16/09/2020
[NUWE POTGOOI]
Verskuif die Sentrum van Bybel-Interpretasie (hermeneutiek) - Wessel Wessels in gesprek met Deon Kitching
https://blueplatform.podbean.com/e/verskuif-die-sentrum-van-bybel-interpretasie-hermeneutiek-wessel-wessels/
[AFRIKAANS]
Daar word deurentyd gepoog om die Bybel beter te verstaan vir ons tyd. Mense verskil (partykeer heftig!) oor die betekenis van sekere gedeeltes. Wat nie weg gepraat kan word nie is dat ons vir eeue die Bybel vanuit 'n Westerse denkhoek bekyk en hanteer het. Die sentrum van die uitleg was in die Weste gesetel.
Wessel Wessels, dosent by die Fakulteit Teologie en Religie in Bloemfontein, is van mening dat daar meer as een sentrum van verstaan is - afhangende van die living space van mense en kulture. Die erkenning van die diversiteit van sentrums bied geleentheid tot groter gesprek en gesonde dialoog.