12/08/2024
POËSIEKOMPETISIE 2024
(Inskrywings in enige van ons land se amptelike tale welkom)
Ons nooi jou om in te skryf vir ons jaarlikse poësiekompetisie, Helende Woorde.
Dit is bekend dat kreatiwiteit mense help om hulself uit te druk tydens die donkerste dae van hul geestesongesteldheid en gedurende hul herstel. Dit help om selfbegrip van geestesgesondheidstoestande te ondersteun. Ons wil die herstelreis vier deur hierdie kreatiwiteit met 'n wyer gehoor te deel om begrip, verdraagsaamheid en respek vir geestesgesondheidsprobleme te help verbeter.
Inskrywingskategorieë:
Daar is vier verskillende kategorieë waarvoor jy kan inskryf (R30 per inskrywing):
Donkerste dae: gedigte van voor die aanbreek van hoop
Goeie dae en slegte dae: gedigte van die pad na herstel
Goed wees: gedigte oor rustiger tye
Beste geïllustreerde gedig: gedigte met illustrasies
*Ons beoordelaars:
Dr Emile Manefeldt
(Ginekoloog en Kunstenaar)
Frederika Manefeldt
(Kampus Bestuurder - Hein Wagner Academy, Bedryfs-Joenalistiek Honneurs, Kreatiewe Skryfkuns Honneurs, Sosiale Media Bemarking)
Gerda Amoraal
(2023-ANNABeleef Poësiekompetisie WENNER)
Leilanie Phillips-Losch
Senior Kliniese Sielkundige / Geestesgesondheidskoördineerder
Departement van Gesondheid
Stephné Botha
(Uitvoerende Hoof: Instituut vir Blindes en President: Rotariërs Worcester)
Wilmarie Pekeur
(Naaswenner: AVBOB-Poësiekompetisie)
Inskrywingsfooi: R30 per gedig (Inskrywingsgeld word hierdie jaar weer aan Toevlug Sentrum geskenk)
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024
Whatsapp Annalize, 0716103232, vir meer inligting.