Betsie Boekeblad

  • Home
  • Betsie Boekeblad

Betsie Boekeblad LAPA en Penquin Agent in Aliwal-Noord. Skole, onderwysers, jonk en oud kontak my vir al jou boekbeho

27/01/2025

'n Rympie wat ek laas week uitged**k het terwyl ons krag ure lank af was.

20/01/2025
14/10/2024
13/10/2024
21/09/2024

Die groot skrik

Nie alle springbokke speel rugby nie. Een springbok doen iets heeltemal anders.

Hy lees boeke.

Baie, baie boeke.

Sy naam is SPRINGBOEKIE!

Eendag staan Springboekie voor sy boekrak. Dis gekerf uit ’n groot boomstam. Digte bosse groei om die boom. Dis hoekom jy die boekrak en die oopte in die middel moeilik sien. Dis waar Springboekie altyd lees – soos vandag.

Sy oë dwaal oor al die boeke. Watter een kan hy volgende lees?

Hy byt sy tong vas – soos hy d**k.

Hy krap sy kop met sy p**t – soos hy wonder.

Hy trek sy mond – soos hy besluit.

“AAH!” roep Springboekie hard. Hy trek ’n dik boek uit die rak. “DIE GROOT BOEK VAN SPROKIES.”

Springboekie gaan lê op sy rug voor die boekrak. Die mat van gevlegte gras is sag onder hom. Hy skuif ’n wilde waatlemoen onder sy kop in – versigtig sodat dit nie aan sy kort horings haak nie. Dan slaan hy die boek oop. Dit het die mooiste prente van vlakvark-feetjies, kraai-konings en skilpad-soldate. Springboekie se gunsteling is van ’n muishond-meermin.

Springboekie kry die eerste storie in die boek. Pure lekkerkry ril deur hom. Watse avontuur gaan hy nou in die storie beleef?

“Eendag was daar …” lees hy.

Skielik is daar ’n harde brul.

GRRR-RRR-RRR-AUUU!

Springboekie klap die boek toe. Sy hele lyf word koud. Sy stert knyp benoud.

GRRR-RRR-RRR-AUUU!

GRRR-RRR-RRR-AUUU!

O bokveld, dis ’n leeu!

Springboekie is dadelik op sy pote. Hy trap rond en bont. Sy bene knoop soos bobbejaantoue.

Oefff! val hy oor sy boek.

Hy spring weer regop.

Sy oë rek so groot soos ’n volstruiseiers.

Sy hart bons-bons-bons wild in sy bors.

Hy wil weg wip.

Maar hy spring hom disnis teen iets vas.

DIE LEEU!
Bestel die boek hier!!!
https://www.smartkidzbooks.co.za///p/1046406/springboekie

20/09/2024

“DAMES EN HERE”
JOU EENSTOPGIDS VIR ALLES OOR REDENAARS, DEBAT EN ANDER TOESPRAKE
- Dr. Elbie Adendorff, Lisinda de Jager, Elize Steenkamp

“Dames en Here” is dié boek wat jou onder andere gaan help met die hoe en die wat van: redenaars (individueel en spanne), debatte (al die verskillende soorte), toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens., onderwerpontleding, die saamstel en skryf van ’n toespraak, die aanbied en lewering van ’n toespraak, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies en nog vele meer. Daar is wenke van streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika in sowel as wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël. ’n QR-kode gaan toegang gee tot wentoesprake.

WAT MAAK HIERDIE BOEK ANDERS?
• “Dames en Here” is dié hulpbron wat op elke debat- en/of redenaarafrigter en taalonderwysers se lessenaar moet wees.
• Geskik vir alle vorme van toespraakmondelinge.
• Die opnames van wentoesprake is ’n uitstekende hulpbron vir leerders en afrigters.

Besoek www.lapa.co.za om jou eie kopie te kry: www.lapa.co.za/dames-en-here

LAPA Uitgewers Penguin Random House

Address


Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Betsie Boekeblad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

  • Address
  • Alerts
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share