moontlike obstruksie was vir haar. Tog... het ek die respek om n voorbeeld van haar te maak sonder om haar naam te noem en sonder om die blad wat sy onskuldig probeer insleep het by haar stelling se naam te noem.

Hoekom het ek dit uitgelaat? Want mevrou, as jy die hele plasing gelees het waarop jy reageer het, sou jy nou kon onderskei dat ek reageer uit ondervinding en met logika, terwyl jy aan die ander kant slegs uit emosie gereageer het.

Wenk vir die toekoms: Moenie blaaie of mense probeer insleep by n ding waar hulle nie betrokke wil wees nie. 😉

Die volgende skuif is joune.

Die weergawe van gebeure klink vir my heel geloofwaardig en ter ondersteuning van die bewyse wat gevind is. Ek kan natuu...
17/02/2023

Die weergawe van gebeure klink vir my heel geloofwaardig en ter ondersteuning van die bewyse wat gevind is. Ek kan natuurlik nou nie myself anker en sê alles is waar of onwaar nie, want ten einde was ek nie daar nie en ek het nie gesien dat alles gebeur het soos dit gesê is, of dat dit nie gebeur het soos dit gesê is.

Maar hier is iets wat ek wil sê vir die wat spekuleer;

Die woord onpartydig beteken:

As onpartydig noem ons iets of iemand wat nie bevooroordeeld is nie, wat nie leun of enige posisie of idee bevoordeel nie. Die woord word gevorm met die agtervoegsel in- en die byvoeglike naamwoord gedeeltelik.

'N Onpartydige persoon is byvoorbeeld een dat dit onpartydig beoordeel of voortgaan, sonder om partydig of subjektief te wees, maar is neutraal en gelykmatig. Byvoorbeeld: "Ons het 'n onpartydige arbiter nodig om hierdie saak te besleg."

Onpartydigheid beteken nie 'n voorstander van enige kant of partydigheid wees nie en bly gevolglik in 'n objektiewe posisie in verhouding tot die opponerende faksies. Byvoorbeeld: "Ek wou hê dat die instansie deur 'n onpartydige persoon bestuur word."

Hoekom noem ek hierdie punt?

Ek noem dit want dit is belangrik om voor jy skryf of reageer op enige bewyse of inligting vir jouself te vra: het ek met n onpartydige oog hierna gekyk?

As ek meer in guns is van die moord theorie kan ek maklik seker 20 punte uithaal uit die bogenoemde berig wat my theorie sal ondersteun.

As ek meer in guns is van die ongeluk theorie kan ek dieselfde doen en vir jou sê dat hierdie vir my na die volle waarheid klink en dat dit baie moontlik net n ongeluk was.

Waarheid is waarheid en hy sal altyd uit, al vat hy soms lank. Maar wat ook waar is, is dat jy altyd sal kry waarvoor jy soek.

Daar is eintlik n toets wat jy sommer binne jou huis kan doen wat al gebruik is om vir mense te wys dat hul altyd sal kry wat hul op fokus.

Die toets werk so-

Daar waar jy sit, kyk vir 10 sekondes rond en soek alles wat blou is om jou. Maak nou toe jou oë en noem alles wat jy kon sien wat blou is.

Maak jou oë weer oop vir 10 sekondes en soek vir alles wat groen is om jou. Maak nou toe jou oë en noem alles wat jy kon sien wat rooi is.

Kans is goed dat jy die eerste keer gekry het waarvoor jy soek, kans is ook goed dat jy die tweede keer min rooi dinge kon noem. Die rooi was daar, jy het dit netnie gesien nie, want jy het vir groen gesoek.

Ek weet dit klink na n belaglike argument en dit lyk na n simpel ding om te skryf in so ernstige saak. Maar wat ek probeer doen, is om vir jou te verduidelik dat dinge soos emosies, trauma en skok ons soms partydig maak. Ons lees of sien enige iets met n vooraf besluit gefokus op dit wat ons wil glo.

En dit is gevaarlik.

