Leefstyl24

Leefstyl24 Kuier en leef met Beeld, Die Burger en Volksblad.

Kos | Wyn | Mode | Skoonheid | Dekor | Verhoudings | Gesondheid | Reis
Twitter: https://twitter.com/Leefstyl24 & Pinterest: http://pinterest.com/leefstyl/

’n Chardonnay van Rustenberg Wines in Stellenbosch is vanjaar op die Decanterwêreldwynpryse-geleentheid as die beste wyn...
21/10/2020

’n Chardonnay van Rustenberg Wines in Stellenbosch is vanjaar op die Decanterwêreldwynpryse-geleentheid as die beste wyn van die skou bekroon. Nie net het die Five Soldiers Chardonnay 2018 ’n stewige 97 punte verower nie, maar dit het ook alle wyne van ander lande uitgestof om as die beste een bekroon te word.

’n Chardonnay van Rustenberg in Stellenbosch is vanjaar op die Decanter-wêreldwynpryse-geleentheid as die beste wyn van die skou.

07/01/2020

Bruide: Veels geluk aan Rylease Cronje, die Oktober-wenner in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie. Novemberbruide, julle het tyd tot môre om 12:00 om julle inskrywings te stuur na [email protected]. Daar is groot pryse op die spel, soos plaaslike en internasionale vakansies asook kontant.

09/12/2019

Oktoberbruide! Julle het nog tyd tot môre (10 Desember) om 12:00 om in te skryf vir Beeld Bruid van die Jaar. Stuur 'n kop en skouers foto sowel as 'n vollengte foto slegs van die bruid na [email protected]. Sluit ook die bruidspaar se name en van in, en die troudatum. Groot pryse is op die spel!

25/09/2019

BAIE geluk aan die Mei- en Junie-wenners van Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie. Chandrè Herd (Mei) en Marlise Nortje (Junie) gaan teen die 10 ander maandwenners om die groot pryse meeding.
Julie- en Augustus-bruide, stuur julle inskrywings voor 26 September om 12:00 na [email protected].

16/08/2019

Beeld.com

BABAKOMPETISIE | Skryf nou in!

Die Baba van die Jaar 2019 se pryse is R24 000 werd. Dit sluit ’n kontantprys van R10 000 in.

Is jou baba dalk ons Augustus-baba? Foto’s van die Augustus-finaliste word op Woensdag 21 Augustus in Beeld gepubliseer. Babas jonger as 12 maande kan ingeskryf word.

Maandwenners wen ’n hoop pryse en kom in aanmerking om as die Baba van die Jaar 2019 aangewys te word.

Stuur e-pos na [email protected] vir meer inligting.

In samewerking met Dis-Chem BoobaLoo Expo, Dis-Chem Pharmacies, 4 A Kid, Bennetts, ATKV-oorde, Olliedienar Pieter Vorster

Foto: Pexels.com

29/07/2019
Pollie ons gaan Paarl toe

Kom kuier saam ons in die Paarl.
Grand Roche Manley Communications

Daar tussen die enorme granietriwwe waarvan die grootste die Paarl-rots is, is die pragtige dorpie Paarl genestel – en as jy jou arms wyd genoeg uitstrek, sal jy net-net aan die berg en die Bergrivier kan raak. Net-net.

22/07/2019
Groot is sy trots oor CD

MENSE | Deon Groot is 'n diep siel wat inspirasie vind uit die liefde en die dinge wat saakmaak in die lewe.
DEON GROOT
Alishia van Deventer
Gizela Arndt
StarDust Public Relations

Deon Groot se tweede album is pas bekend gestel en sy aanhangers is gaande daaroor. Hy vertel sy sukses het nie oornag gekom nie, en beantwoord Terésa Coetzee se vrae aan hom.

17/07/2019

AANDAG ALLE APRIL-BRUIDE! Ons gee julle nog 'n week om in te skryf. Stuur voor 24 Julie om 12:00 julle inskrywings na [email protected]. Groot pryse is op die spel insluitende kontant en plaaslike en internasionale vakansies.

