Netradiosa wwwnetradiosacoza

Netradiosa wwwnetradiosacoza Meer as Net Radio. NetRadioSa can reach 2 billion smartphone users, any place on earth. BRING JOU BESIGHEID NA DUISENDE BESOEKERS.
(2)

Hierdie week se "Fanie Pleeg Politiek-Verantwoordbaarheid, Blaam Verskuiwing en slagofferskap
21/02/2024

Hierdie week se "Fanie Pleeg Politiek-Verantwoordbaarheid, Blaam Verskuiwing en slagofferskap

Politieke Satire - Verantwoordbaarheid, Blaam verskuiwing en Slagofferskap

Die Weeklikse politieke Satire-Fanie pleeg politiek   Cyril Ramaphosa,  ,  ,
14/02/2024

Die Weeklikse politieke Satire-Fanie pleeg politiek Cyril Ramaphosa, , ,

05/02/2024
22/01/2024
30/12/2023

Gelukkige nuwe jaar...

Dit is die boodskap en groete wat menige van ons in die volgende paar dae aan mekaar gaan oordra; wense vir goeie gesondheid, gesonde finansies en sommer die alom bekende "mag dit met ons almal goed gaan."

Maar, in meeste van ons mense en bure en vriende se wankelrige kersfees bevryde gemoedere, weet ons dat die nuwe jaar en sy daaglikse dinge vir elke dag se eise en verwagtinge sal sorg; dat die geldsake vir baie 'n wakkerbly-nagmerrie sal bly, dat die roete terug na die dokter vir sommiges oorbekend sal word en dat 2024 se hoop nie uit die niet en op sterkte van 'n dag en datum op 'n kalender sal verskyn nie!

Daarom sal ek kies om vandag eers af te handel, dan more en dan een-vir-een die daarop volgende dae wat aan my bestaan hier geskenk word. Geskenkte dae waarop ek vir iemand geluk moet bring en om moontlik erens te midde daarvan, juis ook gelukkig te wees, want wanneer ons die slaap uit die ogies vee, dan stroom die gelukswense en woorde van wysheid vir 'n nuwe jaar weer die media vol en skielik is die kalender leeg en 'n jaar verby!

Mag jy en ek en die bure en hul vriende dan kan terug d**k en dankbaar wees; dankbaar dat ons wel gelukkige dae kon geniet, dat ek vir iemand iets kon beteken wat hom en haar ook gelukkig kon maak.

Groete tot 2024.

08/11/2023

8ste November 2023
Niks op aarde is gevaarliker as 'n vindingryke idioot nie.

6de November 2023Vandag gesels ek met Stefan Enslin....’n stads- en streekbeplanner wie in 2011 hierdie loopbaan opgegee...
06/11/2023

6de November 2023
Vandag gesels ek met Stefan Enslin....’n stads- en streekbeplanner wie in 2011 hierdie loopbaan opgegee het om sy droom om stories te vertel te verwesenlik.

Stefan is 'n vervaardiger, skrywer en regisseur wat veral bekend is vir Strikdas... en Nul is nie niks nie....
Stefan Enslin kom van Kaapstad, Suid-Afrika. Hy is ook ‘n bekroonde rolprent maker en het al talle speelfilms, dokumentêre programme, televisieprogramme, ens. vervaardig.

Wees seker om 4uur vanmiddag in te skakel deur enige plek in die wêreld te klik op die skakel hieronder... Ek sien uit daarna om julle om 4uur vandag voor te stel aan Stefan se veelsydige en interessante wêreld en dan ook sommer algemeen oor sy daaglikse doen en late ook te gesels...
https://ramkatradio.co.za/

06/11/2023

6DE November 2023
Ek het iewers gelees dat 26 te oud is om nog by jou ouers te bly…ek d**k dit was op ‘n nota wat ek iewers in my kamer gekry het.

5de November 2023(VANDAG SE SPEELLYS WEEREENS NOUKEURIG UITGESOEK VIR NET DIE MOOISTE MUSIEK)... Vandag se program is 'n...
05/11/2023

5de November 2023
(VANDAG SE SPEELLYS WEEREENS NOUKEURIG UITGESOEK VIR NET DIE MOOISTE MUSIEK)... Vandag se program is 'n MOET luister program!!!!!... ek het die eerste uur van die program gewy aan lekker luister... baie bekende Gospel liedjies... en dan die 2de gedeelte is gewone... Baie rustige luister musiek...

Ek nooi jou uit om vanmiddag tussen 3uur en 5 uur (aangesien jy in elk geval niks het om te doen op daardie tyd nie)... in te skakel op my program... Sondag Uitspan..... Heerlike Sondag rustigheid om die naweek mee af te sluit en die nuwe week vir julle in te lei… Pragtige rustige, mooi melodieë wat almal SAL geniet… wees seker om 3uur in te skakel ... deur op die skakel hieronder te klik… waar jy jouself ookal op aarde mag bevind…Dis musiek wat in almal se smaak val… EK SIEN UIT DAARNA OM U TE VERMAAK!!!
https://ramkatradio.co.za/
. ons waarsku egter net dat sensitiewe luisteraars... Baie rustig... en voorbereid vir die week sal voel na die program...