Daarom is daar uitstekende ondersoekers wat onpartydig kan bly en kan kyk na bewyse sonder emosies en ander dinge wat hul blind maak vir wat reg voor hul is.

En daarom moet jy wat nie noodwendig geleer is om sulke sake te ondersoek nie juis pasop wat jy skryf of sê. Opleiding is bitter belangrik in gevalle soos die, want dit is juis daardie opleiding wat die ondersoeker help om te sien wat hy moet sien, en nie wat hy wil sien nie.

Mag die waarheid ten einde wen en mag daar vrede wees vir die wat dit nodig het. Die regte span is besig met die saak en ons bid vir hulle vir insig en wysheid.

Die eienaars van die Henbase Lodge in Morgenzon, Mpumalanga, waar die jong boer Willem Kruger ná ’n rampartytjie met sy bakkie in die Vaalrivier beland het, maak hart oop.

Die doel is bereik, en dit is dat mense twee keer d**k voor hul praat of skryf. Ons almal maak foute en soms laat ons to...
14/02/2023

Die doel is bereik, en dit is dat mense twee keer d**k voor hul praat of skryf. Ons almal maak foute en soms laat ons toe dat emosies met ons verstand weghol. Ek hoop dat daar van hier af vorentoe op n wettige manier met die besonderhede van hierdie saak gewerk sal word.

My blad is nuut en nog baie "ag shame" klein. Maar in die laaste 24 uur het die baba blad vir reuse gewys dat hulle ook kan uitvind hoe dit voel om te sit in vrees, onsekerheid en pyn.

Gaan nou voort en bou verder op aan jul Trots. Al wat ek vra is doen dit reg en moenie laat dit onodige hartseer kos? Sien hierdie as n genade skuif, ek d**k die regte lesse is geleer en dit sal nie nodig wees om die gesigte agter die masker te wys.

13/02/2023

Daar is hoeveel keer gevra om die familie van Willem Kruger te respekteer.

Daar is hoeveel keer aangemaan om nie sensasie te veroorsaak met plasings wat spekulasie uitlok nie.

Daar is hoeveel keer gevra om die ondersoek sy gang te laat gaan en om die proses kans te gee om te gebeur.

Daar is hoeveel keer gesmeek om nie vals nuus te versprei nie en om nie name te noem en die ondersoek te beinvloed nie.

Tog was al daardie vrae vertrap en bloot uit die pad gevee vir sensasie en n paar "likes".

Daar is n groot verskil tussen veg vir geregtigheid en antwoorde, en die uitbyt van n situasie vir eie gewin en plesier.

Daar is n uitstekende span besig om die tragiese insident wat sommer n moord genoem word te ondersoek, daardie span het al die informasie en gereedskap tot hul beskikbaarheid en hul sal die waarheid laat uitkom soos dit moet.

Daar word op my vorige plasing gereageer dat koerante dan skryf, so hoekom mag ander nie?

Die antwoord is eenvoudig, koerante skryf en hou hulself by n stel reels, daardie reels moet gevolg word anders is daar nagevolge vir die publikasie. Daardie stel reels is n riglyn wat by gehou moet word sodat die wet nie oortree word nie. Die ander wat sommer so los skryf op sosiale media hou hulself nie by daardie reels nie, hul skryf bloot wat hul wil en sodra dinge warm word of hul verkeerd bewys word, vee hul dit uit en beweeg aan na die volgende plasing.

En daarom het ek besluit om in te tree. Want alhoewel die waarheid moet uit, is daar reels wat gevolg moet word. Jy kannie iemand se hele toekoms, menswees of besigheid wil afbreek met jou roekelose woorde, en dan stap jy weg sonder om te antwoord vir jou dade nie.

Sou die saak uitdraai om n moord te wees, sal dit ondersoek word as een en daar sal gevolge wees vir die skuldiges. My liewe genade mense, ons weet nognie eers of n misdaad plaasgevind het nie, maar daar loop reeds mense rond wat gemerk is as moordenaars. Daar word reeds besighede beskadig en benoem as misdaad tonele. Daar leef reeds ondersoekers en mediese werkers in vrees omdat daar bespiegel word dat hul omgekoop is om stil te bly of om bewyse te verdoesel.

