Die Sirkel

Die Sirkel 'n Veilige spasie vir vroue, waar jy kan waag om net te wéés. Kom kuier, kom lag, kom huil saam. Kom nes jy is. Hier kan jy, liewe vrou, net WEES!

My droomEen massiewe sirkel van vrouens. Want in ‘n sirkel is niemand bo of onder, voor of agter. Almal is gelyk. Genoeg...
08/10/2023

My droom

Een massiewe sirkel van vrouens.
Want in ‘n sirkel is niemand bo of onder, voor of agter.
Almal is gelyk. Genoeg.

~ die  g a t ~daar is ‘n g*tdiepasof die bodem eindeloos ver isdaar is ‘n holtehongerasof niks dit ooit sal vul niedaar ...
19/07/2023

~ die g a t ~

daar is ‘n g*t
diep
asof die bodem eindeloos ver is

daar is ‘n holte
honger
asof niks dit ooit sal vul nie

daar is ‘n opening
donker
asof dit al die lig uit my in suig

Ek voel
b a n g
want ek gaan in die g*t verdrink

w a a r d e l o o s
want ek sal nooit dit met myself kan vul nie

o n g e s i e n e
want in die donkerte verdwyn my wese

vir jare probeer ek - tevergeefs - die g*t in my siel ignoreer
soms word dit kleiner
soms sluk dit my in

Tot die dag toe ek my vrees in die gesig gestaar het. Naak die g*t betree het. En geklee met my vrese en trauma daar in gespring het.

Gewigloos.
Vreesloos.
Vervuld.
Lig.
G e n e e s

Die g*t was nooit iets om te vrees nie
Die g*t was ‘n skuilte vir wegkruip van die seer, maar

nie meer nie!

n o u;
NOU herskryf ek my einde. G*t en al.

05/06/2023

Dames, merk julle kalenders!

Kom vier vrouwees ,18 November 2023!

24/05/2023

So vee af jou trane,
tel op jou kop,
gaan haal daai asem,
wapper jou vlag,
en begin weer.

Vir die twintigste keer, dertigste keer, honderdste keer. Maak nie saak nie.

net vir vandag
en more vir more
en oormôre vir oormôre

warrior
kind van die Lig
jy is nie alleen nie
ons cheer jou aan
staan op!

© Hekelwoorde

Illustrasie deur Glendine

Pragtig gestel!
17/05/2023

Pragtig gestel!

Al wat mens verseker weet as jy die dag 'n baba kry, is dat jy nie 'n clue het wat op jou wag nie.

Ander ouers sal vir jou sê dis hard en moeilik, maar in dieselfde sin hoe super amazing dit is. Nuwe mammas en pappas sit met dowwe oë en afgeremde ooglede van min seks en min slaap, en prewel op 'n onentoesiastiese lae noot dis die ontelbaarste beste ding nog ooit! Ouers van tieners se hare lyk soos Gorillas in the Mist van al die konflik, maar huil dan uiteindelik soos Heidi as die tiener die huis verlaat.

Ouerskap is vir elke ouer 'n deurbosde, onbeweide oerwoud na 'n wonderlike waterval van mooi en lekker, besaai met luislange en skoenlappers en b***y traps wat jou hart deurboor van lag en huil. En al is die reis met elke kind 'n ander avontuur, is daar 'n paar dinge wat ek graag hier sal wil sê vir dié wat nog moet leer, of dié wat vir oulaas wil onthou:

Die tyd om jou kinders te leer avontuurlustig eet, is voor hulle lippe leer woorde praat... Seriously. Want as die lippe geleer het om nee te sê, is die tyd om die tong te verlei verby. My vriendin het pesto en avokadopeer en hummus by haar kinders se kos gegooi voor hulle nog 'n wil gehad het, en hulle eet soos grassnyers terwyl ander s'n net vier soorte kos met 'n tweezer eet. Die frase "om 'n kind se palet te ontwikkel" bestaan vir 'n rede.

Leer jou kind om te werk as hulle nog te klein is om die besem vas te hou. Kinders met lang arms leer moeilik skottelgoed was en gras sny. Daai is dinge wat geleer moet word terwyl die armpies nog kort is.

Jou kinders sal jou hand en mond en hart en tand belowe dat hulle vir altyd op jou skoot sal sit. En op 'n dag gaan jy jou arms oopmaak vir 'n nabywees, en daai lang mens gaan sy kop skud en kamer toe wegstap met sy lang arms. Dán eers gaan jy besef die laaste keer van skootsit is sonder onthou.... omdat dit gebeur het sonder 'n klok wat lui of die aarde wat skeur. Want die laaste keer wat jou kind soos 'n klein apie aan jou gaan vasklou sal altyd gister wees, nooit more nie. So hang aan hulle soos 'n tarantula terwyl jy kan.

'n Kind is soos 'n groot komposhoop, en die tyd om goeie goed by te gooi is terwyl daai komposhoop uitgebroei word. Jy kan nie na die tyd as dit al op die gras uitgegooi is nog met 'n piesangskil of eierdoppe aangehol kom en sê dit moes nog bygesit word nie..... as die kompos eers gegooi is, is die tyd vir bysit verby. En wanneer is daai tyd? Sodra 'n skeermes in die prentjie kom - beenhare skeer, kieliebakkies skeer, snor skeer, baard skeer. Dáárdie dag terwyl jy dorp toe ry om die skeermes te gaan koop, kom die groot span en gooi die kompos op die gras terwyl jy wegkyk. En dan wil jy nie nog met goeie intensies in jou hande staan wat nie meer tyd het om ingewerk te word nie.

Ons het met die kinders gaan kamp, en hulle sirkus toe gevat, en ons het om baie vure gesit en baie lang grondpaaie saam gery, maar baie van daardie dinge kan hulle glad nie meer onthou nie. Toe sê 'n vriend vir my nou die dag: "hulle hoef dit nie te onthou vir die memories om in hulle te wees nie" Dit het my soveel beter laat voel oor my probeer. Die doendinge word deel van hulle lyf, al dryf dit nie noodwendig in die dam van hulle onthou nie, so maak daardie 'memory bank' maar so vol soos jy kan. Elke doen sal vir altyd in hulle lyf saam met hulle deur die lewe gaan.

En die grootste ding wat ek geleer het met my twee, is as dit by kinders kom, gister altyd 'n groter rol speel as môre. Mens moet probeer sorg dat as die môre kom, jy kan terugkyk na die gister en weet jy was wel daar, het dit wel gedoen, dit wel gesê, wel die tyd spandeer. Met kinders moet mens sorg dat jou doen in die verlede is, nie net in die intensie nie. Môre's moet net gebruik word om beter te doen, weer te probeer, en nooit op te gee nie.

Kinders grootmaak is die kleinste en die grootste ding wat mens ooit in jou lewe sal doen. En eendag sal jy afbuk om gou jou skoenveter vas te maak, en as jy opkom sal daar 'n lang mens langs jou sal staan. Iemand met sy of haar eie mens, en eie wil, en eie drome, en eie persoonlikheid. Mooier en groter as wat jy ooit in jou wildste drome kon bedink. Om saam met jou in die waterval te gaan swem, en dalk net te vra of ons maar vanaand kan steak eet, met maldon sout op 'n plankie. Nét soos mamma dit altyd vir ons gemaak het toe ons nog net 'n kinners was 😁.

© Hekelwoorde

🙋🏻‍♀️ek ook
13/05/2023

🙋🏻‍♀️ek ook

Address

Dendron
0715

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Sirkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share


Other Dendron media companies

Show All

You may also like