5de November 2023U word genooi om vanmiddag om 17H00 by ons aan te sluit vir die 51ste deel uit 101 van die Bybelstudie ...
05/11/2023

5de November 2023
U word genooi om vanmiddag om 17H00 by ons aan te sluit vir die 51ste deel uit 101 van die Bybelstudie wat handel oor die boek Lukas soos vir ons aangebied deur Ds.Gustav Opperman (Ina En Gustav Opperman) van die Gereformeerde kerk.
51) Bely Christus of nie? Wat is die onderskeid? Ds Gustav Opperman BS Lukas #51 Christus vir Vandag
Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 51ste gedeelte in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas.
OM IN TE SKAKEL EN SAAM TE LUISTER NA HIERDIE BAIE INTERRESSANTE REEKS... KLIK OP DIE SKAKEL HIERONDER... (om 5uur vanmiddag)
https://ramkatradio.co.za/

5de November 2023U word genooi om 10uur vanoggend in te skakel en saam te luister na ons oggend diens soos aan ons gelew...
05/11/2023

5de November 2023
U word genooi om 10uur vanoggend in te skakel en saam te luister na ons oggend diens soos aan ons gelewer deur Ds. Gustav Opperman (Ina En Gustav Opperman) van die Gereformeerde kerk...
Om saam te luister... klik op die skakel hieronder.... waar u ookal in die wêreld is...
Vandag se preek: ...Bedien die Brood van die Ewige Lewe: Hoe gemaak as kerke tekort skiet? Ds Gustav Opperman

INFO: Ons weet ons moet die liefde van Christus in hierdie gemeenskap uitdra, want hier is baie skape wat sonder die Herder, Jesus Christus, rondmaal ... Hier is skape en kerke met 'n gereformeerde belydenis wat nie meer herwaarts of derwaarts weet nie! Ons aanvaar die opdrag, Here, maar wat van die tekort? Waar sal ons die finansies kry? Waar sal ons die finansies kry om die Woordbediening te onderhou? Waar sal ons die finansies kry om die Woordbediening uit te brei?!
God kyk na die mensdom en kry hulle innig jammer!

https://ramkatradio.co.za/

3de November 2023U word genooi om 3uur vanmiddag in te inskakel en saam te luister na my program... Treffers van Toeka t...
03/11/2023

3de November 2023
U word genooi om 3uur vanmiddag in te inskakel en saam te luister na my program... Treffers van Toeka tot nou... (van 3uur tot 5uur)... Ek speel vir u oldies en meer moderne treffers wat ek waarborg jy sal almal like... Vandag se speellys is uitsluitlik ou AFRIKAANSE treffers.....
Om saam te luister... klik op die skakel hieronder... enige plek in die wêreld... en geniet die program!!!... Ek sien uit daarna om u voor te berei vir die komende naweek... en om jou te vermaak!!... LEKKER LUISTER!!!
https://ramkatradio.co.za/

02/11/2023

2de November 2023
Die lewe kom nie met ‘n instruksieboek nie… dis waarom ons Pa’s het.

1ste November 2023Hierdie week gesels ek oor die Anatoliese herdershond... n Opgeleide en goed gesosialiseerde Anatolies...
01/11/2023

1ste November 2023
Hierdie week gesels ek oor die Anatoliese herdershond... n Opgeleide en goed gesosialiseerde Anatoliese herder is 'n vriend en voog van almal wat hulle as hulle kudde 'beskou, wat die menslike lede van hulle gesin ook insluit. Hulle is selfs vriendelik met hulle mensekinders; alhoewel hulle grootte dit vir hulle maklik maak om 'n kind om te stamp tydens speletjies. Hulle kan ook ander troeteldiere of diere agtervolg as hulle mense hulle nie reg oplei nie.

Om saam te luister... skakel vanmiddag om 4nm in deur op die skakel hieronder te druk...
https://ramkatradio.co.za/

01/11/2023

1ste Nov 2023
Toe ek my vrou vra wat sy vir Kersfees wil hê, sê sy niks sal beter wees as ‘n diamant halssnoer; nou ja, toe gee ek niks

31/10/2023

31ste Oktober 2023
Die man wat berge versit, begin deur klein klippies weg te dra.