17/07/2019

Daar is ’n splinternuwe Afrikaanse musiekfees en opskop wat op 29 September in die Sun Arena in Pretoria plaasvind waarna musiekliefhebbers kan uitsien.
Die musiekpromotor en eienaar van Bakgat Promosies, Christo Booyens is geen onbekende in die Kaapse musiekkringe nie, maar dis die eerste keer dat hy die Bakgat in Afrikaans konsert Pretoria toe bring.
“Dis hoogtyd dat ons julle Valies kom bederf met ’n splinternuwe produksie saam met gewilde kunstenaars soos Nadine, Robbie Wessels, Juan Boucher, Manie Jackson en Arno Jordaan,” het Christo gesê.
Al die sangers gaan die geleentheid kry om ’n hele paar van hul bekendste treffers te sing en Christo het vertel dat hulle uit hul pad gegaan het om die kaartjiepryse so min as moontlik te hou sodat die konsert toeganklik is vir almal, veral gesinne met kinders.
“Hierdie is een van die min konserte waar kinders halfprys betaal en ons doen dit juis omdat ons weet dit ruk ’n gesin se sak as jy kaartjies vir vier mense moet koop,” sê Christo.
Besprekings kan gedoen word by Computicket en navra kan gerig word by Mara 082 463 4351 of Christo 082 895 5093.
Kaartjies kos R100 vir kinders onder 12 en wissel tussen R160, R175 en R185 vir volwassenes. Pensionarisse betaal tussen R150 en R160.
Bakgat Promosies
Sun Arena at Times Square

16/07/2019

Veels geluk aan Leanni Kieser van Kempton Park - die Maartwenner in Beeld se Bruid van die Jaar kompetisie.

Aprilbruide, skryf in voor more (17 Julie) om 12:00 by [email protected]. Groot pryse is op die spel, insluitende Zanzibar-vakansies, en kontant!

01/07/2019

BABAKOMPETISIE | Skryf nou in en wen GROOT!

Is jou baba die oulikste ter wêreld? Die sluitingsdatum vir Julie-babas is 8 Julie. Die babas se foto's verskyn Woensdag 10 Julie in Beeld.

Babas onder 12 maande kan ingeskryf word en daar is hope pryse op die spel.

Beeld se Baba van die Jaar 2019 wen:
’n Kontantprys van R10 000 van Beeld.
’n Gasverskyning van Ollie die Nar by die wenner se dagsorgsentrum of kleuterskool ter waarde van R5 000, 20 partytjiepakkies ingesluit.
’n Geskenkbewys van R5 000 van Dis-Chem.
’n Geskenkbewys van R4 000 van Bennets.
’n Geskenkbewys van R500 van 4aKid.

Elke maandwenner wen:
’n Midweek-wegbreek (van Sondag tot Donderdag) by die ATKV-oord van jul keuse ter waarde van R5 000.
’n Gasverskyning van Ollie die Nar by die baba se verjaardagpartytjie van R1 600.
’n Geskenkbewys van R1 000 van Dis-Chem.
’n Geskenkbewys van R750 van Bennets.
’n Geskenkbewys van R500 van 4aKid.
’n Geskenkbewys van R500 by JeléBebé, geskenk deur Beeld.

Stuur e-pos na [email protected] vir al die inligting.

13/06/2019

Amper weer tyd vir die Fijnwyn-kos-en-fees

Sluit gerus by ons aan vir die volgende Fijnwyn-kos-en-wynfees op 15 en 16 Junie van 10:00 tot 17:00 by die Shokran Events Venue in Pretoria-Oos. Die fokus is op rooi- en portwyne, maar daar sal ook ander variëteite ten toon gestel word.

Ongeveer 40 handelsname sal hul wyne uitstal – bekendes soos Boplaas, De Krans en Slanghoek, maar daar is ook groot opgewondenheid oor wyn van minder bekende kelders soos Silkbush Mountain, Wildeberg en Landskroon.

Musiek, volop heerlike eetgoed en baie sitplek sorg dat dit die perfekte kuier-vakansiedag vir die hele gesin is.

Kaartjies is beskikbaar by iTickets en kos R170 vir volwassenes (wat ’n proeglas insluit), R70 vir kinders tussen 12 en 17 en toegang is gratis vir kinders onder 12. Beperkte kaartjies is ook by die hekke beskikbaar.

11/06/2019

MAART-BRUIDE! Stuur jou inskrywing vir Beeld Bruid van die Jaar na [email protected] voor 12:00 op 12 Junie. Daar is groot pryse op die spel, soos Zanzibar-vakansies en kontant! Vir meer inligting skakel 011 713 9285.

11/06/2019

Veels geluk aan ons Februarie-maandwenner van Beeld Bruid van die Jaar 2019. Amórie van Jaarsveld van Mulbarton sal teen die 11 ander maandwenners meeding om groot pryse soos Zanzibar-vakansies en kontant.

Maart-bruide, stuur voor môre om 12:00 julle inskrywings na [email protected]. Skakel 011 713 9285 vir meer inligting.

