Die Burger: Landbou

Die Burger: Landbou Landbou verskyn elke tweede Vrydag in Die Burger met die jongste nuus uit die landboubedryf. Ingebu Enige sulke kommentaar kan summier en eensydig verwyder word.

*Lees asseblief hier as jy wil kommentaar lewer:

LandbouBurger moedig ’n intelligente, oop gesprek aan op sy Facebookblad en waardeer sinvolle kommentaar deur gebruikers. Lewer asseblief hier konstruktiewe kommentaar wat relevant tot die onderwerp van die artikel is. Geldige kritiek en sinvolle meningsverskille word aangemoedig, maar hierdie is nié ’n platform vir enige vorm van kwetsende kommen

taar, haatspraak, persoonlike aanvalle of neerhalende kommentaar oor taal-, kultuur- en etniese groepe of gelowe nie. Ook nie vir kommentaar wat lasterlik, rassisties, seksisties
en homofobies van aard is of wat enigsins geweld aanhits nie. Buiten kommentaar wat kru, kras, onwelvoeglike of vuil taal bevat, kan
irrelevante en onnodig aggressiewe kommentaar ook verwyder word.

🐎 Swartlandskou Die Swartlandskou vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar en skop Woensdag 4 September met die program af. Le...
20/08/2024

🐎 Swartlandskou
Die Swartlandskou vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar en skop Woensdag 4 September met die program af. Lees hier meer oor waarna jy kan uitsien.

Van klein begin tot ’n yslike gedoente – die Swartlandskou vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar.

Onthou om vandag Landbou in Die Burger te lees!🐮 Swartlandskou Van klein begin tot ’n yslike gedoente – die Swartlandsko...
16/08/2024

Onthou om vandag Landbou in Die Burger te lees!

🐮 Swartlandskou
Van klein begin tot ’n yslike gedoente – die Swartlandskou vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar. Hierdie landbouskou in Moorreesburg het hom oor die jare heen gevestig as een van die grootste landbou- en landboumasjinerieskoue in die Suid- en Wes-Kaap.
SwartlandSkou - Moorreesburg - Agri-Expo - - NexusAG - Bester

🥂 Tjorts
Vandag word Stellenbosch se cabernet sauvignon-wyne deur internasionale skrywers en wyn-kritici beskou as van die bestes ter wêreld, wyne wat elegansie en verfyndheid toon, tesame met die spieragtige robuustheid waarvoor die kultivar bekend is, skryf Emile Joubert.

🌾 Graan jou welOns kan terugkyk na hoe die graanbedryf verander het, maar hoe lyk die toekoms van graanproduksie? Die te...
13/08/2024

🌾 Graan jou wel

Ons kan terugkyk na hoe die graanbedryf verander het, maar hoe lyk die toekoms van graanproduksie? Die tempo van verandering was nog nooit so vinnig nie en dit sal ook nooit weer so stadig soos nou wees nie, skryf Rossouw Swart.

Die politieke wind van verandering het die afgelope verkiesing liggies beweeg, wat aanpassings in die politieke magte tot gevolg gehad het.

Jongboer van die Jaar 🧑‍🌾Met sy 45 ha op die Oppie Plaas-boerdery op Waboomskraalbuite George het Dean Barnard (40), Agr...
06/08/2024

Jongboer van die Jaar 🧑‍🌾
Met sy 45 ha op die Oppie Plaas-boerdery op Waboomskraal
buite George het Dean Barnard (40), Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar vir 2024, bewys dat geen boerdery te
klein is om vir sukses erkenning te ontvang nie.

Ná moeilike tye het Dean Barnard besluit om ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê. Suzaan Potgieter het met hierdie Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar gesels oor sy plaas en passies.

Wonderlike bloubessiesLees gratis: Ná ’n uitskieterjaar vir die uitvoer van bloubessies, is die bedryf hierdie jaar opti...
01/08/2024

Wonderlike bloubessies

Lees gratis: Ná ’n uitskieterjaar vir die uitvoer van bloubessies, is die bedryf hierdie jaar optimisties oor die toekoms – veral vir die mark.
- Agrimark - Orchard Fans - Berries For Africa - - AgroFresh - - Fall Creek

Die span van die bedryfsliggaam BerriesZA is optimisties oor die bloubessie-seisoen wat reeds in die noorde afgeskop het en binnekort in die Wes-Kaap ’n aanvang neem.