30ste Oktober 2023Vandag roep ek al die blokraai entoesiaste om te kom saamluister na my onderhoud met Dr. Gerda Engelbr...
30/10/2023

30ste Oktober 2023
Vandag roep ek al die blokraai entoesiaste om te kom saamluister na my onderhoud met Dr. Gerda Engelbrecht... blokraai koningin en die opsteller van blokraaie vir etlike tydskrifte... Luister na al die interessante vorderings wat in die toekoms voorlê vir blokraaie ... verskillende Apps... toernooie... en alles wat jy nog ooit van blokraaie wou weet...
Om saam te luister na hierdie agter die skerms wêreld van blokraai tegnologie... wees seker om by my gesprek met Dr. Gerda in te skakel vanmiddag om 16H00.... Dis 'n lekker... en interessante gesels!!!... Klik op die skakel hieronder!
https://ramkatradio.co.za/

30/10/2023

30ste Oktober 2023
Biologies gesproke… as iets jou byt… is dit meer waarskynlik ‘n vroulike iets…

29ste Oktober 2023(VANDAG SE SPEELLYS WEEREENS NOUKEURIG UITGESOEK VIR NET DIE MOOISTE MUSIEK)... Vandag se program... i...
29/10/2023

29ste Oktober 2023
(VANDAG SE SPEELLYS WEEREENS NOUKEURIG UITGESOEK VIR NET DIE MOOISTE MUSIEK)... Vandag se program... is 'n MOET luister program!!!!!
Ek nooi jou uit om vanmiddag tussen 3uur en 5 uur (aangesien jy in elk geval niks het om te doen op daardie tyd nie)... in te skakel op my program... Sondag Uitspan..... Heerlike Sondag rustigheid om die naweek mee af te sluit en die nuwe week vir julle in te lei… Pragtige rustige, mooi melodieë wat almal SAL geniet… wees seker om 3uur in te skakel ... deur op die skakel hieronder te klik… waar jy jouself ookal op aarde mag bevind…Dis musiek wat in almal se smaak val… EK SIEN UIT DAARNA OM U TE VERMAAK!!!
https://ramkatradio.co.za/
. ons waarsku egter net dat sensitiewe luisteraars... Baie rustig... en voorbereid vir die week sal voel na die program...

29ste Oktober 2023U word genooi om vanmiddag om 17H00 by ons aan te sluit vir die 50ste deel uit 101 van die Bybelstudie...
29/10/2023

29ste Oktober 2023
U word genooi om vanmiddag om 17H00 by ons aan te sluit vir die 50ste deel uit 101 van die Bybelstudie wat handel oor die boek Lukas soos vir ons aangebied deur Ds.Gustav Opperman (Ina En Gustav Opperman) van die Gereformeerde kerk.

50) Is jou geloof eg? Gee jy voor? Ondersoek jouself Ds Gustav Opperman Lukas BS #50

Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 50ste gedeelte in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas.

OM IN TE SKAKEL EN SAAM TE LUISTER NA HIERDIE BAIE INTERRESSANTE REEKS... KLIK OP DIE SKAKEL HIERONDER... (om 5uur vanmiddag)
https://ramkatradio.co.za/

29/10/2023

29ste Oktober 2023
Dit is nie die man wat te min het wat arm is nie…, maar die een wat meer begeer.

27ste Oktober 2023U word genooi om 3uur vanmiddag in te inskakel en saam te luister na my program... Treffers van Toeka ...
27/10/2023

27ste Oktober 2023
U word genooi om 3uur vanmiddag in te inskakel en saam te luister na my program... Treffers van Toeka tot nou... (van 3uur tot 5uur)... Ek speel vir u oldies en meer moderne treffers wat ek waarborg jy sal almal like... Vandag se speellys is weer diep uitgegrou.....
Om saam te luister... klik op die skakel hieronder... enige plek in die wêreld... en geniet die program!!!... Ek sien uit daarna om u voor te berei vir die komende naweek... en om jou te vermaak!!... LEKKER LUISTER!!!
https://ramkatradio.co.za/

27/10/2023

27ste Oktober 2023
Oorerwing is wat die ouers van 'n tiener laat wonder oor mekaar. - Laurence Peter.

26/10/2023

26ste Oktober 2023
Daar is 'n soort rower wie die wet nie vervolg nie, en hy steel wat vir mens die kosbaarste is: tyd. - Napoleon Bonaparte

25ste Oktober 2023Hierdie week gesels ek oor die kolletjies honde …. die Dalmation …  Waarskynlik een van die mees erken...
25/10/2023

25ste Oktober 2023
Hierdie week gesels ek oor die kolletjies honde …. die Dalmation … Waarskynlik een van die mees erkende rasse op die planeet. Baie mense is aangetrokke tot sy pragtige voorkoms, maar hy is beslis nie vir almal nie. Terwyl Dalmatians graag by hul mense wil wees vir enige aktiwiteit wat gedurende die loop van 'n dag mag plaasvind en hulle wonderlike metgeselle kan wees, kan hulle hoë energievlak uitputtend wees en dus nie maklik om mee saam te leef nie.

Om saam te luister... skakel vanmiddag om 4nm in deur op die skakel hieronder te druk...
https://ramkatradio.co.za/

25/10/2023

25ste Oktober 2023
Ek het 'n lang lys van “om te doen” opgestel vir vandag. Ek kan netnie bepaal wie dit gaan doen nie. - Anoniem

Address

5 Kwagga Street, Durbanville
Cape Town
7550

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Netradiosa wwwnetradiosacoza posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share

Category


Other Radio Stations in Cape Town

Show All

You may also like