14/05/2019

Baie geluk aan Sandy Oosthuizen, die Januarie-wenner in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie! Februarie-bruide, julle het nog tyd tot more om 12:00 om in te skryf. Stuur jou inskrywing na [email protected].

13/05/2019

FEBRUARIE-bruide! Julle het nog tyd tot Woensdag 15 Mei om 12:00 om in te skryf vir Beeld Bruid van die Jaar 2019. Groot pryse is op die spel, soos Zanzibar-vakansies, beddens van Sealy en kontant. Vir meer inligting of om in te skryf, stuur epos aan [email protected].

09/05/2019

FEBRUARIE-BRUIDE! Julle het nou tyd tot 15 Mei om in te skryf vir Beeld Bruid van die Jaar. Stuur jou inskrywing na [email protected] voor 12:00 op 15 Mei. Daar is groot pryse op die spel, soos Zanzibar-vakansies en kontant!

07/05/2019

Baie geluk aan Sandy Oosthuizen, die Januarie-maandwenner in die Beeld Bruid van die Jaar-kompetisie 2019! FEBRUARIE-bruide, stuur voor more om 12:00 julle inskrywings na [email protected]. Groot pryse soos vakansies na Zanzibar en kontant is op die spel.

02/05/2019

Aandag alle FEBRUARIE-BRUIDE! Stuur voor Woensdag 8 Mei om 12:00 jou inskrywing vir Beeld Bruid van die Jaar na [email protected]. Daar is groot pryse op die spel, insluitende vakansies na ZANZIBAR, plaaslike wegbreke, kontantpryse en beddens van Sealy.

29/04/2019

Die fliek Ugly Dolls is ’n animasie-avontuur waarin die vrygeeste Ugly Dolls gekonfronteer word met die werklikheid om bietjie anders te wees. Soos almal hunker hulle na liefde, maar in die proses ontdek hulle wat regtig saakmaak.
Hierdie fliek is goeie vermaak vir oud en jonk, met die stemme van Kelly Clarkson, Nick Jonas, Janelle Monae, Blake Shelton en Pitbull.
Die fliek word Vrydag 3 Mei uitgereik.
18 gelukkige Beeld-lesers kan elk vier kaartjies wen om Donderdag 2 Mei om 18:00 ’n spesiale voorvertoning van Ugly Dolls by Ster-Kinekor in die Centurion Mall by te woon. Die prys sluit springmielies en koeldrank per gas in.
Stuur jou naam en van na [email protected] met Beeld in die onderwerpsveld. Die sluitingsdatum is moreaand om 22:00.

09/04/2019

Vanaand (9 April om 20:00 op kykNET) begin Die Spreeus, ’n bonatuurlike riller-reeks, waarin twee onverskrokke speurders van die Spreeusondersoekeenheid – Bas Koorts en Beatrice Mack – elke week ’n ander fenomeen ondersoek en misdaad se spoor tot in ander wêrelde volg.

In Die Spreeus word bekende verhale uit die Suid-Afrikaanse kultuur dikwels gebruik om ’n storie te vertel wat ook tot vandag se kyker spreek, soos die spook van Uniondale, die tokoloshe en CJ Langenhoven se klassieke kortverhaal, Die bouval op Wilgerdal.

Chris Vorster, Sandi Schultz en Monique Rockman vertolk die hoofrolle, met ‘n rits bekende akteurs, soos Ludwig Binge, Tarryn Wyngaardt, Jacques Bessenger, Amalia Uys, De Klerk Oelofse, Kim Cloete en Lida Botha, wat in verskeie episodes te sien sal word.

08/04/2019

Vanaand (8 April om 18:00) begin die 7de seisoen van Leef jou reis. Gerrie Pretorius verken die Sederberge behoorlik en wys jou van die hoogste wingerd en wynplaas tot die oudste Skoenmakery in Suid-Afrika. Hy besoek die historiese sendingstasie van Wuppertal en wys jou waar die buchu wat eens op die Titanic was vandaan gekom het en hoekom die krui van vooraf so gewild is.

02/04/2019
’n Hoofstuk in Prim se lewe

As Indiese kos jou opgewonde maak, is daar een plek in die land wat jy eenvoudig moet besoek - The Indian Chapter by Prim Reddy in Bloubergstrand. Mens voel soos familie as jy daar uitstap ...

Prim Reddy Chapter

Soms kom daar mense oor jou pad wat jou net op ’n natuurlike manier aanraak met hul opregte charisma en warmte.

27/03/2019

Januarie 2019 bruide! Skryf vandag nog in vir Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie vir 2019. Daar is groot pryse op die stel - meer hieroor sal binnekort bekend gemaak word.
Stuur inskrywings voor 3 April om 12:00 na [email protected].