Moenie vergeet om vandag LandbouBurger te lees nie!Atlantic Fertilisers🫐 Fokus op bloubessiesIn Suid-Afrika is die gehal...
26/07/2024

Moenie vergeet om vandag LandbouBurger te lees nie!
Atlantic Fertilisers

🫐 Fokus op bloubessies
In Suid-Afrika is die gehalte van ons bloubessies beslis die kompeterende voordeel as dit by uitvoer kom. BerriesZA se voorsitter, Herman van Dyk, deel meer oor hierdie vrug.
Lees ook ander nuus uit hierdie bedryf.
- Fall Creek - Berries For Africa - Agrimark - - - AgroFresh - Orchard Fans

🌾 Graan jou wel
Ons kan terugkyk na hoe die graanbedryf verander het, maar hoe lyk die toekoms van graanproduksie? Die tempo van verandering was nog nooit so vinnig nie en dit sal ook nooit weer so stadig soos nou wees nie, deel Rossouw Swart.
Grain SA/Graan SA
📱 Nuus
’n Proetoets wat onlangs gedoen is, het gewys rooi lemoene is meer gretig geëet as konvensionele oranjekleurige lemoene. Lees meer oor die Cara Cara-kultivar.

Onthou om môre Landbou in die Die Burger te lees!👨‍🌾 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar Ná moeilike tye het Dean...
11/07/2024

Onthou om môre Landbou in die Die Burger te lees!

👨‍🌾 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar
Ná moeilike tye het Dean Barnard besluit om ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê. Suzaan Potgieter het met hierdie Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar gesels oor sy plaas en passies.
Santam Insurance - Agri Wes-Kaap - Moov Fuel & Lubricants - Moore Southern Cape - - Nedbank - Nitrophoska Kunsmis/Fertiliser - - - - ZA Hops - SSK -

🌳 In die boorde
Dit het baie navorsing gekos voor Gerhard Meyer besef het dat granate in die Klein-Karoo hoort en vandaar het hy hierdie kultivar na nuwe hoogtes geneem.

🥂 Tjorts
Emile Joubert gesels met Malu Lambert oor haar reis van iemand wat gesellig skryf oor kos en restaurante – met ’n perdalkse belangstelling in wyn – tot ’n bykans obsessiewe wynskrywer.

🍏 Vyeboom-pakhuis is 40!In 1983 het 12 vrugtekwekers in die gebiede Vyeboom en Villiersdorp die Vyeboom Koöperasie gesti...
04/07/2024

🍏 Vyeboom-pakhuis is 40!

In 1983 het 12 vrugtekwekers in die gebiede Vyeboom en Villiersdorp die Vyeboom Koöperasie gestig om hul vrugte saam te verpak vir die uitvoermark. Van daar af was dit al die pad net opwaartse groei vir produsente in dié gebied.

Ideafruit se pakhuis in Vyeboom vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar. Suzaan Potgieter het met Ideafruit se besturende direkteur, Oliver Wood, gesels oor dié maatskappy.

Het jy al vandag Landbou in Die Burger gelees?🍏Fokus op IdeafruitIdeafruit se pakhuis in Vyeboom vier vanjaar sy 40ste b...
28/06/2024

Het jy al vandag Landbou in Die Burger gelees?

🍏Fokus op Ideafruit
Ideafruit se pakhuis in Vyeboom vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar. Suzaan Potgieter het met Ideafruit se besturende direkteur, Oliver Wood, gesels oor dié maatskappy.

🌾Graan jou wel
Die ekonome by Graan SA het ’n bietjie na die koringprys gaan loer.

🥂 TjortsIn Suid-Afrika is MEERLUST ESTATE ’n naam waarmee enigiemand met ’n belangstelling in Kaapse wyn die verband tus...
24/06/2024

🥂 Tjorts
In Suid-Afrika is MEERLUST ESTATE ’n naam waarmee enigiemand met ’n belangstelling in Kaapse wyn die verband tussen wyn en uitnemendheid kan smee, skryf Emile Joubert.

