👩🍳Manitoba Spur Steak Ranch👨🍳 in Pinehurst se personeel Is absoluut fantasties.Terwyl almal ‘n Sondagmiddagslapie geniet hou ons almal saam partytjie.Nee ek is nie genooi nie en nee ek ken nie ons verjaarsdagmaatjie nie maar ek besoek gereeld met my kleinseun.Ek kan sê dat sonder enige uitsondering ek altyd spesiaal gevoel het hier.Vandag ook.Die absolute oorgawe waarmee hulle sing,hande klap en sing maak ‘n blywende indruk op ‘n klein mensie.Dankie elkeen van julle..van hierdie ouma
Manitoba Spur in Pinehurst se personeel Is absoluut fantasties.Terwyl almal ‘n Sondagmiddagslapie geniet hou ons almal saam partytjie.Nee ek is nie genooi nie en nee ek ken nie ons verjaarsdagmaatjie nie maar ek besoek gereeld met my kleinseun.Ek kan sê dat sonder enige uitsondering ek altyd spesiaal gevoel het hier.Vandag ook.Die absolute oorgawe waarmee hulle sing,hande klap en sing maak ‘n blywende indruk op ‘n klein mensie.Dankie elkeen van julle..van hierdie ouma
https://www.facebook.com/share/v/PKMP9xsZJ9TMuRyy/?mibextid=WC7FNe
https://www.facebook.com/share/v/PKMP9xsZJ9TMuRyy/?mibextid=WC7F
Geskryf deur - Anita Joubert
Welkom by die Hopefield Fynbosskou
Die jaarlikse Fynbosskou is een van die grootste gemeenskaps geleenthede van die area.
Die skou fokus op die belangrikheid van die bewaring van ons Fynbos biodiversiteit sones wat direk rondom Hopefield geleë is. Ons blomme- en plante-uitstallings word beskou as van die beste in Suid-Afrika.
Die skou is VIR DIE GEMEENSKAP – VAN DIE GEMEENSKAP en vir die afgelope 30+ jaar het so baie mense net spontaan kom deelneem om die skou die sukses te maak wat dit is. Van blomme en plante versamel tot die uitpak en uitstalling daarvan, dan weer die skoonmaak en terugplaas agterna. Ons kan dit nie sonder julle toewyding en harde werk doen nie.
Indien jy belangstel om te kom saambou of as jy enige vrae het, laat ons gerus weet deur ‘n e-pos te stuur aan: [email protected]📧
En die wenner van die Darling Cellars kompetisie is…
Maryke Vosloo🎉🥳 kontak ons gerus vir jou geskenk!
Goeiemore Moederstad,
Só waar is goeie koffie en ‘n lekker kaggel?
Weet jy wat is spesiaal aan hierdie hondesalon? Hulle stileer nie net die diere nie, hier word bande gesmee van vreemdelinge tot beste vriende!
Welkom by "Best Budz Groomers" van Sonstraal Hoogtes, Durbanville.
By hierdie “groomers” is daar nie iets soos tyd nie - hulle bestee kosbare tyd en aandag aan elke dier wat inkom vir ‘n verskeidenheid style wat deur 'n portefeuljeboek gekies kan word.
Hulle het dieselfde vaardigheid om op internasionale, naamlik die Amerikaanse en Europese vlak, te versorg en stileer.
Wanneer die honde klaar versorg is, word daar in die winkel met hulle gespeel.
Wanneer jy by die winkel instap - sal jy gegroet word deur 'n vriendelike gesig met 'n stert wat opgewonde swaai, want dis mos die kenmerk van ‘n gelukkige hond!
Wat ‘n heerlike ondervinding was dit om die span van "The Best Budz Groomers" en hul vierpoot-gaste te ontmoet!