Dit hoort nie so nie, en terwyl ek iets daaraan kan doen, sal ek.

Staan jy vir geregtigheid of is jy pleinweg n boelie met n agenda? Jy maak verwysing na die    as die misdaads toneel en...
13/02/2023

Staan jy vir geregtigheid of is jy pleinweg n boelie met n agenda? Jy maak verwysing na die as die misdaads toneel en jy praat van die moord op Willem Kruger... Dit terwyl daar duidelik deur die owerhede gesê word dat daar geen moord saak ondersoek word nie en dat daar slegs n geregtelike doodsondersoek gedoen word. Jy noem name en besighede en jy brand hul reputasie tot die grond af met jou aantuigings gebaseer op valse stellings. Jou blad se identiteit beskerm jou nie verder van jou sondes nie. Maak jou volgende skuif mooi, want Skaakmat is om die draai.

Daardie jong man verdien geregtigheid indien daar vuilspel was, maar nie op die manier wat jy dit wil bedien nie. Jy wil jou sakke laai met geld terwyl jy weet jy plaas snert om mense se emosies te oortuig om jou finansieel te ondersteun.

Ek wonder wat is erger... iemand wat "vermoedelik" swyg oor iemand anders se "vermoedelike" moord...

Of iemand wat agter die woord geregtigheid skuil en besluit om n paar wette te breek met plasings wat naamskending, vals inligting en onbevestigde informasie bevat, daardie plasings op en af te haal soos dit hulle agenda pas.

Dan mense se emosies aan te raak deur te maak of hul staan vir geregtigheid... en skielik te besluit om die interaksie telling op die blad te gebruik om geld te probeer maak uit die einste tragedie wat vir hulle daardie interaksie telling gegee het.

Vir my is dit nie net krimineel nie, maar ook getuig dit van uiterse swak waardes, en die feit dat julle nie omgee hoeveel seer en haat julle gesaai het met julle valse sensasie soekery nie, maak julle vir my erger as die wat hulle so probeer kruisig vir geld ..

Maar ag wat, hoe sê die einste TrotsAfrikaans kort-kort... Money talks... Maar wat weet ek tog... Ek was nou al by Piet, Koos, Jan, Vermeulen en Plews en steeds kan niemand my help met n antwoord.

Weet julle dalk TrotsAfrikaans?

12/02/2023

Hoekom Skaakmat?

In die lewe kry elkeen n kans om n paar skuiwe te maak. Van ons leef vir ons kinders, ons naaste en vir n beter toekoms. Ons beplan ons skuiwe mooi en soms maak ons die verkeerde skuif, maar dan stop ons, ons d**k, en ons probeer om die volgende skuif n beter een te maak.

En dan kry jy die wat skuif sonder gewete, die wat skuif sonder simpatie en empatie. Die wie se skuiwe ander se planne verwoes.

En wat gebeur met daardie mense wat so gewetenloos deur die lewe gaan? Waar stop hulle boosheid en wie ruk hulle tot stilstand?

Net soos talle ander, het ek my skuiwe mooi beplan, ek het by die reels gehou en nooit uit my b***t geskuif nie. Ek sien al vir jare lank hoe mense soos ek slagoffers word. Hoe goeie en ordentlike mense verwoes word deur die wat nie n duiwel omgee oor hul optrede nie.

En vandag het ek die besluit geneem, ek het die finale hou op die ken gevat, ek het vir die laaste keer my wang gedraai. Ek het vir die laaste keer gesien hoe onreg ongestraf bly staan.

Hier gaan ek die sleg ontbloot, hier gaan ek opstaan vir die wat dit verdien, hier gaan die wat ander skade aanrig besef dat hul laaste skuif gemaak is.

Die wereld het iemand nodig wat bereid is om die boelie op die speelgrond se grootste nagmerrie te word.

En daarom Skaakmat!

Address

Johannesburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Skaakmat Media posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category


Other Media in Johannesburg

Show All