Toe William Shakespeare gevra­ het: “What’s in a name­?” was dit in verband met rose, en beslis nie wyn nie. Want iemand van die Bard se onbetwisbare genialiteit sou moes weet dat wanneer dit by wyn kom, sê ’n naam heelwat, indien nie alles nie.

FOKUS | HORTGRO se O.S.H. Reinecke-BedryfsleierVan ’n geoktrooieerde rekenmeester tot hoof van ’n suksesvolle familie­on...
20/06/2024

FOKUS | HORTGRO se O.S.H. Reinecke-Bedryfsleier
Van ’n geoktrooieerde rekenmeester tot hoof van ’n suksesvolle familie­onder­neming – alles waaraan Pieter du Toit van Dutoit Agri raak, pak hy met ywer en groot sukses aan.

Pieter du Toit is onlangs aangewys as die Dutoit Groep se derde wenner van Hortgro se O.S.H. Reinecke-Bedryfsleier-prys – ’n merkwaardige prestasie vir ’n man wat al so baie vir die bedryf gedoen het. Suzaan Potgieter het meer oor Du Toit se reis gaan uitvind.

Het jy al vandag Landbou in Die Burger gelees?🍏 Ons het 'n spesiale fokus oor Pieter du Toit van Dutoit Agri wat onlangs...
14/06/2024

Het jy al vandag Landbou in Die Burger gelees?

🍏 Ons het 'n spesiale fokus oor Pieter du Toit van Dutoit Agri wat onlangs HORTGRO se O.S.H. Reinecke-Bedryfsleier-prys gekry het. Lees meer oor sy reis in die bedryf.
Yara South Africa - - AECI Agri Health - Ceres Fruit Processors PTY Ltd - - AFGRI - RSA Group - Agrimark - FNB - Van der Vyver Transport - NexusAG - Mpact Recycling - Vilko Co-op - - AgroFresh - TopFruit - InteliGro - Nedbank

Onthou om môre LandbouBurger te lees!Daar is 'n spesiale fokus op dohnemerino's met meer inligting, meer oor die telers ...
30/05/2024

Onthou om môre LandbouBurger te lees!

Daar is 'n spesiale fokus op dohnemerino's met meer inligting, meer oor die telers en wanneer hul veilings plaasvind.
Laeveld Agrochem - - - - Dohne Merino - - - BKB -

NAMPO skop môre af!Wie gaan ‘n draai maak in Bothaville?
13/05/2024

NAMPO skop môre af!
Wie gaan ‘n draai maak in Bothaville?

Soos die wêreld in die digitale era vorder, staan die landbousektor in Suid-Afrika op die rand van ’n herskeppende reis. Die 2024 Nampo Oesdag wat van 14 tot 17 Mei in Bothaville plaasvind, is gerat om die nuutste neigings en ontwikkelings ten toon te stel.

🌾 Graan jou welLees hier meer oor Grain SA/Graan SA se beramings vir die wintergraan-begrotings vir die 2024-'25 produks...
08/05/2024

🌾 Graan jou wel
Lees hier meer oor Grain SA/Graan SA se beramings vir die wintergraan-begrotings vir die 2024-'25 produksieseisoen.

Baie mense wil ’n landbouprodusent wees en dit is ’n seëning om te kan boer en landbouprodukte te kan produseer, maar dit kom met uitermatige risiko’s en die winsmarges raak al hoe kleiner en knapper.

🐝 ByeboerderyEen byekorf op ’n slag takel Lesego Holzapfel nie net die afname van die heuningby-kolonies nie, maar skep ...
29/04/2024

🐝 Byeboerdery
Een byekorf op ’n slag takel Lesego Holzapfel nie net die afname van die heuningby-kolonies nie, maar skep sy ook werk en help gesinne oor die land heen om ’n inkomste te verdien.
Bee Loved Honey

Een byekorf op ’n slag takel Lesego Holzapfel nie net die afname van die heuningby-kolonies nie, maar skep sy ook werk en help gesinne oor die land heen om ’n inkomste te verdien. Suzaan Potgieter het meer gaan vasstel oor hoe sy ’n verskil maak.

