Betsie Boekeblad

  • Home
  • Betsie Boekeblad

Betsie Boekeblad LAPA en Penquin Agent in Aliwal-Noord. Skole, onderwysers, jonk en oud kontak my vir al jou boekbeho

09/01/2026
08/01/2026

🌻Goeiemôre op die heel eerste dag van hierdie splinternuwe jaar! Ek plaas graag my bydrae tot die rubriek Van Alle Kante wat gister in Die Burger verskyn het.

STADIG MAAR SEKER GLIMLAG KOKKIE WYER
Jaar ná jaar tree Kokkie kort voor Kersfees by my aan. Dis nie dat ek hom gaan soek nie.
Hy stap my gedagtes stil-stil binne en bly vir 'n paar dae. Kokkie sê nie iets nie. Hy hurk op die rand van my binnewêreld en hou my met sy groengrys oë dop. Ek probeer nie met hom praat nie, want dan staan hy dalk op en loop.
So het ek hom in my Karoo-klas vol kwetterende gr. 3's leer ken. Solank as wat die fokus nie op hom was nie, was hy stil-tevrede. Of so het dit gelyk. Wat in sy gedagtes was, het hy nooit laat blyk nie. Kokkie het gesukkel. Met alles. Van wiskunde, lees, skryf en sport tot sosialiseer.
Hy was ongemaklik in sy groot lyf tussen maters wat 'n volle twee jaar jonger as hy was. Kokkie se pa het kaartjies by die inry "geskeur".
Kokkie se ma het nie gewerk nie.
Op 'n dag trek tannie Moira, die skool se spraakterapeut, my op haar moederlike manier aan die arm nader. "My kind," sê sy, "jy moet onthou Kokkie is in sy kort lewetjie lang tye alleen toegesluit. Dis waarom sy taal nooit behoorlik ontwikkel het nie. Toe hy die eerste keer by my kom, het hy woorde vir goed gehad wat geen ander mens geken het nie. Woorde wat hy opgemaak het. 'n Vis was 'n 'fiekie'. 'n Kruiwa was 'n 'tinfaan'. So het ons twee aangegaan tot hy min of meer verstaanbaar was."
Terug in die klas kyk ek na Kokkie, wat met groot inspanning aan sy taak werk. Vir die eerste keer verstaan ek. Die kamer waarin Kokkie so lank toegesluit was se deur is lankal oop, maar die binnedeur na Kokkie se kindergemoed was stewig op slot.
So vorder ons deur die jaar totdat die tyd vir die prysuitdeling aanbreek. Dis vir my 'n moeilike tyd. Ek is nie 'n voorstander van prysuitdelings nie. Die kinders wat die hardste werk, is so dikwels nie die kinders wat die pryse verower nie. Kinders wat onmenslike struikelblokke moet oorkom om net soggens by die skool te kan opdaag. Kinders soos Kokkie. Daarom kry elke liewe leerder in my klas 'n sertifikaat. Kry elkeen 'n kans om op die verhoog te staan en die vreugde van applous vir sy pogings, hoe klein ook, te proe.
Kokkie se pa kan nie by die prysuitdeling wees nie, maar sy ma wil graag kom. Omdat dit te ver is om te stap, spreek ons af dat ek hulle twee sal oplaai. Toe ek met my 1968-model Volkswagen Kewer voor die hek stop, staan Kokkie se ma, twee ouer susters en die een se kêrel - almal grootmense - reeds en wag. Einde ten laaste moet Kokkie met sy ken op sy knieë in die smal ruimte agter die agtersitplek sit. Heel ent pad hoor ek hoe my Volksie bult op en bult af beur.
Die saal is getooi. Die program verloop so vlot as wat 'n plattelandse prysuitdeling kan verloop.
Toe die groot oomblik aanbreek, skud ook Kokkie met die skoolhoof blad om sy sertifikaat in ontvangs te neem. Ek probeer Kokkie se oog vang, maar verniet, hulle bly op sy skoene.
Later val ons in die pad terug huis toe. Kokkie se ma en susters gesels land en sand. Nou en dan kyk ek in die truspieëltjie na Kokkie, wat weer met sy ken op sy knieë sit. Ek wonder wat hy d**k. Wat hy sou sê as hy soos sy maats spontaan sy gedagtes kon deel.
Toe draai Kokkie sy kop, kyk na my en glimlag. Ek glimlag terug, wetende ons albei voel op daardie oomblik die Hand wat saggies besig is om sy binnedeur oop te stoot.

www.wendymaartens.co.za

19/12/2025

🎄✨ Kersfeestyd is storietyd

En Riana Scheepers se prenteboeke is perfek vir voorlees onder die Kersboom: https://loom.ly/H5EBG6Y

09/11/2025

Dit is hoog tyd dat die waarheid uitkom.

27/01/2025

'n Rympie wat ek laas week uitged**k het terwyl ons krag ure lank af was.

20/01/2025
14/10/2024

Address


Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Betsie Boekeblad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share