nr7media

nr7media Podcast Hosting & Production and Digital Marketing Services. Current shows:

1. Klipkouers: Business (Afr)
2. BoerPot: Business of Farming (Afr)
3.

Nostalgooi: Entertainment Legends (Afr)
4. BizCrush: Business (Eng)
5. Pod of Gold: Mining (Eng)

17/11/2023

Len Fourie, is die breinkrag agter stads- en streeksbeplanning firma Macroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, byvoorbeeld die krag krisis, onvoorsiene voordele vir SA besighede kan inhou en hoe sy kleintyd passie gelei het tot suskes is sy beroep.

17/11/2023

Expat Explore is ’n besigheid in Europa wat gemiddeld 13,000 toere per jaar reël. Die Suid-Afrikaner, Jakes Maritz, is die dryfkrag agter dié besigheid. Hy gesels met Klipkouers oor onder meer hoe om mense aan te stel en hoe jy foute moet hanteer.

17/11/2023

Kom luister na my eerste en ROWWE aangesig tot aangesig onderhoud met die legende agter die baard, Meyer le Roux. Waar ons onder andere gesels oor die herkoms van Buffelsfontein, die toekoms, Generaal de Wet en baard toupees!

17/11/2023

Die breinkrag agter die ingenieursfirma Van Zyl en De Villiers in Engeland, Paul Vorster, gesels met Klipkouers oor vriendskap en besigheid, asook innoverende denke in die besigheidskonteks.

17/11/2023

Mousetrap Cheese is ’n besigheid in Kaapstad wat kaas verskaf aan restaurante en lugdienste. Tania Vermeulen, is die dryfkrag agter dié besigheid. Sy gesels met Klipkouers oor onder meer eerlikheid met kliënte en hoe emosionele betrokkenheid by personeel.

17/11/2023

Tiaan de Jager, stigter van Medifin en Greenfin, gesels met my oor sy innoverende, webgebasseerde finansieringsdienste besigheid en onder andere hoe sy verskaffers strategiese vennote is wat bydrae tot lae koste verkope in sy besigheid.

17/11/2023

Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels met nog 20 tot 25 internasionale koffiewinkels in die pyplyn vir 2016.

03/11/2023

Het jy al ooit gewonder waarom ry daar meestal oorsee-vervaardigde “rowwe-onbeskofte-ruwwe-terrein-bakkies” in Afrika rond? Wel, dis aan die verander. ‘n Vrystater het opgehou wonder. ‘n Plan gemaak en gedoen! So is die bekostigbare, taai, betroubare, geen fieterjasies Brandt BRV-werkeselbakkies in Bloemfontein gebore en nou ook vervaardig.
Ek het onlangs die spartaanse, duursame, lae onderhoud, veldry-voertuig met sy stewige vragdravermoë by die Agriculture.Golf-gholfdag in Bloemfontein, te siene gekry. Hy het ook met die man agter die bakkies wat internasionale motorvervaardigers op eie werf aangedurf het, Stian Brandt van Brandt Radical Vehicles, gesels.

Luister nuwe Klipkouers   Episode 173: Sepp Eckmaier Vanuit die omstrede Afrikaner-nedersetting van Orania, in die hartj...
09/06/2023

Luister nuwe Klipkouers Episode 173: Sepp Eckmaier

Vanuit die omstrede Afrikaner-nedersetting van Orania, in die hartjie van die Karoo en op die oewer van die Oranjerivier, word al vir die afgelope bykans 10 jaar tradisionele Duitse bier gebrou wat vir Suid-Afrikaanse skuimkop-liefhebbers, van heinde en ver, gaande het.

Sepp Eckmaier het vir Orania ontdek tydens ’n gesinsvakansie in die Republiek, en vyf jaar later, na etlike jare se diens, uit die Duitse weermag bedank om die Bavaria Brouery Orania op die been te bring. Bavaria is gesog vir die hoë gehalte bier wat hulle, volgens die ‘Duitse Reinheitsgebot’ van 1516, brou.

Luister op Spotify: https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=f5593060be4d4b83

Luister op Apple Podcasts: https://podcasts.apple.com/us/podcast/klipkouers/id1596450414

“The idea of just wandering off to a café with a notebook and writing and seeing where that takes me for a while is just...
31/05/2023

“The idea of just wandering off to a café with a notebook and writing and seeing where that takes me for a while is just bliss.” J. K. Rowling

Head over to Boma Café and unlock your wizardry, too!