25/03/2019

WEN 'n dubbel kaartjie na The Wedding Expo wat die komende naweek (30 en 31 Maart) by Hyde Park Corner-winkelsentrum in Johannesburg gehou word.

Hier sal jy inspirasie kry vir jou groot dag, van die blomme tot die wittebrood!

Om in aanmerking te kom, lewer kommentaar hieronder met jou eposadres, of stuur epos na [email protected].

25/03/2019
Winterren vir Tshwane

FIETSRY | Skryf nou in vir die splinternuwe Tshwane Diamond Classic wat op Sondag 26 Mei plaasvind:

Daar is ’n splinternuwe fietsren in Tshwane op die kalender en dit vind die perfekte tyd van die jaar plaas wanneer daar nie veel ander padfietsrenne in die omgewing is waarin jy kragte kan meet nie.

25/03/2019
Kelly seer oor sy uit ‘Bachelor’ geskop is

TELEVISIE | Kelly erken sy het ware gevoelens vir Lee van The Bachelor gehad. Sy voel ingedoen:

Beeld.com Kelly-Tiegan Webb Nadine Moonsamy Lani Lombard M-Net

Kelly-Tiegan Webb (23) het al op die eerste afspraak met die Lee Thompson van The Bach­elor ware gevoelens vir hom ontwikkel en haar hart was gebroke toe hy haar en America in die jongste episode saam die trekpas gee.

22/03/2019
Van donkieseep tot regie

Teater | Hoewel Zak Hendrikz bekend as akteur is, weet min mense dat hy eintlik ook 'n suksesvolle boer en entrepreneur is.
Mark Sage Zak Hendrikz Zak Hendrikz Full Pieter Toerien Theatre, Montecasino Montecasino

Zak Hendrikz is die talentvolle akteur wat die rolle vertolk van die Wolf en die aantreklike prins in die musiekspel Into the Woods, wat op die oomblik in Montecasino se Pieter Toerien-teater op die planke is. Terésa Coetzee het hom ’n paar vrae gevra.

22/03/2019
Bergfietstoer soos min wag

Vyfster fietsry vir 'n goeie doel: Die Change a Life-gemeenskap het pas hul heel eerste bergfietstoer bekendgestel: Ursula du Plooy

Die Change a Life-gemeenskap het in die verlede al duisende lewens ingrypend verander met hul fietstoere waardeur hulle geld vir liefdadig­heid insamel.

19/03/2019

Ons werk aan 'n artikel oor sogenaamde "re-gifting", m.a.w. waar jy 'n geskenk wat jy gekry het weer aan iemand anders gee. Ons is soek na snaakse stories daaroor - het jy dalk weer 'n geskenk wat jy gegee het teruggekry as 'n geskenk?

Ons vra ook lesers se opinie hieroor - is dit eties om te 're-gift', doen jy dit self en hoe voel jy daaroor?

Lewer asb kommentaar op hierdie inskrywing met jou stories/opinie van 're-gifting'!

13/03/2019

JANUARIE 2019 BRUIDE! Inskrywings word nou aanvaar vir Beeld se Bruid van die Jaar kompetisie vir 2019. Stuur jou inskrywing na [email protected] voor Woensdag 3 April om 12:00.

Ons maak binnekort bekend watter wonderlike pryse op die spel is.

13/03/2019
Verras jouself in KZN

REIS | Nog nie vakansieplanne vir April nie - daar is baie redes waarom die Suidkus van KwaZulu-Natal so 'n gewilde vakansiedestinasie is.

The Merry Crab Beach Lodge Attie Jacobs Pamela Jacobs Tourism KwaZulu-Natal

Die Suidkus van KwaZulu-Natal is met goeie rede Suid-Afrika se gunsteling-vakansiebestemming, skryf Terésa Coetzee.

05/03/2019
Kerry voer stryd teen verlede

TELEVISIE | The Bachelor se Kerry praat openlik oor haar verhouding waarin sy emosioneel en fisiek mishandel is en hoe om uit so 'n verhouding los te breek:

The Bachelor South Africa Lani Lombard Nadine Moonsamy Lani Lombard M-Net

Toe die 30-jarige Kerry Lambourn van Midrand Donderdagaand uit die Bachelor- huis gestem is, het sy gesê sy is verlig dat die ondervinding verby is.

Address

69 Kingsway Avenue
Auckland Park
2092

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leefstyl24 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Leefstyl24:

Videos

Share


Other Media/News Companies in Auckland Park

Show All

You may also like