Moenie vergeet om vandag LandbouBurger te lees nie!South Africa Wine - HORTGRO - Vinpro🐝 Fokus op transformasieEen byeko...
26/04/2024

Moenie vergeet om vandag LandbouBurger te lees nie!
South Africa Wine - HORTGRO - Vinpro

🐝 Fokus op transformasie
Een byekorf op ’n slag takel Lesego Holzapfel nie net die afname van die heuningby-kolonies nie, maar skep sy ook werk en help gesinne oor die land heen om ’n inkomste te verdien.

🌾 Graan jou wel
Baie mense wil ’n landbouprodusent wees en dit is ’n seëning om te kan boer en landbouprodukte te kan produseer, maar dit kom met uitermatige risiko’s en die winsmarges raak al hoe kleiner en knapper.

🐮 Suiwel
Die Rotterdam-hawe is nie net die grootste in Europa nie, maar ook die ligging van ’n ongewone plaas. Sedert 2019 word melkkoeie hier aangehou – in ’n skuur wat in die hawekom dryf. Die Floating Farm, soos die suiwelplaas genoem word, is die wêreld se heel eerste drywende suiwelplaas.

🚜 Amper tyd vir NAMPO!Lees gratis: Die 2024 NAMPO Oesdag, wat vir die 56ste keer van 14 tot 17 Mei in Bothaville aangebi...
20/04/2024

🚜 Amper tyd vir NAMPO!
Lees gratis: Die 2024 NAMPO Oesdag, wat vir die 56ste keer van 14 tot 17 Mei in Bothaville aangebied word, is gerat om die nuutste neigings en ontwikkelings ten toon te stel.
Falcon Equipment - Staalmeester - Knittex Shade Net - Damsak Reservoirs South Africa - Kempston Material Handling - Clark Forklifts - Yara South Africa

Soos die wêreld in die digitale era vorder, staan die landbousektor in Suid-Afrika op die rand van ’n herskeppende reis. Die 2024 Nampo Oesdag wat van 14 tot 17 Mei in Bothaville plaasvind, is gerat om die nuutste neigings en ontwikkelings ten toon te stel.

Koejawels se oesDie koejawelseisoen het amptelik afgeskop in die Wes-Kaap en hoewel die oesskatting effe laer is as verl...
19/04/2024

Koejawels se oes
Die koejawelseisoen het amptelik afgeskop in die Wes-Kaap en hoewel die oesskatting effe laer is as verlede jaar, is dit steeds positief.

Die koejawelseisoen het amptelik afgeskop in die Wes-Kaap en hoewel die oesskatting effe laer is as verlede jaar, is dit steeds positief.

🥂 Tjorts!Teen die Helderberg het geslagte – en nuwe – wynboere ware magie geskep, magie van die wynsoort. Wingerd is tee...
15/04/2024

🥂 Tjorts!
Teen die Helderberg het geslagte – en nuwe – wynboere ware magie geskep, magie van die wynsoort. Wingerd is teen die steiltes geplant wat vandag sonder twyfel van Suid-Afrika se voorste wyne lewer. Soos die wyne van Alto, skryf Emile Joubert.

Dis van hoog op in die Helderberg dat die rede vir Stellenbosch se unieke besondersheid as wynstreek gesien kan word, wys Jan Boland Coetzee die dag toe hy my teen die steiltes opgery het.

Moenie vergeet om môre LandbouBurger te lees nie!🥂 TjortsDis van hoog op in die Helderberg dat die rede vir Stellenbosch...
11/04/2024

Moenie vergeet om môre LandbouBurger te lees nie!

🥂 Tjorts
Dis van hoog op in die Helderberg dat die rede vir Stellenbosch se unieke besondersheid as wynstreek gesien kan word. Maar daar is een plaas teen Stellenbosch se Helderberg wat uitstaan in dat hy tereg gesien kan word as die pionier van dié streek, die amfiteater se hoofspeler. En daardie plaas se naam is Alto, skryf Emile Joubert.

🍎 In die vrugteboord
Appelprodusente in Ceres en die areas van Elgin, Grabouw, Vyeboom en Villiersdorp (EGVV) is verheug dat die afgelope naweek se reën en wind nie te veel skade aangerig het nie.

Address

Cape Town
8001

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Burger: Landbou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Burger: Landbou:

Videos

Share

Nearby media companies


Other Media/News Companies in Cape Town

Show All