You’ll find Boma Café at 4 Regency Dr, R21 Corporate Park, Irene, or send an email to: [email protected]

Visit our website: www.klipkouers.com

A state-of-the-art coworking space that guarantees a unique, fun working environment.This is but one of the many reasons...
31/05/2023

A state-of-the-art coworking space that guarantees a unique, fun working environment.

This is but one of the many reasons why Boma@21 is the coworking space of choice for professionals from diverse fields.

For more information and tariffs, please visit us at Boma@21, 4 Regency Dr, R21 Corporate Park, Irene, or send an email to: [email protected]

Visit our website: www.klipkouers.com

’n Moderne samewerkingsruimte wat ’n unieke en genotvolle werksomgewing bied.Dit is een van die vele redes waarom profes...
31/05/2023

’n Moderne samewerkingsruimte wat ’n unieke en genotvolle werksomgewing bied.

Dit is een van die vele redes waarom professionele mense vanuit ’n verskeidenheid van velde vir Boma@21 verkies as hul samewerkingsruimte van keuse.

Vir meer inligting en tariewe, besoek ons gerus by Boma@21, Regency Weg 4, R21 Corporate Park, Irene, of stuur ‘n e-pos aan: [email protected]

’n Besigheidskultuur wat oop is vir verskillende denke en style, lei tot vernuwende idees, produkte en prosesse.Wanneer ...
31/05/2023

’n Besigheidskultuur wat oop is vir verskillende denke en style, lei tot vernuwende idees, produkte en prosesse.

Wanneer ’n mens dus ’n maatskappy skep wat diversiteit van agtergrond, opvoeding, lewenservaring en vaardighede aanmoedig, skep jy inderwaarheid sukses.

Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

25/05/2023

Skakel moreoggend in vir die maandelikse aflewering van Klipkouer SON, om meer te leer oor die nuutste ontwikkelings in die industrie.

Jacques en die paneel bespreek die ingewikkelde dog interessante wêreld van besigheid, met onderwerpe wat insluit tegnologie, regte en finansies.

Besoek:

Die ontwikkeling van KI en masjienleer maak voortdurend opslae.KI maak dit moontlik vir mense om hul tyd optimaal te ben...
23/05/2023

Die ontwikkeling van KI en masjienleer maak voortdurend opslae.

KI maak dit moontlik vir mense om hul tyd optimaal te benut ten einde op inkomste-genere-rende strategie eerder as alledaagse take te fokus.

Hierdie tegnologie bied ook waardevolle insig om kliënte-ervaring te verbeter.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Digitale oplossings is lankal nie meer ’n nuutjie nie.Dit het maatskappye se produktiwiteit en winsgewendheid dramaties ...
19/05/2023

Digitale oplossings is lankal nie meer ’n nuutjie nie.

Dit het maatskappye se produktiwiteit en winsgewendheid dramaties verhoog. Van outima-tisering van alledaagse take tot vaartbelyning van kommunikasie en medewerking, help dit besighede van alle groottes om mededingend te wees.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Daar is daagliks nuwighede om na te jaag.Nuwe tegnologie. Nuwe idees. In die sakewêreld, sowel as ons persoonlike lewens...
16/05/2023

Daar is daagliks nuwighede om na te jaag.

Nuwe tegnologie. Nuwe idees. In die sakewêreld, sowel as ons persoonlike lewens.

In hierdie snelveranderende wêreld hang sukses af van ons vermoë om te leer, af te leer en weer te leer.

Korrekte kennis bied nie bloot mag nie, maar ook wins.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Die entrepreneur van die toekoms is geseënd met die luukse om dinamiese spanne saam te stel, ongeag geografie.Deesdae ka...
11/05/2023

Die entrepreneur van die toekoms is geseënd met die luukse om dinamiese spanne saam te stel, ongeag geografie.

Deesdae kan ’n mens jou organisasie bou in lande regoor die wêreld waar vaardigheidstelle bekombaar, en bekostigbaar, is.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Die eienskap wat toekomstige entrepreneurs sal onderskei van hul eweknieë is sentrale senuweestelsel (SSS) modulasie.Die...
04/05/2023

Die eienskap wat toekomstige entrepreneurs sal onderskei van hul eweknieë is sentrale senuweestelsel (SSS) modulasie.

Die sakelui wat hierdie vermoë bemeester kan basies na willekeur sy/haar geestestoestand swaai vir enige situasie. Dit kan kritiek wees in tye van onsekerheid.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Intuïsie is ’n kragtige vaardigheid wat, indien effektief ingespan, ’n nuwe wêreld van entrepreneuriese besluitneming ka...
03/05/2023

Intuïsie is ’n kragtige vaardigheid wat, indien effektief ingespan, ’n nuwe wêreld van entrepreneuriese besluitneming kan ontsluit.

Teen 2040 word verwag dat ‘Intuïsie’ sal deel uitmaak van meeste maatskappye se opleidingsprotokol, sodat sakemanne hul instinkte beter kan volg.

Besoek: http://www.klipkouers.com

“Vryheid is die oop venster waardeur die sonlig van die menslike gees en menswaardigheid gegiet word.” Herbert HooverGel...
28/04/2023

“Vryheid is die oop venster waardeur die sonlig van die menslike gees en menswaardigheid gegiet word.” Herbert Hoover

Gelukkige Vryheidsdag aan al die Klipkouers!

Besoek: http://www.klipkouers.com

Hoewel uiters lonend om ’n kleinsake-eienaar te wees, kan dit ook emosioneel uitputtend wees.Hier is ’n paar wenke om ui...
25/04/2023

Hoewel uiters lonend om ’n kleinsake-eienaar te wees, kan dit ook emosioneel uitputtend wees.

Hier is ’n paar wenke om uitbranding te voorkom:

Delegeer take soos boekhouding, webwerfopdatering of bemarking.

En, omarm nuwe tegnologie wat jou besigheid kan help stroomlyn.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Met kleiner begrotings as hul groter eweknieë, moet kleinsake kreatief en vindingryk te werk gaan met hul digitale bemar...
20/04/2023

Met kleiner begrotings as hul groter eweknieë, moet kleinsake kreatief en vindingryk te werk gaan met hul digitale bemarkingstrategie.

Jy benodig ’n aanlynteenwoordigheid.

Besluit op ’n gepaste webwerf, en inkorporeer e-posbemarking, SEO-toebehore, analise en webwerftoepassings.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Kapitaal en kontantvloei bied ’n lewenslyn, vernaam om ’n besigheid op die been te bring en uit te brei.Derhalwe moet ’n...
18/04/2023

Kapitaal en kontantvloei bied ’n lewenslyn, vernaam om ’n besigheid op die been te bring en uit te brei.

Derhalwe moet ’n mens jou boekhouding in stand hou en kontantvloei noukeurig bestuur, ten einde genoeg kontantreserwes te verseker om rekeninge te dek en winste te genereer.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Om die regte talent te huur, sowel as om werknemers te behou en motiveer, bied ’n uitdaging vir kleinsake-eienaars - ver...
13/04/2023

Om die regte talent te huur, sowel as om werknemers te behou en motiveer, bied ’n uitdaging vir kleinsake-eienaars - verál omdat hulle salarisse moet verhoog om mededingend te bly en kwaliteit-kandidate te lok.

Dit is dikwels raadsaam om van werwingsagentskappe gebruik te maak.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Handelsmerkbewustheid bou ’n kliëntebasis, wat jou handelsmerk op ’n myl kan uitken.Maak dus gebruik van jou beste bemar...
11/04/2023

Handelsmerkbewustheid bou ’n kliëntebasis, wat jou handelsmerk op ’n myl kan uitken.

Maak dus gebruik van jou beste bemarkingsgereedskap - jou webwerf.

Skep ’n SEO-strategie om verkeer na jou werf te lei. Wat inhoud betref, begin ’n blog of potgooi om jou handelsmerk uit te bou.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Kleinsake het met groter magte te kampe, soos voorsieningskettingkwessies, arbeidstekorte, en inflasie, om nie te praat ...
05/04/2023

Kleinsake het met groter magte te kampe, soos voorsieningskettingkwessies, arbeidstekorte, en inflasie, om nie te praat van beurtkrag nie!

Juis daarom is openhartige kommunikasie met verbruikers noodsaaklik. Lig kliënte betyds in oor bv. prysverhogings, en wen só hul vertroue.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Kleinsake-eienaars het bewys dat hulle veerkragtig en flink genoeg is om enige uitdaging wat die ekonomie bied, hok te s...
29/03/2023

Kleinsake-eienaars het bewys dat hulle veerkragtig en flink genoeg is om enige uitdaging wat die ekonomie bied, hok te slaan.

Kleinsake-eienaars moet voortdurend beste praktyke aanleer en sagteware-oplossings ontgin ten einde hul bemarkingsinisiatiewe te optimaliseer.

Besoek: http://www.klipkouers.com

Address

4 Regency Drive, R21 Corporate Park
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when nr7media posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to nr7media:

Videos

Share



You may also like